Wednesday, August 28, 2013

Wynand "Loftus" Van Vuuren


Ek weet nie hoekom nie, maar ek le gisteraand en dink aan Wynand "Loftus" van Vuuren wat saam met my in die Laerskool was.  Ek dink elkeen van ons het so 'n iemand saam met ons op die skool gehad.  Hy was nou die een wat werklik "uit" was.  As ek terugdink kan ek onthou dat hy gladnie mooi was nie, soos die oom sou gese het, so wit soos 'n voorbode.  As ek onthou was hy so wit dat hy die enigste kind was wat in daardie tyd 'n hoed gedra het as hy in die son uitgegaan het.  Ek kan onthou dat ons gespot het en gese het dat ons dink hy skyn in die aand as die son ondergaan.
 

Ek kan onthou dat ek nog voordat ek geglo het in lewe op ander plannete, gedink het dat hy een van hulle moes gewees het, want hy was weird.  Dalk is sy ligsensitiwiteit dalk die rede, maar hy het nooit saam met ons gespeel nie.  Ek onthou hy het daai Alpha 1999 ruimtetuigies skooltoe gebring en die hele tyd die vorige episode in sy kop deurgespeel.  Wat vreemd is, is dat niemand Wynand geboelie het nie, niemand het ook vir hom gelag nie, want ek dink diep binne was die kinders bang vir hom.  Die meisies wou nie naby hom sit nie, want hy het ook soms nog tot laat in die Laerskool "glipsies" gehad, maar selfs daaroor het niemand hom ooit gespot nie.

 
Wynand se oupa hulle, of so het hy gese, het 'n plaas gehad in Aliwal-Noord, en elke naweek het hy gewag dat sy oupa-hulle moet kom kuier, want dan sou sy oupa hom Loftus toe vat.  As mense vir hom op Maandag gevra het of hy toe daar was, het hy altyd gese dat sy oupa nie kon kom nie.  So wonder ek by myself of "Loftus" toe ooit op Loftus was.

 
Maar Wynand is een van daardie mense wat ek my hele lewe lank sal onthou, want alhoewel hulle brandarm was, en hy deurskynend, kan ek hom net nie vergeet nie.  Wynand was natuurlik ook gladnie sportief nie, en het so min koordinasie gehad dat hy gesukkel het om aan 'n deur te klop.  Naderhand het die LO-Meneer opgehou om vir hom te vra vir 'n doktersbriefie, want eintlik wou hy graag, maar het die hele klas opgehou.  Ek kan nie onthou dat ek hom ooit sien hardloop het of 'n bal vang of gooi nie.  Hy het sommer van die staanspoor af nie eers sy LO-klere aangetrek nie, maar sommer op die pawiljoen gaan sit.

 
Ek dink ek onthou vir Wynand, want Wynand was by elke skoolfunksie en langs elke sportveld.  Ek dink die meisies het daarvan gehou dat hy daar was, want hulle was al aan hom gewoond, maar hy het die meisies van die ander span ontsenu.  Maar Wynand was altyd daar, selfs langs die Laerskool krieketwedstryd tussen ons en Timbuktu se 3e span.  Wynand was daar.  Ek sien hom na soveel jaar sit daar onder die groot boom en kyk terwyl hy sy tinfoil toebies eet.  Vir een of ander rede het Wynand geglo dat alles by die skool eintlik om hom draai en as hy nie by die Eerste Span se wedstryd is nie, SAL hulle verloor.

 
Ons is almal na verskillende skole toe na Laerskool, en ek het nooit weer vir Wynand gesien nie, maar gehoor dat hy oorlede is in Standard 8, dis toe ons nog te dom was vir grade.  Maar Wynand onthou ek soos asof dit gister was, amper 40 jaar later.  En ek wonder toe:  "Wat is dit maak dat ek na al die tyd nog wonder oor ou "Loftus"?

 
Kinders is mos maar baie wreed, maar om een of ander rede het die wreedheid en gespottery nooit aan Wynand gaan sit nie.  En moenie 'n fout maak nie, hy was nie 'n dom ou nie.  Ek dink wat my gevang het is die manier hoe hy aangehou leef het, te midde van wat ander dink of hoe hy lyk.  Ons het respek vir hom gehad omdat hy elke wedstryd langs die veld gestaan en "Wonnies" geskree het.  Hy was vir my 'n rolmodel, maar ek besef dit nou eers.  Want ek wonder hoe sou ek gevoel het as ek in sy skoene was, en sou tien teen een in 'n hoekie gaan sit en kripeer het.  Hy het dit nie aan hom laat vat, die feit dat hy nie 'n meisie kan kry om saam fliek in die saal te gaan kyk nie, hy was daar en het die fliek kom geniet.  Hy het homself nie laat onderkry oor die feit dat hy nooit op Loftus was nie, hy het al Naas Botha se statistieke uit sy kop geken.  Hy was nie bekommerd dat hy nie geld het om by die snoepie "Chelsea-Buns" te kan koop nie, want sy ma het mos vir hom Tinfoil appelkooskonfyt broodjies ingepak.  Alhoewel hy op daardie stadium nog met Alpha 1999 ruimtetuie gespeel het, was ons eintlik jaloers, want ons wou ook nog daarmee speel, maar dit was "uncool".  Eintlik het Wynand vir my laat sien wat ek gemis het in die lewe, en wat dit is om werklik mens te wees, deur so lank "kind" te bly.

Eintlik besef ek vandag dat die uitdaging vir talentvolle mense om suksesvol te wees nie baie groot is nie, maar ons leer meer by mense soos "Loftus".  Ons lees al die boeke van die "Champions of Industry" en die wonderlike "Leiers" van ons wereld, maar ons vergeet om te kyk na elke mens om ons.  Die Bybel is vol van mense soos Wynand, noem hulle maar op, Moses, Dawid, Gideon, Job, Petrus en Paulus.  Mense wat jy nou nie sommer uit 'n "line-up" sou gekies het om jou volk deur die woestyn te lei nie.

Elkeen van die mense wat ek genoem het, het een of ander verskoning gehad van hoekom hulle nie hulle roeping kan nakom nie.  Hier te kort en daar te lank, soos ons almal maar is.  Maar God werk anders, God werk deur die Wynand "Loftus" van Vuurens van die wereld, want krom stokke kan ook reguit houe slaan.  Mense wat alles al verloor het en wat swaargekry het, is soms die mense wat die grootste impak het.  Mense wat alles het, is en word arrogant, en dink soms dat hulle God nie nodig het nie, of hulle is so ingestel in hulleself dat hulle nie langs die 3e span se krieketveld wil sit om maats aan te spoor nie.

Wynand het dit ook geniet en geselskap ingedrink wanneer iemand net aan hom aandag gee.  Ek voel skuldig dat ek nie meer moeite met hom gedoen het nie, maar ek is dankbaar vir wat hy my geleer het.  Krom stokke, wat dink hulle kan nie, is soos mense wat swaarkry.  Hulle verstaan dankbaarheid, want hulle vat nie alles om hulle as vanselfsprekend nie. 

Miskien is jy vandag bietjie "down", miskien voel jy soos 'n "mislukking", miskien is jy eensaam en voel asof jy van 'n ander planeer kom.  Dalk het jy niks geld nie, dalk het jy jou werk verloor.  Dalk is jy vasgevang in omstandighede wat vir jou voel asof jy nie weet watter kant toe nie.  Ek weet nie, jy weet self.  Weet dit, jy kan dalk 40 jaar van nou af deur jou optrede iemand, soos in my geval vandag, se denkwyse of optrede verander.  Weet dit ook, net omdat jou toebies in 'n Tinfoil kosblik kom en almal om jou sulke ontwerper-kosblikke is, beteken nie jy moet honger ly of nie geniet wat in jou lewe IS nie.  Vandag voel ek soos 'n mislukking, daar is baie mense wat my haat en mense wat my kritiseer, waar verskonings en wie jy is nie belangrik is of op goeie ore val nie – maar dan dink ek aan Wynand, wat te midde van alles, dink ek, homself gelukkig gemaak het.

Jy hoef nie op "Loftus" te wees om vandag te geniet nie, jy kan vandag met jou hele hart gaan leef en opdaag vir jou lewe, sonder dat dit perfek of volmaak is!

