Tuesday, November 8, 2016

Vertroue in donker wolke

Die mensdom is behep met tyd, almal het 'n kalender of een of ander tipe van plek waar jy die tyd kan sien.  Die aarde werk ook met dae en seisoene, en ons hele lewe word daardeur beheer.  Daar is 'n tyd om te plant en 'n tyd om te oes, 'n tyd om wakker te word en 'n tyd om te gaan slaap, en sodoende kom ons nooit weg van tyd nie.


Geduld is natuurlik iets wat ons nie het nie, veral as dit kom by die groot dinge in die lewe.  Aanlyn aankope op die internet se grootste probleem is dat mense nie hou van wag nie, as ek iets gekoop het wil ek dit onmiddelik kan gebruik.


Die laaste paar maande is ek gekonfronteer met so 'n wag-situasie.  Dit is moeilik om te wag en te bly glo as huur betaal moet word, en ander dinge jou aandag verg.  Dit is ook ongelooflik uitdagend om jou geloof te behou, al glo jy dat dinge op sy tyd gebeur soos die Bybel ons leer.  Dit word nog erger as jy begin voel dat die dinge om jou uitmekaar val, want jy kan nie die tyd beheer nie.


Vandag sit ek en ek wonder oor my toekoms, my lewe vorentoe.  Met alles in my glo ek dat die dinge gaan uitwerk soos ek gebid en soos ek vertrou, maar die prys wat ek intussen daarvoor betaal en mense om my ruk my uitmekaar.  Dalk voel jy ook so oor soveel dinge, dalk is jy op die ashoop weggegooi soos 'n lappop, dalk is jy finansieel onderdeur, dalk sien jy op na die eksamen of welke ding ookal jou in die lewe nou pla.


Wat doen 'n mens in sulke situasies, wanneer jou geduld opraak en wanneer jy voel asof daar geen hoop meer is nie.  Een ding weet ek verseker, en dit sal ek in my hele lewe bly glo, want dit het al soveel keer met my gebeur, en dit is dat God in beheer is, al dink jy nie so nie.  Dit is moeilik om God se hand in die proses te sien en te wonder oor hoekom dinge met jou gebeur.  Maar een ding getuig ek vandag van, ek sal nooit ophou bid, ophou glo en ophou vertrou nie, want God is in beheer, ongeag hoe swaar en donker die wolke rondom jou is.  Hou goeie geloof, nie moed nie!!!

Thursday, September 29, 2016

Wieletjie Wiskunde

Ons lewens, en veral ons verhoudinge met ander mense is soms gevul met 'n klomp uitdagings. Ons analiseer daagliks die mense om ons, stel vir hulle uitdagings en toetse van dinge waaraan hulle moet voldoen om deel van ons lewens te wees. Sekere dinge moet gebeur vir ons om hulle toe te laat om met ons saam te leef. 'n Vriend van my beskryf praktiese romantiese verhoudings met 'n ruiltransaksie, ek doen 'n ding om iets by jou te kry en ek weerhou weer van myself as ek sekere dinge nie by jou kry nie. Soos my vriend se oor Valentine's dag, dat die kaartjies eintlik moet lees: "I have traded love with you very successfully this year".


Mense analiseer hulle geluk of ongeluk by hulle gekose maat op grond van sekere kriteria. Of ons nou hou daarvan of nie, dit is nou maar net hoe dit is. Verhoudinge word prakties bepaal op grond van wat jy daaruit kry. Ek dink soms dat ons nooit liefde sal verstaan soos hoe God dit geskep het nie. God se liefde het beslis niks uit te waai met verdienste nie, maar genade. As ek so om my kyk na mense se gebroke lewens, dan sien ek dat ons nie mekaar met genade hanteer nie. Miskien moet ons in ons verhoudinge ophou praat van liefde en begin praat van "ek het genade vir jou". Genade, soos ek dit verstaan, het nie te doen met enige mate van verdienste nie, want dit beteken dat ek nie vir jou enige toetse gee nie, of hoepels skep waardeur jy moet spring nie.


Dink net hoe hopeloos ons lewens sou gewees het, as God nie 'n God van genade is nie? Iemand se nou die dag die woorde: "Jy kan nie van God verwag om …... as jy nie …..". So dink ek toe by myself wat in daardie persoon se kop leef oor God, want dit is beslis nie hoe ek God sien of opsom nie. Die God wat ek aanbid, is 'n God wat weet en verstaan dat ek net menslik is. Dit is 'n God wat verstaan dat almal van ons in opregtheid probeer leef en bestaan. Dit is 'n God wat nie die half-leeg glas van my lewe op fokus en my daaroor kasty nie, maar die God wat die glas as geheel sien.


Paulus het agtergekom dat mense vir wie hy gepreek het ook nie die konsep van Genade baie mooi verstaan het nie. Die gemeente vra vir Paulus of hulle meer sonde moet doen sodat die genade moet toeneem. Selfs die grote Paulus het te staan gekom teen die idee van verdienste. Maar genade beteken ook nooit, en dit is wat mense verkeerd verstaan, dat jy net moet terugsit, doen wat jy wil en alles sal net OK wees nie. Veral wanneer dit by verhoudings met mense kom, jy moet, net soos in jou geloof elke dag probeer om beter te wees. Jy moet sag en plooibaar wees, jy moet na iemand se behoeftes kan kyk en self uit genade nie opsetlik doen wat jy weet die ander persoon gaan seermaak nie. Maar ek glo dat mense "verkeerd" teenoor mekaar optree wanneer hulle nie genade verstaan of voel in hulleself nie. Nou moet ek ook eerlik wees oor verdienste, want dit is ook natuurlik makliker om genadig te wees en genadig en in liefde teenoor iemand te leef as jy genade van hulle kant af ook ervaar. Dit probleem in ons verhoudngs is oor die algemeen dat ons eers "verwag" van die ander persoon om genadig of liefdevol te wees, voordat ons dit vir hulle gee of doen.


As ek weer kan terugkeer tot die voorbeeld van God, God het nie gewag vir ons as mense om eers gelowig te wees, eers die regte dinge te doen voordat Hy ons genadig was of is nie. Dit het by God self ontstaan, te midde van ons sondigheid, te midde van wie ek en jy was of is. Nou verstaan ek ook dat dit ongelooflik moeilik is vir iemand wat in 'n verhouding van mishandeling is om hieraan te dink, want ek dink ook nie dat God dit vir jou in die oog het nie. Ek praat dus hier nie van ekstreme scenario's nie, maar as ek eerlik moet wees, Jesus het te midde van die dood, spot en kruisiging tog liefde gewys. Moeder Theresa het ook gese dat jy goed aan ander sal doen, hulle dit terug in jou gesig gaan gooi, maar dit beteken nie dat jy moet ophou om goed te doen nie. Jy sien, liefde en genade is, hoe ons ookal daaroor dink, niks met iemand anders of verdienste uit te waai nie, dit kom net uit jouself, net van jouself af.


Liefde en Genade is twee konsepte wat onvoorwaardelik is en moet wees. Hoe iemand aan die ander kant van jou daarop reageer is 'n bysaak. Dit gaan oor wie jy is! Jy het geen beheer hoe mense om jou reageer of optree nie, en natuurlik het jy altyd die opsie om te beoordeel wat jy van hou en nie van hou nie, maar die beoordeling mag nooit jou liefde en genadiglikheid VIR hulle wegneem nie.


Ons het almal wiskunde nodig vir ons funksionering in die wereld, al is dit net om jou bankrekening te balanseer. Maar vir dit het jy nie 'n BSC in wiskunde nodig nie. In skole deesdae is daar wiskunde vaardigheid wat as vak geneem kan word, alombekend as "wieletjie wiskunde". Dit is 'n basiese verstaan van wiskunde, maar dit gee jou nie toegang tot Universiteit nie. Ons verwag soms van mekaar om die toetse van die lewe te skryf, maar ons het almal net wieletjie wiskunde as vak gehad. Ons is dan altyd verstom as die mense om ons nie die derdejaars BSC wiskunde kan deurkom nie. God se genade sien juis raak dat ons wieletjie wiskunde het, nie al die antwoorde het nie, maar Hy bly lief vir ons sonder om ons vir ons beperkende kennis te veroordeel.


Hierdie idee van Genade is nie net van toepassing op ons geloof en verhoudinge met ander nie, maar ook belangrik vir ons belangrike verhouding met ons self. Soms verwag ons van ons self om die onmoontlike te doen, en wanneer ons nie die toets slaag nie, kasty ons ons tot in die graf. Ons kyk na al die toetse wat ons in die verlede geskryf het en gepluk het, ons stress ons tot die dood toe oor die toetse wat kom en ons voel nie gereed om dit te gaan skryf nie. Dit beteken beslis nie dat jy nie vir jouself groot ideale mag stel nie, en natuurlik ook nie dat jy maar net sit en alles in jouself aanvaar en agteroor sit nie. Dit beteken net dat nie almal 100% van die tyd vol punte kry vir alle vakke en alle toetse nie. Soms moet jy die toets makliker maak, en veral verstaan dat jy net 'n mens is, wat beteken dat jy net wieletjie wiskunde het om op terug te val, en nie altyd van jouself moet verwag om daarmee die Universiteits eksamen te gaan skryf nie. Met hierdie kennis van jouself, wees dalk ook so bietjie meer genadig met jouself vandag. Dalk moet jy vandag net so bietjie rustig vat, stil word in jouself en met meer deernis jouself benader.


Dit is soms nie wie en wat ons is wat ons moedeloos en depressief maak nie. Dit is die verwagtinge wat ons van onsself en mense om ons het wat ons teen die grond slaan. Mense gaan jou teleurstel, veral as jy van hulle dinge verwag wat hulle nie kan nie. Net omdat hulle nie die groot eksamen deurkom nie, beteken nie dat hulle nie probeer nie. Hulle daag op, hulle is deel van jou lewe, en hulle gaan sit tog en probeer om jou toetse te skryf. Vat vandag die vrees uit hulle harte, die spanning van non-performance en van geweeg te word en te lig bevind te word. Hanteer hulle met deernis en jouself ook. Miskien is vandag die dag wat jy hierdie ter harte neem, en sagter is met jouself en met ander, want onthou, almal het net wieletjie wiskunde!

Friday, September 16, 2016

Oorfone

Het jy al agtergekom dat mense wat oorfone op hulle ore het, wanneer hulle met jou praat, praat hulle gewoonlik harder en in 'n skree-toon. Elke mens wat leef, soek graag om gehoor en aanvaar te word. As kinders skree ons in rebellie as tieners om aanvaar te word vir wie ons is, te midde van ons ouers se raad en dissipline. As grootmense soek ons aanvaarding by ons mense, ons kinders, ons kollegas en ons huweliksmaats. Almal wil gehoor word.


Tussendeur hierdie proses, kom ons soms agter dat die teenreaksie van die wereld om ons, in meeste gevalle nie een van "hoor" is nie. Meeste van die kere val ons geskree om ons self te wees op dowe ore, want eintlik het almal om ons hulle eie lewens, en almal het oorfone op en kan ons nie hoor nie. Elkeen luister sy eie liedjie in sy kop, en elkeen is besig om uit te skree om aanvaar te word.


