Oor die afgelope paar weke en maande wat hierdie Covid-19
ding ons beetgepak het, was daar ‘n eb en vloei van idees. Allerhande teoriee het na vore gekom, nie net
oor die virus as sulks nie, maar oor die wereld soos ons dit sien en ook in
besonder dit wat in ons en rondom ons binnekring gebeur.
Die slim mense het ons baie dinge vertel van hoe ons hierdie
tyd moet gebruik om onsself en eie menswees te bestudeer. Dit is sulke pragtige storietjies, want soos
baie dinge in ons lewens is dit slegs spookasem en nie werklik substansie van
enige aard nie. Vir hoevaal jaar loop ek
en jy rond met baie idees, drome, liefde en allerhande emosies wat ons NIKS aan
gedoen het nie. Ons het baie dinge
“geweet” en geantisipeer rondom ons toekoms en ons destiny, maar absoluut nooit
iets daaraan gedoen nie. Iemand het net
so voor die inperking iets ouliks kwytgeraak “OK, so now you are complaining
about the lockdown for 21 days, but just think back over the 21 days before
lockdown, what did you practically do to live your life in the direction you
now suddenly crave?”
Dit is so waar, want dit klink nou skielik in die tyd asof
jy “gedwing” word om te verander, aan te pas en dinge te aanvaar, maar het jy,
of gaan jy? Natuurlik is die tyd goed,
want die alarm in ons almal se koppe afgegaan, maar daar gaan 2 groepe mense
uit die situasie kom. Die een groep gaan
net die “snooze” knoppie druk, en nie net een keer nie, maar oor en oor en
oor. Wat help dit om ‘n alarm te stel
vir 6:00 terwyl jy weet jy nie dan gaan opstaan en klaarmaak nie? Jy kan oulike stories spin van dat jou
liggaam stelselmatig tot verhaal kom, maar ons weet dit is eintlik maar net ‘n
verskoning. Oor die laaste paar weke van
die lockdown het ons die luuksheid gehad om toegelaat te word om die snooze
knoppie te druk.
Ons het oulike grappies gemaak, gespot oor die pynappel bier
en oor ons verhoudings. Op Facebook het
ons lekker conspiracies gelees oor die virus, van Aliens tot Bill Gates, van
die Eindtyd voorstanders tot oom Siener van Rensburg, van Trump tot by die New
World order. Ons het gesien hoe mense in
ons land swaarkry en ons het allerhande kommentaar daarop geplaas. Jou inbox was vol met allerhande video’s van
mense oor ons land wat hulle totaal en al gladnie steur aan die Lockdown
nie. Ons is tussen emosies gewees, van
onsekerheid, tot woede, tot haat, tot aanvaarding, tot positiwiteit, tot
depressie, tot oor eet, tot dieet volg, tot skielik gewig aansit, of
oefenplanne maak of eier challenges tot preke vir mekaar afsteek. En een wat ons dalk so onder die wolkombers
wegsteek is die absolute vrees wat ons het oor die toekoms. Nie een van ons het daardie totale gevoel van
ekstase in ons nie. Ons maak popcorn
voor die President sy speech maak, maar eintlik probeer ons maar net nog ‘n
snooze oomblik wat die vrees binne onsself uitstel.
Wereldwyd druk ons onsself op verskeie maniere uit, ons gee
ons standpunte en ons bou mekaar op met idees van “moed hou”, “sterkte”, “wees
veilig”, “bly gesond”, “wees versigtig” ens.
Maar dit ook is maar net ons snooze oefening wat ons oor en oor
druk. Al wat dit is, hoe goed ookal
bedoel om jouself te paai, is dit meestal ‘n false en onderdrukkende
oefening. En die gevaar is, sommige van
ons ry die snooze knoppie van ons lewens al ons lewens lank, en 99% van ons gaan
ook na die opheffing ook weer net, tot die dag van ons dood, die snooze knoppie
ry. Die vraag aan elkeen van ons is, wat
maak jy wanneer die alarm afgaan, en hoe lank nog gaan jy jou wakker word
uitstel? Wanneer gaan jy jou lewe
werklik leef, die slaap uit jou ogies uitvee, jou gesig was, en opdaag vir die
lewe wat binne jou is?
Ons almal is skuldig, want ons is so besig met die
“sideshows” van die lewe, dat ons nooit by werklike leef uitkom nie. As makelaar het ek die idee vir al my kliente
oorgedra dat jy ‘n noodfonds van 3 maande vir jouself en jou besigheid moet
opbou vir ‘n noodgeval, het mense dit gedoen?
