Thursday, April 30, 2020

Een wees


Discovery het so ‘n oulike slagspreuk wat se:  “They didn’t just change one thing, they completely changed everything”.

Dit is amper presies hoe ons almal op hierdie stadium voel, dit voel vir baie van ons asof ons totale wereld verander het, bitter min van wat ons in glo, glo ons steeds in.  Die mat is totaal onder ons voete uitgeruk, en dit maak ons bevrees.  Een van die grootste dinge wat ons geleer het uit die ervaring, is ons eenheid met ander, ons voel half beter omdat ons saam in hierdie ding is.  Mure is afgebreek, skielik is ons grense stippelyne wat stadig maar seker die gevoel van eenheid aanwakker.

Ons leef wel in ‘n post-modernistiese tyd waar die individu ‘n baie groot rol speel, of wel, gespeel het.  Hierdie idee het ons gebreinspoel om te dink dat elkeen van ons ‘n eiland is, en dat, nog meer belangrik die idee van John F. Kennedy van “don’t ask what your country can do for you, but what you can do for your country” totaal omgekeer is.  Ons het in ‘n selfsugtige spul ontwikkel, ons het elkeen begin dink dat ons belangriker en beter as ander is.  Ons het ‘n gevoel ontwikkel dat, en dit is hoekom ons so maklik offended voel, die wereld so ‘n klein bietjie om MY, die eie ek en my idees moet wentel.  Die wereld en almal om my wat deel daarvan is, moet alles stop en my dien.  Selfsug en uitbuitery het die middelpunt van ons individuele bestaan geword, dat mense so effens detached van mekaar begin leef het.  En ja, ons is almal skuldig daaraan, elke liewe persoon wat net van ons verskil word uitgesluit of hof toe gesleep.  Ons het so selfgesentreerd geword, en eerder ons individuele 1 gekies, bo die eenheid van en met alles.

Hierdie aksie van ons is verwyderd van die idee van die Nobel pryswenner, Erwin Shrodinger wat gese het “quantum physics is compatible with the notion that there is indeed a basic oneness of the universe”.  Om dit effens beter uit te druk, het Kate Diebels en Mark Leary in ‘n studie bevind dat slegs 20.3% van die mense wat hulle bestudeer het, gedink dat alles in die wereld op so ‘n manier een is en dat hulle dus deel in die een sisteem van alles in die universum.  Dit kom ooreen met die aanhaling van Albert Einstein van “We experience ourselves, our thoughts and feelings as something separate from the rest.  A kind of optical delusion of conciousness.  En dit het my by die vraag uitgebring of dit nie dalk ‘n groot oorsaak is vir ons ongemak met die situasie waarin ons onsself bevind nie? 

Die Dalai Lama se  “In our quest for happiness and the avoidance of suffering, we are all fundamentally the same, and therefore equal.  Despite the characteristics that differentiate us – race, language, religion, gender, wealth and many others – we are all equal in terms of our basic humanity”.  In ons ongelooflike moderne wereld van denke, vind ons steeds in onsself ‘n probleem met so ‘n eenheid.  Ons is gebreinspoel om eerder ons verskille raak te sien, eerder as die dinge wat ons verbind met ander dinge.  Ons samelewings het ons dit geleer, want erens het ons in onsself begin dink dat dit OF moet wees soos JFK gese het, dat ons slawe moet wees van die eenheid wat om ons bestaan, OF ons die wat deel van die eenheid om ons is moet MY deel.  Dit is asof ons kies, OF die een OF die ander. 

Wat ons vergeet is, en dit is hoekom ek dink die wereld is so ‘n totale warboel op alle vlakke verval het, want ons besef nie hoe alles mekaar nodig het nie.  Toe ek nou die dag vir my dogtertjie Mia in haar Natuurwetenskap help met die voedselketting, verwys ek na die liedjie uit Lion King “the circle of life”.  Wie is belangriker, die miskruier of die leeu of die bok of die gras?  Niemand nie, vir die ketting om die volmaakte sirkel te vorm is die antwoord nie in die OF nie, maar in die EN.  Wie belangrik is, is die miskruier en die leeu en die bok en die gras en die wurmpies wat die tjorts verwerk na kompos en so ook die bakterie en so kan ons aangaan.  Daar is een sirkel, en as een van dit wat deel van daardie eenheid is nie saamspeel nie, of verdwyn of selfsugtig nie deel in die sirkel wil wees nie, beinvloed dit alles en almal in en wat deel van die sirkel is of wil wees.   

En die ander vraag, het die gras of die bok of die leeu of die miskruier ‘n keuse van of hulle wil deel wees?  Nee, hulle het nie werklik nie.  Die oomblik wat een van daardie speke in die wiel nie meer daar is nie, dan sterf die hele sirkel, logies.  Is dit nie hoe ons voel as ons vasgeketting voel in ons huise en op die nuuskanale sien hoe massas mense op ander plekke in die strate rondhang nie.  Ek dink op dieselfde manier, as ek en jy nie besef die rol wat ons in die eenheid van alles speel en moet speel nie, dan sterf daardie sirkel ook.  Ons, belangrikheid, en ek dink die engelse woord “significance” beskryf dit beter, kan nie een van ek of jy onderskat nie.  Elkeen van ons is belangrik om die sirkel van die lewe te voed, hoe skeef of hoe krom ookal. 

Maar ons moet ook in die EN leef, en besef dat geen mens, nie een van ons, insignificant is en nie ‘n rol te speel het in hierdie sirkel nie.  Ons gaan seker nooit 100% seker wees oor die oorsaak van die Covid-19 nie, maar kom ons gebruik een van die scenario’s as ‘n voorbeeld.  Dit was 1 vlermuis, een omie, in een mark, by een stalletjie, op een tafel, in een bord, in een woonstel, in een gebou, op een straat, op een blok, in een woonbuurte, in een stad, in een provinsie, in een land, op een kontinent, wat een persoon aangesteek het, wat een vlug gehaal het, weer in een kuierplek een mens aangesteek het, wat op die einde ons hier gebring het.  Dit begin by een, maar die een is nooit ‘n OF en op sy eie eiland nie, die een is gekoppel aan die bevolking van die hele wereld, en bedreig die bevolking van die hele wereld.  Is dit nie skokkend wanneer ons so daarna kyk nie?  Jou aksies IS belangrik, jy is nie ‘n eiland nie. 

Ons significance as individue in hierdie lewe, gaan en mag nooit gevoed word deur die idee dat jy afgesluit is van die sirkel van hierdie bestaan nie.  Jou belangrikheid kan nie ten koste van die sirkel belangriker geag word nie.  Jou belangrikheid kom juis om jou deel te doen, na die beste van jou vermoe, omdat jy weet dat die sirkel jou ook voed.  Dit is die wisselwerking van doen, gee, ontvang en bydra wat die sirkel maak werk, en dit is wat ons dalk in hierdie tyd vergeet het.  Dink net hoeveel eeue se onderhandelinge gaan ons sien as die leeu, rooibok, gras, miskruier in ‘n redenasie verval oor wie die belangrikste is?  Of die gras, rooibok en die miskruier die leeu hof toe moet sleep omdat hulle in die wildtuin sien dat al die toeriste leeus kom soek, en daar meer foto’s van leeus geneem word as van die lower gras of die miskruier.

Net so absurd soos dit hier klink, in alle eerlikheid, is presies waarmee die mens daagliks hom en haarself mee opsaal.  Ons het so besig geraak om ons eie belangrikheid of onbelangrikheid te meet, dat ons sirkel uitmekaar val.  Ons kyk na die nat-basaars in China met ‘n snaakse oog, want kyk net wat gebeur as iemand so ‘n bietjie ietsie anders eet as wat ons dink die norm gaan en moet wees?  Wat dink jy sal gebeur in die Kruger Wildtuin indien al die leeus skielik miskruiers begin eet?  Hoe snaaks dit ookal vir jou klink, kom ons vra onsself bietjie die vraag, nie oor vlermuise eet nie, maar oor hoe ons ingesteldheid en idees in die wereld net so absurd geraak het dat ons wel die sirkel gebreek het, en dat ons tog moet geruk word na ‘n punt waar ons tot daardie besef kom?

Hier in Suid-Afrika in die lockdown het ons vanaand gehoor dat ons rokers skielik nie mag sigarette koop in Fase 4 verslapping nie.  Ek is ook ‘n roker, en ek word daardeur beinvloed.  Skielik is ons almal op Facebook besig om die petisie te teken om ons toe te laat.  Die belangrikste deel daarvan is dat ons eie sirkel gebreek voel, in my voorbeeld, deur die leeus wat nou skielik die miskruiers eet en ons persoonlike appelkar omgooi.  Toe die President ‘n week gelede aangekondig het dat ons weer sigarette mag koop, het almal gejuig (selfs die nie-rokers), want  ons het gevoel dat die ons sirkel so effens nader aan die normaal gaan wees.  Die groot vraag wat jy in hierdie emosionele geval oor die sigarette moet vra is, in welke mate in my alledaagse normale lewe ontneem ek nie die groter sirkel van die wereld daarbuite hulle reg om ‘n volmaakte sirkel te vorm nie?  En dit is waarmee ek ongelooflik in my eie gebroke lewe worstel is, hoe ontneem ek ook nie van ander nie, oor die feit dat my lewe dalk so rondom my eie idees en selfsug wentel, en dit die rede is vir my hartseer en pyn nie?

In die aanhaling hier bo van die Dalai Lama, ek dink ook persoonlik dat pyn en suffering en vrees  deel van die lewe is, niemand kan dit ontsnap nie.  Ek dink ons selfsug gaan eintlik oor die feit dat ons dink dat as ek myself kan onderskei as die belangrikste in my sirkel, dat ek van pyn en lyding kan ontsnap.  En so maak Covid-19 vinnig korte mette met daardie idee, want  eintlik is die teenoorgestelde waar.  Natuurlik voel ons die bokkie se vrees as die trop leeus op hom afgehardloop kom en ons wens ons kan hom red, maar dit is die speek wat hy moet wees.  Ons is hartseer as ons die groot maanhaar leeu sien op sy laaste oomblikke wanneer hy sy grandieur neerle en sy laaste asem uitblaas.  Dit is normaal, maar wat ons moet besef, en wat die hele natuur besef is eintlik dat sonder die vrees en sonder die dood, daar nie ‘n bestaan is om voor te lewe nie. 