In my lewe het ek dit al soveel keer ervaar, en soms kom jy op 'n punt waar jy dit ook ervaar. Jy bereik 'n punt waar jou stem so seer word, dat jy stom begin bestaan. Jy begin ervaar dat niemand werklik "omgee" oor wie en wat jy is nie. Jy begin om ook maar net te luister na jou eie lied in jou kop, want wat help dit om uit te skree as niemand wil hoor nie. Jy begin dit uitleef, jou stem raak stil, veral wanneer die mense om jou nie kan luister of wil luister nie. Jy is gelukkig as jy iemand vind wat so nou en dan hulle oorfone afhaal en aandag aan jou stem gee. Jy is nog meer gelukkig as jy iemand kry wat saam met jou onder die oorfone inseil en bereid is om na jou "song" te luister.


Een ding wat jy in die lewe leer, is dat indien jy nie self jou eie oorfone afhaal en luister na die hulpkreet van ander nie, jy ook nooit iemand sal leer ken nie. As ouer leer jy dat ander se musiek wat hulle na luister nie noodwendig jou smaak is nie. Maar in liefde is jy bereid om daarna te luister en hulle erkenning te gee vir hulle eie smaak en menswees. Jy kan tog nie van ander verwag om altyd na jou skree te luister, as jy nie ook bereid is om na hulle te luister nie.


Suksesvolle verhoudinge is wanneer jy bereid is om uit jou idee van die lewe te klim en ander se idee oor die lewe te erken. Ek sien dit baie dat kinders hulle ouers afskryf en ophou praat met hulle, wanneer hulle nie gehoor word nie. Die swaard sny eintlik beide kante toe, want jy moet jou kinders leer om te luister na raad, maar ek dink dat jy nie van iemand kan verwag om hulle oorfone af te haal, as jy nie eers bereid is om joune af te haal nie. As ouer van tieners, met 'n sagte plek vir kinders, sien ek en hoor ek hoe ouers langs die hokkieveld en op Facebook praat, en verstaan ek soms die rebellie van kinders. Ons besef nie altyd dat hierdie kinders in 'n totaal ander wereld en bestel as ons grootword nie, die ritme van hulle liedjies is anders as die waarmee ons grootgeword het. Maar ons besef dit nie, ons hoor dit nie, en soms wil ons dit nie hoor of aanvaar nie.


Die spreekwoord lei: "In times of change, those that adapt wil inherit the earth, while those who don't find themselves beautifully ready for a world that no longer exists". Natuurlik is daar basiese realistiese idees wat altyd bestaan en wat nooit verander nie. Maar soos wat "Sound of Silence" op 'n ander manier deur Rock sangers met 'n ander ritme gedoen kan word, beteken nie dat die "magic" van die song weggaan of nie meer bestaan nie. Dit beteken net dat dit met 'n nuwe ritme en op 'n ander manier gedoen kan word. Dit beteken, dat om jou idees aan te pas, of jou oorfone af te haal, nie beteken dat jy die baba met die badwater moet uitgooi nie. Dit beteken net dat jy oop is vir ander se idees, vir ander se standpunte en vir ander se standpunt. Dit beteken ook dat jy natuurlik jou standpunt kan huldig, maar net omdat die ritme van die lied verander en nie meer deur Simon en Garfunkel gesing word, verkeerd is nie. Dit beteken net egter dat as jy oop en aanpasbaar is, jou lewe soveel meer kleur het, soveel meer geluk inhou as om alles te vermy, te veroordeel en af te jak.


Ek verwys baie kere na die uitspraak van Gary Player wat gese het: "Play the course as it is and not as you would like it to be". As ek na mense om my kyk, besef ek dit terdee, maar ook na myself. Om aan te hou skree vir jouself en soos 'n kind in 'n speelgoedwinkel te skree omdat jy nie jou sin kry nie, maak die lewe onaangenaam, vir jou, die mense saam met jou en ook die hele wereld se mense wat onskuldig in die winkel is. En op die ou einde, 'n kind wat so skree, kry oor die algemeen nooit hulle sin nie, kry nooit die lego wat hulle soek nie.


Die ongelukkigste mense wat ek ooit ontmoet het, is hulle wat nooit hulle oorfone wil afhaal nie. Jy kan probeer nes jy wil, hulle is net nie bereid om hulle oorfone ooit af te haal nie. Hulle is nooit bereid om aan te pas by die nuwe ritme of deuntjie van die lewe nie. Ek het een keer 'n preek geskryf oor Paulus en Barnabas wat saam met Paulus op sendingreise gegaan het. Barnabas se pa is oorlede en het besluit om terug te keur Jerusalem toe om na sy ma te kyk. Paulus het hewig reageer omdat hy blykbaar nie genoeg passie vir die evangelie gehad het nie. Later het Barnabas teen Paulus getuig in Jerusalem. My boodskap die dag het die tema gehad van "Rigied tog buigbaar". Dit beteken dat jy welkom is om te dink dat jy reg is en vas te hou aan wat jy in glo, maar dat jy terselfdertyd moet weet dat net omdat jy dink dat jy reg is, jy nie noodwendig die enigste een is wat reg is nie. Daar is nie net altyd een antwoord vir alles en in alle omstandighede nie.


Die antwoord van 'n suksesvolle, maar nog meer 'n gelukkige lewe is wanneer jy gehoor word, maar ook wanneer jy bereid is om te hoor en waar beide mense hulle oorfone afhaal en na mekaar luister, en selfs ook mekaar se oorfone op te sit. Dit is ook nie nodig om werklik ekstaties mekaar se musiek jou eie te maak nie, maar die bereidheid om te luister is die antwoord. Dit is werklike liefde, bereidheid en openheid tot ander idees.


Vandag is dalk die dag wat jy jou oorfone moet afhaal, en bereidheid moet verklaar om na ander en hulle ritmes en deuntjies te luister.

Tuesday, August 2, 2016

Wees stil en Weet

Een van die grootste vrae in die Bybel, en wat deur eeue gevra en bestudeer word, is die vraag na die sogenaamde "regverdigheid" van God.  Hoekom laat God goeie dinge met "slegte" mense gebeur en slegte dinge met "goeie" mense?  Die Bybel vertel ons baie verhale van mense wat sogenaamd "regverdig" was en fantastiese dinge vir God en in God se naam gedoen het, en beloon is, want dit is hoe ons dink die lewe MOET werk. 

Maar daar is baie verhale wat die teenoorgestelde vertel, vat nou maar die verhaal van Job, 'n regverdige en godvresende man en hoe hy alles verloor het, sy besittings, sy kinders en ook sy gesondheid.  'n Interresante stukkie informasie is dat die verhaal afspeel in 'n land redelik ver van Israel af, en bevat baie denkwyses van die mense in die nabye ooste oor God en van God en hoe die wereld rondom ons werk. 

Die verhaal is baie mooi uiteengesit en handel oor al die idees oor God en spesifiek oor "swaarkry" en "goedgaan".  Daar is vele dialoog tussen Job en sy vriende oor hierdie onderwerp, en dit herinner my so aan alles wat ons lees oor die onderwerp, vandag nog.  Ek gaan nie nou op al die redenasies ingaan nie, ek dink julle het 'n redelike idee van wat 'n mens alles oor die onderwerp kan redeneer. 

Wat egter belangrik is, is 2 dele vir my, die eerste is aan die begin waar die bose met God in redenasie is en se dat Job dalk net in God glo, omdat God hom seen en hy wonder of dit dieselfde gaan wees wanneer hy swaarkry en alles van hom ontneem word?  Ek dink hierin le die kern van soveel van die dinge wat ons glo. 

Vanoggend kyk ek op Facebook na al die godsdienstige prentjies en boodskappies, en sommige van hulle se vir my dat mense tog steeds dink dat om "Amen" te tik of die boodskap te deel God se guns gaan verdien.  'n Mens het so half die gevoel dat as jy dit nie doen nie, iets slegs met jou gaan gebeur, en dit kan nie verder van die waarheid wees nie.

Die tweede belangrike gedeelte uit die verhaal is waar God vir Job antwoord is baie insiggewend.  God verduidelik vir hom dat Hy sorg van die skepping af vir alles, van die son, maan en die sterre tot die diere.  God se eintlik daarmee vir Job dat dit wat Job oor God vra eintlik irrelevant is, om te vra of God goed of sleg is, straf of nie straf nie, regverdig is of nie, hou nie stand nie en het nie plek nie.  Dit is amper dieselfde antwoord as wat ek die laaste ruk heeltyd in my kop het oor Paulus se vraag om die doring uit sy vlees te neem.  Partykeer is ons so gefokus op jou klein probleempie, dat jy die God van die heelal nie raaksien nie.  Jy koppel God se goedheid en guns aan daardie klein dingetjie, veral as jy afkyk op jou probleem.  Miskien is die uitdaging om op te kyk en rondom jou te kyk na wat God werklik elke dag vir jou doen.

Natuurlik beteken dit nie dat jy nie mag droom, mag bid of enigsins mag vrae vra nie.  God het ons geskape met vrye wil, maar nie ten koste van die groter prentjie daarbuite van wie en wat God is nie.  En dan eindig die verhaal met Job wat meer kry as wat hy ooit gehad het, te midde van sy twyfel, te midde van wat hy ookal gedink het, omdat hy die groter prentjie kon verstaan wat God vir hom geskets het.  Die oomblik wanneer die twyfel verdwyn rondom of God regverdig is of nie, straf of nie, dan begin jou werklike lewe saam met God.  Wanneer jy in die lig leef, te midde van jou omstandighede, te midde van wat met jou gebeur of nie gebeur nie, dan het jy werklike geloof.

En die wonderlikste daarvan is, dat God eintlik daarmee die bose op 'n manier op sy plek sit.  Aan die begin het die bose gese dat Job net geloof het omdat hy dinge kry en dit met hom goedgaan, en hier gee God aan Job meer as wat hy gehad het, te midde van sy twyfel en redenasies oor God.  God wys aan die bose dat Hy gee, omdat Hy wil, nie oor ons verdienste daarvan nie.  Moet dus in hierdie dag nie ingesuig word by 'n wereld wat wil he jy moet God se guns verdien nie, en as dit lyk asof God se guns nie in jou rigting kom nie, kyk na al die dinge waar jy God se hand kan raaksien, in die heelal, op die aarde, in die sang van 'n voeltjie en in jou lewe.  Kyk na al die dinge wat jy het, en nie na jou tekorte nie.  Sien God as die Almagtige wat steeds vir jou alles gee wat jy nodig het.  Soms is die aanvaarding van WIE God is, die antwoord, en nie in wat Hy vir jou gee of nie gee nie, hoe moeilik dit ookal is om te aanvaar. 

Glo in God, PUNT. 

"Wees stil en weet, Ek is die Heer, Ek spreek en wind en golwe bedaar, Ek sal ook jou getrou bewaar".

Monday, August 1, 2016

Geloof sonder 'n "maar"!

Ek lees nou weer die storie van Walt Disney erens raak.  Vandat hy begin teken het op die stal se muur, besigheid begin het en bankrot gespeel het.  En een van die aangrypende dele uit sy lewe, is toe sy broer een dag vir hom vra waarmee hy besig is, toe se hy "practicing patience". 