Saturday, August 24, 2013

Gaan verander die wereld!

Ek vind dit baie inspirerend om lewensverhale te lees van mense wat iets besonders in hulle lewens gedoen het.  Ek dink aan al die groot uitvinders en besigheidsmense soos Richard Branson wat die konformiteit uitgedaag het en buite die raamwerk van aanvaarding hulle pad uitgekap het.  Een van die groot redes dat ons so 'n fassinering het daarmee dink ek is omdat ons altyd met konformering gekonfronteer word. 
 
"whatever your parents taught you that you can do and be who-ever you want to be is really bad advice, because in life you are only accepted when you conform to the ideas and expectations of the people around you" ANON
Hierdie aanhaling is hoe die lewe werklik is, want jou bekende mense se boeke is besaai met allerhande emosies en pyn.  Om alles te doen soos almal dit wil he, dit is die maklikste manier om te leef.  Daarin le die minste stress en spanning.  Mense kan nie "anders" verstaan of aanvaar nie, en nog minder kan mense dit regkry om ander toe te laat om hulleself te wees.  Dit is soos die storie van die 3 krappies wat in die vlak bakkie geplaas word.  Die bakkie word dan warm gemaak, en alhoewel dit maklik is om uit te klim, trek hulle mekaar terug totdat hulle almal dood brand.
Ons wereld het so effens verander en ons sien al dat mense wel regkry om te besef dat mense anders is, maar om hulle in hulle andersheid toe te laat is nog nie moontlik nie.  Ons het almal verwagtinge, en ons hou van "orde", en daarom verwag ons van ander om soos ons te wees, en as hulle dit nie doen nie, dan moet daar fout met hulle wees. 
Nou wat is die uitdaging hier, want geen mens leef op 'n eiland nie, en ek dink nie jy kan sommer maar net doen wat jy wil nie.  Soos Gary Player gese het:  "Play the course as it is, and not how you would like it to be".  Dit is so waar, maar wanneer jy kinders grootmaak, wat gaan jy hulle leer?  Wat gaan die balans wees tussen wie jy IS en wat ander van jou VERWAG?  In hoe 'n mate gaan jy jouself afdruk op die wereld, in die wete dat dit met baie stress gepaard gaan, en hoeveel gaan jy konformeer?
Soos alles dink ek dat alles in jouself begin.  Jy sien, erens langs die pad het ons begin glo dat geluk en ongeluk by ander begin.  Mense maak my ongelukkig, en ek sit hekkies neer vir ander om oor te spring sodat ons gelukkig kan wees.  Ons verwagtinge van mense bepaal ons geluk en ongeluk.  So, ons neem deel aan die spel, en ek kan nie van ander verwag om dinge te wees en te doen, as ek dit nie self is of doen nie.  En ons word vasgevang in hierdie "ruiltransaksie".  Kyk bietjie om jou na huwelike en verhoudinge, alles is 'n ruiltransaksie.  Ek is dit en doen dit, want jy doen dit of dat.  Ons hele samelewing is gebou op die konsep. 
 
Nou wonder ons hoekom ons lewens nie uitwerk nie, want aan die een kant is dit fisies onmoontlik vir ons om aan al die vereistes van ander te voldoen – almal gaan jou telleurstel.  Daar is 2 redes hiervoor, die eerste is, dit is JOU vereistes en idees waaraan hulle moet voldoen, en nie noodwendig hulle manier van dink nie.  Tweedens is dit fisies onmoontlik vir iemand om aan al ander se vereistes te voldoen, want per definisie is dit slawerny. 
So, eerstens moet jy na jou ingesteldheid kyk en of jy nie mense in jou lewe toelaat om jou gelukkig of ongelukkig te maak op grond van die mate wat hulle aan jou vereistes voldoen nie.  Ek dink so baie keer aan die kruiswoorde van Jesus:  "Vergewe hulle Vader, want hulle weet nie wat hulle doen nie".  Soms dink ons dat mense dinge doen, omdat hulle ons daardeur met opset wil skade aandoen.  Dit is absoluut nie waar nie, mense is hulle eie mense en om hulle eie mens te wees is net so 'n Godgegewe saak soos suurstof.  In sielkunde noem hulle die fenomeen om jou geluk en ongeluk deur ander te laat bepaal "Living through others".  In kort is dit wat dit is, jou hele lewe word bepaal deur ander, en vreemd genoeg, jy word dan hulle "slaaf".  Dit is ook hoekom mense in verhoudings toksies aan mekaar verslaaf is, hulle raak verslaaf aan die spel, en alhoewel iemand anders die hekkies moet oorkom, word ons so deel van die spel, dat ons wil gek word.  Ons hou naderhand van die baklei, ons hou naderhand meer daarvan om mekaar te oortuig van hoe hulle nie die hekkies oorkom nie, en naderhand begin ons "wens" dat hulle dit nie kan doen nie, sodat ons hulle daaroor kan aanvat.  Ons voel naderhand beter oor onsself, wanneer hulle misluk. 
Verder kom ons in situasies waar dit wat jou pla, al hoe meer voorkom.  Hoe meer jy op iets fokus, hoe meer word dit, dis eenvoudig.  Die arme hekkiesatleet in jou lewe word naderhand ook so op sy/haar senuwees, veral as dit wat jy verwag nie moontlik is vir hulle nie.  Hulle word al meer gekonfronteer met situasies wat hulle eenvoudig niks aan kan doen of kan oorkom nie.
So, vir 'n begin, pak weg die hekkies, rol op die speelveld en gooi die stophoorlosie weg.  Gun mense eers hulle andersheid, gun hulle hulle menswees voordat jy dit van ander kan verwag.  Bere die strydbyle en maak vrede met die feit dat jou "kritiek" op hulle ook maar net vir jou wys hoeveel jy anders is as ander.  Hoe meer fout jy vind met ander, is 'n teken van hoe "anders" JY is, eerder as hoe anders "hulle" is.  Dit is hoekom soveel verhoudings tussen mense misluk, want ons dink dit is werk.  Ons moet dit maak werk, en ons dink dat ons geluk opgesluit is in ons eendersheid en wanneer ons dit wat ons pla gaan deurpraat en deurwerk.
In alles wat ek al ervaar en gelees het en terapiesessies wat ek gedoen het, het ek tot die konklusie gekom dat wanneer jy moet "praat" en wanneer jy moet "uitsorteer", jy reeds die stryd verloor het.  'n Paar jaar gelede het ek 'n blog geskryf oor mansvriendskap, en in kort daarin die konklusie gemaak dat ek en my mansvriende nog nooit gaan sit het om ons vriendskap te "definieer" nie.  Baie mense het kommentaar daarop gelewer dat die rede vir dit is dat dit nie werklik 'n "saakmaak" verhouding is nie.  As ek na al die "saakmaak" verhoudings om my kyk, wil dit vir my voorkom asof die resep wat ons toepas NIE werk nie.  Vir geen oomblik dink ek dat mens nie moet kommunikeer in 'n verhouding nie, inteendeel mens moet, maar dit mag nooit gebou word op die verwagtingspeletjie nie.  Verhoudings werk of dit werk nie, en ons laat maklik toe dat ons verwagtinge van mekaar eerder die mooi doodmaak as wat dit die issues oplos.
Eugene Drewermann, 'n duitse Teoloog skryf in sy boek "Op het raakvlak van hemel en aarde", oor die gelykenis van die saaier.  Nou, wat Drewermann interresant maak, is dat hy ook sielkunde deel van sy bybelanalise maak.  In die gelykenis, praat hy van die saad wat gesaai word, op die land.  Die land kan vergelyk word met mense en/of verhoudings.  Wanneer die saad opkom, en dit klein plantjies is, dan skoffel die tuinier die bossies uit, sodat die goeie plantjies kan groei en vrugte dra.  Maar die probleem is dat met die geskoffel, ons maklik die mooi ook uitskoffel, want ons weet nie altyd wat goed of onkruid is nie.  Wat ons uithaal is gebasseer op wat ons dink en sien.  Hy waarsku teen die skoffel, want soms is daar naderhand geen plantjies oor nie, want jy roei die mooi met die lelik uit.
Hoe waar is dit nie vir verhoudings nie, as ek begin karring aan dinge, word nie hekkiesatleet naderhand so moeg om te misluk en te hoor hoe verkeerd hulle optree, dat hulle hulle spykerskoene ophang, want wat is die punt van die lewe as alles wat jy doen veroordeel word.  Kort voor lank is daar nie meer 'n stukkie land met enige mooi blomme nie, want in my quest om die lelik uit te werk, roei ek die mooi ook uit.
'n Dogter vra vir haar ouma wat 50 jaar getroud is, hoe sy dit reggekry het.  Sy antwoord:  "My kind, ek het op die vooraand van my troue 'n lysie gemaak van alles wat my in jou oupa pla.  Toe het ek dit opgefrommel en in die snippermandjie gegooi en myself belowe om nooit weer daaraan te dink nie".  In terapiesessies het ek al vir mense gevra om lysies te maak van wat hulle NIE in die ander persoon van hou nie, en daar is gewoonlik nie genoeg papier en ink nie.  Dan vra ek hulle om neer te skryf wat hulle wel van hou in die persoon.  Sonder uitsondering is die laaste lysie die probleem, hulle sit en dink en dink, en dan is die lysie so kort.
Dit is makliker om fout te vind as goed, en in baie gevalle is dit juis die ondergang.  Maar, dit begin by jouself, in jou andersheid, gaan koop vir jou 'n boek, en bo-aan elke bladsy skryf jy die naam van belangrike mense in jou lewe.  Begin by God, dan jouself, dan jou huweliksmaat, dan jou eks, dan jou kinders ens.  Elke dag, skryf net een ding neer van wat mooi is in daardie verhouding/persoon.  Elke dag voor jy begin, lees eers weer alles wat jy die vorige dae geskryf het.  Ek waarborg jou, binne 'n maand gaan jy die wonderlikste verhoudings met al daardie mense rondom jou beleef.  En wanneer hulle iets doen wat jou woedend maak, maak oop jou boekie, gaan lees wat jy geskryf het en skryf 'n ekstra positiewe ding oor die persoon daarin. 
Kom ons gaan maak die wereld 'n beter plek, vir jouself en vir die mense wat saam met jou leef.

