Discovery het so ‘n oulike slagspreuk wat se: “They didn’t just change one thing, they completely
changed everything”.
Dit is amper presies hoe ons almal op hierdie stadium voel,
dit voel vir baie van ons asof ons totale wereld verander het, bitter min van
wat ons in glo, glo ons steeds in. Die
mat is totaal onder ons voete uitgeruk, en dit maak ons bevrees. Een van die grootste dinge wat ons geleer het
uit die ervaring, is ons eenheid met ander, ons voel half beter omdat ons saam
in hierdie ding is. Mure is afgebreek,
skielik is ons grense stippelyne wat stadig maar seker die gevoel van eenheid
aanwakker.
Ons leef wel in ‘n post-modernistiese tyd waar die individu
‘n baie groot rol speel, of wel, gespeel het.
Hierdie idee het ons gebreinspoel om te dink dat elkeen van ons ‘n
eiland is, en dat, nog meer belangrik die idee van John F. Kennedy van “don’t
ask what your country can do for you, but what you can do for your country”
totaal omgekeer is. Ons het in ‘n
selfsugtige spul ontwikkel, ons het elkeen begin dink dat ons belangriker en
beter as ander is. Ons het ‘n gevoel
ontwikkel dat, en dit is hoekom ons so maklik offended voel, die wereld so ‘n
klein bietjie om MY, die eie ek en my idees moet wentel. Die wereld en almal om my wat deel daarvan
is, moet alles stop en my dien. Selfsug
en uitbuitery het die middelpunt van ons individuele bestaan geword, dat mense
so effens detached van mekaar begin leef het.
En ja, ons is almal skuldig daaraan, elke liewe persoon wat net van ons
verskil word uitgesluit of hof toe gesleep.
Ons het so selfgesentreerd geword, en eerder ons individuele 1 gekies,
bo die eenheid van en met alles.
Hierdie aksie van ons is verwyderd van die idee van die
Nobel pryswenner, Erwin Shrodinger wat gese het “quantum physics is compatible with the notion that there is indeed a
basic oneness of the universe”. Om
dit effens beter uit te druk, het Kate Diebels en Mark Leary in ‘n studie
bevind dat slegs 20.3% van die mense wat hulle bestudeer het, gedink dat alles
in die wereld op so ‘n manier een is en dat hulle dus deel in die een sisteem
van alles in die universum. Dit kom
ooreen met die aanhaling van Albert Einstein van “We experience ourselves, our thoughts and feelings as something
separate from the rest. A kind of
optical delusion of conciousness.”
En dit het my by die vraag uitgebring of dit nie dalk ‘n groot oorsaak
is vir ons ongemak met die situasie waarin ons onsself bevind nie?
Die Dalai Lama se “In our quest for happiness and the
avoidance of suffering, we are all fundamentally the same, and therefore
equal. Despite the characteristics that
differentiate us – race, language, religion, gender, wealth and many others –
we are all equal in terms of our basic humanity”. In ons ongelooflike moderne wereld van
denke, vind ons steeds in onsself ‘n probleem met so ‘n eenheid. Ons is gebreinspoel om eerder ons verskille
raak te sien, eerder as die dinge wat ons verbind met ander dinge. Ons samelewings het ons dit geleer, want
erens het ons in onsself begin dink dat dit OF moet wees soos JFK gese het, dat
ons slawe moet wees van die eenheid wat om ons bestaan, OF ons die wat deel van
die eenheid om ons is moet MY deel. Dit
is asof ons kies, OF die een OF die ander.
Wat ons vergeet is, en dit is hoekom ek dink die wereld is
so ‘n totale warboel op alle vlakke verval het, want ons besef nie hoe alles
mekaar nodig het nie. Toe ek nou die dag
vir my dogtertjie Mia in haar Natuurwetenskap help met die voedselketting,
verwys ek na die liedjie uit Lion King “the circle of life”. Wie is belangriker, die miskruier of die leeu
of die bok of die gras? Niemand nie, vir
die ketting om die volmaakte sirkel te vorm is die antwoord nie in die OF nie,
maar in die EN. Wie belangrik is, is die
miskruier en die leeu en die bok en die gras en die wurmpies wat die tjorts
verwerk na kompos en so ook die bakterie en so kan ons aangaan. Daar is een sirkel, en as een van dit wat
deel van daardie eenheid is nie saamspeel nie, of verdwyn of selfsugtig nie
deel in die sirkel wil wees nie, beinvloed dit alles en almal in en wat deel
van die sirkel is of wil wees.