In ons gejaagde lewe is dinge altyd onmiddelik, en mense wil nie dinge oor die internet bestel wat eers oor 3 of 5 werksdae afgelewer kan word nie.  Ons soek dinge onmiddelik, van kos tot al die ander dinge wat ons begeer.  Natuurlik wil jou bankbestuurder en skuldeisers nie hoor dat hulle geduldig moet wees nie, want D-Dag is D-Dag. 

Maar uit soveel suksesvolle mense se lewens leer ons dat hulle erens geduldig moes raak vir die groter doel.  Wanneer die skroewe styf om jou draai van stress, neem 'n mens soms impulsiewe en dalk verkeerde besluite, want dinge moet nou uitsorteer. 

Oor die afgelope paar weke het ek baie stress deurgegaan, en die wag maak my dood.  Gister lees ek pragtige dinge op die Internet om my kop net bietjie met iets anders besig te hou.  Ek kom toe weer af op die feit dat ons tog in gebed wel ons begeertes aan God kan opdra, maar dit is die maklike deel daarvan.  Die moeilike deel is om God daarmee te vertrou, in geduld.  Ek gaan sit op die stoep en bid weer, ek se ook vir God dat ek maar ongeduldig is, maar vra ook dat Hy nie my ongeduld en my lewe in die pad moet laat staan van dinge om uitgesorteer te word nie.  Ek onthou nog dat toe ek klein was, Ds. Martiens Swart een dag gepreek het dat ons gebed moet wees soos om saam met jou beste vriend, in die geval God, op 'n bankie te sit en alles van jou aan Hom te ontbloot.  Vandaar dan ook die bekentenis van my ongeduld, wat ek dink God van die mensdom en van my in besonder ook verstaan en weet.

Terwyl ek daar buite sit, ervaar ek God so naby my as wat kan kom, en die volgende oomblik is daar so ongeveer 10 voeltjies in die boom bo my, en almal is agter sulke rooi bessies aan.  Toe dink ek weer aan die gedeelte in die Bybel wat lees dat as God so sorg vir die voeltjies en die natuur, hoeveel te meer sal Hy nie vir ons ook sorg nie?  Skielik kom daar so effense skiet in die rek van die stress, want ek besef op 'n manier dat jy moet laat gaan as jy wil he dat God dinge moet doen.  Nou kom ons Gereformeerde tradisie weer deur, wat vir jou wil herinner dat jy nie maar net op 'n knop moet sit, bid en niks doen nie.  Maar ons moet leer dat God ook sekere dinge op Sy manier doen, en ons dalk soms in die pad daarvan kom.  Ek vra toe ook vir God:  "Maar hoe kan ek net los?"  en ek kry skielik die lied in my kop:   "Wees stil en weet Ek is die Heer". 

Gister is my kop steeds elke oomblik besig met die ding wat ek mee aan die gang is, en elke keer dryf ek die twyfel en die logika uit met die woorde:  "Wees stil en weet Ek is die Heer".  Steeds nog kom daar in ons lewens oor en oor hierdie denke van wat ons kan doen, Whatsapp moet stuur, moet E-Mail, moet bel of wat kan ek doen om dinge te bespoedig en uit te sorteer.

Een van daardie denke gaan ook natuurlik verder in vertroue, en ek vra myself af of ek werklik, met my hele hart, hele siel en hele verstand glo dat God dit werklik kan doen?  Glo ek nog in die Almag van God wat te midde van alles wat ek dink in my pad kan staan, vir my kan gee of doen wat ek vra?  Vra jouself bietjie af of jy so 'n geloof het, of jy werklik dink dat God vir jou dinge kan laat gebeur wat jy nie dink logies moontlik is nie.  Soms vra en vertrou ons met 'n Lou-warm hart en gedagte.

Verlede week staan ek langs die hokkieveld en vertel vir die een pa hoe 'n heerlike warm wintersdag dit is, en hy antwoord onmiddelik:  "ja, maar hulle voorspel  ysige koue volgende week".  Ek voel toe sommer onmiddelik die temperatuur wat daal, nog voor die koue front enigsins naby is.  Ek wonder toe wie die woordjie "maar" uitgedink het, en hoeveel invloed die woordjie "maar" en die teenstrydige gedagtes wat dit meebring, my geloof beinvloed. 

Petrus klim ook uit die water en die oomblik wat hy sy logika bybring sink hy.  Wanneer jy in geloof lewe, dan lewe jy in 'n lewe wat jy nie kan verduidelik of logies voor 'n formule kan struktureer nie.  Dit is omdat ons in ons, maar eintlik in God se "beperkiinge" wat ons op Hom plaas inkoop, dat geloof nie meer geloof is nie.  Dan begin jy jou eie bygelowe skep, en 'n beeld van 'n Demi-God, soos byvoorbeeld 'n God wat nie meer wonderwerke kan vermag nie.  God werk nie met 'n "maar" nie, en Sy liefde vir ons ook nie.  Dit is dalk omdat ons die "maar" in die geloof inbring, wat ons nie terme soos "genade" verstaan nie.  Dit is die "maar" wat ons laat dink aan die "verdienste", en dat God sekere dinge nie vir jou gee nie omdat jy dit nie verdien nie en 'n sondige wese is wat straf verdien.

Ek dink dat wanneer jy die "maar" uit jou geloof haal, en uit jou lewe, en voluit glo sonder enige redenasies, voluit lewe asof daar geen beperkings is nie, dan lewe jy eers.  Wanneer jy God toelaat in jou lewe en God die geleentheid gun om God te wees, in hoe Hy jou lewe rig, in wat Hy jou wil leer en wat Hy vir jou wil doen, sonder jou inmenging, dan is dit Godsdiens en dan is dit Geloof, opreg en eerlik, soos 'n kind.

"Wees stil en weet, EK (God) is die Heer"!

Sunday, July 10, 2016

Om "te" erg te wees!

Toe ek klein was het my ouma gese: “My kind, alles wat 'n “te” by het is verkeerd, behalwe te perd, tevrede en te-maties”. Ek sien veral nou met kinders, hoe mense ingesuig kan word in dinge, sodat dit hulle hele lewe “consume”. My kinders se hele lewe bestaan uit elektroniese speletjies, op die X-Box, die Playstation, die rekenaar en hulle fone. Dit het hulle hele lewe oorgeneem, soveelso dat hulle nie eers meer na plekke toe wil gaan waar daar nie wi-fi konneksie is nie. En as ons daar kom, sal hulle heel eerder op hulle fone speel as om te gesels.

Ek dink ons as grootmense is ook baie skuldig daaraan, op een vlak of 'n ander. Oor die laaste paar weke het ek agtergekom hoe ek ook maar toelaat dat sekere dinge my insluk. Ek is so ingesuig by 'n situasie dat ek totaal en al hulpeloos voel in dit, ek kan aan niks anders dink nie, en my gedagtes is die hele tyd daarmee besig, dag in en dag uit, selfs in die nag. So, ek kan nie eintlik krities wees teenoor my kinders as ek dieselfde doen nie. Ek se daarmee gladnie dat jy maar net jou kop in 'n gat moet druk en belangrike dinge ignoreer nie. Dit gaan hier oor die “TE” in situasies, en nie die situasie of die elektroniese speletjies nie.

Gisteraand le ek weer wakker en ek is weer in my gedagtes besig. Ek besluit toe later, hier by 3-uur om maar op te staan en 'n koppie koffie te gaan maak. Ja, ek drink te veel koffie. Ek gaan sit op die stoep in die koue en sluk aan my koffie en steek 'n sigaret aan. In daardie oomblik besef ek dat 'n mens jouself oor die “te” dinge, baie dinge wysmaak. Soos ook om te rook en ingesluk te word daardeur, en so ook om as jy wakker word 'n koppie koffie of 3 MOET drink. Wie het gese dat dit so moet wees? Niemand, maar in my kop het ek dit so gemaak dat ek gladnie wil funksioneer sonder my koffie in die oggend nie. Ek is verslaaf daaraan, en so ook aan sigarette. Miljoene mense in die wereld drink nie koffie in die oggend nie, en miljoene rook nie, so dit is nie 'n noodsaaklike ding in die lewe nie, nie soos suurstof nie. En in die oomblik sit ek toe ook en stress oor 'n situasie, en weereens besef ek dat dit my so insuig, dat ek aan niks anders kan of wil dink nie.

En so dink ek weer aan Viktor Frankl se idee dat jy nie noodwendig omstandighede rondom jou kan verander nie, maar jy kan jou reaksie en jou denke beheer. Jy het die vrye wil om te besluit of koffie vir jou belangrik is of nie, en of jy wil rook of nie. Niemand druk jou in die oggend vas en boei jou aan 'n koppie koffie en laat jou dit drink nie, jy doen dit. En soms is dit jy wat uit vrye wil jouself boei aan dinge, insluitende stress, insluitende koffie, insluitende alle ander dinge wat jy glo jy nie kan beheer nie.

Die laaste twee aande in ons huis was heerlik met die kinders. Ons het nie DSTV nie en ook nie Wi-Fi nie, maar ons het “30 seconds”, “Fase 10” en “Who want to be a Millionaire”. Dit was so heerlik en lekker om bietjie iets anders te doen as dieselfde ou dinge. Ek is ook nogal verslaaf daaraan om die rugby te kyk, en gisteraand het dit my nie eers gepla om dit nie te sien nie. Ek is iemand wat in die oggend die TV aanskakel en eers laat in die aand afskakel, en nou dat dit nie daar is nie, besef ek dat dit my nie doodmaak om nie die rugby te kan sien nie. In werklikheid kom ek agter dat ons as gesin soveel meer tyd met mekaar spandeer en eintlik ook baie meer pret het as om net op die banke te sit en die verte in te staar.

So, die eerste les wat ek geleer het, jy kan sonder dinge klaarkom. Hoeveel dinge is jy by ingesluk wat jy dink dat jy die MOET doen? Ek het geleer dit is nie nodig nie, daar is ander dinge wat belangriker is. Maar dit begin by jouself, in jou denke en in jou kop. Aan die begin is dit vir ons vreemd, maar stelselmatig kan jy jouself programmeer om dinge anders te sien.

Die tweede les, is dat jy nie nou weer radikaal oor TV-kyk of Wi-Fi hoef te wees nie. Ons het 3G op ons rekenaars en hardeskywe met reekse op, so ja, ons kyk TV en gaan op die internet, maar dit is nie meer die primere idee in die lewe nie. Dit suig ons nie meer in nie, so ons het op 'n manier die “TE” uit ons optrede gehaal. Jy het nie nodig om radikaal te wees en op te hou om aan jou situasie te werk wat jou kan opstress nie. Dit is nog steeds lekker om die bokke te kyk op die TV, maar as jy dit nie kan sien nie, sal jou lewe nie eindig nie, glo my. Dit hang egter af hoe jy daaroor dink, en dit maak nie van jou 'n slegter ondersteuner van die Bulle as jy nou nie op Loftus is nie. Ek het ook steeds gisteraand Ge-Google om te sien wat gebeur het, en ek was net so gelukkig dat hulle gewen het, sonder dat ek dit lewendig gevolg het. Dit is 'n verandering in “ingesteldheid” wat jou lewe draaglik maak, en niks te doen met of dit vir jou belangrik is of nie.