Thursday, August 15, 2013

Die Sin van die Lewe

Ek is besig om 'n preek te skryf vir 'n begrafnis wat ek more moet doen van iemand wat selfmoord gepleeg het.  Sjoe, en ek wonder so by myself hoe iemand moet voel en wat moet gebeur vir mense om so ver te gaan. 
Ek dink onwillekeurig aan Job en sy beeld van die lewe.  Die boek handel oor Job wat 'n gelowige man was.  Hy was ook baie ryk en het baie besittings gehad, insluitende 'n klomp kinders.  Job is bekommerd dat sy kinders nie dieselfde geloof as hy het nie, en bring die hele tyd offers aan God vir sonde wat hy of sy familie "dalk" gepleeg het.  Satan se ook vir God dat die vir Job maklik is om in God te glo, want Job is ryk en gelukkig en het nog nooit onder moeilike dinge en tye deurgeloop nie.  In 'n vreemde draai in die storie kry die Satan geleentheid om Job te "toets" en te kyk of hy steeds sal glo wanneer hy alles verloor. 
Interresant is dat Job se vrou hom ook aanmoedig om op te hou glo, en in gesprekke met 3 van sy vriende word hy die hele tyd versoek om teen God te gaan, want kyk wat het God aan hom gedoen.  Job se vriende wys hom eintlik daarop dat hy iets teen God gedoen het wat veroorsaak het dat hy nou so swaarkry, want dit is God wat hom straf.  Job glo steeds dat hy onskuldig is en dat die straf onregverdig is.  Job gaan nie teen sy God nie, maar soek steeds antwoorde van hoekom sy lewe so 'n ommeswaai gehad het.
Na die gesprekke met sy vriende, kom God aan die woord.  In hierdie pragtige taal word 2 belangrike sake aangehaal:
1.        God vertel van sy almag en dat Hy die wereld geskep en gemaak het.  Job se vriende praat oor en van God vanuit 'n totaal verkeerde oogpunt.  En hoe waar is dit nie van ons eie bestaan nie, ons verwys en dink oor God uit menslike ondervinding en dink dat God se optrede vergelyk kan word met menslike optrede.  Ons vergeet dat God die "Gans Andere" is, en ons eintlik nie God se naam mag gebruik en beelde van Hom moet maak nie.  Nie omdat ons nie oor God mag dink of praat nie, maar omdat die beeld van God wat ons sal skep, nooit sal voldoen aan wie en hoe God werklik is nie.  Professor Johan Heyns het ons geleer dat "God nie IS nie", want die oomblik wanneer ek die woord IS gebruik, ontneem en verskraal ek wie God werklik is.  Verder, loop ek die gevaar om ander mense in hulle situasie en toestand te mislei met my beeld, baie dieselfde as wat Job se vriende met Job gedoen het.  God is wie God is, en al wat ek kan doen is om Hom te aanbid, te glo en te vertrou dat my lewe in Sy hand is. 
 
Dit mag vir baie mense voorkom uit die verhaal van Job dat daar met Job se lewe 'n speletjie gespeel word.  Dat dit of 'n stryd is tussen God en die Satan oor mag.  Verder dat God mens toets bo jou vermoens.  Eintlik is dit simbolies van wat geloof werklik moet wees, en dit is geloof, te midde van wat ookal in jou lewe gebeur.  Of jy swaarkry, of jy ryk is, of jy arm is, of jy siek is, of jy gesond is, of jy in stryd is, of jy alleen is, of jy vyande het, of jy gelukkig is – dit maak nie saak nie.  Werklike geloof is in die onsienbare – en daarom kan jy nie se dat God aanbidbaar is slegs wanneer die mooi jou tref nie, maar te midde van alles.  Dit si geloof, in die Almagtige God en nie soos mense dink dat jy slegs waardig is omdat jy vir hulle iets kan beteken nie.  God is God, Geloof is geloof – ongeag. 
Die vraag is:  "Hoe lyk jou geloof?"  Is dit geanker in menslike idees, waar dit eintlik net 'n ruiltransaksie is.  As God vir my goed is, aanbid ek Hom, as dinge nie reg loop nie, dan twyfel ek oor my geloof en twyfel ek in God. 
Eintlik speel die "bose" of "satan" in die verhaal 'n belangrike rol, want eintlik is die bose 'n verpersoonlikking van iets of iemand wat God nei "verstaan" nie, en wat soos mense dink.  Die Satan dink dat Job net in God glo omdat God goed is vir hom, maar hoe verkeerd kon hy nie gewees het nie.  God se liefde en genade is onvoorwaardelik, en daarom moet ons geloof ook onvoorwaardelik wees.  Weet God is daar en te midde van alles, en niemand kon vir Job anders oortuig nie.  Die vraag is egter hoe jy daaroor dink.
2.        God beloon vir Job.  Sy rykdom verdubbel, hy kry 7 seuns en 3 dogters by.  In die Bybel is die getal 7 'n volmaakte getal, dit is waar God (verteenwoordig deur die getal 3) sy sin kry met die aarde (verteenwoordig met die getal 4).  Die getal 7 beteken dan dat God en mens mekaar op 'n volmaakte plek ontmoet en waar Sy wil gestand doen.  Job se dogters is die mooiste in die land en Job leef nog vir 140 jaar daarna en sterf aan natuurlike oorsake.
Dit wat Job hier ontvang, is nie werklik 'n "beloning" van sy geloof nie, maar is baie meer as dit, want Job het geglo ongeag wat met hom gebeur het.  Hy het nie in God geglo omdat hy gedink het dat God hom gaan beloon nie.  Die vraag vir my vanoggend is of ek dieselfde geloof het.  Mense bid en glo "omdat", terwyl ons moet bid en glo "te midde" van alles.   Daardie oomblik wat jy God se almag besef, wanneer jy besef dat jy net leef en bestaan "as gevolg" van God, en God aanbid omdat hy God is en nie vir wat hy vir jou beteken nie.
Daar is soveel pyn en lyding rondom ons elke dag, en ons is uitgelewer aan 'n wereld waar mense jou veroordeel, waar jy baie vyande het en waar jy gepeper word met idees oor jou geloof.  Natuurlik word ons nie meer oor ons geloof vervolg in die ware sin van die woord nie, maar ons geloof word elke dag getoets.  Dawid sukkel dwarsdeur sy lewe met die idee oor wie God werklik is, want God is ook goed vir mense wat NIE in God glo nie.  Prediker vra na die sin van die lewe, want alles beteken eintlik niks nie.
Beide van Dawid en Prediker, en natuurlik ook Job, kom tot die konklusie dat dit nie saakmaak wat jy doen in die lewe nie, dit is onbelangrik wat met jou gebeur, dit is onbelangrik wat mense om jou dink, God is God, Hy is in beheer, en die grootste beloning vir jou lewe is wanneer jy God ontmoet en wanneer jy hierdie "onvoorwaardelike" genade van God ontvang en al wat jy in die lewe kan en mag doen is om God "onvoorwaardelik" te antwoord met geloof. 
Weet God is in beheer, moenie ophou glo nie, moenie ophou bid nie en moenie ophou vertrou nie, onvoorwaardelik!
"Soek eers die Koningkryk van God, en al hierdie dinge sal jou toegevoeg word"

