Tuesday, May 20, 2014

Proe die lewe

Die ou boer sit op die stoep saam met sy seun terwyl dit heerlik reen. Die seun se 'sjoe pa, dit reen darem lekker'. Die pa sien dasr in die verte n stukkie blou lug wat uitsteek en se: 'ja, maar kyk daar kom die droogte'!

Gisteraand maak ek my Bybel oop en lees groot dele van die boek Prediker. Niemand kan met sekerheid se wie die skrywer van die boek is en wie hierdie wysheidsleraar was nie, alhoewel in baie kringe gedink word dat dit Salomo was. Belangrik is egter die filosofie van die boek wat handel oor die vraag na die sin van die lewe.

Wanneer jy die boek lees, kom jy tot die slotsom dat die skrywer se idee baie dieselfde as die van die ou boer is, en dit kom soms voor asof hy pessimisties is en die balans van die lewe raaksien. En dit is juis waar die pessimisme inkom, nl die feit dat die lewe eerstens balans het. Vir hom beteken dit dat jy bymekaarmaak, net om weer alles te verloor of oor te gee vir iemand anders wat dit nie verdien nie, of dit versmaai. Jy doen moeite om lewe beter te maak, net om meer spanning vir jouself te skep.  Die mens met baie plaas homself op risiko om iets te he om te verloor, en daardie spanning neem die sin van die lewe weg volgens hom.

Tweedens, wat die sin wegneem is ons verganklikheid. Hy vergelyk ons met diere wat ook dieselfde pad stap, geboorte en dood, en dat ons eintlik nie so belangrik hoef te voel en ook mag voel nie. Ons is dus nie so belangrik dat ons soms dink ons verdien iets beter nie. Ons is maar net, soos diere en ons is verganklik. Die idee kan mens soms laat voel om eerder niks te doen nie.

Interresant vind ek sy analise van iemand wat doodgebore is, wat wel nie leef nie, maar wat nooit blootgestel word aan dinge van die lewe nie. Dit klink weer pessimisties, maar in essensie wys hy weer dat ons nie sin vind nie, want ons self en die samelewing skep sekere verwagtinge, soos die prediker dit stel, drome waarteen ons die lewe meet. Sin en geluk word dus gemeet aan die vervulling van ons drome en verwagtinge van wereld rondom ons.

Die prediker vat hierdie idee verder en se dat die wyse en dwase wel verskil, terwyl die dwaas egter rustiger is en heerliker slaap. Hy vra daarom weereens wat die punt is van sy droom om wys te wees, dag en nag te moet dink. Wat ek interresant vind is sy kyk na binne, eerder anders na wereld kyk, meer oordelend oor dit wat ons almal najaag, rykdom, geluk en wysheid. En die uiteinde aan die einde van sy lewe dat dit hom niks in die sak bring nie. So snaaks dat ons dit almal weet, maar steeds volhou om dit na te jaag. 

Maar wat bring geluk en sin. Prediker maak n interresante observasie. Kos, maak nie saak wat dit is nie, gaan op dieselfde manier die liggaam in, en op dieselfde manier uit. Wat prediker se is, geluk le in die proe van die kos, die tussenin. So, sin le om die lewe te smaak, die soet en smaakvol te geniet. 

Soveel mense leef elke dag, jaag na wind, eet uit selfverdediging, vinnig om ons mae vol te kry. Ons soek "kitskos", oplossings in die eenvoudige dinge wat ons dink sin maak. 

Amper soos die spreekwoord se: "stop en ruik die rose". In alles wat die wyse leraar gesien het, weet hy om te stop en die Godgegewe genot in elke dag te sien en te proe. 

Lyk my sin van lewe is om wat God jou gee elke dag te proe in dankbaarheid. Geniet die reuk en wonder van reen wat val, en moenie soek en die wonder laat verdwyn deur reg te maak vir droogte nie!


Sent from my iPhone