Derdens het ek geleer om weer dinge te waardeer. Soms is jy so vasgevang in jou situasie en denke, dat as jy 'n film op televisie te siene kan kry, dit weer vir jou spesiaal is. Om die hele dag die rugby op TV in jou huis aan te he, laat jou nie altyd besef hoe bevoorregd jy is nie. Vir my is dit spesiaal om erens of oor “streaming” weer die rugby te kan kyk. Soms is ons so verknog aan dinge, sodat dit later nie meer vir ons spesiaal voel of is nie. Weereens se ek nie dat daar iets mee verkeerd is om te hou van wat jy wil of dat dinge vir jou belangrik of spesiaal is nie. Ek is 'n roker, maar omdat ek vasgevang is in die gewoonte, rook ek 20 sigarette per dag, en dalk is 2 van hulle vir my werklik lekker, die res is net gewoonte en daarom eintlik net 'n vermorsing van geld en tyd en moeite.

Vierdens, om nie so 'n “te” aan 'n ding te koppel nie, maak jou vry. So met die intrapslag in ons huis is dit die Rugby toetse teen Ierland. 2 weke na mekaar is ek die hele saterdag oggend gestress om te probeer om die toetse op te vang of erens te gaan kyk. My ma bring selfs die een saterdag haar dekodeerder om op die TV te laai, maar DSTV kan ons nie in tyd help om dit ingestel te kry nie. So sit ek maar die radio aan, en soos ouds luister ons die wedstryd. In die tyd wat ons sukkel om die dekodeerder gekoppel te kry, is daar spanning want die tyd loop uit. Ons baklei met mekaar, en elkeen het sy eie idee, en later loop die aand toe sommer skeef vir almal. Selfs die tjoppies is maar sleg en die atmosfeer is nie lekker nie. Die volgende oggend besef ek net weer dat die fanatieke “te” en die denke dat ek MOET kyk, het die genot van die aand ontneem. Gisteraand was my ingesteldheid anders, en ons probeer nie eers om die wedstryd te kyk nie, en alles is lekker, 'n huis vol genot, grappies en glimlagte.

Laastens maak hierdie nugtere besluit om dinge nie 'n “te” te maak nie, jou die krag om te fokus, en dalk ontdek jy dat jou lewe verander omdat jy die werklike belangrike dinge agterkom en op fokus. Mense wat kan rustig raak en nie fanaties is oor dinge nie, maak beter besluite en planne. 'n Vriend van my het opgehou rook, nadat hy 'n kursus bygewoon het, en al wat die kursus jou eintlik leer is dat jy nie nodig het om deur jou gewoonte ingesuig te word nie. Baie van die dinge wat ons oor radikaal is, steel ons krag en ons lag. Vandag kan ek niks doen aan sekere situasies nie, hoe ek ookal op en af spring, want dit is Sondag. Maar niks weerhou my daarvan om die dag saam met my mense te geniet nie, selfs net om op die stoep te sit en gesels, sonder luukse kos of duur wyn of Coke of Niknaks. Niks is so belangrik dat ek nie sonder dit kan klaarkom nie, verander jou denke, gooi die “te” van dinge van jou skouers af en leef vry en lekker.


Wees te-vrede en eet jou te-maties!

Thursday, June 9, 2016

Vir God is meer as Alles moontlik!

Oor die afgelope tyd skryf en dink en leef ek baie oor en in volle vertroue in God. Vir lank het ek op my eie krag staatgemaak, en vir lank op prinse en mense om my vertrou vir dinge.


Ek leef vandag in dankbaarheid vir alles wat God aan my gee en vir my doen, maar soms, menslik, twyfel 'n mens maar. Ons voel baie keer skuldig oor twyfel, en vanoggend word ek tot stilstand geroep en dink aan die verhaal van Gideon in Rigters 6. Die verhaal daar gaan oor Gideon se mense wat onder geweldige druk is, ekonomies, emosioneel, godsdienstig en ook wat hulle kultuur en voortbestaan as volk betref.


Gideon kry kontak met die boodskapper van God en elke keer twyfel hy oor die opdragte en die rigting wat hy in gestuur word. Elke keer vra hy 'n teken om hom te laat oortuig dat die boodskap werklik van God self kom en nie die bose is wat hom aanval nie. En, elke keer kry hy 'n positiewe bewys, maar steeds twyfel hy. Ek is net so menslik soos jy, en een van die dinge wat ek uit hierdie verhaal leer is dat God ook ons menslikheid ken en ongelooflik geduldig met ons is, selfs in ons twyfel in Hom en in dinge wat met ons gebeur.


Verder lees ons ook in die verhaal dat die volk en mense om hom baie praat oor dinge van die verlede en hoe goed God wel vir hulle WAS, maar hulle voel nie die hand van die Here in hierdie omstandighede waarin hulle hulle bevind nie. Ek en jy doen ook maar dieselfde deur telkemale wanneer dinge nie met ons goed gaan nie, of ons stress, tog maar terug te dink aan die plekke en tye waar God wel vir ons wonderwerke laat gebeur het. Ek dink veral ook terug aan my dae op Universiteit waar ek absoluut niks van die Grieks verstaan het nie, en tog deur gebed deurgekom het, al het ek dit dalk nie eers verdien nie. Ek besef wel dat daar ongelooflik baie geleenthede elke dag is waar God dieselfde doen vir my en mense om my. Maar, alhoewel dit so is, is ons mense maar altyd ingestel op die hede en gefokus op die realiteit van elke dag, en wanneer dinge vir ons mistroostig lyk, dan twyfel ons vinnig, word depressief en pessimisties. Weereens, God is geduldig met hierdie gevoelens en straf ons nie daarvoor nie, inteendeel is dit juis hoekom EK God soos hy in die Bybel vir ons geskets word aanbid.


Die boodskap wat dwarsdeur die Bybel voorkom is dat God 'n God van genade is, selfs 'n God wat sorg en wonderwerke laat gebeur vir almal wat geskape is, selfs as hulle in Hom twyfel of selfs wanneer hulle nie in Hom glo nie. Dit is tog die hoof boodskap van die Bybel en die hele kern van Jesus, wat vir mense wat hulleself nie aan hulle skoenveters kan optel nie, ophef en lewe gee. So is die Bybel vol verhale van gewone mense, mense soos Abraham, Isak, Jakob, Noag, Gideon en vele meer wat vol foute was, vol twyfel en ook nie altyd 100% gehoorsaam aan God soos wat ons dink nie. Hulle het hierdie God van hulle ook maar soms getoets, net soos Gideon in die verhaal in Rigters 6, om 'n velletjie wol in die parskuip te sit en die een aand vir God vra om dit droog te hou terwyl die grond rondom dit nat is. Die volgende aand toets hy weer en vra dat die velletjie die keer nat moet wees en die grond droog. So het dit gebeur, net om te bevestig vir Gideon dat die hele situasie nie toeval is nie.


Ons voel soms skuldig om die Here so te toets, want ons is baie bang dat God ons gaan straf. Hierdie verhaal leer my om ook te mag vra oor die lewe en God se plan daarin. Dit motiveer my om weereens te besef dat God van die verlede wat wonderwerke gedoen het, dit vandag steeds doen, selfs al sien ek dit nie. Dit is baie maklik om in God te glo wanneer die wonderwerk plaasgevind het, maar moeilik as dit vir jou voel asof dit nie gaan gebeur nie. Die Bybel leer ons self dat as ons net die geloof van 'n mosterdsaadjie gehad het, ons sou kon berge versit. Maar, selfs al het ons dit nie, God is en bly in beheer, en God sal nie die vertroue wat ons in Hom stel ooit laat ongesiens verbygaan of ons nie verhoor nie.


Wanneer ek twyfel, stress en slapelose nagte ondervind, bly dit belangrik om te verstaan dat God, alhoewel ons Hom met alles in ons vertrou, verstaan dat die realiteite van die lewe ons soms onderkry. God verstaan waardeur elkeen van ons gaan, God verwag nie van ons om perfek te wees of te glo of te vertrou voordat Hy ons Seen nie. Ek dink ook nie dat God so met opset ons geloof eers toets voordat Hy vir ons uitkoms gee nie. Die God wat ek aanbid is 'n genadige God, 'n liefdevolle Vader wat nie met opset ons lewens ondraaglik maak of wil maak nie. So, selfs in ons wankelagtige geloof, ons onsekerhede van elke dag, ons vrese vir more of omstandighede, doen en bly God steeds getrou. Iemand het een keer gese, en ek sal dit nooit vergeet nie, "God het my en jou en ons geloof nie nodig sodat Hy God kan wees nie". Dankie tog, stel jouself voor wat van elkeen van ons sou geword het as ons net eenvoudig uitgelewer was aan mekaar? Indien my en jou geloof nodig was om God se Almag te bewys, sou dit maar 'n baie tekortkomende scenario tot gevolg gehad het.


Daar is egter wel nog iets anders wat ons uit hierdie verhaal leer van Gideon, en dit is dat God ons anders sien as wat ons onsself sien. Gideon het self gese dat hy nie vir Israel kan red nie, want hy is nie 'n gesiene man uit 'n gesiene familie nie en minderwaardig is. Soms verstaan ons nie, en selfs vandag lei ons aan hierdie minderwaardigheid teenoor ander mense, en ons dink nie dat God ons kan gebruik nie. Weereens, vir God om in jou, deur jou en vir jou te werk, het jy nie nodig om "asemrowend" te wees nie. God gebruik dwarsdeur die Bybel mense wat platgeslaan, klein en in die oe van mense nikswerd is nie. So, al voel jy so oor jouself, al leef jy in depressie en armoede, God sien elke dag jou potensiaal raak, en God slaan van die begin van alle tye reguit houe met krom stokke. Wat 'n verligting is dit nie vir ellkeen van ons nie, selfs vir my op hierdie dag wat ek so stress.


Nog 'n boodskap vir ons almal is dat God konstant is, dieselfde God wat die volk uit Egipte bevry het, is dieselfde God wat die wol laat nat word het, en Hy is vandag steeds dieselfde. Hy is dieselfde God wat jou by die naam geroep het, en wat nie 'n haar van die kop sal laat val sonder dat dit Sy wil is nie. Ek dink dat hierdie feit alleen, ons elkeen van ons twyfel en ongeloof behoort te genees en op jou kniee moet laat val uit danbaarheid. Ek dink een van ons grootste probleme is die limiete wat ons denke oor God en wat God alles kan doen op ons plaas. Ons redeneer oor God, net soos wat ek hier doen, maar geen woorde of beelde of verhale sal ooit genoeg wees om God vas te vang nie, anders is Hy mos nie meer God nie. Hierdie God is so groot, dat selfs om te se dat alles vir Hom moontlik is, limiete plaas op Sy Goddelikheid.


Dalk is die laaste idee uit die stuk die belangrikste, en dit is dat JOU plan oor JOU gaan, en van die verhale wat ons lees, het mense 'n rol gespeel in die GROTER prentjie en wil van God. Soms is ons so gefokus op jou situasie NOU en JOU behoefte, eerder as om te vra wat jou plek en rol in die verhaal is. Gisteraand kon ek nie slaap nie, en vanoggend toe ek opstaan kom hierdie idees waaroor ek vandag skryf by my op. Vir hierdie paar minute wat ek hierdie skryf, is die fokus nie op my en my krisis nie, maar afgelei tot die rol wat ek hoop hierdie stuk vandag in jou lewe en in God se groter prentjie speel. Miskien moet ons ook begin om meer en meer mense in te lig en te vertel oor die wonderlike dinge wat God met ons laat gebeur.