Monday, August 12, 2013

Vloeke?

Soms voel dit asof die wereld conspire teen jou om jou te gee wat jy NIE soek nie. So het ek en my neef 'n diskussie oor vloeke wat daar op mense en oor families kan wees. Dit is amper so dat jy sekere dinge dwarsdeur mense se lewens en families se geskiedenis kan sien. Die Bybel praat oor die sonde van die vadere wat die kinders erwe sal bly, maar wat beteken dit nou. Beteken dit dat daar werklik dinge soos vloeke op mense kan wees.

Soos met baie van my denke, dink ek dat 'n mens versigtig moet wees wanneer jy enige onderwerp soos hierdie aanpak, want eintlik is daar niemand wat werklik WEET nie. Ons spekuleer maar daaroor, en ek glo altyd dat daar tegelyketyd, meer as een antwoord tot die probleem kan wees. Die grootste onreg wat mense enige onderwerp kan aandoen, is om summier een of meer standpunte te ignoreer. Ek voel dat ek eerder hier verskillende opsies moet gee, en dan gaan vorm jy jou eie opinie.

Ons leef huidiglik in 'n vreemde tyd, want aan die een kant is dit 'n spirituele tyd met meer en meer mense wat belangstel in hulle eie spiritualiteit, en aan die ander kant, die wetenskap en logika wat ons wereld heel anders inkleur en wat soms in teenstelling met spiritualiteit staan. Eeue gelede het mense, wanneer hulle iets nie verstaan nie, 'n spirituele baadjie daarvoor aangetrek en veral as iets onverklaarbaar is. Vandag lyk dit soms asof die wetenskap en logika oorgeneem het en mense dink dat as ek iets nie logies kan verklaar nie, dit eenvoudig nie bestaan nie. Om dit beter te beskryf, hoeveel kinders ken jy wat deesdae nog bang is vir die donker? Wanneer laas het jy om 'n braaivleisvuur spookstories gehoor of vertel? Maar net omdat iets dus nie tasbaar en uitrekenbaar is nie, beteken dit nie dat dit nie bestaan nie, en daarmee saam ook die idee van die bose en vloeke.

Die Bybel vertel ons ook dat die grootste uitdaging vir die bose of die Satan is om mense te laat glo dat die bose of die duiwel nie bestaan nie. So, ons moet maar versigtig wees dat ons nie sommer die baba met die badwater uitgooi nie. So, aan die een kant moet ons dink dat die bose wel bestaan, en ons weet ook dat die bose altyd in stryd is met die goeie en die mooi. Die bose is die ander kant van die muntstuk, want waar ons glo dat God net mooi en lekker aan ons gee, is die bose daarop uit om ons lewens te verwoes. Vloeke word die manier waarop onreg en hartseer jou aangedoen word.

Ons sien dwarsdeur die Bybel dat mense se funksionering ingeperk is deur allerhande vloeke van die bose oor hulle.

Die vraag is dus, kan dit so wees dat iets of iemand jou onreg wil aandoen en dat jy vasgevang is in dit?

Ons moet ook besef dat die vloeke nie altyd 'n bo-aardelikse heks is wat dit aan jou doen nie, maar gewone mense. Die literatuur oor hierdie onderwerp stel dit duidelik dat as iemand jou iets toesnou en vloek, daardie vloek op jou gaan sit. Een skrywer stel dit so erg: "Every word and thought has power, and those who curse sometimes don't know that they are actually putting a curse on the people around them. We have to know and believe that the dark power is not allways with the dark lord, but evil persists in the ordinary man". Dit bring ons terug na die begin van die bose, en dit is die oomblik wanneer jy iemand nie goed toewens nie, jy boos is en boos optree. Die goeie is dan nie in jou nie, en daarom is dinge soos skinder ook 'n vorm van 'n vloek wat ek oor iemand kan uitspreek. Ek wonder ook soms oor huwelike en verhoudings waar mense baklei hoeveel vloeke ons elke oomblik rondstuur, en dan soms wonder oor hoekom ons lewens nie werk nie, en hoekom verhoudings verdoem is en hoekom mense dan alleen en eensaam is. Geen wonder Jakobus vertel ons dat ons 'n wag voor ons mond moet sit nie. Wees versigtig wat jy mense dus toesnou, woorde is krag en het krag. Moet dus nie 'n fout maak en wonder hoekom mense presies word wat jy van hulle se en dink nie, jy is dalk die een wat hulle in die monstervorm in jou kop giet.

Wat doen jy dus nou met hierdie tipe dinge en mense? Ongelukkig kan 'n mens nie kies in watter tipe wereld jy leef nie. Niemand is dus werklik, as jy in vloeke glo, heeltemal immuun nie, en jy kan dit ook nie altyd ontsnap nie. Daar is dus 2 maniere om dit te hanteer, in die eerste plek het jy nie nodig om in so 'n situasie of saam met iemand te wees wat jou so hanteer nie, veral as jy besef dat dit skadelik is vir jou. Tweedens glo ek steeds dat elke aksie 'n teenreaksie is, so, dit is nie nodig om vuur met vuur te beveg nie. Die Bybel stel dit tog ook duidelik dat 'n sagte woord die grimmigheid en daarmee saam afkeer.

Moeder Theresa het ook gese dat jy nie kan help hoe mense jou hanteer nie, maar as hulle jou sleg hanteer, beteken dit nie dat jy moet ophou om goed aan hulle te doen nie. So, of dit nou oor moeilike mense of vloeke of wat ookal in die lewe handel, lyk dit my dat ons elke oomblik geroep is om ander mense mooi, sag en liefdevol te hanteer.

Ander stukke oor vloeke stel dit duidelik dat jy nie nodig het om die vloek te "vat" nie. Hoekom is ons in verhoudings en tussen mense wat ons skade wil aandoen? Hoekom sal jy in 'n verhouding wil bly waar dit net oor die ander persoon gaan en iemand lelik is met jou? Hoeveel daarvan is jou oorsaak? Jy het natuurlik die reg om selfsugtig te wees, maar die oomblik wat dit ten koste van iemand anders is, of jy iemand skade wil aandoen, dan is dit verkeerd. Wie en wat jy is, wat ookal aan jou gedoen word, is sonder twyfel jou eie toedoen, jy is of was by iemand of in situasies waar jy nie moet wees nie. Dit gaan nie oor oordeel nie, maar veral be-oordeling van jou lewe. Om een of ander rede glo ons dat die lewe moeilik moet wees, en dink ons ook dat alle mense sukkel, en daarom is dit aanvaarbaar om jou in jou situasie te bevind. Wie het hierdie gemors in ons koppe ingeprent? Gaan bou die lewe wat jy dink en weet jy verdien, kap af wanneer iemand jou skade aandoen, en moet nooit ingetrek word daarby nie.