Ons glo en weet dat ‘n mens se karakter iets is wat niks te doen het met
wat buite jou gebeur of wat jy besit of kan bydra nie, maar ons lieg vir
onsself, want ons toets mense en onsself aan dinge buite ons. Wat ons eintlik in die tyd leer is dat baie
van ons eintlik ‘n leuen leef, ons staan nie op nie, ons snooze net ons lewens
en smeer dit heuning om die mond van, ek sal nog of eendag of 7:00 gaan ek my
gat uit die bed kry, net om eintlik eers nog ‘n paar keer verskonings te soek
om wel dit te doen en verslaap en uiteindelik die hele dag mis.
Die Bybel vertel ons die volgende oor sonde in Jakobus 4:17
“As jy weet wat die regte ding is om te doen, en jy doen dit nie, dan is dit
sonde”. In ons samelewing stoei ons so
lekker baie met wat sonde is, dinge soos drank, dwelms, seksualiteit en nog
baie ander. Maar die grootste sonde van
alles kyk ons mis, en dit is om nie te wees en uit te leef wie en wat ons is
nie. Ek glo God het in ons elkeen ons
ideale en drome en destiny geplaas van wat ons hier moet wees en bereik, waar
en by wie en hoe die lewe geleef moet word, dink maar aan die storie van die
talente in die Bybel.
Die kerk is vir my een van die grootste voorbeelde hiervan,
maande en weke en jare besig met die stry oor wat reg en verkeerd is, wat ons
gaan toelaat en wat nie, dat ons vergeet wat ons eintlike roeping is, en dit is
om ‘n verandering in die wereld te wees met die liefde en genade wat God ons
voor geroep het. Op al die groepies van
dominees op Facebook waarvan ek deel is, word die vraag gevra wat die rol en
die wyse van kerkwees in en na die lockdown gaan wees. Heel duidelik word die snooze knoppie weer
gedruk, want dit gaan ook oor hoe eredienste, kollekte en huisbesoek ens. gaan
wees. Het die “kerk” geleer uit hierdie
tyd? Gaan die kerk homself terugruk na
die essensie en opstaan en die slaap uit sy oe vee? Gaan ons die sideshows stop, of gaan ons
aanhou om dinge op dieselfde manier te doen en ‘n ander uitkoms te verwag?
As ek, en ons almal een ding uit die ordeal moet leer, is
dat dit totaal geen doel dien, indien niks verander nie. Hierdie ding MOET jou leer en laat wakker
skrik, nie om jou roetine lewe, want jy weet wat nie werk nie, te gaan navolg
hierna nie, maar die lewe te gaan leef wat jy destined is om te leef. As jy alleen en eensaam is vandag, gaan
verander dit. As jy nie geld of werk het
nie, gaan verander dit. As jy in ‘n
doodloop verhouding is, doen iets daaraan.
As jy wil leer kitaarspeel, koop ten minste ‘n kitaar en skryf in vir
lesse. 99% van mense sterf met al die
moontlikhede en drome en talente in hulleself.
Ek besef dat ek nie die beste skrywer of filosoof in die wereld is nie,
maar ek skryf steeds, want dit is deel van my destiny. Die ou wat speel, hoe vals ookal, doen iets,
die ou met die meeste talent wat nie speel nie, verander niks in die wereld om
hom nie. En so weet baie van ons presies
wat die “regte” ding en lewe is wat ons moet wees en leef, maar ons doen dit
nie, en wat ‘n sonde is dit nie wat ons teen onsself pleeg nie”.
‘n Vriend van my spot ook nou die dag met die feit dat hy
alleen sit met die lockdown, want ons mans het so ‘n ongeskrewe reel dat as jy
‘n girl ontmoet, jy eers 2 weke moet wag voor jy haar die eerste keer bel. Nou het hy moontlik die liefde van sy lewe
ontmoet, maar dit was 2 weke voor lockdown wat hy haar ontmoet het, so hy “mag
nie” gebel het nie. Nou kon hy dalk ‘n
wonderlike 5 weke saam met die liefde van sy lewe begin bou het, maar net omdat
hy in ‘n “snooze” web van absurde sypaadjie sielkunder verval het, is hy
eensaam. Kyk wat het “snooze” na toe
gelei, “if you snooze, you loose”.