Vir die afgelope klompie maande skryf en dink ek tog baie oor my vertroue in God, wat ek dalk verkeerd doen dat God nie vir my alles gee wat ek vra op die tyd nie. In hierdie tyd, veral omdat ek in my lewe pandora se boksie oopgemaak het rondom vertroue, word hierdie vertroue getoets, oor en oor. Dit word getoets deur mense wat nie dieselfde glo nie, omstandighede en soms ook 'n gevoel van minderwaardigheid my beetgepak. Mense het neergekyk op my, my omstandighede en ook my geloof, en soms vang dit jou, want jy is net 'n mens. Maar God is die Een wat my elke dag met hoop vul, en Sy hand hier onder my ken vat en my kop optel om die lewe in die oe te kyk. En daarvoor is ek ongelooflik dankbaar.


Ek sluit af met die feit dat ek ook vandag aan God hierdie velletjies met wol uitsit, nie net vir my nie, maar ook vir soveel mense om my. Ek sit en wag met volle geloof en met volle vertroue dat God dit wat ek vra sal volbring en in Sy hande gee ek my Siel, my Liggaam en ook my hele lewe, want Hy is in beheer van alles, en sonder hom is ek elkgeval niks. Onthou altyd: "Alles is vir God moontlik, en nog meer as alles"!


Thursday, May 5, 2016

Van om alles te verloor en te wen

Ek het in 'n huis grootgeword, en ek kan nooit werklik vir mense se of ek gelukkig was of ongelukkig nie, want dit was maar hoe dit was.  Aan die een kant het ek 'n ma gehad wat alles aanmekaar gehou het.  Sy het my probeer weghou van al die slegte dinge wat daar gebeur het, so ek was beskermd, maar hoe sy ookal probeer het,  ek kon nie ontsnap van die realiteite wat in ons lewens gebeur het nie.  Dus, om eerlik te wees, was enige mate van geluk in die huishouding maar net 'n illusie.  My pa en ma het hulle eie stryd in hulle lewens gelei, my ma was hoogs gekwalifiseerd en sy het geveg teen 'n sisteem waar sy altyd hard gewerk het, maar omdat sy 'n vrou is, was daar 'n plafon waar sy nie kon deurbreek nie.  My pa het in 'n huis grootgeword waar sy pa 'n alkoholis was, en hy moes St 7 uit die skool gaan om op die spoorweg te gaan werk.  Ek dink dit het hom gebreek, want hy het altyd ook teen agterstand baklei, want nooit die lewe gehad wat hy vir homself gesien het nie.  Hy het begin om te drink om die agterstand korter te laat voel, maar in die proses al hoe verder agter geraak.


Ek het nooit die werklike impak van hierdie gebeure verstaan nie, want ek het gedink 'n mens cope maar net met die lewe.  Ek het ook nooit werklik gedink dat mens iets verdien nie, want in hulle probeer het ek besef dat die lewe elke dag net 'n opdraende stryd is en sal wees.  Die vibrasie in my lewe was baie laag, en al waar ek uit sulke dinge kon kom, was deur prestasie.  Ek het redelik goed op skool gedoen, al die dinge wat ek aan kon deelneem het ek, maar nooit werklik besef dat ek maar 'n groot vissie in 'n kleiner dammetjie was nie.  Vir my ontwikkeling as mens het dit baie goed gedoen, maar in essensie het dit maar net korte duur gehad, want telkemale word jy maar teruggeruk na jou omstandighede.  EK HET GEVOEL ASOF DIT NIE DIE LEWE IS WAT VIR MY BEDOEL IS NIE.


Toe kom die groot besluit oor wat ek met my lewe gaan doen.  Ek was altyd gelowig, want dit was die regte ding om te doen.  Ek het kerk toe gegaan, maar meerendeels omdat my ouers in die kerk was.  Ek het my hart vir die Here gegee op 'n konferensie van Rhema, al was ons in die NG Kerk, en ja, ek het belydenis van geloof afgele.  'n Groot inspirasie in my lewe was my oom wat dominee in Nederland was, en alhoewel ek getoets was om eerder Regte te gaan swot, en alhoewel ek van altyd af wou Argitektuur doen, besluit ek om dominee te word.  Ek het gedink en geglo dat dit my roeping is.  Ek onthou die eerste dag op Tukkies toe ons gevra word rondom ons roeping, was dit vir my 'n moeilike antwoord om te gee.  Al wat ek aan kon dink is dat ek al die talente het om dominee te wees, maar daar was altyd iets van 'n gemis en 'n hunkering in my.


Op Universiteit het ek weereens aan vele organisasies behoort, Perdeby, Radio Tuks, Joolkomitee en Studenteraad.  Dit was heerlik, want dit het my 'n klomp ervarings gegee.  Weereens het ek nie gevoel asof dit die lewe is van wie ek werklik is en verdien om te wees nie.  Maar dit was net asof dinge net met my gebeur, die een ding het die ander geroep en kort voor lank was 7 jaar van my lewe in 'n oogwink verby.  Ek het genadiglik deur die proses gegaan en toe wel my studies as dominee voltooi,  MAAR EK HET GEVOEL ASOF DIT NIE DIE LEWE IS WAT VIR MY BEDOEL IS NIE.


In daardie tyd was poste maar skaars in die kerk, en ek het vir alles wat bewe aansoek gedoen.  Toe kry ek 'n pos in Pierre van Ryneveld NG gemeente in Pretoria.  Ek was baie bevoorregd, want bitter min jong ouens kry 'n pos in Pretoria.  Ek kan onthou hoe 'n groot skok dit op my sisteem was om skielik hierdie groot verantwoordelikheid te dra.  Ek kom nou net uit die Universiteit, ek is 'n joler en nou moet ek skielik en baie vinnig groot word.  Ek het vreemd gevoel, want skielik moet ek tussen gesinne en ou mense funksioneer.  Skielik voel dit weer asof dinge net MET my gebeur.  En na 'n paar jaar het ek ook gevoel DIT IS NIE DIE LEWE WAT VIR MY BEDOEL IS NIE.


In daardie tyd kom Liberty Life oor my lewe, en ek word genader om polisse te gaan verkoop.  Ek was verbaas oor hoe aangenaam dit vir my gevoel het, en dit was baie belonend vir my.  In my eerste maand het ek meer geld verdien as 'n hele jaar as dominee.  Hierdie eksterne faktor het my onder die illusie geplaas dat dit dalk is wat my lewe bedoel het om te wees.  Vir 'n hele paar jaar het ek myself uitgeleef en dit het baie goed met my gegaan, so goed dat ek verder gaan studeer het in die finansies, omdat ek gedink het dat dit is wat my lewe bedoel is om te wees.  Maar ek het steeds gevoel dat daar iets is wat ek mis, een dingetjie wat my keer om werklik gelukkig te wees, want nie die huis, of die motors het my geluk gebring nie.


In hierdie tyd en in hierdie omstandighede gaan ek toe ook deur 'n egskeiding.  Dit was die grootste skok en pyn van my lewe ooit.  En hier begin die grootste stryd in my lewe wat ek vandag nog nie werklik mee klaar is nie.  Die mat is heeltemal onder my voete uitgeruk, en ek verloor totaal en al enige trots in my.  Ek het gedink dat my lewe op daardie stadium uitgesorteer was, ek het vrede gemaak met 'n klomp dinge, maar blykbaar nie.  Ek het, soos die sielkundiges dit sal noem, my interne motivering verloor.  Ek dink selfs daar het ek ook my geloof begin verloor en ek was soos 'n pelgrim sonder 'n land.  Selfs nou kan ek nie in woorde omskakel wat werklik in my hart gebeur het nie. 


Met hierdie mistroostigheid in my hart, maak ek toe een van die slegste besluite in my lewe.  Ek maak groot besluite, om daardeur te probeer om die minderwaardigheid teen te werk.  Ek besluit om groot te gaan.  Moenie 'n fout maak nie, ek het steeds elke oomblik geglo dat ek dit kan doen.  In hierdie tyd ontmoet ek iemand en kort voor lank het ek nog 2 pragtige dogtertjies in my lewe by gekry, saam met my 2 fantastiese seuns.  Hoe pragtig hulle ook was, ek kon net nie die skakelaar van my lewe weer aanskakel nie.  Ek het gejaag en gejaag, maar toe loop sake skeef en ek verloor alles finansieel in my lewe.  Ek verloor ook die verhouding en staan weer op my eie.


So gebeur die dinge, en my selfvertroue is weer geknou.  Weereens sit ek op moedverloor se vlakte, en word verder verneder om weereens by my ma te gaan intrek.  Dankie aan my ma wat daar was vir my in daardie tyd.  Daar sit ek, terug waar alles begin het 20 jaar gelede, en ironies genoeg ry ek ook weer met my studentemotor wat ook tot die skaamte bygedra het.  Ek dink in daardie tyd baie oor my lewe, verhoudings en my toekoms.  Ek skryf steeds versekering, maar die mistroostigheid in myself vryf af op kliente, en selfs nog voor ek by iemand instap, dink ek al dat hulle nie met my gaan wil besigheid doen nie.  En elke NEE oor die foon en elke polis wat nie geskryf word nie, dra daagliks by tot 'n gevoel van waardeloosheid.


Die enigste opkikkering in my lewe is dat my kiinders elke oomblik lag wanneer hulle my sien en my regop hou.  Ek onthou hoe ek nie kon glo dat een van hulle my vra om 'n speech vir hulle te skryf, waar hy moes praat oor 'n Superhero, en gese dat ek sy superhero is.  Ek het in trane uitgebars en in 'n bondeltjie op die bed gaan le, want ek het nie so gevoel of gedink nie.  Vir my was ek en my hele bestaan nog altyd een groot gemors, met opkikkerings tussenin.  Ek het my frustrasies en my soeke in 'n blog gaan neerskryf in die hoop dat erens die lig finaal vir my sal opgaan en die skakelaar aangeskakel sal word.


Ek het orals gaan soek, in die Bybel wat ek nie op daardie stadium vertrou het nie, want ek het erens tog gedink en gevoel dat God die oorsaak van die ongeluk was.  Ek het gevoel dat ek nog altyd probeer het om vir mense die beste te gee, maar niks in ruil ontvang nie.  Ek het in die New Age en Oosterse godsdienste gaan soek na antwoorde.  Ek het gemanifesteer en alles gedoen om my vibrasies te verhoog, maar sonder sukses.  Mense om my kon egter nie glo dat ek regop gebly het nie, en ek self ook nie eintlik nie.  Mense kon nie glo as ek vir hulle vertel waardeur ek gegaan het, dat ek steeds altyd na die druppeltjie soek in die lee glas nie, en altyd positief bly glo het en geleef het nie. 


Vandag nog, en elke dag word daar op my neergekyk deur mense wat nooit sal verstaan nie.  Elke dag word ek verneder en sekere dinge toegesnou wat ek nie dink ek verdien nie.  Mense dink ek is sleg, en ek kan nie van hulle verwag om dit anders te sien nie, alhoewel ek ook nie dink dit is die lewe wat ek verdien nie.  Dit mag vir jou klink asof ek myself baie jammer kry, maar dit is nie waaroor hierdie stuk gaan, en nog minder as 'n uitroep tot vergiffenis en dat ander my moet jammer kry nie. 