Natuurlik kan die bokkie voel asof hy of sy altyd die victim is en die leeu die oorwinnaar, maar is dit werklik waar?  Indien ons die wereld anders begin sien, bewus word van ons eenheid met onsself en ons doelwit, bokkie of leeu, en ons eenheid en verantwoordelikheid aan die groter geheel, dan alleen kan die wereld “volmaak” wees.  Indien dit ons uitkyk is, dink jy nie jy gaan anders kyk na jouself en die mense om jou nie?  Dan gaan jy nie die een met die groot huis sien as belangriker of die ou wat bedel op die straathoek as ‘n nikswerd nie.  Die een vang dalk al die shine en verskyn op die voorblad van die kaart vir die wildtuin, en die miskruier word nooit afgeneem nie, en terwyl ons hierdie hier lees vrees al die bokkies in die wildtuin vir hulle lewens. 

Een van die mees aangrypende dele in die Bybel vir my is die woorde van Jesus “As dit U wil is, laat hierdie beker by My verbygaan”.  Dit het eers laat in my lewe by my posgevat dat Jesus, net soos ek en jy ook mens was, net so bang was vir die dood, net so nie vernedering wou deurgaan nie, net so misverstaan is soos ek en jy voel en dalk ook mismoedig geword het omdat wat Hy werklik by mense wou tuisbring nie gehoor is nie.  En met hierdie gevoelens in Hom ook bid om wonderbaarlik uit die sirkel en uit Sy rol in die geskiedenis geruk te word, net om ook weer te verstaan dat dit Sy rol is en Hy deur dit moet gaan, soos ‘n lammetjie na ‘n slagpale toe.  Hoe anders sou die wereld gewees het as Hy nie deel van die sirkel van God se plan, Sy rol gespeel het nie?  En as Jesus in Sy Goddelikheid Homself deel maak van ons sirkel, wie is ek en jy dan om dit nie ook te wil doen nie?

Jesus kon die hele proses gestop het, en vir almal van ‘n hoogte af veroordeel het?  Jesus kon seker vir almal vertel het dat Hy op water kan loop en aangedring het dat hulle voor Sy voete neerval?  Maar, Jesus doen dit nie, Hy was ander se voete, Hy maak hulle wat deur die gemeenskap uit die sirkel gegooi word, deel en gee hulle ‘n regmatige plek.  Jesus se voorbeeld is eintlik vir my en jou in hierdie tyd, dat jy belangrik is, al is jy wie of wat of al het jy wat of niks EN dat jy een en deel van die sirkel is.  En op die ou einde, in Sy eie nederige speel van Sy rol, is Hy verhef oor wie Hy was EN in die rol wat Hy bereid was om te speel.

So, deur Homself te wees EN ook deel van die groter prentjie, kan ons wel van Hom se, en hopelik kan jy dieselfde van jouself se “He didnt just  change one thing, He completely changed everything!”

Wednesday, April 29, 2020

Ek verstaan nie?


As daar nou een ding is wat die Lockdown Pandemie my geleer het, is hoeveel keer ek myself die woorde hoor uiter het  “ek verstaan nie”.  Informasie en syfers maak soms nie sin nie.  Daar is dubbele standaarde en hoe meer mense, hoe meer kenners en teoriee.  Maar een ding is verseker, niks, nerens ooit in menseheugenis het ons onsself ooit in so ‘n posisie bevind nie.  Dit voel soos daardie aanhaling wat se “just when we knew all of life’s answers, they changed the questions”.

En ons word ook aan die diepkant ingegooi, want soveel van ons vertel vir mekaar dat die nou juis ‘n tyd is wat jy na binne moet keer en sekere vrae aan jouself stel en probeer antwoord.  Kom ons wees nou totaal eerlik met mekaar, ons probeer onsself rig in ‘n rigting van sekerheid oor iets, maar ons het ook absoluut geen idee vir watter tipe wereld ons onsself voor moet voorberei nie, want ons verstaan self nie, en niemand kan vir ons enige werklike leiding gee nie. 

Ek vang my daagliks dat ek so ‘n verstarrende uitdrukking kry oor wat gebeur, want ek het absoluut gee clue nie, niemand het nie.  Al die kenners op aarde probeer met slim dinge ons rig, maar dit voel soos ‘n Garmin GPS wat ek mee sit, maar ek het nie ‘n eindbestemming se koordinate nie.  En ek maak myself rustig met die idee van “it’s not about the destination, but about the journey”, maar om eerlik te wees, die reis is nie heeltemal so romanties en pragtig nie, en ja, ek het nou al aan die rose geruik, dit gepluk en potpourie gemaak sodat ek daagliks die reuk kan ervaar.

Is dit dan verkeerd om so verward en buite beheer te voel?  Verseker nie, dit kan ek jou waarborg.  Maar skielik besef ons dat aanhalings soos “smell the roses” en “the only constant is change” wat ons jare al aanhaal, help ook nie meer nie.  Aan die begin van die tyd van inperking lees ek op Facebook nog ‘n aanhaling wat lees “maak seker dat die normaal wat jy na wil terugkeer is die normaal waarheen jy toe wil terugkeer”.  Weereens pragtige woorde, en as jy soos ek is, het jy telkemale jou kop gebreek oor wat jou normaal was, wat gewerk het en wat nie, wat jy wil verander en wat nie. 

En so sit ons soos elke jaar op ‘n oujaarsdagaand en spin vir mekaar oulike stories oor voornemens van wat ons gaan doen in die nuwe jaar, wat ons eintlik weet net ‘n wens is, en wat ons geen werklike aksieplanne voor in plek het om dit wel te doen nie.  Wat die voornemens dan, en ook in ons huidige situasie vir ons wys, is dat daar geen tekort is aan insig van wat in ons lewens nie werk nie.  Dit het ons baie van en ons betaal daagliks die prys daarvoor, maar ons bly dit doen, ons hou vas daaraan.  Hoekom?  Is dit vrees of tekort aan guts of wat is dit?  Die groot vraag is eintlik nie oor wat werk en nie werk nie, want ons weet presies, die vraag is egter wat my daarvan weerhou het om in Januarie en Februarie van 2020 iets daaraan te doen?

Ek het grootgeword met ‘n ma wat ‘n matriek wiskunde juffrou was.  My en haar grootste fights was altyd oor Adam en Eva.  Kom ek verduidelik dit beter, want dit gaan nie oor die Bybel nie.  Almal het altyd daarna verwys hoe gelukkig ek is om haar by my te he om te kan help as ek vashaak.  Dit was so, maar het tot oneindige vassit gelei.  As ek by haar kom met ‘n som wat ek nie verstaan nie, het sy my mal gemaak om dan altyd eers ‘n skoon papier en pen nader te hark en dan die beginsel (dis nou Adam en Eva) te wil verduidelik en uit te pluis.  Dit het my gek gemaak, aangesien ek nie nou daarin belanggestel het nie, want ek het geweet van Botmas ens.  En miskien, is dit waar ek en jy vandag sit met die situasie in ons lewens.

Vir 5 weke lank sit ek en jy met huiswerk en ons maak sommetjies oor elke deel van ons lewens.  Ek wonder of daar ooit soveel introspeksie was as ooit voorheen in die geskiedenis.  Miskien is dit die rede hoekom jou nuwejaarsvoornemens nooit gebeur nie.  En verseker is dit ook hoekom al hierdie oulike plannetjies wat ons vir mekaar vertel ons gaan verander in die Post-Lockdown ook nie gaan werk nie, en dit is dat ons die som wil oplos, nou, net hierdie enetjie sodat die huiswerk kan klaarkom.  Dit gaan beslis nie werk nie, en dit is wat my ma se ondervinding in 35 jaar van wiskunde haar geleer het, dat as jy nou sukkel met die som, sukkel jy nie met die som nie, jy het nie die basiese formule of beginsel wat die som nodig het om mee opgelos te word onder die knie nie. 

In die laaste klompie jare het ek my revenge op haar gehad wanneer ek byvoorbeeld tegnologie aan haar probeer verduidelik en dan aspris by Adam en Eva begin, en dan word sy weer kwaad vir my.  En in daardie kwaad word van my vir haar oor die beginsel en vice versa, is dalk die antwoord.  Vir ons om werklik diep te delf na ons ware en diepste beginsels, drome en ideale is nie altyd maklik of sonder pyn nie.  Soms herinner dit ons van die kere toe ons ook daaraan aandag moes skenk en nie het nie, wat uiteindelik tot al hoe groter toffie somme gelei het. 

Ek het ook uit dit geleer dat, hoe ouer ‘n mens word, die somme nie weggaan of makliker word nie.  Maar as ek nie aan die basiese beginsels voldoen nie, gaan my somme later ‘n nagmerrie word, en kan dit soms lei tot ‘n situasie waar ek eenvoudig opgee.   Maar ook aan die ander kant, die oomblik wat ek die beginsel weer onder beheer gekry het, het ‘n magiese ding gebeur, die som het homself dan ook soms outomaties opgelos.  Ons kan maklik hier en nou so vasstaar teen die hakies wat die x en die y inhok, met ‘n kwadraat bo en ‘n vierkantswortel oor ons getalletjies, dat ons gladnie enigsins kan glo of hoop het om aan die ander kant van die gelykaan teken ooit te kan kom nie.

Ons almal voel oorweldig deur die som wat ons nou gedwing word om op te los, en ons voel dalk toegegooi deur ‘n klomp vrese en emosies.  Ek sal arrogant wees om voor te stel dat alles OK gaan wees, want ek weet nie.  Dit sal onwys wees om enige voorstelle op die tafel te gooi, want niemand weet wat die koordinate vir die GPS se eindpunt is nie.  Wat ons wel in gedagte moet hou is dat ‘n GPS 2 stelle koordinate nodig het, nie net die eindpunt nie, maar ook ‘n beginpunt.  Vir sommige van ons is dit belangrik om altyd te weet waarheen ons oppad is, maar die grootste genot is baie keer in ‘n roadtrip wat jy slegs jy en jou metgeselle op die oop pad is en sien en kyk wat gebeur, en dit vat guts.

So, wanneer jou som nie nou sin maak nie, miskien is die uitdaging nie om jouself te dwing om dit net met ongeduld NOU op te los of om die koordinate nou te kan kry  sodat jy kan gaan lekker dinge doen nie, maar om werklik terug te gaan na JOU Adam en jou Eva, dit wat werklik vir jou belangrik is.  Eers as jy dit gedoen, besef en werklik onder die knie gekry het, dan kan jy die som aanpak.  En dit bring ‘n totale bevryding van ‘n eerlikheid met jouself wat vir jou vrede kan bring. 