Hierdie bogenoemde mag vir jou na ‘n absurde en simpel ding
klink, maar hoeveel absurde en simpel dinge kyk jy jouself elke dag in
vas? Hoeveel dinge het jy met vastigheid
geglo wat jy nou kan sien totaal rediculous is?
Miljoene dinge wat ons ons “snooze” op basseer het is skielik totaal en
al onder ons voete uitgeruk, nie waar nie?
Vat byvoorbeeld hoe insignificant baie celebrities vir mense geraak het,
sonder ‘n verhoog om op te sing. Kyk net
hoe nutteloos jou 4x4 met al die bells en whistles nou is met geen diep sand of
berge om te ry nie. Selfs die Jimmy Choo
pumps wat jy gedink het jy absoluut nie sonder kan klaarkom nie, die is nou
verruil vir jou Stokies. As jy in
essensie net in die tyd besef dat jy soveel “snoozes” het wat jou verblind vir
die realiteit, is dit al ‘n begin.
“A snooze button is a
poor substitute for no alarm clock at all” – Stephen Hawking
Die tweede groep is die “verligtes”, moet dit nie nou verwar
met die Illuminati nie, asseblief.
Hierdie is die groep mense wat uit hierdie ding gaan kom en die wereld
gaan verander, al is dit slegs hulle eie wereld. Dit is die mense wat nie meer allerhande
verskonings gaan opdis nie, wat dit wat kom met ‘n excitement binnegaan oor wat
kan kom, en dit ook met ‘n dood eerlikheid gaan doen.
“In the depth of
winter, I finally learned that within me there lay an invincible summer” –
Albert Camus.
Hierdie eerlikheid en opspring en die lewe storm gaan nie
sonder pyn wees nie, glo my. Dit gaan
harde besluite verg, jy sal moet veranderinge aanbring. Ek kan kitaar speel, maar niemand sien ooit
die issues wat ek deurgegaan het om daarby uit te kom nie, dat ek elke week
lesse gehad het en daagliks die drukke geoefen het nie. Ek is ook nie konsertgehalte met die kitaar
nie, maar ek kan, en as ek om ‘n kampvuur sit en hinkepink speel, is dit tog ‘n
miljoen keer beter as die ander 8 mense wat daar sit en vertel hoe hulle nog
altyd wou leer kitaar speel het, maar nooit het of sal nie. En dit is vir my ook beter om darem so ‘n
paar liedjies met moeite te speel en verskoning te maak omdat ek nie
“Thunderstruck” kan speel nie, maar ten minste “Sarie Marais”.
Ek glo met alles in my dat God ons nie net geskep het om
asem te haal hier op aarde nie, maar om te leef. God het ons elkeen met ‘n essentiele doel
geskep, om die beste te word wat ons kan.
Maar as ek die hele liewe tyd in ‘n droomwereld hang, snooze, en daarmee
saam inkoop in die sideshows sonder om my essensie uit te leef, wat ek weet
daar is, wat maak dit dan saak of ek in Lockdown is of die vryheid het om uit
te gaan buitekant toe?
“The greatest gift you
have to give is that of your own self-transformation” – Lao Tzu
Om verlig te wees beteken nie net om wakker te word nie,
maar op te staan met ‘n doel en die doel te gaan uitleef. Tel die foon op en bel daardie besondere
persoon. Se ja vir die kuier saam met ‘n
long lost vriend of vriendin. Jaag jou
sielsgenoot na. Doen aansoek vir die
werk. Bedank dalk jou werk en begin jou
eie onderneming. Skryf in vir die
kwalifikasie wat jy nog altyd wou studeer.
Hou op rook as jy weet dit is nie goed vir jou nie. Begin jou eie mini-brewery of koop ‘n
tabakplaas. Koop ‘n kitaar, of verkoop
die een wat stof opgaar en jy elkgeval nooit sal speel nie. Vra jou sielsgenoot om te trou, of skei jou
partner.
“If you do not change
direction, yo may end up where you are heading” – Lao Tzu
Dit maak nie saak wat jou besluit in jouself is nie, maar
hou op om die res van jou lewe in limbo te leef en die wie en wat en wat jy
werklik weet jy verdien, te “snooze”.
Sny die sideshows se verskonings en ongefundeerde idees uit jou sisteem
uit, en gaan leef, want as jy so true aan jouself is, rain or shine, lockdown
of na lockdown, jou lewe sal vervuld wees!
“Setting a goal is not
the main thing, it is deciding how you will go about achieving it and staying
with that plan” – Tom Landry
No comments:
Post a Comment