Die stuk gaan oor die volgende, en dit is wat soos 'n goue draad deur my lewe loop en wat ek elke dag mis gekyk het.  So 'n paar maande gelede het daar weer 'n terugslag en 'n opbreek my getref, en ek het op die einde van die dag, deur God se genade, slegs een uitweg gehad.  Ek het een aand op my bed gele, en so gedink aan al die ervarings in my lewe.  Ek maak my Bybel oop en ek lees die gedeelte waar Paulus vir God vra om die doring uit sy vlees te haal, net soos wat ek hunker na die lewe wat ek dink ek verdien.  En God se antwoord was dat daar net een ding in die lewe is wat ons op aanspraak kan maak, en dit is God se genade.  Ek het besef dat ek, soos ek hier bo beskryf, op vele kere en plekke was waar ek gevoel het dat God dit moet wegneem en dat die bloed moet ophou vloei, maar God het nie.  God het wel vir my die laaste 6 weke iets wonderbaarliks laat gebeur, God het mense teruggebring in my lewe, en God het vir my ander mense gestuur waaroor ek ongelooflik dankbaar is.


Ek het begin om weer in volle vertroue in God te leef, in die wete dat my lewe in Sy hande is.  Van dat ek dit begin doen het, het 'n klomp dinge in my lewe in plek geval, maar die bose hou mos nie daarvan nie.  Die bose sal alles doen om jou te kry op 'n plek waar jy in 'n bondeltjie gaan le en jou hande in die lug gooi en oorgee.  Wat al hierdie ervarings my by uitgebring het is daarom 2 dinge, die eerste is dat dit nooit saak maak wat ander van jou dink nie, sien jouself hoe God jou sien, as Sy kind vir wie Hy die beste soek.  Tweedens, in daardie wete, vertrou op God vir alles elke dag, en leef in dankbaarheid vir die kleiinste dingetjie.  Ek moes leer om dankbaar te wees vir die R5 in my sak waarmee ek lugtyd kon koop om iemand te bel.  So, hierdie stuk is nie vandag gerig om 'n klaaglied te wees nie, dit is gerig as 'n geloofsbelydenis waarin ek vir God dankbaar is vir al die dinge wat wel met my gebeur het.


Waar ek in my lewe die hele tyd gevoel het dat DIT NIE DIE LEWE IS WAT EK DINK EK VERDIEN NIE, het my lewe oorgeskakel na 'n wete dat, te midde van wat gebeur, God 'n plan daarmee het.  Ek dank God vir alles wat ek het, en alhoewel ek baie kere op moedverloor se vlakte gesit het en nie geweet het of daar 'n uitkoms is nie, was dit nie die einde van die reis en hoofstuk nie.  Ek skryf hierdie in die middel van die nag, en alhoewel ek gekwel voel oor more, gee ek alles in God se hand, en wanneer ek opstaan uit die bed, sal ek my kop optel, opkyk, want dit is alles net genade!

Saturday, April 30, 2016

Reguit

Ek het al baie mense gehoor wat se dat hulle reguit is, want dan weet ander mense altyd waar hulle met jou staan.  As ons oor menseverhoudinge praat is dit dalk die rede hoekom soveel verhoudinge op die rotse eindig.  Kom ons wees eerlik, die hele wereld het geen twyfel gehad oor wat Adolf Hitler oor die wereld gedink het nie.  Hy was blatant eerlik en reguit oor sy sienswyse van die wereld, maar maak dit wat hy gedoen het enige sin?  Maak sy eerlikheid en opregtheid REG wat hy gedoen het?


In my 47 jaar op aarde het ek baie dinge geleer, en baie dinge verkeerd gedoen.  Ek observeer ander se optredes, en ek kan sien hoekom sekere dinge in mense se lewens werk en nie werk nie.  Een ding wat ek wel weet, is dat as iemand van jou af wegstap in 'n slegter toestand as wat jy hulle gekry het, jy geen bydrae tot hulle lewe gemaak het nie.  Gaan kyk bietjie na Jesus se voorbeeld toe Hy op die aarde was, want Hy het ons gewys hoe om te leef met mense om jou. 


Die Bybel gee ons 'n paar voorbeelde van hoe om te leef en te wees, waarvan eerlikheid natuurlik 'n belangrike faktor is.  Maar ek dink dat om totaal eerlik te wees met mense, soms JOU eie frustrasies is wat jy op ander uithaal, en dit het bitter min te doen met wat in hulle lewens gebeur.  Die spreekwoord lei mos ook dat mense wat in glas huise bly nie met klippe moet gooi nie.  Soms dink ek dat 'n mens eerder moet stil bly wanneer dit by ander kom, want die Bybel leer ons dat ons nie mag oordeel nie, want die oordeel wat jy ander mee oordeel word die oordeel wat ander en God jou mee gaan oordeel. 


In Jakobus word ons geleer om 'n wag voor ons mond te sit.  Elke mens moet sy aksies en woorde beheer en bestuur.   'n Vriend van my se altyd dat 'n mens ander mense die voordeel van die twyfel moet gee.  Jy leef nie in ander se skoene nie, so om jouself aan te stel om vir ander te vertel wat om te doen, het geen plek in die wereld nie.  As iemand jou vra vir jou opinie, natuurlik dan kan jy dit gee. 


In Mattheus 5 lees ons dat Jesus mense leer om vredemakers te wees, want dit is wat Hy van ons verwag.  Jou woorde en dade moet altyd gerig wees om mense in 'n beter plek te plaas as wat jy hulle gevind het.  Die lewe is hard, en verhoudings se doel moet wees om mense te red van 'n wereld waar alles en almal soms teen hulle is, en dit geld vir jou kinders, huweliksmaat en vriende.


In Spreuke leer die wysheid ons dat "'n Sagte woord keer die grimmigheid af", en mense vergeet dit baie vinnig.  Jy het nie altyd nodig om die harde woord te spreek of om reguit te wees nie.  Meeste van ons is grootmense wat kan kies wat ons se en doen.  So, as jy 'n volmaakte verhouding soek, kies jou woorde goed, stel mense eerste. 


Ons leef in 'n wereld waar mense gebreek is, stukkend is deur woorde.  Die wereld kan en sal net verander deur die sagte woord, deur compassion vir ander.  Elkeen is op sy eie reis, so verstaan en weet dat ander ook op hulle eie reis is.  En om terug te kom na die voorbeeld van Hitler, om te dink jy is reg is een ding, maar om te dink dat jy die enigste een is wat reg is, dit is waar die probleem inkom.

Monday, April 25, 2016

Volle vertroue

Ek het oor die laaste tyd openlik geskryf en gepraat oor my volkome vertroue op God. Dit is veral in hierdie tyd wat ek ongelooflike weetstand van mense ervaar, dalk hulle eie reis, of dalk die 'skadukant' van ons bestaan wat my probeer afbreek en my wil lawt twyfel. Maar my absolute vertroue staan vas oor n paar redes:

1. Ek soek dinge en situasies rondom my waarvoor ek dankbaar kan wees, en waarin ek God se hand sien. Elke oggend begin ek soek, en teen die aand het ek nog nie alles opgenoem waarin God my Seen nie. Hierdie houding help my om te bly verstaan dat God vir my goed is, of ek daarvoor gevra het of nie. Ek spreek dit ook openlik uit teenoor God en mense.

2. Mense kritiseer soms and wat so vertrou, en noem hulle dromers wat nie in die regte wereld leef nie. Dit kan nie verder van die waarheid wees nie, vertroue is n konstante inspanning en keuse. Ek dink aan die verhaal van Noag wat in vertroue die ark gebou en bly bou het, te midde van die gespot van die menigtes. Doen wat JY glo in verhouding met God, soos JY wil, dis jou vrye keuse. Ek kies volle vertroue en soeke na God.

3. Die grootste uitdaging vir vertroue is wat jy moet DOEN nadat jy iets gevra het. Dit is natuurlik n moeilike een, want aan die een kant hoef jy in vertroue niks te doen nie. Maar daar staan nerens dat jy nie mag nie. Spreuke 3:5 se egter dat as jy iets wil doen, God se leiding daarin moet vra, eerder as eie krag.

4. Die kringloop eindig en begin weer by die eerste punt, deur elke dag weer in dankbaarheid vir wat God reeds doen, en in volle vertroue dat alles wat jy begeer reeds volbring is in God se plan met jou lewe

Wednesday, April 13, 2016

Mengelkraan

Die kamertemperatuur van water is gewoonlik gelyk aan die omstandighede waarin die water voorkom.  Maar oor die algemeen is water maar aan die koue kant, en nie altyd lekker om in te bad nie.  Dit herinner my so aan elke dag se realiteit van die lewe wat ons leef.  Die wereld het sy uitdagings, sy bekommernisse, sy seer en natuurlik sy teleurstellings.


Vanoggend sit ek in die bad en sien die mengelkraan voor my, en besef dat ek die vrye wil het om die warm kraan ook oop te draai, ek hoef nie in die yskoue water van die draaiende seisoen te sit nie.  Ek kan my lewe balans gee deur positiewe denke.  Nou wat is die warm water wat die lewe draaglik maak?

·         In die eerste plek, besef dat jy beheer oor die mengelkraan het.  Te veel kere gee ons onsself toe aan wat voor ons is, en voel ons magteloos. 

·         Tweedens, besef dat die water gemeng word, en hou op van die lewe verwag om NET positief te wees.  Die lewe het sy uitdagings, maar jy kan reageer deur die warm kraan oop te draai. 

·         Derdens, verstaan dat die water nie altyd warm gaan bly nie, om positiewe warmte in die bad te kry verg om konstant warm water by te tap, want die omstandighede gaan die temperatuur van die water beinvloed. 

·         Vierdens, en dit is dalk die belangrikste is my geloof en vertroue in God wat by my staan en sonder onderbreking 'n stroom warm water in my bad laat invloei. 

·         En laastens, leef in dankbaarheid vir wat jy het, en nie in depressie oor wat nie is nie.  Dink mooi daaraan, daar is miljoene mense daar buite sonder lopende water, selfs koue water

.  Wanneer jy selfs jou koue water as 'n seen sien, dan eers kan jy werklik gelukkig wees.

Monday, April 11, 2016

My nuwe geloof

Ek onthou dat toe ek Teologie begin studeer het, dat een Professor vir ons vertel het dat ons 'n onderskeid moet maak tussen jou persoonlike geloof en dit wat jy op Universiteit gaan leer, en dat jy versigtig moet wees waaraan jy jou ore uitleen.  Oor die afgelope klompie jare het ek sekere blootstellings gehad wat eintlik my Christelike geloof en Persoonlike geloof skade aangedoen het.  Deesdae is dit "mode" om "alternatief" te wees, en word jy soms uitgekryt as 'n dweper omdat jy bliindelings glo in die Christelike geloof soos in die Bybel en van die kansel gepreek word.