Dit beteken dus ook dat JY in beheer is van wat met jou gebeur. God se wil vir jou lewe is nie dat dit deur die bose oorwin mag word nie. God se wil vir jou lewe is mooi harmonievolle dae, gevul met lag en geluk. Daar is niks fout daarmee om eerder die mooi te soek en te leef nie. Elke oomblik in jou lewe moet jy jouself die vraag afvra, wat God van my sal verwag in die situasie, en ek dink almal weet wanneer hulle die goed in die lewe doen.

Oor familievloeke wat sogenaamd oorgedra word van geslag tot geslag, dink ek dat daar ander dinge ook 'n rol speel. Ek dink dat dit soms eerder met 'n aangeleerde gedrag te doen het. As jy van geslag tot geslag sien dat aggressie die optrede is wat altyd gekies word wanneer dinge verkeerd loop, dan word dit 'n patroon. As jy sien en leer dat alkohol die manier is om probleme op te los, dan gaan mense dit geslag na geslag doen. Maar weereens, jy kan soos in die voorbeelde hier bo kies om dit deel van jou lewe te maak en dit te aanvaar, of jy kan jou gesonde verstand gebruik en self die verandering bring. Alles in die lewe is soos 'n supermark, jy vat slegs huistoe wat jy "koop". Dit is hoe eenvoudig die lewe en hoe die "law of attraction" werk, dis nie altyd 'n magiese en groot ding nie, maar soms net prakties en eenvoudig. Jy koop jou lewe, jy koop jou omstandighede en jy koop wat met jou gebeur. So kan jy ook die breek bring wanneer jy dink dat daar een of ander familievloek is. Een bewys van keuses as dit by sulke sogenaamde vloeke kom, is dat 2 kinders in dieselfde huis grootword, maar verskillend kan en mag leef. Jy het nie nodig om die resep van mense voor jou te volg nie, jy kan jou eie besluite neem, jy kan verandering bring. Dit is hoekom God vir ons gesonde verstand gegee het.

So, wat ookal oor jou lewe 'n "invloed" het, is omdat jy dit toelaat. Soms kyk ek na mense om my en sien hoe hulle papsopnat in die reen staan, terwyl daar 'n droee dakkie naby is. Dan kry hulle hulleself ongelooflik jammer en word kwaad vir die reen, terwyl hulle mag en kan. Soms word ons verslaaf aan die "misery" en die drama om ons, want ons dink dit is hoe dit moet wees. Die ergste vloek in jou lewe is wanneer jy inkoop in die drama en dink dat dit is hoe dit moet wees. Van buite weet ek dit klink en lyk maklik, maar van buite sien ons hoe mense elke dag breek en gebreek word, en eintlik sien ons hoe eenvoudig dit kan wees. So, as jou pakkie voel asof dit vol gemors en vol "vloeke" is, onthou, jy het jouself daaraan blootgestel en jy en jy alleen kan dit breek, met liefde en deernis, eerste aan jouself.

Jy mag 'n wonderlike lewe leef, jy mag jouself geniet, jy mag gelukkig wees, weet dit en doen dit!

Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Saturday, August 3, 2013

Vrot appels

Dit is half 4 in die oggend en ek kan nie slaap nie. Soos ek wakker le, kom allerhande gedagtes in my kop, en so besluit ek om ietsie te skryf. Ek sit die lig aan om my rekenaar te gaan haal, maar dink toe dat ek vinnig op die stoepie 'n sigaret gaan raak, en so by my kool, gebeur iets kleins wat my herinner aan presies waaroor ek wou skryf. Die ander mense in die huis slaap natuurlik, en ek probeer om hulle nie wakker te maak nie. Stadig skuif ek die skuifdeur van die stoep oop, en stap in my versigtigheid in die windchimes vas en die bulder natuurlik die nag in.

Dit is net 'n bewys vir my van presies waaroor ek wou skryf, en dit is oor hoe dinge in ons lewens vermenigvuldig, veral die dinge wat ek negatief probeer vermy. Snaaks is dit dat die negatiewe dinge die vermoe het om vinniger te vermenigvuldig as die positiewe, of miskien is dit omdat ons die negatiewe so maklik vatplek in ons lewens gee. Dit is soos die eksperiment van die een vrot appel wat in die bak saam met die gesonde appels is. Dit is dalk hoekom die Bybel ons waarsku dat ons nie die duiwel en daarmee saam die negatiewe 'n vatkans moet gee nie, want die kanse dat die vrot appel die ander ook vrot gaan maak is groter as dat die ander 90% mooi appels die vrot van die een appel sal omkeer.

Elke dag gebeur daar miljoene dinge met ons, sommige daarvan positief en sommige negatief. Maar daar is daardie defining dinge wat of op een slag of herhalend in ons lewe ons lewens verander. Verskoon die engels, maar met defining dinge bedoel ek dinge wat 'n werklike merk op jou lewe maak en emosies by jou wakker maak. Dit kan daardie maatjie in graad 2 gewees het wat vir jou vertel het dat jy 'n haakneus het, of die rooikopmeisie wat vir jou vertel het dat jy krom bene het, enige oomblik wat jy kan onthou en wat jou geruk het. Soms is dit ook oor tydperke, want as mense oor jare vir jou vertel hoe krom jou neus is, gaan die patroon naderhand by jou vassteek. Ek noem spesifiek graad 2, want daar is mense wat so ver terug in hulle lewens hierdie momente ervaar het, en dit steeds met hulle saamdra tot die dag in die graf.

Die vraag is egter nie of sulke momente met jou gaan gebeur nie, maar wat jy daarmee doen. Noem dit nou maar die "negatiewe" momente is om een of ander rede soveel kragtiger as al die positiewe insidente. Vir jare kan mense jou vertel hoe mooi jy is, maar daardie vrot appeltjie met haar poniesterte se kommentaar is waaraan jy vashou. Dit is net weer die bewys van die vrot appel wat eintlik altyd die gesonde en mooi sal uitwis. Wat vir my verstommend is, is in ons wonderlike en tegnologiese tyd, met al die kwalifikasies en boeke en denke wat ons tot ons beskikking het, dat ons almal eenvoudig terugsit en kyk vir ons bak appels en absoluut niks aan die situasie doen nie. Ons sit en wag en kyk hoe ons hele pragtige bord appels opgevreet word, sodat ons met niks mooi in die lewe oorgelos word nie. Wat ook verstommend is, is dat mense so maklik oorgee aan hierdie kanker wat ons lewens vreet, en dan absoluut verbaas is dat daar niks mooi oor is in hulle lewens nie. Dit wil lyk asof ons niks meer breinselle het as 'n amoeba wat erens op 'n klippie deur die son weggebrand word nie. Wat dit nog erger maak is dat ons dan paraplegies pleit en vergaan omdat dit nou maar een maal my persoonlikheid is. Aag shame-pies. Ons lag daaroor, maar almal is skuldig daaraan.

Ek vind dit vreemd dat ons toelaat dat omstandighede ons lewens so dikteer. Ek vind dit totaal in teenstelling met die intelligensie wat God ons mee geskape het. Ek vind dit godslasterlik dat ons so omgaan met die lewe wat God vir ons gegee het. Ek dink dat dit die werk van die "bose" is en dit die rede is hoekom ons wereld in die toestand is waarin dit is. Wat ek ook doen in hierdie geval, is dat ek eintlik daardie arme dogtertjie met haar poniesterte, wat so by the way, nie eers die insident kan onthou nie, die "mag" gee om my hele bestaan te dikteer. Dalk het sy kommentaar oor jou krom neus gemaak omdat jy die laaste rooi suigstokkie gekry het wat sy wou gehad het, en dit die eerste van jou is wat sy kon raaksien. Nou loop jy die res van jou lewe rond met 'n etiket om jou nek van "Ou Hakneus". Snaaks soos dit mag klink, dit is presies wat ons elke dag doen.

Wat ons nie besef nie, is dat dit nie net daardie een vrot appel is wat my lewe vergiftig nie, maar omdat ek so ingestel is en ingekoop het in die hakneusgeid, ek gelukkig ook deur my lewe nog meer en meer vrot appeltjies langs die pad begin optel. Ek tel hulle nie net op nie, maar aag-shame, omdat ek nou so 'n ou mislukking is, en omdat dit my persoonlikheid is en ek niks daaraan kan verander nie, draai ek die vrot appeltjie mooi in 'n sakdoekie toe, en gaan plaas dit verder strategies in my appelbak. Dan, met al my insig oor hoe die wereld werk, is ek dan totaal verbaas as my verrotting soveel vinniger plaasvind.