Friday, April 24, 2020

Die "Snooze" knoppie


Oor die afgelope paar weke en maande wat hierdie Covid-19 ding ons beetgepak het, was daar ‘n eb en vloei van idees.  Allerhande teoriee het na vore gekom, nie net oor die virus as sulks nie, maar oor die wereld soos ons dit sien en ook in besonder dit wat in ons en rondom ons binnekring gebeur.

Die slim mense het ons baie dinge vertel van hoe ons hierdie tyd moet gebruik om onsself en eie menswees te bestudeer.  Dit is sulke pragtige storietjies, want soos baie dinge in ons lewens is dit slegs spookasem en nie werklik substansie van enige aard nie.  Vir hoevaal jaar loop ek en jy rond met baie idees, drome, liefde en allerhande emosies wat ons NIKS aan gedoen het nie.  Ons het baie dinge “geweet” en geantisipeer rondom ons toekoms en ons destiny, maar absoluut nooit iets daaraan gedoen nie.  Iemand het net so voor die inperking iets ouliks kwytgeraak “OK, so now you are complaining about the lockdown for 21 days, but just think back over the 21 days before lockdown, what did you practically do to live your life in the direction you now suddenly crave?”

Dit is so waar, want dit klink nou skielik in die tyd asof jy “gedwing” word om te verander, aan te pas en dinge te aanvaar, maar het jy, of gaan jy?  Natuurlik is die tyd goed, want die alarm in ons almal se koppe afgegaan, maar daar gaan 2 groepe mense uit die situasie kom.  Die een groep gaan net die “snooze” knoppie druk, en nie net een keer nie, maar oor en oor en oor.  Wat help dit om ‘n alarm te stel vir 6:00 terwyl jy weet jy nie dan gaan opstaan en klaarmaak nie?  Jy kan oulike stories spin van dat jou liggaam stelselmatig tot verhaal kom, maar ons weet dit is eintlik maar net ‘n verskoning.  Oor die laaste paar weke van die lockdown het ons die luuksheid gehad om toegelaat te word om die snooze knoppie te druk.

Ons het oulike grappies gemaak, gespot oor die pynappel bier en oor ons verhoudings.  Op Facebook het ons lekker conspiracies gelees oor die virus, van Aliens tot Bill Gates, van die Eindtyd voorstanders tot oom Siener van Rensburg, van Trump tot by die New World order.  Ons het gesien hoe mense in ons land swaarkry en ons het allerhande kommentaar daarop geplaas.  Jou inbox was vol met allerhande video’s van mense oor ons land wat hulle totaal en al gladnie steur aan die Lockdown nie.  Ons is tussen emosies gewees, van onsekerheid, tot woede, tot haat, tot aanvaarding, tot positiwiteit, tot depressie, tot oor eet, tot dieet volg, tot skielik gewig aansit, of oefenplanne maak of eier challenges tot preke vir mekaar afsteek.  En een wat ons dalk so onder die wolkombers wegsteek is die absolute vrees wat ons het oor die toekoms.  Nie een van ons het daardie totale gevoel van ekstase in ons nie.  Ons maak popcorn voor die President sy speech maak, maar eintlik probeer ons maar net nog ‘n snooze oomblik wat die vrees binne onsself uitstel.

Wereldwyd druk ons onsself op verskeie maniere uit, ons gee ons standpunte en ons bou mekaar op met idees van “moed hou”, “sterkte”, “wees veilig”, “bly gesond”, “wees versigtig” ens.  Maar dit ook is maar net ons snooze oefening wat ons oor en oor druk.  Al wat dit is, hoe goed ookal bedoel om jouself te paai, is dit meestal ‘n false en onderdrukkende oefening.  En die gevaar is, sommige van ons ry die snooze knoppie van ons lewens al ons lewens lank, en 99% van ons gaan ook na die opheffing ook weer net, tot die dag van ons dood, die snooze knoppie ry.  Die vraag aan elkeen van ons is, wat maak jy wanneer die alarm afgaan, en hoe lank nog gaan jy jou wakker word uitstel?  Wanneer gaan jy jou lewe werklik leef, die slaap uit jou ogies uitvee, jou gesig was, en opdaag vir die lewe wat binne jou is? 

Ons almal is skuldig, want ons is so besig met die “sideshows” van die lewe, dat ons nooit by werklike leef uitkom nie.  As makelaar het ek die idee vir al my kliente oorgedra dat jy ‘n noodfonds van 3 maande vir jouself en jou besigheid moet opbou vir ‘n noodgeval, het mense dit gedoen?  Ons glo en weet dat ‘n mens se karakter iets is wat niks te doen het met wat buite jou gebeur of wat jy besit of kan bydra nie, maar ons lieg vir onsself, want ons toets mense en onsself aan dinge buite ons.  Wat ons eintlik in die tyd leer is dat baie van ons eintlik ‘n leuen leef, ons staan nie op nie, ons snooze net ons lewens en smeer dit heuning om die mond van, ek sal nog of eendag of 7:00 gaan ek my gat uit die bed kry, net om eintlik eers nog ‘n paar keer verskonings te soek om wel dit te doen en verslaap en uiteindelik die hele dag mis.

Die Bybel vertel ons die volgende oor sonde in Jakobus 4:17 “As jy weet wat die regte ding is om te doen, en jy doen dit nie, dan is dit sonde”.  In ons samelewing stoei ons so lekker baie met wat sonde is, dinge soos drank, dwelms, seksualiteit en nog baie ander.  Maar die grootste sonde van alles kyk ons mis, en dit is om nie te wees en uit te leef wie en wat ons is nie.  Ek glo God het in ons elkeen ons ideale en drome en destiny geplaas van wat ons hier moet wees en bereik, waar en by wie en hoe die lewe geleef moet word, dink maar aan die storie van die talente in die Bybel.

Die kerk is vir my een van die grootste voorbeelde hiervan, maande en weke en jare besig met die stry oor wat reg en verkeerd is, wat ons gaan toelaat en wat nie, dat ons vergeet wat ons eintlike roeping is, en dit is om ‘n verandering in die wereld te wees met die liefde en genade wat God ons voor geroep het.  Op al die groepies van dominees op Facebook waarvan ek deel is, word die vraag gevra wat die rol en die wyse van kerkwees in en na die lockdown gaan wees.  Heel duidelik word die snooze knoppie weer gedruk, want dit gaan ook oor hoe eredienste, kollekte en huisbesoek ens. gaan wees.  Het die “kerk” geleer uit hierdie tyd?  Gaan die kerk homself terugruk na die essensie en opstaan en die slaap uit sy oe vee?  Gaan ons die sideshows stop, of gaan ons aanhou om dinge op dieselfde manier te doen en ‘n ander uitkoms te verwag?

As ek, en ons almal een ding uit die ordeal moet leer, is dat dit totaal geen doel dien, indien niks verander nie.  Hierdie ding MOET jou leer en laat wakker skrik, nie om jou roetine lewe, want jy weet wat nie werk nie, te gaan navolg hierna nie, maar die lewe te gaan leef wat jy destined is om te leef.  As jy alleen en eensaam is vandag, gaan verander dit.  As jy nie geld of werk het nie, gaan verander dit.  As jy in ‘n doodloop verhouding is, doen iets daaraan.  As jy wil leer kitaarspeel, koop ten minste ‘n kitaar en skryf in vir lesse.  99% van mense sterf met al die moontlikhede en drome en talente in hulleself.  Ek besef dat ek nie die beste skrywer of filosoof in die wereld is nie, maar ek skryf steeds, want dit is deel van my destiny.  Die ou wat speel, hoe vals ookal, doen iets, die ou met die meeste talent wat nie speel nie, verander niks in die wereld om hom nie.  En so weet baie van ons presies wat die “regte” ding en lewe is wat ons moet wees en leef, maar ons doen dit nie, en wat ‘n sonde is dit nie wat ons teen onsself pleeg nie”.

‘n Vriend van my spot ook nou die dag met die feit dat hy alleen sit met die lockdown, want ons mans het so ‘n ongeskrewe reel dat as jy ‘n girl ontmoet, jy eers 2 weke moet wag voor jy haar die eerste keer bel.  Nou het hy moontlik die liefde van sy lewe ontmoet, maar dit was 2 weke voor lockdown wat hy haar ontmoet het, so hy “mag nie” gebel het nie.  Nou kon hy dalk ‘n wonderlike 5 weke saam met die liefde van sy lewe begin bou het, maar net omdat hy in ‘n “snooze” web van absurde sypaadjie sielkunder verval het, is hy eensaam.  Kyk wat het “snooze” na toe gelei, “if you snooze, you loose”. 
Hierdie bogenoemde mag vir jou na ‘n absurde en simpel ding klink, maar hoeveel absurde en simpel dinge kyk jy jouself elke dag in vas?  Hoeveel dinge het jy met vastigheid geglo wat jy nou kan sien totaal rediculous is?  Miljoene dinge wat ons ons “snooze” op basseer het is skielik totaal en al onder ons voete uitgeruk, nie waar nie?  Vat byvoorbeeld hoe insignificant baie celebrities vir mense geraak het, sonder ‘n verhoog om op te sing.  Kyk net hoe nutteloos jou 4x4 met al die bells en whistles nou is met geen diep sand of berge om te ry nie.  Selfs die Jimmy Choo pumps wat jy gedink het jy absoluut nie sonder kan klaarkom nie, die is nou verruil vir jou Stokies.  As jy in essensie net in die tyd besef dat jy soveel “snoozes” het wat jou verblind vir die realiteit, is dit al ‘n begin.

“A snooze button is a poor substitute for no alarm clock at all” – Stephen Hawking

Die tweede groep is die “verligtes”, moet dit nie nou verwar met die Illuminati nie, asseblief.  Hierdie is die groep mense wat uit hierdie ding gaan kom en die wereld gaan verander, al is dit slegs hulle eie wereld.  Dit is die mense wat nie meer allerhande verskonings gaan opdis nie, wat dit wat kom met ‘n excitement binnegaan oor wat kan kom, en dit ook met ‘n dood eerlikheid gaan doen.

“In the depth of winter, I finally learned that within me there lay an invincible summer” – Albert Camus.