Dit is half "cool" om alternatief te dink, en alhoewel ek deel van die "alternatiewe" bewegings in die kerk geword het, beinvloed baie van die "nuwe" denke jou kinderslike persoonlike geloof.  Ek het vir lank gedink dat ek ok sal wees en dat dit my goed sal doen om die alternatiewe te bestudeer.  Ek verstaan dat daar baie krake in die kerk se manier van prediking is en was, en ook dat daar sekere dinge in die Bybel is wat vir die moderne mens nie aanvaarbaar of logies sin maak nie.  Ek was nie versigtig genoeg om ook maar met deernis met die Bybel om te gaan nie, alhoewel ek onderle was in die ondersoek na die Bybel en te verstaan dat die Bybel nie 'n wetenskap handboek is van hoe die wereld ontstaan het nie.  Ek was veronderstel om te verstaan dat die Bybel soms in beeldspraak praat, net soos die nuwe skrywers boeke skryf in die vorm van stories om hulle boodskap deur te bring.


Dit word baie maklik om die "buzz-words" van die moderne spiritualiste aan te haal en te dink dat dit gaan werk.  Natuurlik is daar 'n "spirituele ontwikkeling" wat in mense plaasvind, en dit was van die begin af so dat mense na iets groter en beter in hulle lewens soek om aan vas te hou.  Skielik het mense nie meer gepraat van "sonde" nie, of oor "vergiffenis" nie, want ons dink dat dit nie meer bestaan nie.  Ons het begiin glo in ons eie vermoens as mense, met die idee dat ons ons eie toekoms kan visualiseer en self 'n wereld kan skep wat ons pas.  Ons het begin om selfs te dink dat ons ons eie God dus is wat probeer om dinge in ons lewens uit te sorteer. 


In my soeke het ek 'n paar dinge begin besef.  Die eerste daarvan is dat daar niks in ander godsdienste is wat nie in die Bybel en sy geskrifte opgestel is nie.  Alle lewensvaardighede wat jy nodig het en waarvan gepreek word is ook in die Bybel opgesluit.  Dit is natuurlik wonderlik om die boodskap van die lewe op nuwe maniere te behandel en vir mense in nuwe taal en beelde oor te dra.  Die Bybel is en sal altyd die bron van die lewe wees, en al is dit die enigste boek wat jy ooit in jou lewe lees, sal daar niks nuuts in die wereld gepubliseer word wat daardie lewensvaardighede verander nie. 

Die tweede belangrike ding is dat die verskuiwing van die fokus weg van God en na die individu baie gevaarlik kan wees.  Daar is natuurlik niks fout met persoonlike ontwikkeling nie, maar meeste moderne spiritualiste verwys na die inkeer in jouself en na jou eie menswees en om dit die fokus te maak.  So het ek ook in myself gekeer, maar telkens maar net besef dat dit 'n baie eensame proses is wat die lewe soms ondraaglik maak. 


Wat ek telkemale besef het in die soeke na geluk in myself, is eerder 'n verstaan van die dorings in my vlees.  Elke keer as ek dink ek het arriveer, het die doelpale geskuif, net soos my oumagrootjie gese het: "my kind, as jy jouself gemaak het, sou jy nooit klaargekry het nie".  Ek was oor en oor weer bewus van die doring in my vlees, en dat ek dit nie op my eie kan oplos of uittrek nie, maak nie saak wat ek probeer het nie. 


Hieruit het ek 'n volgende saak van bewus geword, want in die gebed van Paulus om God te vra om die doring uit sy vlees te haal, het God vir hom gese dat God se genade vir hom genoegsaam behoort te wees.  In baie van die "nuwe spiritualiteit" handel dit oor hoe om jou lewe self te verander en te genees.  Die fokus het totaal en al weggeskuif van God en baie keer om self jou drama en krisis in jou lewe te hanteer en op te los.  In jou krag en in jou vibrasie is jou antwoord, en soms het dit vir my gevoel asof ek vir myself lieg.  Ek moes altyd sterk en vibrant voorkom om te manifesteer wat ek soek in die lewe.  Dit is soms soos om van iemand te verwag om hulleself aan hulle skoenveters op te tel.  In die woorde van God aan Paulus leer ons dat dit nie altyd nodig is om sterk te wees om verandering in jou lewe te sien nie.  God herinner vir Paulus dat dit juis is wanneer JY swak is waar God se Genade en hulp na jou toe kom.  Dit verskil hemelsbreed van die "self-help" filosofie van die moderne mens.  So het ek ook vir lank gedink dat ek my eie lewe kan beheer en stuur en in die leuen van om sterk probeer wees, ook maar telkens gefaal. 


Ek verstaan dat daar sekere dinge in die kerk en in die Bybel is wat ons seergemaak het.  Maar, soms gooi ons die badwater saam met die baba uit.  Ek skryf met opset die woord kerk met 'n klein lettertjie, want natuurlik is dit nie volmaak nie.  Natuurlik is dit feilbaar, maar ek dink dat die kerk ook soms ons "genade" verdien.  Dit is maklik om krities te wees, maar ek dink die kerk bedoel ook maar net Sy/Haar bes.  Mense verwys graag deesdae na die kerk en kerkmense as konserwatief of fundamentalisties.  Maar soms is vrydenkende mense dalk meer fundamentalisties as wat hulle dink.  Daar is baie mense in die kerk wat se geloof nie wankel omdat Jona nie werklik in die vis was nie, en wat die diepere boodskap van die verhaal verstaan.  Daar is mense vir wie die feit dat Jesus moontlik nie 'n maagdelike geboorte gehad het nie, juis hulle geloof versterk in die feit om te weet dat ons in ons menslikheid God se werk kan doen.  Daar is mense wat in die kerk en deur die Bybel daagliks groei omdat hulle juis NIE fundamentalisties is nie, en dalk nie omgee of 'n Gay persoon saam met hulle in die kerk aanbid nie.  Daar is mense wat steeds in God en die boodskap van die Bybel glo en dit "modern" in hulle lewens kan toepas.  Daar is mense wat in hulle eie feilbaarheid glo en besef dat net omdat hulle nie perfek is nie, hulle ook nie van ander verwag om perfek te wees nie, maar dit beteken nie dat hulle nie gaan probeer om goed te doen in die wereld nie.  Indien Priesters klein seuntjies molesteer, beteken dit nie dat almal wat in die amp van Priesters in die kerk dit is nie. 


God het nog altyd, deur al die verhale in die Bybel met en deur mense Sy doel in die wereld bereik.  Kyk na al die groot figure, Moses, Dawid, Paulus en selfs Jesus.  Selfs Jesus het in die tuin vir God gevra om die beker by Hom te laat verbygaan.  Almal het sekere oomblikke in hulle lewens twyfel en mense sien dalk nie altyd kans vir wat voor hulle is en wat hulle moet deurgaan nie.  Dit is menslikheid en hoe die wereld werk, en wanneer jy dink dat om gelowig te wees "perfeksie" is, dan gaan jy lank soek en baie teleurstellings deurgaan.  God se dan vir Paulus in die gesprek dat God se genade en liefde en werking nie afhang van ons perfeksie en dat ons sonder dorings in ons lewens gaan wees nie.  Dit is wat die Christendom as geloof vir my die enigste opsie is om in te glo, want daar is een woordjie en dit is "genade" wat jy bitter min in ander gelowe vind. 


Daar is natuurlik 'n beweging in die rigting van om nie te oordeel nie en in harmonie met ander te leef, maar jy kan net met mense in harmonie leef wanneer jy "genade" verstaan, wanneer jy weet dat jy selfs in jou "swakheid" kan en mag bestaan.  Of die kerk nou besluit het om net 66 boeke in die Bybel te plaas, vat niks weg van die boodskap wat deur daardie 66 boeke oorgedra word nie, al dink jy dat dit nie die regte besluit was nie.


Die wonder van die genade is dat dit ook nie werklik saakmaak wat jy dink of doen nie, God gebruik jou steeds en bly steeds net so lief vir jou.  God se genade word nie uitgedeel op verdienste nie, en dit maak die boodskap aantreklik.  Maar Paulus leer ook dat dit nie moet beteken dat jy meer sonde moet doen om die genade te laat toeneem nie, en dit beteken dat alhoewel die genade nie deur die verdienste kom nie, dit nie beteken dat ons nie beter hoef nie.  Wat genade ook beteken is dat dit ook nie saakmaak wat en hoe jy oor God dink nie, God bly steeds lief vir jou.  Of jy nou in die kerk opstaan en in die geloofsbelydenis die gedeelte uitlos van "gebore is uit die maagd Maria", dit nie wegvat dat jy steeds Jesus kan aanbid met jou hele hart as die verlosser nie. 


Persoonlik het ek my eie manier om oor die hele Chrsitelike geloof en God te dink, want elkeen het sy eie persoonlike geloof wat gevorm word op sy/haar eie manier.  Hierdie afgelope paar weke het ek hierdie God wat ek aanbid op 'n ongelooflike praktiese manier aan die werk gesien.  Elke dag dit wat ek gevra het my mee geseen, alhoewel ek gevoel het asof ek dit nie verdien nie.  So het God my herinner dat daardie Seen nie kom of ek dit verdien of nie, oor wat ek dink of nie dink nie, maar eerder in die belydenis van my hart om te verstaan dat ek NET in afhanklikheid en nabyheid aan God kan leef.  God dra my steeds elke dag, te midde van my tekortkominge en te midde van my denke, maar in my erkenning dat ek nie sonder God en sonder God se genade kan leef nie, maak vir my die verskil  in my daaglikse lewe.


Daar is niks verkeerd daarmee om te dink en te doen soos jy goed dink nie, want natuurlik het God ook 'n doel daarmee, maar soms moet ons versigtig wees aan wie ons ons ore uitleen, want nie alles in die lewe is goed vir jou nie.  Vir my was en is dit fantasties om allerhande "alternatiewe" denke en idees te deel met almal om my te deel. 


Ek het een ding besef en dit is dat ek die Bybel gelees het, maar nooit eintlik gelees het nie, want nou kan ek groei in my geloof deur dat ek alles met nuwe insigte kan glo, in die wete dat God met my 'n pad gestap het, en dat ek dit nodig gehad het.  Vandag is ek op 'n plek waar ek wel alles kan lees, maar waar ek my persoonlike en kinderlike geloof herontdek het, en daaroor is ek ongelooflik dankbaar.

Wednesday, February 17, 2016

Wiskunde brein

Ons word daagliks gebombardeer deur keuses wat ons moet maak.  En ons is so aanmekaar gesit om antwoorde en oplossings vir alles te soek.  Ek het in 'n huis grootgeword waar my ma 'n wiskunde onderwyser was.  Ek het baie in my lewe geskop teen die manier hoe sy na die lewe kyk en die lewe en sy probleme analiseer, want ek het vir lank gedink ek dink weet beter.


Jy sien, in wiskunde is daar sekere dinge wat reg oor mekaar staan.  Maal end eel byvoorbeeld en dan kry jy nog optel en aftrek wat aan mekaar verbind is.  Indien ek 7 met 3 maal dan is die antwoord waarop ek uitkom 21.  Nou ons almal weet dit is korrek, want ons het op skool geleer om ons antwoorde te toets, en sodoende 21 te deel met 7 om weer by 3 uit te kom.

Soms maak ons die lewe gekompliseerd om antwoorde te soek.  Eerstens het ons baie ondervinding van die pyn van my keuses en soms agtergekom dat my antwoorde verkeerd was.  Soms kyk jy so na jou lewe en sien dat soveel van jou antwoorde verkeerd was.  Dit is asof daar net met rooi pen orals op die papier gekrap is, dat jy amper nie eers jou werk kan sien nie.  Dan gee mense op om te probeer verstaan waarmee hulle lewens besig is.