In my eie lewe sien ek dit oor en oor hoe die "issues" wat ek het my lewe opvreet. Ek was in die laerskool, en my ma-hulle het in die A-Capella koor gesing. Dit was heerlik, want ons het baie getoer en op klein dorpies gaan sing. Op elke dorpie het ons by gasgesinne geslaap, en die een keer by mense gebly waar die oom se valstande syne was, maar hom nie mooi gepas het nie. Aan etenstafel het die goed geklingel, nie net van die tjoppies nie, maar sommer so met die mash ook. My mond het werklik oopgehang, want jy kon die hele eetpetalje tande, spoeg en al hoor. Van daardie dag af het ek 'n hele issue oor mense se tande en klanke wanneer mense eet. Nou dink ek maak ek my kinders gek, want met elke ete het ek kommentaar daaroor, en nie dat hulle slegte tafelmaniere het nie, maar my ingesteldheid daaroor vermenigvuldig die klanke in my kop. Niemand anders hoor dit nie, maar ek hoor dit teen 'n helse volume. Daai oom is lankal seker dood, en sy valstande saam met hom begrawe, nou loop ek steeds met die ding in my.

Wanneer sielkundiges met ons werk, hoor hulle in die eerste plek wat jou issue is, dan gaan soek hulle na die insidente waar dit jou gegraffeer het, en dan help hulle ons om met pollyfilla ons stukkie menswees weer toe te maak. Jy sien, niks in die lewe is finaal nie, net die dood. Alles wat gebeur is jou persepsie van dinge en persepsies is nie cast in stone nie. Alles hang af van hoe jy daarna kyk. So, ek stem saam dat die appel dalk 'n vrot appel is, dit is nie werklik waaroor dit gaan nie, want slegte dinge gaan met jou gebeur. Wat ek op sinspeel is daardie totale sinnelose manier wat ons op die grond sit met die bak tussen ons bene en kyk hoe ons vergiftig word deur die appel en absoluut niks daaraan doen nie. En wat dit erger maak is dat ons dan die simpatie van ander soek oor die vreeslike ding wat besig is om te gebeur. Soms dink ek dat ons nie opgee om 'n verandering te bring en die appel uit die bak te smyt nie, maar dit pas ons om iets te he om die skuld te gee. Solank die dogtertjie met die poniesterte deel van my bak appels is, kan ek mense kry om my jammer te kry oor my neus. As ek haar uitgooi, wat gaan ek dan doen, want ek het haar kommentaartjie tog nou so mooi gekoester al die jare, ek kan tog nie nou van haar ontslae raak nie.

Hierdie koestering van ons "misery" is ook so 'n vreemde konsep. Ek hoor mos hoe praat mense en dit word vir hulle 'n mode om vrot appeltjies met hulle saam te dra. Daardie absolute irriterende houding van mense wat se: "Aag jong, dit help nie om te kla nie, mense kan tog niks daaraan doen nie". Jy is DOODREG, ons wil dit nie eers hoor nie, dit is jou vrot appeltjie, laat hy jou vergiftig en los my asseblief net uit dat ek my appeltjies gesond hou.

Louise Hay is een van die interresantste skrywers wat ek teegekom het, nie omdat sy die wiel uitgevind het nie, maar omdat sy haar idees so mooi en wetenskaplik in pakkies kan sit. In haar boek, "Healing your life", skryf sy van haar ervarings en analises oor die laaste 45 jaar. Sy maak 'n konneksie tussen liggaamlike vergiftiging, naamlik siekte, en die sielkundige en emosionele oorsake daarvan. Dink weer aan die konsep van die bak appels, jy word vergiftig en siek want jy laat die vrot appels toe om elke dag deel van jou lewe te wees. Op dieselfde manier sien ons in NLP, dat wetenskaplikes nou ook mense se persoonlikhede begin assosieer met die tipe siektes wat hulle gaan kry. Jy sien, jy kan nie wegkom van die konsep af nie, wat jy koester, gaan jou hele lewe beinvloed.

Maar, daar moet egter ook 'n praktiese oplossing wees, maar die begin daarvan is om te besef hoe absurd en onlogies dit is om met jou vrot appels te sit en dit te koester. Eerstens is die probleem daarvan dat vrot appels NET tot een uiteinde kan lei, daaroor is daar nie twyfel nie. Tweedens is die probleem dat die vrot appeltjies naderhand 'n reukie gaan afgee, wat ook die mens om jou van jou af gaan wegjaag, want alhoewel misery van geselskap hou, gaan mense net so lank met jou reukie kan uithou. Derdens, kom oor jouself, jy gaan beslis nie die eerste persoon in geskiedenis wees wat deur koestering die vrot appels gesond gaan maak nie.

Die lewe is gemaak om geleef te word, maar met stank en vrot vergiftiging is die lewe eenvoudig een groot aaklige spul. Moet ook nie vir my se dat ek dit ver-ooreenvoudig nie, want die lewe is eintlik werklik so eenvoudig, dit is ons wat dit kompliseer met allerhande teoriee en verskonings. Glo my, ek het my deel van baie slegte appels en momente in my lewe gehad waarvan almal bewus is, maar ek weier om toe te laat dat my bak appels vergiftig word. Ek hou liewers net een gesonde appel oor en gaan koop nuwes, as om 'n hele bak vrot gemors met my saam te dra op die pad.

Wat gaan jy toelaat om jou finale defining etiket in jou lewe wees, graad 2 se hakneus of vandag se pragtige mens? Hoe lank gaan jy nog in die verlamming vassit totdat jy opstaan en die lewe wat God vir jou vandag gee uitleef met uitbundigheid?


Kies die lewe, kies die geluk, kies die positiewe, want wat jy kies gaan vermenigvuldig in jou lewe, dit is die waarheid!
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Friday, August 2, 2013

Wat in jou kinders se geboortehandleiding moet wees!

·         Droom lekker, maar wees bewus van die realiteit van elke dag. 

·         Hoeveel jy ookal probeer om te doen en word wat jy wil, is daar soms maar ‘n spanner in die works wat keer dat jy by jou drome kan uitkom.

·         Wees versigtig wie jy vertrou met jou lewe en jou hart, want onthou, die mense wat jy die liefste het, maak jou gewoonlik die seerste, veral omdat jy dit nie van hulle verwag nie.

·         Die lewe het ‘n skadukant, so hoel lekker of hoe mooi dinge ookal is vir jou, verstaan dat jy soos in Newton se wette ook die ander kant van die munstuk gaan leer.

·         Lag uitbundig elke dag en gaan soek goeters wat jou gelukkig maak, eerder as om te wag vir hulle om na jou toe te kom.  En as jy dit nie kry nie, gaan soek nog.

·         Die kanse is goed dat die volgende garage nie gaan petrol he nie, so, gooi eerder nou petrol in, piepie hier en koop nou koeldrank.

·         Gebruik jou spesiale goeters nou, moenie wag vir die spesiale geleenthede om uit die mooi glas te drink nie,

·         Die lewe is kort, geniet elke oomblik.

·         Die mense naby jou is die mense wat jou die seerste gaan maak, maak dus seker dat jy ordentlike mense rondom jou het.

·         Moenie dat iets of iemand jou ooit onderkry nie, as hulle jou lewens beheer, is dit omdat jy aan hulle die beheer gegge het.

·         Moenie die duiwel ‘n vatkans gee nie, glo jou gut-feeling en doen die regte ding.

·         Moenie altyd kanse vat nie, maar vat die wat die moeite werd is, maar wees bereid om te staan by jou besluit en die pakslae te vat as dit nie uitwerk nie.

·         Die lewe sentreer nie om jou nie, so as die kat kleintjies kry, is dit nie altyd jou skuld nie.

·         Moenie alles persoonlik opneem nie, nie alles is gemaak en besluit met jou in gedagte nie.

·         Soms is dit beter om nee te se, moenie bang wees daarvoor nie. 

·         Laat mense weet waar hulle met jou staan, en moenie dat hulle oor jou loop nie. 

·         Moenie jou laat manipuleer en jy  mag ook nie mense manipuleer nie.