Hierdie eerlikheid en opspring en die lewe storm gaan nie sonder pyn wees nie, glo my.  Dit gaan harde besluite verg, jy sal moet veranderinge aanbring.  Ek kan kitaar speel, maar niemand sien ooit die issues wat ek deurgegaan het om daarby uit te kom nie, dat ek elke week lesse gehad het en daagliks die drukke geoefen het nie.  Ek is ook nie konsertgehalte met die kitaar nie, maar ek kan, en as ek om ‘n kampvuur sit en hinkepink speel, is dit tog ‘n miljoen keer beter as die ander 8 mense wat daar sit en vertel hoe hulle nog altyd wou leer kitaar speel het, maar nooit het of sal nie.  En dit is vir my ook beter om darem so ‘n paar liedjies met moeite te speel en verskoning te maak omdat ek nie “Thunderstruck” kan speel nie, maar ten minste “Sarie Marais”. 

Ek glo met alles in my dat God ons nie net geskep het om asem te haal hier op aarde nie, maar om te leef.  God het ons elkeen met ‘n essentiele doel geskep, om die beste te word wat ons kan.  Maar as ek die hele liewe tyd in ‘n droomwereld hang, snooze, en daarmee saam inkoop in die sideshows sonder om my essensie uit te leef, wat ek weet daar is, wat maak dit dan saak of ek in Lockdown is of die vryheid het om uit te gaan buitekant toe?

“The greatest gift you have to give is that of your own self-transformation” – Lao Tzu 

Om verlig te wees beteken nie net om wakker te word nie, maar op te staan met ‘n doel en die doel te gaan uitleef.  Tel die foon op en bel daardie besondere persoon.  Se ja vir die kuier saam met ‘n long lost vriend of vriendin.  Jaag jou sielsgenoot na.  Doen aansoek vir die werk.  Bedank dalk jou werk en begin jou eie onderneming.  Skryf in vir die kwalifikasie wat jy nog altyd wou studeer.  Hou op rook as jy weet dit is nie goed vir jou nie.  Begin jou eie mini-brewery of koop ‘n tabakplaas.  Koop ‘n kitaar, of verkoop die een wat stof opgaar en jy elkgeval nooit sal speel nie.  Vra jou sielsgenoot om te trou, of skei jou partner.

“If you do not change direction, yo may end up where you are heading” – Lao Tzu 

Dit maak nie saak wat jou besluit in jouself is nie, maar hou op om die res van jou lewe in limbo te leef en die wie en wat en wat jy werklik weet jy verdien, te “snooze”.  Sny die sideshows se verskonings en ongefundeerde idees uit jou sisteem uit, en gaan leef, want as jy so true aan jouself is, rain or shine, lockdown of na lockdown, jou lewe sal vervuld wees!

“Setting a goal is not the main thing, it is deciding how you will go about achieving it and staying with that plan” – Tom Landry

Tuesday, April 14, 2020

Ontknoop


Ek het op ‘n klein plasie buite Belfast in Mpumalanga grootgeword.  Een van die baie herinneringe was toe ons voor Kersfees in die Dennebos by die ingang van die plaas ‘n Denneboompie gaan kap het vir ‘n kersboom.  Dit is jare terug, maar steeds vandag ruik ek daardie soet reuk van die bos.  Die boompie is toe in ‘n pot geplant, die versiering kon begin.

 My ma het ‘n boks uit die spaarkamer se kas gehaal met al die verskillende versierings daarin.  Daardie gekleurde streamers, engeltjies, dwergies, appeltjies en natuurlik die ster wat bo-op die boom einding was almal deurmekaar.  En soos almal van julle al ervaar het is die groot uitdaging daardie string liggies wat onder in die boks le, te ontknoop.  My ma het altyd verwys dat daar van die figuurtjies wat op die boom kom, wat deur die jaar hulleself besig hou deur daardie string liggies te koek.  Maar ek weet dat ‘n mens nooit die vorige jaar met die oppak van die boom nie noukeurig genoeg met die liggies omgaan wanneer jy dit wegbere nie.  Ek onthou dat ek en my ma ure lank op die vloer voor die kaggel gesit het en daardie drade probeer ontkoek het.

In hierdie inperktyd sien ek baie van die slim ouens wat ons vertel dat ons nou die tyd gegun word om na binne te keer en ‘n klomp dinge in ons uit te sorteer.  Op Facebook sien ek mense se grappies, frustrasies en stryd in hulle om met hierdie hele ding te deal.  Dit is nie maklik nie, want waar ons so gewoond geraak het om soos ‘n rivier te kan vloei na ons doelwitte toe, is ons skielik ingeperk en vind ons onsself in ‘n maalkolk van gedagtes en idees.  Jy kan hoegenaamd nie werklik, hoe hard jy ookal probeer en positief is, eenvoudig aangaan soos jy aan gewoond is nie.  Die maalkolk gooi jou rond, jy weet soms nie eers waar bo of onder is nie, en die vis raak min om te eet.  Jy vra antwoorde, maar in die soeke raak jy met die gespartel totaal en al verder verstrengel in idees.  Jy sit, soos daardie seuntjie wat ek was en kyk na die “perfekte” boom wat wag, maar dit is frustrerend want die bleddie drade se knope weerhou van jou om nou te kan versier, wat jy al weke en dae na uitsien. 

In hierdie tyd is dit ook so dat daar ander mense se drade saam op die vloer voor jou le, en die goeters raak ook met mekaar verstrengel en geknoop.  Die drade wat so saam op die vloer le, het ook ‘n geskiedenis, met ander knope en uitdagings, dit is nie so maklik soos daai liggies wat jy nuut by Santa’s Warehouse koop wat mooi in lyn verpak is nie.  Asof een gekoekte draad nie genoeg is nie, sit jy met ‘n vloer vol wat inmekaar verstrengel is. 

Wanneer die slim mense vir ons vertel dat jy in hierdie tyd aan jouself moet tyd en effort spandeer, is dit makliker gese as gedaan.  Daarmee gekonfronteer, is die begin om eers die verskillende mense se drade van mekaar te verdeel.  Jy kan nie op die stadium, indien ooit, almal en ander se drade ontkoek voor jy nie eers alles mooi met ‘n plan uitmekaar gehaal het nie.  Belangrik dan ook is dat elkeen op sy plekkie moet sit, en sy eie draad ontknoop.  Dit beteken nie dat jy nie kan help as jy sien iemand sukkel nie, maar glo my, as jy dit nie eers verdeel nie, gaan jy tot en met die uitbreek van Covid-221 steeds in koekerasie sit.

Wanneer jy die verdeling gedoen het, dan kan jy fokus op jou eie koekerasie spul.  En waar begin jy?  Jy begin by iets werkbaar, soos in die geval van die draad, by die punt, die prop.  Dit is totaal onmoontlik en onlogies om in die middel te begin, maar ek en jy is soms so gewoond daaraan om in ons lewens ook te wil in die middel issues uit te sorteer, en dan is ons verbaas dat ons nie regkom nie.  Al wat jy doen in die middelgedeelte is dat jy die spanning van die knoop kan verminder, wat natuurlik kan help, maar deur die spanning te verminder het jy nie ontknoop nie, jy het slegs die knoop ‘n ander vorm gegee. 

Daar is in ons eie warboel van drade en knope baie maniere wat ons gebruik om die spanning te verlig.  Een daarvan is rasionalisering, waar ons onsself met allerhande redenasies regverdig hoe ons is en hoekom ons is waar ons is.  Wat gebeur is dat ons dit dan deurgans moet doen, aangesien die ander persone om ons weer trek en stoot wat elkgeval weer die spanning in die knoop laat toeneem. 

‘n Ander houding is dat ons vir onsself se dat dit nie nodig is om hierdie spesifieke knoop te ontknoop nie en ons koppe in die sand druk.  Ons sien nou hoe mense se harte breek van eensaamheid en hartseer oor keuses wat hulle gemaak het, maar meer nog, keuses wat hulle nie gemaak het nie.  Nou sit hulle alleen en kripeer in hulle alleenheid, net omdat hulle nie die regte besluite uitgevoer het nie.  Nog ‘n effek is dat ons sit en wag en die werk vir iemand anders los.  Te veel kere plaas ons die onus op die omstandighede wat volgens ons hoop miraculously vir ons die knope gaan ontknoop.  Sodoende veroorsaak ons ‘n leuen, want die ander persoon kan ook nie, al het hulle al hulle knopies ontknoop, voortgaan om die boom te versier nie, want jy hou hulle terug. Om net eenvoudig jou knope vir ander te los, maar meer nog te ontken, weerhou jy ander om uit die maalkolk van hulle lewens te kom en hulle doelwitte en sin te bereik. 

Ons plaas ook graag die skuld vir die geknoopte tou op die ander mense om ons, maar maak dit enige verskil?  Geheel en al gladnie, want die tou IS geknoop, en al die blaam in die wereld gaan niks kan verander nie.  En as hulle dit wel geknoop het, het jy erens hulle toegang en speelruimte met jou tou gegee.  Erens in die hele harwar is daar ook mense wat eenvoudig ‘n sker in die kombuislaai gaan haal en dink dat om die knope uit te sny die antwoord is.  Al waarmee jy dan sit is dalk ‘n draad wat met insulation tape gekoppel is, maar waar die mooiheid van die liggies en versiering vervaag en jou lewe ‘n afskeep lewe word, en jy vir jou boom kyk en besef die tekortkominge van die liggies wat jy uitgesny het.  Jy loop ook die kans vir ‘n swak konneksie wat moontlik die hele boom kan afbrand.

Die begin van ontrafeling is by die punt, die essensie, en soos in die geval van die string liggies, die plek waar die krag vandaan kom, anders gestel, die liggies se bron en wat dit laat “tick”.

Ek dink nie dat daar ooit in ons geslag en tyd iets soos hierdie was wat ons so in ‘n wurgknoop het nie.  Niemand weet wat kan gebeur nie, nie die kenners nie, nie die media nie, nie die politici nie en nog minder ek en jy.  As jy soos ek is, is jy al om en dom gedink. 

Al raad wat ek myself gee is die volgende, om so effens afstand te neem.  Ons vang onsself hier in die huis dat ons, as ons ons kom kry, weer op ‘n nuuskanaal  of op Facebook is.  Ons het op ons fone daai tracking app van die virus wat soos ‘n ticker aanhou tel.  En wat doen dit op die ou einde?  In jou absolute toiletpapier koper kop, vang die dinge jou in jou wortel van oorlewing.  Dit smokkel met jou kop en kan jou vinnig in depressie laat verval.  Die knope word stywer en stywer getrek.