En die ander vraag, het die gras of die bok of die leeu of
die miskruier ‘n keuse van of hulle wil deel wees? Nee, hulle het nie werklik nie. Die oomblik wat een van daardie speke in die
wiel nie meer daar is nie, dan sterf die hele sirkel, logies. Is dit nie hoe ons voel as ons vasgeketting
voel in ons huise en op die nuuskanale sien hoe massas mense op ander plekke in
die strate rondhang nie. Ek dink op
dieselfde manier, as ek en jy nie besef die rol wat ons in die eenheid van
alles speel en moet speel nie, dan sterf daardie sirkel ook. Ons, belangrikheid, en ek dink die engelse
woord “significance” beskryf dit beter, kan nie een van ek of jy onderskat
nie. Elkeen van ons is belangrik om die
sirkel van die lewe te voed, hoe skeef of hoe krom ookal.
Maar ons moet ook in die EN leef, en besef dat geen mens,
nie een van ons, insignificant is en nie ‘n rol te speel het in hierdie sirkel
nie. Ons gaan seker nooit 100% seker
wees oor die oorsaak van die Covid-19 nie, maar kom ons gebruik een van die
scenario’s as ‘n voorbeeld. Dit was 1
vlermuis, een omie, in een mark, by een stalletjie, op een tafel, in een bord,
in een woonstel, in een gebou, op een straat, op een blok, in een woonbuurte,
in een stad, in een provinsie, in een land, op een kontinent, wat een persoon
aangesteek het, wat een vlug gehaal het, weer in een kuierplek een mens
aangesteek het, wat op die einde ons hier gebring het. Dit begin by een, maar die een is nooit ‘n OF
en op sy eie eiland nie, die een is gekoppel aan die bevolking van die hele
wereld, en bedreig die bevolking van die hele wereld. Is dit nie skokkend wanneer ons so daarna kyk
nie? Jou aksies IS belangrik, jy is nie
‘n eiland nie.
Ons significance as individue in hierdie lewe, gaan en mag
nooit gevoed word deur die idee dat jy afgesluit is van die sirkel van hierdie
bestaan nie. Jou belangrikheid kan nie
ten koste van die sirkel belangriker geag word nie. Jou belangrikheid kom juis om jou deel te
doen, na die beste van jou vermoe, omdat jy weet dat die sirkel jou ook
voed. Dit is die wisselwerking van doen,
gee, ontvang en bydra wat die sirkel maak werk, en dit is wat ons dalk in
hierdie tyd vergeet het. Dink net
hoeveel eeue se onderhandelinge gaan ons sien as die leeu, rooibok, gras, miskruier
in ‘n redenasie verval oor wie die belangrikste is? Of die gras, rooibok en die miskruier die
leeu hof toe moet sleep omdat hulle in die wildtuin sien dat al die toeriste
leeus kom soek, en daar meer foto’s van leeus geneem word as van die lower gras
of die miskruier.
Net so absurd soos dit hier klink, in alle eerlikheid, is
presies waarmee die mens daagliks hom en haarself mee opsaal. Ons het so besig geraak om ons eie
belangrikheid of onbelangrikheid te meet, dat ons sirkel uitmekaar val. Ons kyk na die nat-basaars in China met ‘n
snaakse oog, want kyk net wat gebeur as iemand so ‘n bietjie ietsie anders eet
as wat ons dink die norm gaan en moet wees?
Wat dink jy sal gebeur in die Kruger Wildtuin indien al die leeus
skielik miskruiers begin eet? Hoe snaaks
dit ookal vir jou klink, kom ons vra onsself bietjie die vraag, nie oor
vlermuise eet nie, maar oor hoe ons ingesteldheid en idees in die wereld net so
absurd geraak het dat ons wel die sirkel gebreek het, en dat ons tog moet geruk
word na ‘n punt waar ons tot daardie besef kom?
Hier in Suid-Afrika in die lockdown het ons vanaand gehoor
dat ons rokers skielik nie mag sigarette koop in Fase 4 verslapping nie. Ek is ook ‘n roker, en ek word daardeur
beinvloed. Skielik is ons almal op
Facebook besig om die petisie te teken om ons toe te laat. Die belangrikste deel daarvan is dat ons eie
sirkel gebreek voel, in my voorbeeld, deur die leeus wat nou skielik die miskruiers
eet en ons persoonlike appelkar omgooi.
