Monday, September 5, 2011

Dis nie persoonlik nie

In die boek "The Four Agreements" stel die skrywer as een van die ooreenkomste dat jy niks persoonlik moet opneem nie.

Dit is natuurlik een van die moeilikste dinge om te doen, aangesien ons soms persoonlik betrokke is in situasies soos verhoudings met mense en omstandighede. Dan vat ons dinge persoonlik op, aangesien die dinge wat gebeur en gese word van persoonlike aard is en jou en jou omstandighede beinvloed.

Ek lees die oulike verhaal oor die naweek:

Buddha was well known for his ability to respond to evil with good.  There was a man who knew about his reputation and he traveled miles and miles and miles to test Buddha. When he arrived and stood before Buddha, he verbally abused him constantly, he insulted him, he challenged him, he did everything he could to offend Buddha.

Buddha was unmoved, he simply turned to the man and said, “May I ask you a question?”

The man responded with “Well, what?”

Buddha said, “If someone offers you a gift and you decline to accept it to whom then does it belong?”

The man said, “Then it belongs to the person who offered it”

Buddha smiled, “That is correct.  So if I decline to accept your abuse does it not then still belong to you?”

The man was speechless and walked away.

Ek dink dat hierdie in besonder verduidelik hoe ons nie dinge persoonlik moet opneem nie. Jy besluit en verstaan dat ander mense se sake, denke en optrede wel in n spasie naby jou gebeur, maar dit steeds jy is wat kan besluit wat jy daarvan in jou koptassie gaan inpak.

Mense het elkeen hulle eie prosesse en maniere van doen. Party van ons se koptassies is so vol allerhande clutter wat ons saamdra, dinge wat nie ons probleme is nie.

Dit beteken vir geen oomblik dat jy nie jou gevoelens en issues moet deel met mense om jou wat vir jou lief is nie, want hierdie mense gee ook vir jou rigtingwysers wat jy kan vat of ignoreer. Onthou ook altyd dat die mense om jou, hoe lief ookal hulle vir jou is, slegs dinge kan gee in hulle koptassies. Mense is nooit objektief nie. So, wees ook versigtig wie se koptassies jy vertrou met jou lewe. Mense pak altyd uit vanuit hulle eie verwysingswereld. Hoe beter jy die koptassie ken en verstaan en vertrou, hoe meer jy die motief agter dinge verstaan, hoe meer gaan jy weet wat om te vat, by wie om te vat, en watter jy moet los.

Die stukkie van die Buddha is insiggewend, want dit beteken ook dat hoe beter jy jouself ken, hoe beter verstaan jy watter tipe filters jy moet inbou en vir wie en wat jy versigtig moet wees. Op die ou einde is elke mens se aksies, woorde en denke hulle eie proses, en dit het well afpakplek en herlaaiplek nodig, maar jy besluit en is (behoort) altyd in beheer te wees van jou eie proses.

Word die baggasiemeester van jou eie lewe, en fokus altyd eerder op jou eie balk as die splinter in ander mense. Wees versigtig vir daardie een stukkie strooi, wat jy oplaai of aflaai op ander wat hulle of jou kan breek.

1 comment:

  1. Baie insiggewend, dankie. Ek dink meeste van ons se groot seerkry is maar verwerping, want dit word gesien as 'n klap na jou as mens se waarde. En meeste van die tyd het die goed wat mense van jou sê niks met jou uit te maak nie, maar wel is dit projeksies van die aanklaer se eie psige. We have to learn and accept the otherness of others. En hou vas aan wat jy weet die waarheid is as jy vals beskuldig word. Op die ou eiende is dit al wat belangrik is, en soos die Bybel sê: The truth will set you free.

    ReplyDelete