Ek onthou dat ek in die ontrafeling, daar op die vloer vir my ma gevra het of ek nie maar die draad net so gekoek op die boom kan sit nie.  En haar antwoord van NEE, irriteer en frustreer my, want ek soek NOU die antwoord en die uitkoms.  En daar is ongelukkig met hierdie oefening nie ‘n towerstaffie nie, jy moet eers hier deur, knoop vir knoop en dag vir dag.  Ek onthou dat my ma dan op daardie frustrerende oomblik ‘n “time-out” geroep het om vir ‘n oomblik net bietjie koeldrank te gaan drink of buite te stap om weer moed bymekaar te maak vir die tameletjie.  Ons weet dat as ek in frustrasie aan die toue gaan begun ruk en pluk en trek uit dwang, gaan dit net die situasie vererger en nog meer koekerasie veroorsaak.  Dalk, en soos in verseker, die oomblik wat jy so voel en wil ruk en pluk en jou speelgoed wil rondgooi, vat spasie, daar is gelukkig nog baie tyd om te ontrafel, en ontrafeling kan NET in kalmte en insig gedoen word.  So, moenie jaag nie, vat ruimte en spasie.

Erens het iemand dit in ons koppe ingeprent, ook sonder enige substansie of empiriese studie, dat om afstand te neem van dinge, beteken dat jy apaties is.  Dit is loutere snert volgens my.  Die feit dat ek opstaan uit die gekoekte drade op die vloer en vir ‘n oomblik buite gaan asem haal en my bene rek of ‘n koeldrank gaan ingooi, maak my in geen mate apaties van die knoop en die rol draadwerk nie.  Inteendeel, dit gee my baie keer meer perspektief op die probleem.  As daar een ding is wat jy vandag kan doen, is afstand neem en perspektief kry. 

Een van my vriendinne is ‘n sielkundige en sy is gladnie op Facebook nie, en haar antwoord is “ek wil nie ingesuig word deur die maalkolk nie”.  Dit beteken nie dat sy nie op datum is nie, sy kyk haar nuus en lees ook News 24, maar wanneer dit haar pas.  En hoeveel kan ons daaruit leer, sy speel met die hond, werk, lees, binge, gym, draf, le in die son, swem, luister musiek, werk aan ons program, maak kos, drink wyn ens.  Haar filosofie is dat sy weet sy kan nie NOU 100% haar knoop ontknoop nie, so sy maak vrede daarmee en kry allerhande perspektiewe van hoe sy dit wel gaan doen na dese.

Een ding wat die pandemie ons leer is hoe om te deel met magteloosheid, en op ‘n manier te deal daarmee so bes ons kan.  Ons het ‘n keuse, om ingesuig te word en die gevoel van magteloosheid te vermenigvuldig en dalk self in die drade verstrengel te raak, of om te fokus op wat ons kan en so bietjie afstand te kry.  So miskien, neem so ‘n dag en kry bietjie afstand en asem en krag, al is dit net vir ‘n kort tydjie.

Sit vandag die Televisie nie op CNN of so nie, check nie die Covid-19 stats op jou APP nie, sit jou foon neer en haal asem.  Moenie vandag op jou knope fokus nie, ontprop jouself van jou knope, kabels en issues en haal bietjie asem en go smell the roses.  Want gelukkig het ons nou die voordeel van “more is nog ‘n dag!”

Tuesday, April 7, 2020

Die moeilike vrae:


Daar is niemand wat werklik daarvan hou om eksamen te skryf nie.  Dit is een van die mees vreesaanjaende dinge wat jy kan doen.  In my ervaring was dit nog erger, aangesien ek meeste van die tye nie goed genoeg voorbereid was nie, nie dat jy ooit volledig en perfek voorbereid kan wees nie.  En daar is natuurlik soveel stories en teoriee van mense wat vir jou ‘n hele boel dinge kwytraak oor hoe jy met hierdie tameletjie moet omgaan.

Hulle vertel jou om goed op te let in die klas en natuurlik goed voor te berei.  En daar is ‘n legio van kursusse en programme wat vir ons leer hoe om te leer.  Of dit kopkaarte is of om op die dak te gaan leer, tot en met watter tipe breinkosse jy moet eet of ook die musiek wat jy kan luister om die breingolwe te verander.  Maar soos die een oom ook gese het, “Gat in stoel, tot jy klaar is”, is seker ook ‘n manier.  Allerhande faktore speel ‘n groot rol, maar een ding is seker, dit is nooit die heel lekkerste ding om te leer nie, al probeer jy dit met allerhande stories inkleur.

My ma is ‘n serious akademiese mens, soos dit vir my klink het sy baie van leer en akademie gehou, so ‘n regte pliggie in haar tyd, dink ek.  Tot haar verbasing was haar bloedjie gladnie so nie.  Ek het eers later agtergekom dat ek eintlik baie aandag afleibaar is.  Dit beteken nie dat ek dom was nie, en ek was gelukkig om baie dinge akademies te kon bereik, maar ek sal nie akademie as een van my lekkerste dinge opgee van wat ek myself mee besig wil hou nie.  Geen van die sypaadjie sielkunde het met my gewerk nie, veral nie as my ma gese het:  “My kind, dink so daaroor, dit wat jy nou moet deurgaan is ok, want dink net, more middag hierdie tyd is jy klaar en dan kan jy doen net wat jy wil”.  O, nee, dit het nie vir my enigsins die swaarkry met lekkerkry laat klaarkry het nie. 

My ma het ook haar eie hulp aangebied oor wat om te doen daardie oomblik wat jy wel die vraestel voor jou het.  Sy het my geleer dat ‘n mens nugter en rustig moet wees in die tyd van eksamen skryf.  Ek het daardie paar minute voor die eksamen gehaat.  Veral op universiteit het ek in Teologie baie minderwaardig teenoor die ander studente gevoel.  Mense wat regte en ander goeters as Teologie geswot het, sal nooit besef hoe absoluut gefokus teologie studente op Universiteit is nie, moontlik as gevolg van die feit dat hulle dit as ‘n roeping sien. 

Gewoonlik, net voor jy by die eksamenlokaal aankom, het jy uit ordentlikheid mekaar gegroet en in sulke groepies gestaan en gesels.  Dit is gewoonlik in daardie oomblik wat ek besef het dat ek heeltemal te min geswot het, want my mede studente het my so bang gepraat oor die dinge wat hulle wel geswot het.  Vir my was die swottings baie keer soos om lotto te speel, want my studenteaktiwiteite het my so besig gehou dat ek net-net tyd gehad het om te spot vir die eksamen.  Ek moet ook met skaamte se, dat ek ook nie genoeg in die klas was om konstruktief te kon spot nie, want spot werk slegs as jy genoeg kennis insamel om eers te weet wat om te spot.  Dit nou ter syde, dit is juis in hierdie groepies waar my stress tot sy hoogste gedryf is, want eintlik het ek besef dat ek rerig te min geswot het en gladnie weet hoe ek die eksamen gaan deurkom nie.

Met hierdie spanning en skuldgevoel van lui wegsteek het ek my plek ingeneem.  Soms het dit nog vererger met die instap wanneer jy die professor sien, en hy so ‘n amperse gryns-lag op die gesig het wat jou laat dink dat hy iets in die mou voer.  Ek onthou in Nuwe Testament in my vierde jaar wat die professor 3 van ons voor die eksament vorentoe geroep het om, op grond van ons jaarpunte, reeds ons her-eksamen te skeduleer omdat hy geen kans vir ons gegee het om daardie dag ‘n haas uit die hoed te trek nie.  (Ek het hom gewys, ha-ha, en nie nodig gehad om die her te doen nie).

En jy kan eintlik nie wag vir die vraestel om uitgedeel te word sodat jy dit nou net kan klaarkry nie.  My ma het my probeer leer om in die oomblik te probeer rustig te wees, hoe onmoontlik en moeilik dit ook voel.  Omdat sy jare lank wiskunde vir matrieks gegee het, het sy ‘n geheim met my gedeel. 
Haar vraestelle was so in 3 tipe vrae opgedeel.  Die eerste deel was die “maklike” vrae, dinge wat almal eintlik sonder voorbereiding moet weet en kan doen.  Dit was so 30% van die vraestel.  Die tweede deel is die “dink” vrae, waar jy so effens meer breinkrag nodig het.  Dit is so 50% van die vraestel wat jou vaardigheid toets, hier kan jy verstaan dat jy gaan foute maak.  Dan in die laaste gedeelte, so 20%, is werklik ingestel om die kaf van die koring te skei, en waar sy haar top leerders getoets het om onderskeidings te kry. 

Sy het my rustig gemaak om te besef dat jy nie alles in die vraestel 100% sal kan doen nie, om dit te weet maak jou al klaar rustiger.  Dan ook, om te onderskei watter vrae in watter kategorie val, en om jou confidence op te kry deur eers die maklikste vrae eerste aan te pak, dan die vaardigheidsgedeelte en as jy tyd het die onderskeiding vrae.  Wanneer jy in daardie volgorde dit doen, kan jou brein rustig word en dit voel asof jy beheer het oor die vraestel.

Later het ek besef hoe dit ‘n bloudruk dit vir ons lewens is, en dit is eintlik veronderstel om die natuurlike ingesteldheid te wees.  Waar ons hier vandag sit, is daar soveel dinge wat ons dink, voel en ervaar.  Hierdie is eintlik ‘n eksamen wat ons almal besef nie een van ons ooit op voorbereid kan wees nie.  Jy kan in ‘n groepie huddle en hoor hoe almal hulle stories vir jou spin, maar glo my, niemand weet nie.  As ek net hoor hoe dit kenners van virusse verskil oor wat moet en nie moet nie, besef jy, op die oomblik is niemand slim nie, hulle “klink” net slim.  Ons gaan hopelik hierdie eksamen slaag, maar niemand gaan hier 100% kry nie, en min gaan ‘n onderskeiding kry.  En ook iets wat ek by my ma geleer het, doen jou bes, nie almal is gemaak om onderskeidings in Wiskunde te kry nie, maar dit beteken nie dat jy nie volgens jou vermoe die beste moet probeer nie. 