Toe die President ‘n week gelede aangekondig het dat ons weer sigarette
mag koop, het almal gejuig (selfs die nie-rokers), want ons het gevoel dat die ons sirkel so effens
nader aan die normaal gaan wees. Die
groot vraag wat jy in hierdie emosionele geval oor die sigarette moet vra is,
in welke mate in my alledaagse normale lewe ontneem ek nie die groter sirkel
van die wereld daarbuite hulle reg om ‘n volmaakte sirkel te vorm nie? En dit is waarmee ek ongelooflik in my eie
gebroke lewe worstel is, hoe ontneem ek ook nie van ander nie, oor die feit dat
my lewe dalk so rondom my eie idees en selfsug wentel, en dit die rede is vir
my hartseer en pyn nie?
In die aanhaling hier bo van die Dalai Lama, ek dink ook
persoonlik dat pyn en suffering en vrees deel van die lewe is, niemand kan dit ontsnap
nie. Ek dink ons selfsug gaan eintlik
oor die feit dat ons dink dat as ek myself kan onderskei as die belangrikste in
my sirkel, dat ek van pyn en lyding kan ontsnap. En so maak Covid-19 vinnig korte mette met
daardie idee, want eintlik is die
teenoorgestelde waar. Natuurlik voel ons
die bokkie se vrees as die trop leeus op hom afgehardloop kom en ons wens ons
kan hom red, maar dit is die speek wat hy moet wees. Ons is hartseer as ons die groot maanhaar
leeu sien op sy laaste oomblikke wanneer hy sy grandieur neerle en sy laaste
asem uitblaas. Dit is normaal, maar wat
ons moet besef, en wat die hele natuur besef is eintlik dat sonder die vrees en
sonder die dood, daar nie ‘n bestaan is om voor te lewe nie.
Natuurlik kan die bokkie voel asof hy of sy altyd die victim
is en die leeu die oorwinnaar, maar is dit werklik waar? Indien ons die wereld anders begin sien,
bewus word van ons eenheid met onsself en ons doelwit, bokkie of leeu, en ons
eenheid en verantwoordelikheid aan die groter geheel, dan alleen kan die wereld
“volmaak” wees. Indien dit ons uitkyk
is, dink jy nie jy gaan anders kyk na jouself en die mense om jou nie? Dan gaan jy nie die een met die groot huis
sien as belangriker of die ou wat bedel op die straathoek as ‘n nikswerd
nie. Die een vang dalk al die shine en
verskyn op die voorblad van die kaart vir die wildtuin, en die miskruier word
nooit afgeneem nie, en terwyl ons hierdie hier lees vrees al die bokkies in die
wildtuin vir hulle lewens.
Een van die mees aangrypende dele in die Bybel vir my is die
woorde van Jesus “As dit U wil is, laat hierdie beker by My verbygaan”. Dit het eers laat in my lewe by my posgevat
dat Jesus, net soos ek en jy ook mens was, net so bang was vir die dood, net so
nie vernedering wou deurgaan nie, net so misverstaan is soos ek en jy voel en
dalk ook mismoedig geword het omdat wat Hy werklik by mense wou tuisbring nie
gehoor is nie. En met hierdie gevoelens
in Hom ook bid om wonderbaarlik uit die sirkel en uit Sy rol in die geskiedenis
geruk te word, net om ook weer te verstaan dat dit Sy rol is en Hy deur dit
moet gaan, soos ‘n lammetjie na ‘n slagpale toe. Hoe anders sou die wereld gewees het as Hy
nie deel van die sirkel van God se plan, Sy rol gespeel het nie? En as Jesus in Sy Goddelikheid Homself deel
maak van ons sirkel, wie is ek en jy dan om dit nie ook te wil doen nie?
Jesus kon die hele proses gestop het, en vir almal van ‘n
hoogte af veroordeel het? Jesus kon
seker vir almal vertel het dat Hy op water kan loop en aangedring het dat hulle
voor Sy voete neerval? Maar, Jesus doen
dit nie, Hy was ander se voete, Hy maak hulle wat deur die gemeenskap uit die
sirkel gegooi word, deel en gee hulle ‘n regmatige plek. Jesus se voorbeeld is eintlik vir my en jou
in hierdie tyd, dat jy belangrik is, al is jy wie of wat of al het jy wat of
niks EN dat jy een en deel van die sirkel is.
En op die ou einde, in Sy eie nederige speel van Sy rol, is Hy verhef
oor wie Hy was EN in die rol wat Hy bereid was om te speel.
So, deur Homself te wees EN ook deel van die groter
prentjie, kan ons wel van Hom se, en hopelik kan jy dieselfde van jouself se
“He didnt just change one thing, He
completely changed everything!”
No comments:
Post a Comment