My lewe het ook rooi verkeerde merkies op, ek is die laaste mens wat volmaak is, maar my ma het my deur haar wiskunde brein geleer, maar ek het dit nie altyd toegepas nie.  Ek het altyd met haar gespot dat sy teruggaan na Adam en Eva in haar hulp, maar sy het 'n grondslag gele wat ek nooit geweet het in my lewe soveel gaan beteken nie.  Die waarde daarvan om jou antwoorde te toets.  Die wereld is vol dinge wat gebeur elke dag met ons, werk, verhoudinge, kinders, ouers, vriende ens.  En ons het elkeen 'n persoonlikheid met ervarings en geskiedenis van wat met ons gebeur het.  En ons het elkeen patrone van optrede wat ons herhaal en idees wat in ons koppe vassit.


Die vraag is dan nou, hoekom dinge nie vir ons uitwerk nie?  Hoekom voel dit dat alles soms net verkeerd loop en dat my lewe nooit gaan omdraai nie.  En die antwoord op al hierdie dinge is om soos 'n wiskundige te dink en jou antwoorde, persepsies, optrede en patrone te toets. 

In wiskunde is daar 2 redes hoekom ons nie by die antwoorde uitkom nie, die eerste is die stappe wat ek gevolg het was verkeerd, of my berekening was verkeerd.  Die stappe is amper die belangrikste, want jy kan amper al die antwoorde verkeerd bereken, maar die regte stappe gevolg het en tog genoeg punt insamel om die toets deur te kom.  Dit is wat my ma my geleer het, en ek nou op hierdie ouderdom eers besef. 


Daar is 'n sistematiese manier om dinge te doen in wiskunde, en jou eerste toets van jou som gaan nie oor die antwoord nie, maar in die manier of die rede van hoekom jy sekere stappe geneem het.  Soms begin jy die berekening totaal verkeerd of hoor jy die vraag verkeerd en neem jy stappe op 'n sekere manier.  Ander kere is jy so gierig om by die antwoord uit te kom dat jy nie die stappe neem wat jy moet nie.  Ander kere is ons arrogant om te dink dat ons spesiaal is, en daardie stappe is nie vir ons nie.  Soms is jy net jy, en jy dink dat jou manier anders is, beter is en reg is.  Hoekom is jou antwoord dan verkeerd?  En in wiskunde, net soos in die lewe moet 'n mens baie versigtig wees om nie arrogant te wees nie.  My kinders kom almal by die huis na wiskunde toetse en se dit het fantasties gegaan, en wanneer die punte kom dan is dit soms nie so fantasties nie. 


Die tweede toets, saam met die stappe is om jou berekening te toets.  Soos in die voorbeeld hier bo, 7 maal 3 is 21.  Ok, dit lyk na die regte antwoord, maar toets dit deur dit om te draai en die 21 met 3 te deel.  Soms in die lewe is ons SO seker van ons saak en ons antwoord, en om dan net vir 'n oomblik agteroor te sit en rustig die ander opsie ook te oorweeg kan 'n mens baie rooi lyne deur jou lewe spaar. 


Soms werk die lewe nie vir ons uit nie en voel ons die antwoorde is verkeerd, en die rol van die rooi pen op 'n vraestel is sodat jy moet gaan kyk wat die werklike oorsaak is en daaraan gaan werk sodat jy nie weer dieselfde foute maak nie.  As my ma so met die kinders sit na hulle 'n vraestel teruggekry het, dan se hulle "O Ja, nou sien ek, ek het gedink".  Hulle hou niks daarvan om so deur 'n vraestel wat verby is te werk nie, want hulle ouma begin dan oor en oor die foute vir hulle verduidelik en uit te wys.


Ons as mense hou ook nie daaarvan nie, want ons wil nie graag verkeerd wees en op ons foute gewys word nie.  En ons wil met die juffrou en almal om ons stry dat die antwoord 22 is, maar ons is nie bereid genoeg om op te staan en te erken dat my antwoord dalk verkeerd was nie.  Maar dit is belangrik om sekere dinge in jouself en van jouself te erken, sodat jy kan probeer om nie in die groewe van jou denke vas te bly en aanhoudend dieselfde verkeerde antwoord by uit te kom nie.  Sommige mense doen dieselfde ding oor en oor, en die antwoorde bly teen hulle tel.  Gaan terug na die stappe toe wat jou daar gebring het en gaan daag jou berekeninge uit.  



Tuesday, February 9, 2016

Sagmoedigheid

Oor die laaste paar weke het ek baie geskryf oor van die dinge wat ek in my binneste deurgaan en besluite wat ek moet neem.  Skielik word dit vir my duidelik, uit al die kommentaar (meer as ooit tevore) hoeveel mense met hierdie dinge in hulle lewens woel.  Gister lewer een persoon, en ek sal nie sy naam noem nie, dat mens moet ophou om pateties te wees.


Ek dink vanoggend daaraan, dat dit dalk die wereld se ondergang is, want ons dink dat om saggeaard te wees, sagmoedig van gees te wees en die wereld te baklei, die antwoord is.  Ons maak ons kinders groot om sterk en vol moed te wees vir 'n lewe vorentoe, want ons weet dat die wereld hard is.  Die wereld is hard, omdat almal van ons ons sagmoedigheid verloor het.


En ek het baie gedink oor die persoon se kommentaar, want dit het so half en half vir my gevoel asof daar gesinspeel word dat ek pateties is in my aksies en in wat ek skryf.  Net omdat mens worstel met dinge en veg vir wat jy dink die regte ding is en soms simpel dinge dink en doen, beteken nie jy is pateties nie, dit beteken slegs dat dit deel van jou proses is.  En soos wat ek daaraan dink, lees ek Mattheus 5:5 waar Jesus vir die mense se:  "Gelukkig is die saggeaardes,  want hulle sal die aarde beĆ«rf.  En skielik skok dit my en besef ek dat dit wat ons as swakheid sien, dalk gladnie so pateties is soos ons dink nie. 


As jy as 'n seun in die Afrikaner gemeenskap grootgeword het, kan jy onthou hoeveel keer daar gese is: "man, 'n seun huil nie".  Dit is asof ons hierdie vers van Mattheus gladnie verstaan nie, want dit is juis die wat sagmoedig is, seer het, deur hulle seer werk wat die magtigste op aarde is.  Dit is die onsekeres en hulle wat wonder wat die wereld gaan beheers, en nie die macho brekers nie.  Gaan lees gerus weer die hele bergprediking en gaan kyk hoe Jesus die mense leer oor vrede maak, sag wees en deernis met ander.


Onthou, die mense van Jesus se tyd het geglo in die Messias, hulle het geglo dat dit iemand gaan wees wat met geweld en oorlog hulle gaan bevry van die Romeinse heersers.  En hier kom Jesus, en Jesus se vir hulle om te vergewe, sag te leef, wat tien teen een in hulle gedagtes 'n prentjie skets van om pateties te wees.  En hier se hy vir hulle en leer hulle dat dit die mens is wat vrede soek en harmonie en wat kan huil, dat hulle die oorwinnaars is.  Dit klink na so 'n vreemde gedagte, veral in 'n wereld waar dinge anders werk, maar dit is juis hoekom Jesus dit vir hulle kom leer, vir 'n wereld wat stukkend en verwoestend met mekaar werk.


Almal van ons het seer in ons, almal van ons voel soms daardie patetiese gevoel in ons van wat ons aan ander gedoen het en hulle aan ons.  Die wereld is stukkend van binne, en dit is verstaanbaar, want ons vergeet die sagmoedigheid in ons.  Elke mens het 'n siel, elke mens het 'n binneste wat sonder beskerming moet leef.  Veral wanneer jy kinders het, wil jy nie graag sien dat hulle in 'n harde wereld geboelie of verniel moet word nie, maar in ons harte is elkeen van ons ook maar net so kinderlik, klein en blootgestel.


Daar is 'n paar dinge wat ek dink wat ons kan leer uit hierdie stuk uit die Bybel vanoggend, waarvan die belangrikste is dat jy maar mag sagmoedig en "pateties" na die wereld toe kan kom, dit is OK, inteendeel, dit is nie net OK nie, dit vat meer moed as om 'n wapen op te tel.


Die eerste is, leer om mekaar te vergewe.  Onthou wat Jesus se woorde aan die kruis was: "vergewe hulle Vader, want hulle weet nie wat hulle doen nie".  Ons moet onsself eers vergewe, want in sekere situasies het ons nie beter geweet nie, vergewe jouself vir die onreg wat jy ander aangedoen het, en natuurlik moet jy alles in jou gee om dit te herstel en die skade te vergoed, want dit is wat van ons gevra word.  Saam met dit, vergewe ook ander op dieselfde manier vir wat jy voel hulle aan jou gedoen het.  Dit het niks te doen met om pateties te wees nie, dit is juis in dit waar jou en jou God se krag le, in vergiffenis. 


Die tweede belangrike ding is, wees sagmoedig met jouself en met die mense om jou.  Gelukkig leef ons nie meer in 'n wereld waar mense van ons verwag om hard en macho te wees nie.  Jy mag die sagtheid in jou omhels en het geensins nodig om jou "vulnerability" bloot te stel nie.  Seuns en mans mag huil, dit maak hulle nie swak nie, inteendeel, Jesus se dit maak hulle meer as oorwinnaars.  Voel jou pyn, voel jou hartseer tot op die been, want in dit kan jy jou lewe verander en oorwinnaar in jouself wees.  Natuurlik gaan die wereld dit as pateties sien, maar dit is hulle probleem, Jesus het dit vir ons anders kom leer.  As iemand se jy is pateties as gevolg daarvan, haal vir hulle Mattheus 5:5 aan, en dalk is dit juis uit hierdie situasie wat jy hulle lewens ook gaan verander.


Ek onthou die huldeblyke aan Jonah Lomu toe hy verlede jaar oorlede is en hoe almal vertel het hoe sag hy was, iets wat jy nooit van hom sou gedink het nie.  Op die rugbyveld was hy hard en onverskrokke in dit wat hy nagestreef het.  Want om saggeaard te wees, en dit is dalk waar die verandering in die definisie moet kom, beteken nie dat jy in sake n as gaan sit en nooit moet veg en opstaan waarna jy streef nie.  Dit is beslis nie wat daarmee bedoel word nie, Jesus het ook opgestaan en sy doel in die lewe vervul, maar op 'n ander manier.  Dit is beslis so da tons wereld vandag 'n voorbeeld daarvan is dat die manier wat ons dit probeer het nie gewerk het nie. 


Die Bybel leer ons in Romeine: "moenie aan hierdie sondige wereld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe".  Die wereld en omstandighede het met ons gebeur en het ons hard gemaak om onsself te beskerm.  Dit is 'n natuurlike manier, maar stel jouself bloot aan God en aan Sy vernuwende krag wat jou lewe drasties en indringend kan en sal verander.  God se genade en God se liefde is groter as enige probleem wat jy vandag in die oog moet staar.


En die belangrikste daarvan is dat jy nooit God se genade en sagmoedigheid kan of moet vergeet nie.  God soek net die beste vir jou, en al is jou omstandighede wat ookal, God se liefde en sagtheid sal jou oplossing gee en bring.  Soms moet jy uit die pad staan en jou oorgee aan God, Sy genesing en Sy pad en plan vir jou lewe.