Ons is nou so halfpad deur 21 dae van lockdown, en maak nie saak wie jy is nie, almal van ons soek betekenis uit hierdie situasie.  En hier is my raad uit my ma se wysheid oor hoe ek dink ons dit moet aanpak. 

1.       Daar is dalk ‘n moontlikheid dat hierdie ding verleng kan word, maar fokus ook op hoe lekker jy gaan voel wanneer hierdie ding verby is.  Die eksamen gaan nie weg nie, ongelukkig kan jy nie registreer vir ‘n sieketoets met ‘n doktersbrief nie.  Hier moet jy deur, maar dink tog aan dat jy weer alles gaan kan doen wat jy wil, wanneer die eksamen verby is.  Alhoewel almal vir jou vertel om in die NOU te leef, verstaan ook dat sonder drome die lewe baie saai en depressief gaan wees.

2.      Kry jou kop reg wanneer jy daar sit en eksamen skryf, en fokus.  Jy is nou hier, om die hele tyd te dink aan alles wat jy anders sou wou doen en aan FOMO te ly, gaan jou niks in die sak bring nie.  Jy is hier, wees bewus van waar jy is en moenie nou dink aan hoe die “professor” jou nou van ‘n klomp dinge ontneem nie.  Dit gaan jou nou niks help nie.  Dit help ook gladnie om jouself nou te belowe dat jy volgende keer harder gaan leer en beter keuses wil maak nie, want jy het nie, en die kanse is dat jy ook nie gaan nie.

3.      Organiseer die vrae wat aan jou gestel word, soek die maklikes, en doen dit eers.  Kry beheer deur dit te doen wat jy wel kan doen, skottelgoed, lekker kos maak, TV kyk, lees, bad, tandeborsel, gras sny, klere was en tande borsel.  Dit is dinge wat “makliker” kom en waaroor jy beheer het, doen dit eerste, elke dag.  Jy sal vinnig besef hoe jou kop draai wanneer jy buite beheer, in beheer voel.
4.      Die middelste gedeelte gaan jouself bietjie uitdaag, en is dinge waaroor jy effens sal moet dink.  Maar, erens in jou het jy die formules.  Dit is nou wanneer jy kans kry om die teorie wat jy versamel het, toe te pas.  Maak nou tyd vir die goeters wat jy nog nooit gedoen het nie, byvoorbeeld navorsing of jou boek skryf of klere kleiner of groter maak of jou garage uitsorteer.  Bietjie dinge wat jou uitdaag, soos daardie ou wat die Comrades die naweek in sy tuin gehardloop het.  Doen iets wat jou dwing om nie net ‘n asemdief te wees nie.  Dit is die lyf van die eksamen, 50% daarvan.

5.      Wanneer dit by die onderskeidingsvrae kom,  soos vrae oor die “sin van die lewe”, of “het ek die regte keuses gemaak?” of “is ek by die persoon by wie my hart is” of “hoe ek my lewe gaan rig na hierdie”, dit is dinge wat belangrik is om jou te onderskei, maar jy kan dit tog nie aanpak as jy nie eers die confidence het nie. 

Dit is belangrik dat jy die sequence regkry, eers te doen wat normaal kom, dan bietjiie dabble om jouself uit te daag, as ‘n basis van waar jy hierdie moeiliker vrae kan begin antwoord.  Hierdie is deel van die vraestel, en jy kan dit nie oorkom nie, maar as jy by die moeilike begin, gaan jy dalk so moedeloos word omdat jy nie die antwoorde het nie, dat jy sommer gaan moed opgee en selfs nie eers kans sien of tyd het vir die eerste twee nie.  En ook, die eerste twee gaan jou nie net confidence gee nie, maar gaan jou ook help op ‘n ander manier met die onderskeidingsfase.

As jy die normale en uitdagings aangepak het, gaan jy besef dat jy waarde het, maar nog meer, jy gaan sekere keuses kan maak, want dit is waar die leiding gesetel is.  As jy skielik besef hoe lekker of aaklig dit vir jou is om vir die mens wat hier saam met jou is, met passie of renons kos te maak en jy kan saam lag of afkraak oor hoe jy die besem vashou, dalk beinvloed dit jou denke oor jou toekoms en die sin in die lewe. 

Wanneer jy dalk sien hoe jou huweliksmaat of kinders se selfsug jou lei om jou af te sloof en hulle doen niks, gaan dit jou dalk laat besluit om jou sin in die lewe te begin af te dwing.  Of dalk besef jy hoe ongelooflik die persoon hier langs jou op die bank is en dat jy jou alles vir haar of hom sal wil gee.  Dalk besef jy dat jy finansieel swak besluite gemaak het, en jy dalk beter keuses in die na-tyd moet maak om geld weg te sit in ‘n noodfonds, en te spaar.  Miskien besef jy dat jou hardegat houding of ingee oomblikke jouself ongelukkig en eensaam maak, so jy kan dan besef waaraan en aan wie jy in die na-tyd moet werk.  Jou eensaamheid laat jou dalk besef om nie so vol strooi te wees nie, maar jou oop te stel vir liefde en vriendskappe wat jy nie gedink het jy nodig het nie.  En dalk bewys jou normale en uitdaagdinge aan jou dat jy totaal en al op ‘n verkeerde pad is, in ‘n verkeerde verhouding is of ‘n totaal simpel beroep is of dat jy totaal en al op die regte pad is.

Die belangrikste van die hele boodskap hier is, die eksamen is ‘n eenheid, daar is die 3 tipes vrae, maar moenie eers begin met die moeilikste nie, want dit dien nie noodwendig die ander twee nie.  Maar, as ek dit in sequence van maklik na moeilik doen, dien die eerste twee my in die moeilikste vrae van alles.  Dit is die circle of life, wie jy is, dan jou uitdagende dinge en uiteindelik jou idee van sin van die lewe.  En dan die belangrikste is, daar is altyd groei, want die gaan beslis nie ons laaste eksamen wees nie.  Handewas het nou by sommige mense skeilik tweede natuur geword, wat lei tot uitdagings om jou eie handreiniger te maak, wat jou vrede gee dat jou kanse om siek te word minder word, en dalk en moontlik ‘n nuwe besigheid wat jou toekoms kan bepaal, ons sal nie weet nie.

Ek leef tussen baie slim mense, filosowe, dominees en denkers.  Ek lees hulle boeke en luister hulle video’s, en ek respekteer hulle baie.  Maar een ding wat ons altyd moet onthou, al sien ons hulle as die dux leerlinge van ons generasie, hulle moet ook eet, hulle moet ook bad en hulle hande was.  Hulle is ook daar in die middel besig met allerhande uitdagende programme en skryfwerk.  Geen persoon kan ‘n onderskeiding kry, as hulle slegs die 20% sin in die lewe vraag kan beantwoord nie, want dan gaan hulle pluk!  En dan vir jou, al kan jy nie nou die moeilikste vrae antwoord nie, dit maak nie saak nie, jy kan nog steeds slaag, so ontspan, haal diep asem en baie sterkte vir vandag.

“All difficult things have their origin in that which is easy, and great things in that which is small” Lao Tzu

Friday, April 3, 2020

Die tweede bedryf:

Hier in Suid-Afrika is ons deur die eerste week van Lockdown, en nou le die tweede een voor. Die eerste week het sy skok en skop op die sisteem gelaat, maar als en als dink ek ons het dit gemaak, ja want ons is nog almal hier. Daar was baie grappies en stories en video’s wat die rondte gedoen het. Daar was genoeg snacks, wyn en daar was amper iets van ‘n optimistiese positiwiteit by mense oral te bespeur. Dit is seker maar soos ‘n nuwe besem en saam het ons die ervaring so bes moontlik vir onsself en die mense om ons probeer maak.
Nou le die tweede week eers voor ons, en dit laat my amper dink aan ‘n opera. Toe ek klein was het die Staatsteater in Pretoria geopen. My ouers het beide van Opera gehou, en ons het seker elke produksie gaan bywoon. Dit was die tyd toe mense nog opgedress het vir die okkasie, bietjie meer fancy as wat ek gewoond was om mee kerk toe te dra. My ouers het ook hulle bes gedoen om my te kultiveer, alhoewel ek nie heeltemal seker is dat dit gewerk nie. Ons het op ‘n plot buite Pretoria gebly, en as enigste kind was ek soms eensaam, en al het dit opera gekos, dit was darem lekker om stad toe te gaan, want dit was ‘n heerlike outing. My hoogtepunt was die pouse en wanneer ek kon Whispers en ‘n koeldrank kry, seker maar soos enige kind.
Opera’s is gewoonlik in Italiaans, en my ouers het altyd vir my die storie voor die tyd vertel sodat ek darem die ding kon volg. En, ek moet se, Truk het altyd sulke fenominale produksies op die aangebied met ongelooflike dekor en sangers. Dit het gevoel of jy spesiaal is, want in daardie tyd was daar nie so baie vertonings van enige aard wat ons kon bywoon soos vandag nie. Soos my kinders seg, ja, toe pa jonk was het julle op kliptablette geskryf met ‘n hamer en bytel. Amper so iets. Maar dit was ‘n outing wat ek met groot deernis onthou.
Die opera’s het gewoonlik 3 bedrywe gehad. Die eerste is nogal exciting gewees, want die stelling word gemaak vir die res wat gaan volg. Die karakters word voorgestel en ‘n klomp area’s skep die agtergrond van die storie met oorgawe. Ek onthou dat ek dan sommer so op die punt van die bruin fluweel stoel gesit het en verstom was oor die dekor met opwinding. Dan was daar die pouse en almal het daar in die foyer in toue gestaan en goeters gekoop om te drink of aan te hap.
Die kultuurkenners het met neuse in die lig die eerste bedryf beskryf, kommentaar gelewer oor die tenoor en daardie sopraan en hoe bly hulle is dat hulle vanaand gekom het. Daar was ook altyd een tannie wat ‘n beter produksie van die opera in in Milaan gesien het. Erens was daar ook ‘n grommerige oom wat by sy vrou kla omdat die Coke R1 kos wat volgens hom buitensporig was. Die pouse het dan skielik tot ‘n einde gekom met ‘n ding-dong-dang klok wat aangekondig het dat ons ons plekke moet inneem.
Die tweede bedryf is altyd waar my aand so bietjie skeef geloop het. Die middelste bedryf is gewoonlik waar die karakterontwikkeling en intriges plaasvind. Die area’s wat gesing is het soms vervelig en middelmatig geklink. Omdat my ouers so opgewonde oor Opera was, het ek altyd probeer om wakker te bly in hierdie tyd. Dit het soms gevoel asof dit so ‘n onnodige deel is waar dinge nie werklik gebeur nie, dalk omdat ek nie mooi verstaan het nie. Ek was kort en die stoele van die staatsteater het my soos ‘n handskoen gepas, want my kop het net-net bygekom by die rugleuening om my kop te laat rus. So nou en dan het my ma of pa my met die elmboog in die ribbes gepomp om wakker te word, maar helaas, die vaak het my meestal soos in ‘n vervelige kerkdiens bekruip. Ek kan nie onthou of ek ooit een Opera se tweede bedryf ooit deurgesien het nie.
Een van my ouer se gunsteling opera’s was La Traviata (the fallen Woman) van Verdi, met Violetta wat ryk is en verlief raak op Alfredo wat arm was en wat nie die goedkeuring van beide stel ouers weggedra het nie. Maar mens kan mos nie in die lewe kies op wie jy verlief raak nie. In die tweede bedryf is hulle uiteindelik saam, en dan sien Alfredo hoeveel sy opgeoffer het om saam met hom te wees en nou kom al die skuldgevoelens. Alfredo gaan dan terug stad toe en probeer sy bes om aan haar vereistes te probeer voldoen en geld te kry, sodat Violetta nie alles moet bydra nie en sy by hom moet bly. Sy pa kom by Violetta aan en vra haar om asseblief redelik en realisties te wees en die verhouding te stop, want hulle aksies het ‘n impak op ander mense se lewens, veral Alfredo se suster se moontlike troue in ‘n ryk familie in.
As gevolg van druk, besluit Violetta om die regte ding te doen en haar liefde op te offer en terug te gaan na haar ou lewe wat inpas by wat almal van haar vra. Sy los vir Alfredo ‘n brief, maar sy sien nie kans om hom te face nie, en gee instruksies dat die afse brief eers vir hom gegee moet word wanneer sy reeds weg is.
In die derde bedryf is Violetta siek en oppad om dood te gaan, en sy dink dat dit te laat is om met Alfredo te verenig waaroor sy spyt is. En op die einde kom Alfredo wel om haar vas te hou, en so hulle liefde te verenig. En die opera eindig met Alfredo se pa wat die stok in die speke was, wat sy blessing aan hulle liefde te gee wanneer hy erken en besef hoe lief die twee mekaar het, al is dit eintlik te laat.
Hierdie tweede week van die lockdown gaan volgens my ook soos die tweede bedryf in ‘n opera wees. Dit is juis nou wat ons karakters getoets gaan word en waar ons baie dinge in en om ons gaan challenge. In die eerste week is nog naby genoeg aan die normaal waaraan ons gewoond was en dit het gevoel dat ons planne werk. Die laaste week (hopelik die laaste week) gaan dit ‘n aftel week wees waarin die klimaks gaan kom. Die middelste week gaan amper ‘n grys week wees. Dit is die week waarin ons sterk sal moet staan.
Jy gaan keuses en besluite in jou lewe uitdaag, jy gaan baie emosies ervaar, veral omdat jy teruggeruk word na die realiteite van jou lewe. Ja, jou snacks gaan opraak, jou wyn minder gereeld gegooi kan word en jou verhouding met jouself en die mense om jou gaan getoets word.
Ek tel by vriende op in die gesprekke dat hulle die lockdown nou begin voel. Sommiges voel al meer depressed, so duidelik word die tweede bedryf nou ‘n werklikheid vir almal. Dit is asof alle grappies nou op ‘n stokkie is, en selfs die braai vervelig word. Moenie dat dit met jou gebeur nie, elmboog jouself in die ribbes, en as jy weet dat dit so gaan wees kan jy voorberei. Weet dit gaan dalk jou boringste week in jou lewe wees, en ontspan, this too will pass. Jy kan dalk baie mooi dinge en geleenthede mis.
Jy mag dit vreemd vind dat ek nie hier vir jou ‘n mooi prentjie van bemoediging skets nie, maar ek glo dat ‘n mens tog mag en moet eerlik wees, want ons weet dat die begin van vorentoe beweeg daarin le dat jy eers moet weet waar jy is. Jy mag so voel, ons IS in ‘n moeilike scenario, en besef wat in jou kop en emosies aangaan is belangrik.
Karl Jung het gese: “Who looks outside, dreams, who looks inside, awakes”. Dit beteken dat ‘n mens wel voel asof jy ver van jou droom is, om saam met vriende te wees, om vryelik uit te gaan en te beweeg, maar werklike groei kom wanneer jy in jouself in kyk, wanneer jy jouself leer ken en verstaan. Ja, en dit is nie altyd maklik nie, maar soos Jung ook vir ons vertel “There is no coming to conscieousness without pain”. Dit ons menslike natuur om van enige pyn of goeters wat ons pla te wil wegskram. Dit was soos met my ervarings met die opera’s, jy moet deur die 2e bedryf kom voor jy by die klimaks en die areas kom wat die hele “straf” die moeite werd maak.
Ek sal nou nie se dat my ervarings, hoe vervelig ookal vir my, my totaal negatief gemaak het teenoor opera’s nie. In ons hedendaagse wereld het ons YouTube, wat jou vinnig heen en weer kan laat soek vir die Opera areas wat jou favourites is. Jy kan rondspring tussen die 1e tot die 3e bedryf met die druk van ‘n knoppie. Maar die voorreg is van ons weggeneem, nou MOET jy dwarsdeur die hele vertoning sit, 1e, 2e en 3e bedryf, hoe frustrerend ookal.
Maar, jy het keuses in hierdie tyd. Soos wat ek terugvertel van my ervarings van die aande saam met my ouers, het selfs die middel 2e bedryf steeds deel uitgemaak van my memories. Jy kan seker die eerste bedryf en laaste bedryf saam kyk sonder die tweede, maar soos ek groter geword het, het ek besef dat, alhoewel die middelste as kind vervelig was, dit juis IN die tweede bedryf is waar daar werklike diepte in die storie kom en wat die uiteinde soveel meer die moeite werd maak.
Probeer dus hierdie komende week in dieselfde lig sien, bly positief en ja, let op. Word bewus, en dalk kry jy nodige tyd om bewustelik te besef wat werklik in jou aangaan, want wanneer al jou kanse en verskonings en redenasies in jou plaasvind, skrik jy dalk wakker om reg te wees vir die destiny wat eintlik jou pad is sodat jy reg is om jou lewe te rig waar dit moet heen lei.
Wees dankbaar, want erens in die groot plan van die wereld is ons almal gedwing na binne, nie net binne ons huise nie, maar na die binnekamers van ons harte, om dalk net daar werklik weer te ontdek wie ons is en wat vir ons belangrik is, en dalk te besef wat ons moet gaan regstel wanneer ons uit hierdie situasie kom.

Thursday, April 2, 2020

Paranoid:

Ek het myself nog nooit geklassifiseer as ‘n “germophobe” nie.  Dit gese, ek was nog altyd my hande sonder dat my ouers dit vir my geleer het.  Ek is daai ou wat die man wat voor my in die badkamer was en nie sy hande was nie snaaks aankyk in ‘n restaurant, veral as hy net na die kamerverlaat episode sy vrou se hand vashou en aan haar wang streel.

Vanoggend sit ons tweetjies hier omring met spuitbotteltjies van alle groottes gevul met ontsmettingsmiddels.  En skielik begin ons onwillekeurig dinge om ons ontsmet, die remotes, die selfone en ook selfs die laptops, so hierdie boodskap word vanaf ‘n gereinigde keyboard getik, so julle is veilig.  Ons gaan egter ‘n entjie verder, want nou ontsmet ons ook die ontsmettingsmiddel botteltjies, en ook die deurknoppe, krane en die toilet se silwer spoel gadget.  En skielik kyk ons mekaar vreemd aan en lag oor dit, want ons wonder wat ons nog kan ontsmet, die ligskakelaar, die lighter en die tuinslang waarmee blommetjies natgegooi word?

Dit word heel duidelik dat ‘n mens se gedagtes so ingesuig word op dinge waarop ‘n mens fokus, en mens sukkel om daarvan weg te kom.  Mens hou die telling van die infeksies intens dop op CNN en vir objektiwiteit Al Jezeera en ook soms soos ek dit noem die “nie-lockdown kaskenades” op eNca.  En skielik besef ek in ‘n oomblik wat ook die impak is van die blootstelling op my psige.  Gisteraand kyk ons Binnelanders, en ek wonder onwillekeurig hoekom hulle met hulle lewens aangaan, hande skud en drukkies uitdeel.  Sien net hoe consumed ‘n mens kan raak en gebreinspoel word deur alles wat om ons gebeur?

Nie een van ons is al ooit blootgestel aan situasies soos hierdie nie, en almal besef dat ons lewens nooit ooit weer dieselfde gaan wees nie.  Moontlik gaan daar in die toekoms orals by ingange iemand wees wat jou hande gaan spuit, en in restaurante ook ‘n botteltjie ontsmettings goed wees, so langs die Tabasco.  Ons sal nie weet nie, maar glo my vry, paranoid gaan ons bly.

Die ou mense het gese:  “Alles wat ‘n TE is, is verkeerd, behalwe te voet, te perd en tematies”.  Vanoggend se oefening het my laat besef dat dit eintlik heeltemal te erg kan word en jou hele gedagte kan oorneem.  Ons weet ook dat die lewe oor balans gaan, ja, jy moet jou hande was, maar as dit te erg word, dan het jy ‘n probleem.  As jy elke keer jou partner wil ontsmet voor jy haar ‘n drukkie gee, selfs al weet ons ons was nerens, gaan ‘n hele boel ander dinge ook verlore gaan. 

Vandag skryf ek nie lank nie, nie dat ek aan nog iets gedink het om te gaan ontsmet nie, maar eerder omdat ek my eie raad wil volg.  Miskien vandag, moenie so paranoid wees oor Covid-19 nie, skakel bietjie in op ‘n ander kanaal, lees ‘n boek, kyk ‘n film, gesels met mekaar, scroll verby die dinge op Facebook oor Covid, en leef bietjie vir ‘n verandering.  Probeer so effens normaliteit in jou lewe kry.

