Sunday, January 31, 2016

Besluite Besluite

"Between stimulus and response there is a space.  In theat space is our power to choose our response.  In our response lies our growth and our freedom" Viktor Frankl

 

Ons is almal redelik bewus van wat Viktor Frankl deurgegaan het in sy lewe, en hierdie aanhaling van hom kom uit sy ervaring in die konsentrasiekamp, waar hy kaal in die modder tussen 'n klomp lyke gestaan het.  In daardie oomblik het hy natuurlik die dodelike vrees gehad dat sy lewe op 'n einde is, maar besef dat hulle alles van hom kan ontneem, behalwe die mag daarvan dat hy sy eie reaksie op die situasie mag kies.

 

Elke dag van ons lewens maak ons keuses, en ons keuses bepaal van oomblik tot oomblik hoe ons toekoms gaan lyk.  Sommige van ons word gevul met enorme spanning, nie net in die groot besluite wat ons moet neem nie, maar ook in die klein gevalletjies.  Veral in daardie oomblik wanneer jy moet besluit wat jy op 'n SMS gaan antwoord, of wat jy op Facebook gaan post, of sommer net wat jy vir iemand gaan se in antwoord op 'n vraag.  Soms is ons soo ingestel om die regte antwoord en besluite te neem, en omdat ons geen waarborge het nie, neem ons soms of die verkeerde besluit of geen besluit nie. 

 

Wat Viktor Frankl ons wil leer is dat mense dinge van jou kan ontneem, hulle kan alles van jou af wegneem, maar die wonderlikste ding, wat werklike vryheid is, is om te besef dat jy enige besluit MAG neem wat jy wil.  Natuurlik in moderasie moet jy mense om jou, jouself en God in ag neem, maar die MAG wat jy besit om tot die besef te kom dat jy toegelaat word om in daardie vryheid te mag leef.

 

Newton het ons wel geleer dat geen besluit sonder konsekwensies is nie, want vir elke aksie is daar 'n reaksie.  Wanneer jy 'n besluit neem, is daar dinge wat gaan gebeur, maar daarop wil ek nie verder ingaan nie.  Ek sit baie keer en twyfel oor wat ek dink en wat ek kan skryf en waarop ek moet reageer.  Geen van ons is perfek nie, en niemand van ons het altyd die mag om presies te weet wat die regte ding is nie.  Maar die feit dat God ons as mense met vrye wil geskep het, dit is die grootste geskenk in menswees.  Daardie feit dat jy selfs vir God kan verwerp as jy so voel, dit is wonderlik, dit is ware liefde op die ou einde van die dag.

 

Vandag besef ek net weer, die oomblik wat jou geluk afhang van enige iets of iemand anders is dalk ons probleem.  En soms is dit waar die eerlikheid vandaan kom, om duidelik en met oorgawe besluite te neem, en te besef dat jou geluk nie van ander afhang of van hulle response nie. Daardie wete dat jy vandag en in hierdie oomblik die geskenk van God nl. JY, kan uitleef.  Dit het niks met selfsug uit te waai nie, dit het net te make met die feit dat jy mag besluit, net wat jy wil, sonder om skuldig daaroor te voel.  Ek het al baie groot besluite in my lewe moes neem, en sommige daarvan is ek baie spyt oor, want dit het soveel mense se lewens geimpakteer, maar ek troos myself daarin dat ek op daardie oomblik NIE geweet het wat die impak daarvan sou wees nie.

 

In die komende week gaan dit vir my nodig wees om radikale besluite te neem, en ek weet ook nie wat die antwoorde is nie.  Ek sal nooit weet wat die werklike "regte" ding is om te doen nie, en ja, dit maak my bang.  Gisteraand kon ek nie slaap nie, want jy weet hoe die dinge in 'n mens se kop draai, dan dink jy hierdie kant tot, en dan daardie kant toe.  Jy stoei met God in gebed en jy wonder.  Wanneer die Bybel vir ons se dat jy soos 'n kind moet glo, vra my seun vir my oor die naweek wat my pla, en gelukkig het ons 'n oop verhouding waarin ons dit met mekaar kan deel.  En uit die mond van die "suigeling" hoor jy die waarheid:  "Pappa, jy het ons geleer om ons harte te volg".  En skielik gaan 'n wereld voor my oop, want soms moet jy herinner word aan die waarheid.

Oor die laaste paar weke luister ek vreeslik baie na die lesings van Rick Warren wat "Purpose driven life" geskryf het.  Dit is so 'n aangrypende boek, maar wat ek wel leer uit sy lesings is dat jy gebore is met 'n purpose en dat elke besluit wat jy nou neem 'n impak het op jou lewe, maar belangrik is dat jy nie enige besluit ligtelik moet opneem nie.  In gister se lesing stel hy dit duidelik dat as jy gelowig is, wat ek is, jy oor niks moet bekommer nie, want jou lewe het 'n pad wat dit moet loop.  Op een of ander onverklaarbare rede, indien jy jou bekommernis op God plaas, jou keuses in Sy hande ook plaas, God jou sal lei om die regte besluit op die ou einde te neem. 

 

So, in hierdie oomblik vanoggend openbaar dit aan my dat ek kan besluit NET wat ek wil, God sal my lei om die regte besluit te neem, net soos wat daar skielik vir my deure oopgegaan het in wat iemand anders namens my besluit het.  En saam met die MAG wat ek het om te besluit NET wat ek wil, kan ek ook nie dit wat vir my bewustelik gewys word vergeet nie.  Soos my oumagrootjie altyd gese het:  "My skat, soms gaan dinge met jou gebeur wat jy nie verstaan nie, maar in geloof sal jy oor tyd presies verstaan".

 

So, alhoewel ek die mag het om te besluit hoe ek voel en hoe ek gaan reageer, gee ek tog in hierdie oomblik in gebed en geloof die besluitnemingsproses in God se hande om my te lei, waar en wanneer en hoe HY ookal vir my wys.  Dit is ware geloof, en dit is vertroue in God!

No comments:

Post a Comment