·         Wees duidelik en direk met wat jy se en doen en wat jy uit die lewe soek, moenie doekies omdraai nie.

·         Wees spyt oor wat jy gedoen het, eerder as spyt oor wat jy nie gedoen het nie.

·         Shit happens – dit beteken dat jou planne nie altyd gaan uitwerk nie, want erens is daar ‘n asshole of ‘n, ek weet nie wat die vroulik van asshole is nie, maar hulle dan ingesluit wat jou dag, week, maand of leeftyd gaan verongeluk.

·         Mense wil nooit jou verskonings hoor nie, hulle sien net jou resultate raak en oordeel jou daaroor en nie, hoekom jy ding gedoen het ens. Is vir hulle totaal onbelangrik.

·         Vergewe die mense om jou, want hulle weet nie wat hulle doen nie.

·         Wees jouself, wees anders en moenie verskonings maak daaroor nie.  Mense wat jou liefhet sal jou vat soos jy is.

·         Luister na kritiek, maar weet wat om ter harte te neem en wat om te ignoreer.

·         Moet jouself nooit in ‘n hoek in verf waar jy geen opsies het nie, dit geld vir geld, vir mense en veral vir verhoudings.

·         Moenie dat iemand ooit jou lag steel nie, jy bepaal die pad van jou lewe.

·         Analiseer die lewe soos die lewe is, en nie hoe jy dit graag sal wil he nie.

·         Wees versigtig, maar nie so versigtig dat die lewe en kanse by jou verbygaan nie.

·         Die Bybel se nie verniet dat jy nie op prinse moet vertrou nie, want jy kan niemand vertrou nie. 

·         Mense is eenvoudig elkeen op hulle eie missie en in die lewe net vir hulleself. 

·         Gaan praat met daai meisie of die ou wat alleen op die strand sit, vat die kans.

·         Jy sal probeer beplan, maar nooit weet of iets vir jou die regte ding is, voordat jy dit probeer het nie.

·         Raak altyd kinderlik opgewonde oor alles, moenie ‘n suurknol en ‘n meangat wees nie.

·         Glo in jou God, hou vas aan Hom, want Hy sal jou nooit in die steek laat nie.

·         Leef voluit, en hou op kla.

·         Daar is altyd ietsie om voor dankbaar te wees.

·         Wees eerder bly oor wat jy het, as om te salk oor wat jy nie het nie.

·         As iets jou pla, kry dit uit jou lewe, deur te of te aanvaar, of uit te sny.

·         Moenie ander mense oordeel nie, jy loop nie in hulle skoene nie.

·         Jy mag mense en situasies beoordeel en besef wanneer iets of iemand nie vir jou goed is nie. 

·         Jy het nie nodig om almal gelukkig te maak nie, geluk is elkgeval relatief. 

·         Jou beste probeer gaan dalk nie vir ander mense goed genoeg wees nie, weet dit en get over it.

·         Jy leef nou en vandag, moenie in die toekoms of die verlede leef nie.

·         Slaap minder, lees meer en kyk Televisie

·         Gaan vang vis en jag soveel soos jy kan

·         Kom in die bos, en gaan sit langs die see

·         Moenie rook nie

·         Baklei minder, en soek geleenthede om lief te wees vir iemand

·         Borsel jou tande, dis die enigste stel wat jy het

·         Jy kan baie leer uit iemand se skoene, sorg dat joune altyd se wat jy wil se

·         Doen moeite met jou voorkoms, trek mooi aan en kam jou hare

·         Moenie dat iemand jou in ‘n kassie plaas nie, jy is te spesiaal daarvoor

·         As dinge vir jou nie uitwerk nie, glo altyd dat daar ‘n rede is, jy glo mos in God

·         As jy uit beheer uit voel, dan is die belangrikste om kalm te bly

·         Moenie oorreageer nie, wag eers, haal asem en vra vrae

·         Moenie assumptions maak nie – kry eers die informasie en beplan jou response

·         Sit ‘n wag voor jou Mond

·         Wees versigtig vir wat mense vir jou se, hulle bedoel dalk iets anders en verstaan dat hulle dit met ‘n rede doen

·         Soek eers om mense te verstaan, voordat jy verwag dat hulle jou moet verstaan

·         Doen altyd jou bes, al is jy nie lus nie

·         Moenie een fase van jou lewe oorslaan nie, daar is genoeg tyd om ‘n grootmens te wees

·         Moenie ooit ophou om in jou hart kind te wees nie, gaan sit op die grond met jou bene gekruis en bou lego

·         Kyk baie cartoons

·         Hou jou ou goeters erens in ‘n boks, alles kom weer in die mode

·         Maak nie saak wat iemand oor en van jou se nie, onthou die hoogste bome vang die meeste wind. 

·         Wees gelukkig as mense jou beskinner, want hulle spandeer energie aan jou en dit maak jou spesiaal

·         Alles in die lewe hang af van hoe jy daaroor dink

·         Kry lief met jou hart en gaan voluit, as dit nie werk nie, het jy great memories

·         Leef elke dag dat jy ‘n storie het om te vertel

·         Moenie net die mooi stories onthou nie, leer uit die goed wat jou hartseer maak

·         Jou pa en ma weet nie alles nie, vertel en help hulle op hulle pad

·         Mense het jou nodig, moenie jou kans mis om vir hulle te vertel hoe lief jy vir hulle is nie

·         Lag en huil uitbundig, niemand gaan dit namens jou doen nie

·         Stoei jou eie pad, en storm voort

·         Doen sit-ups, ‘n six-pack bring jou ver in die lewe

·         Vergeet die verlede, jy kan niks daaraan verander nie, kyk vorentoe en leer uit jou foute

·         Jy sal nooit al die antwoorde he vir jou vrae nie, maar dit beteken nie dat jy dit nie moet soek nie – dalk is jy gelukkig

·         Moenie jou kop teen ‘n muur stukkend stamp nie, as iets nie werk nie, probeer iets anders tot dit werk

·         Maak baie geld, bestuur dit goed, want ongelukkig leef ons in ‘n wereld waar alles om geld draai.

·         Moenie jou vriende afskeep nie, al skryf hulle jou af.

·         Bel jou ma en pa baie, al is dit net om hallo te se

·         Gaan kuier by jou oupas en oumas

·         Bly naby jou boeties en sussies, hulle is jou bloed – en pas hulle op

·         Wees altyd getrou aan jouself, God het jou gemaak met ‘n doel en Hy maak nie mislukkings nie

·         Spieel jouself in wat jy weet wat reg is, en nie in die oe van ander mense nie

·         Moenie stupid goed doen nie

·         Drink die lekker wyn eerste, maar nie te veel nie

·         Moenie wegskram van die moeilike dinge en wegkruip nie, konfronteer dit

·         Doen eers die slegte goeters, eet eers jou groente en dan die lekker kos, dit sal jou iets gee om na uit te sien

·         Eet groente en vrugte

·         Drink baie water

·         Moenie uitstel nie, doen wat jy wil en moet NOU

·         Leer om geduldig te wees

·         Ontspan, die lewe is nie permanent nie

·         Die slegte goeters gaan ook verby

·         Moenie altyd maak asof jy alles weet nie, wees bereid om verkeerd te wees

·         Se dat jy jammer is, as jy was

·         As mense jou nie vergewe nie, is dit hulle probleem

·         Vergewe jouself

·         Byt vas, alles sal regkom

·         Moenie te veel energie spandeer aan dinge wat onbenullig is nie

·         Maak tyd om nonsens aan te jaag

·         Maak tyd om nonsens met jou maats te praat – die lewe is nie so ernstig nie

·         Onthou grappies en vertel dit vir jou maats

·         Maak tyd vir mense, maar maak eers tyd vir jou

·         Wees selfsugtig, alle mense is

·         Vertrou die Here, en luister na die stemmetjie binne jou

·         Kry ‘n stokperdjie

·         Hou ‘n dagboek dat jy nie vergeet wat gebeur het nie

·         Se dankie

·         Toon respek vir mense om jou, maak nie saak of hulle dit verdien of nie

·         Wees bly oor die sukses van mense om jou, ons is almal saam in hierdie lewe, hulle sukses is ook jou sukses, want jy is mens