Ons weet tog al jare lank dat jou brein net op een ding op ‘n slag gefokus kan bly.  As jy bewus is van ‘n sekere tipe kar in wit, gaan jy dit orals om jou raaksien, maar as jy skielik bewus word van iemand wat ‘n rooi cabriolet ry, gaan jy skielik meer rooi cabriolet’s raaksien.  En as jy jou fokus verander, gaan jy dit beslis regkry om deur jou dag te kom en sodoende jou swaarkry met lekkerkry te kan klaarkry

Wednesday, April 1, 2020

Ons Grendelstaat storie

Met ons almal wat in n grendelstaat verkeer, het ek besluit om so ‘n paar vriende nader te hark om saam met mekaar ‘n storie te skryf op Whatsapp. Hoe dit werk is dat elkeen ‘n nommer toegedeel word en jy mag dan net ‘n sinnetjie of 2 in volgorde skryf. Ons is nou op dag 5 en sommiges het nou al uitgeval, maar ons hou aan.
Wat dit interresant maak, is dat die storie projek ons presies ‘n idee gee van hoe die wereld werk. Toe ek daardie eerste dag om 12:00 die storie met slegs ‘n gedagte begin het, het niemand ‘n idee gehad waarheen die storie lei nie. Daar was geen formele tema of niks nie, net soos ons lewens is.
Elke dag en elke oomblik is daar ‘n sinnetjie of ‘n gedagte of ‘n ervaring wat bygelas word. En omdat ons ‘n hele spul is, het ek na elke plasing in my kop probeer om te dink hoe en wat ek kan skryf om die storie in my idee-rigting te laat vloei, maar dit werk toe nie so nie. Net as jy dink oor wat jou karakter gaan moet doen, kom die ouens voor jou met ‘n ander rigting wat jou dwing om effens meer kreatief te wees.
Dit gebeur telkemale met ons, wie van ons sou byvoorbeeld 2 maande terug gedink het dat ons hier sou sit? Ek het self nie kon glo hoe my lewe gedraai het oor die laaste tyd nie. Dinge wat ek beplan het en oor gehunker het het totaal en al in ‘n ander rigting gegaan as wat ek ooit sou gedink het.
Ons is almal so vasgevang en kinderlik hardkoppig oor ons idees van waar en hoe ons lewens uitgespel en uitgekaart moet word, en word kinderlik ongelukkig wanneer dit nie so uitwerk nie. Kyk net hoe absoluut is ons teruggeruk uit ons storie wat ons mee besig was voor die lockdown? Ja, en soms is dit onaangenaam en seer, en soms het ons nodig om ‘n totale kopskuif te maak. Hierdie Covid ding het ons so daaraan herinner aan hoe dinge in ons storie in ‘n oogwink kan verander. Ons weet dit erens diep binne ons, maar ons is seker nooit heeltemal reg vir sulke veranderings nie. In ons storie-groepie kan jy nie heeltemal lank vooruit dink nie, die persoon voor jou moet eers klaar plaas voordat jy kan dink en skryf, en jy moet kreatief wees, want dit is soms heeltemal anders as wat jy verwag, hoe frustrerend dit ookal is.
Ek het die bydraers ingedeel volgens nommers en die deelnemers kon nie kies wie voor hulle is nie, net soos ons ook maar net vrede moet maak met die sinnetjie en aksie wat voor jou gebeur. Hoe jy ookal beplan, kan jy nie die persoon voor jou coach om te post wat jy graag wil sien nie. En ook kan jy nie bepaal wat die persoon na jou gaan plaas nie, al waaroor jy beheer het is daardie enkele oomblik wanneer dit jou beurt is en die kollig op jou is. Jy het in die lewe slegs hierdie oomblik en wanneer dit jou beurt is om jou merk te maak.
Die mense wat ek gevra het om deel te word van die storieboek, is nie professionele skrywers nie, en ek ken mekaar nie, dit is net random. Op dieselfde manier het die deelnemers hier dus nie ‘n keuse van wie hulle saam mee moet skryf nie. Ek en jy het ook nie soveel beheer oor ons lewens dat ons altyd kan besluit wie die perfekte spannetjie in ons lewens is nie. Jou ouers, kinders, vriende, spesiale mense is net so random.
Maar skryf moet jy skryf, en soms hulle hinkepink idees inwerk in die storie. Ons storie gaan tien teen een nie die bestseller lys haal nie, mens weet nooit, maar skryf word hy geskryf. Te veel kere verwag ons van die lewe om eers die perfekte karakters, perfekte skrywers, perfekte omstandighede of perfekte tema te he, voordat ons skryf. Intussen gaan die tyd by ons verby, en mis ons soveel dinge.
Ek het nou al die storie, soos hy ontwikkel, met ‘n paar ander vriende gedeel, en sommige van hulle is nou ontsteld omdat ek hulle nie bygebring het nie en uitmis, en ander put soveel genot uit ons storie, hoe amateur dit ookal is, en kan nie wag vir wat volgende gaan gebeur nie.
In hierdie 5 dae het daar mense weggeval, oor welke rede ookal, party was te besig of het gevoel dat hulle werk en dalk ander in die steek gaan laat omdat hulle nie gou genoeg kan antwoord nie. Hulle is ook deel van die storie, al het hulle stem stil geraak. Soms, wanneer jy jou storie skryf word sekere deelnemers uit jou lewe gehaal, soos ek as moderator hulle verwyder. Ek as moderator kan nou vir ure met hulle redeneer om nie uit te klim nie, en eerder te bly, maar ek verstaan dat elkeen ook terselfdertyd met hulle eie ander storie besig is, wat vir hulle belangriker is as om op my en my storie alleen te fokus.
Die storie gaan aan, wie ookal uitval en wie ookal bykom, of jy nou self jou reeltjie skryf of nie. Ons het ‘n reeling dat indien die persoon voor jou binne 2 ure nie reageer nie, dan mis hulle hulle beurt. Die storie van die lewe werk ook so, as jy nie deelneem en jou deel bydrae nie, jou storie gaan aan, met jou of sonder jou.
En so het daar ook mense bygekom, en alhoewel ons daardie een ou mis wat die hele tyd iets spesiaals bygedra het, kom ek nou agter dat die impak van hierdie nuwe skrywer dalk baie meer en beter bydrae lewer tot ons storie. En soms, net soms kom hulle oor ons pad, sonder dat ons dit gesoek het, en met die vreemdste en kronkelste van draaie. Om die rede moet ‘n mens altyd bly glo in die proses en nie sommer van die staanspoor jou neus optrek vir nuwe impak skrywers in jou storie nie. Dit is dalk net die katalisator wat jou storie woema en meer betekenis gee, en wees eerder dankbaar vir dit as om te top oor die een skrywer wat nou nie meer deel van die proses is nie.
So tussendeur ook besef jy dat jy nie altyd die regte antwoord het nie, of dat jy onseker is oor wat om te plaas. Ons het so ‘n paar deelnemers wat saam met hulle geliefdes en gesinne saam die storie volg en saam besluit wat om te plaas. Daar is ook my vriendin wat ook soms vashaak en dan vir my vra om te help, en net so help sy my ook wanneer ek vashaak. Op hierdie oomblik in ons bestaan is ons afgesny van so baie dinge om ons en ons vryheid is ge-impakteer. Dit beteken nie dat ons storie ophou nie, en dat ons die storie alleen moet aanpak nie. Hoe gelukkig is ons met tegnologie dat ons kan Zoom en Houseparty en saam met mense wat ver is ons storie kan skryf? Van ons 16 wat saam skryf is ons hier en daar saam met iemand wat ons storie help skryf en ons ruimte deel, maar oor die algemeen is ons ver verwyder van mekaar. Dit is nie perfek nie, maar ons skryf saam aan mekaar se storie.
Dit is pret, vir my in elkgeval, en elke keer as ons whatsapps hier in die huis piep, spring ons beide op en kan nie wag om te sien wat wie geplaas het nie. En dan bespreek ons, ons is verbaas of verheug en skielik in ons koppe begin ons beplan wat ons gaan plaas, maar weereens nie altyd soos ons dit verwag nie. Die grootste ding hiervan is dat dit pret moet wees, en terwyl ons in ons slegste omstandighede in menseheugenis ons bevind, kan ons steeds lag en geniet en die storie skryf na die beste van ons kragte. Dit was tog die doel van die oefening, om iets te doen en aan die gang te hou wat ons aandag so bietjie aftrek en iets lekker kan doen, te midde van omstandighede. Vir baie mense hou hulle op om te skryf wanneer dinge bietjie taai en sleg word. En een van my vriendinne se kommentaar hierop is: “Ek is nie ‘n skrywer nie, ek kan nie skryf nie, en as dit nie hiervoor was nie het ek nooit geskryf nie”. As jy in die lewe wag vir alles om eers perfek te wees VOOR jy jou storie skryf, sal jy tien teen een nooit tot skryf kom nie.
Ons het, hier waar ons nou sit, nie baie keuse en beweegruimte nie. Soos in ons storie het nie een van ons enige idee of waarborg waar ons storie saam met Covid gaan eindig nie, en dit maak baie mense paranoid en vol vrees. Ons oefening het my gewys dat ons geen idee het, OOIT, waar ons lewens heen gaan en gaan eindig nie. Ons weet nie wie gaan aan die einde van 21 dae as deelnemers gaan oorbly nie, ons weet nie of ons held noodwendig gaan leef aan die einde van die storie nie, en of ons ooit gaan uitvind wat die geheim in die klein dorpie is nie. Aan die een kant sou die lewe makliker gewees het as ons die uiteinde en die laaste hoofstuk eerste kon lees, maar dan spoil jy eintlik die boek vir jouself. Ons storie, en so dink ek moet ons die lewe sien, se sin gaan oor dat ons bly skryf, al is dit met rukke en stote, al moet ek as moderator soms aanpor en herinner, al kan jy nie perfek skryf nie, al maak jy spelfoute, almal mag deelneem.
En deur dit alles het ons een belangrike ding om te onthou, soos ons storie whatsapp en data het om te kan skryf, so het God ook vir elkeen van ons al die ruimte van lewe geskep en die hele houer met lego blokkies op die mat uitgegooi om mee te bou. En die lekker, en ja soms scary ding, is dat jy jou storie kan bly bou, saam met die mense om jou, sonder dat jy ‘n finale plan of aanwysings het.
Dit is vrye wil, al voel dit soms dat jy ingeperk is, God jou nie beperk in jou denke en data nie, en jy jou storie kan afhandel, te midde van die twist en turns waaroor jy geen beheer het nie.