·         Skryf ‘n blog, al lees niemand dit nie

·         Skryf gedigte

·         Lees gedigte

·         Eet gesond

·         Oefen

·         Moenie wag vir dinge om perfek te wees voor jy dit doen nie, krom stokke slaan ook reguit houe

·         Sluit aan by komitees

·         Commit jouself en skryf in vir die kursus

·         Jy hoef nie alles te weet nie, moenie bang wees om hulle wat weet te vra nie

·         Jy hoef nie alles te kan doen nie, sorg dat jy genoeg geld het om hulle wat kan te betaal

·         Speel gholf

·         Gaan kerk toe

·         Eet by lekker restaurante

·         Gaan oorsee, nie altyd na dieselfde plek nie

·         Gaan kamp

·         Gaan stap

·         Let op in die klas

·         Gaan voluit, anders gaan jy seerkry

·         Maak lysies en bly daarby

·         Maak jou to-do lysie nie langer as 5 goed op ‘n dag nie

·         Koop ‘n mooi hoorlosie

·         Koop blomme, ook vir jou mans pelle

·         Nie alles wat jy doen is nodig om vrugte af te werp of iets terug te gee vir jou nie

·         Ry versigtig en moenie jaag nie

·         Bel jou pa en ma as jy by jou bestemming aankom, hulle worry oor jou

·         Wees bly hulle bel jou en vra waar jy is, hulle gee om

·         Vergewe maklik, jy sal langer leef

·         Moenie ‘n drama van die klein dingetjies maak nie

·         Koop die beste wat jy kan bekostig, of wag tot jy kan koop wat jy soek

·         Spaar geld, moenie alles mors nie

·         Koop eiendom

·         Koop ‘n funky kar, en as jy kan, erens moet ‘n mens ‘n Porsche ry

·         Onthou, jy trek na jou toe aan wat in jou kop aangaan, dink dus mooi

·         Soek tot jy die lewensmaat kry wat jy verwag

·         Moenie settle vir iets minder as wat jy begeer nie

·         Lees jou Bybel

·         Maak groot planne, maar moenie die klein goedjies vergeet nie

·         Verander jou ringtone op jou foon na jou gunsteling liedjie toe

·         Sit sonbrandmiddel op, daar is altyd in jou ma se handsak

·         Gebruik lekker sjampoo op jou hare

·         Sorg dat jy altyd lekker ruik

·         Hou altyd asemswieties byderhand

·         Se vir mense as daar kos in hulle tande vassit

·         Doen elke dag iets sodat iemand vreemds kan lag

·         Gee vir Taxi’s plek in die verkeer

·         Help ‘n ou tannie oor die straat

·         Moenie met vreemde mense praat nie

·         Sorg dat jy altyd mense se nommers vat, jy weet nooit wanneer jy hulle wil bel nie

·         Ry met jou eie kar – jy weet nooit wanneer jy wil huistoe gaan nie

·         Recycle

·         Tel jou klere en jou handdoek op

·         Sorg dat jy altyd ‘n warm baadjie by jou het

·         Onthou die Lip-Ice

·         Plant bome

·         Se dankie vir geskenke, al is dit nie wat jy wou gehad het nie

·         Drink Heineken, maar nie te veel nie

·         Leer oor Whiskey en Wyn

·         Gaan hou piekniek

·         Stem in die verkiesing

·         Bid

·         Werk asof gebed nie help nie, en bid asof jy werkloos is

·         Moenie dobbel nie

·         Koop vir ‘n bedelaar ‘n lotto kaartjie

·         Die hele lewe gaan net oor mense, maak mooies bymekaar om jou

·         Koop vir jou ma blomme

·         Stuur vir jou pa ‘n soentjie op SMS

·         Sit op jou pa se skoot, al is jy groot

·         Gee mense drukkies

·         Vat af en doen iets wat vir jou lekker is

·         Se wat jy bedoel en moenie doekies omdraai ni

·         Onthou om nie te rook nie

·         Skinnydip – al is jy alleen

·         Maak vriende orals waar jy kan, onthou, mense is alleen

·         Moenie beloftes maak wat jy nie kan nakom nie

·         Wees altyd jouself, maar as jy batman kan wees, wees batman

·         Leer om chillies en knoffel te eet (onthou net die asemswietie)

·         Poep waar mense jou nie kan hoor nie

·         Eet eerder min, maar lekker

·         Sorg dat jy altyd petrol in jou kar het en lugtyd

·         Laai jou selfoon se battery

·         Braai

·         Eet pap

·         Maak kaggel elke kans wat jy kry

·         As jy in die bos is, maak ‘n bonfire

·         Gee uit die bloute vir jou boetie of sussie ‘n stukkie van jou swietie

·         As jy siek is, drink jou medisyne

·         Maak elke dag kontak met iemand wat jy lanklaas gesien het

·         Vra vir mense hoe gaan dit, net as jy regtig omgee

·         Probeer altyd in beheer van jou lewe wees

·         Dinge gebeur, maar moet dit nie so ernstig opneem nie

·         Gaan stap op die strand

·         Google en leer elke dag iets nuuts

·         Moenie dat mense oor jou loop nie

·         Sorg dat jy backups maak

·         Hou jou anti-virus op datum

·         As jy verdwaal, trek af en vra die pad

·         Pak vir jou padkos

·         Pak altyd genoeg klere in

·         Moenie iemand anders se tandeborsel gebruik nie

·         Was jou kar en stofsuig binne

·         Ry stadig

·         Moenie laat in die aand dink die ander karre gaan stop nie, al is die lig groen vir jou

·         Wees beleef met alle mense

·         Moenie in jou drome leef nie, maar moenie ophou droom nie

·         Se dankie en asseblief

·         Kou met jou mond toe

·         Moenie ophou glo nie

·         Moenie in die middel van ‘n gesprek op jou foon goeters doen nie, dit is disrespekvol

·         Maak die deur oop vir vrouens

·         Laat ‘n vrou altyd voor jou by die deur instap, al is jy ‘n vrou

·         Om te dink dat jy reg is is een ding, moet net die dink jy is die enigste een wat reg is nie

·         Oordeel aksies en nie mense nie

·         Wees oop vir nuwe idees

·         Al verskil mense van jou, wees steeds lief vir hulle

·         Niemand is reg nie, niemand is verkeerd nie

·         Die waarheid het nie ‘n eienaar nie

·         Koop persente

·         Moenie skuldig voel nie – behalwe as jy verkeerd is

·         Memoriseer bybelversies

·         Deel jou ervarings met mense

·         Onthou, jy voel soms soos ‘n alien hier op aarde, maar onthou, almal voel so, jys nie alleen in die universe nie.

·         Hanteer kelners in ‘n restaurant met respek

·         Wees nice met almal, ook met moeilike mense

·         Skryf briewe en pos dit na mense toe

·         As jy ver weg is, stuur vir jou pa en ma poskaarte

·         Neem foto’s al gaan jy nooit weer daarna kyk nie

·         Moenie patrone herhaal nie, maak nuwe planne

·         Doen jou eie ding, jy hoef nie dieselfde as ander mense te wees nie

·         Steek kerse aan in jou huis

·         Sit soms die televisie af

·         Luister mooi musiek

·         Jy hoef nie al die funksies op Word te bemeester om ‘n brief te skryf nie

·         Moenie oorboord gaan nie

·         Wees rustig

·         Wees lief

·         Wees gelukkig

·         Wees lief soos ek vir julle lief is

 

 

 

 

Discovery is an authorised financial services provider.

The information in this email is confidential and may have legal privileges. We intend it only for the use of the individual or entity we've addressed the communication to. If you have received this email by mistake please delete it and tell the sender. We forbid any unauthorised use, change, disclosure or sending of the contents of this email (including its attachments), whether in part or as a whole, unless consented to in writing by the sender, as it may be unlawful.

We cannot guarantee this email has no malicious coding.

We reserve the right to check, intercept and block emails or take any other action according to our email etiquette. 

Discovery will not be liable for any delivery delay, loss, harm, disruption or data corruption that may arise from this email.

A full list of company directors is available on our website at: https://www.discovery.co.za/info/directors - or to get this list by email, please email directors_list@discovery.co.za