Tuesday, February 2, 2016

Krag

Soms voel n mens om op te gee, jy voel soms die lewe gaan by jou verby en die "wat as" gevoel van hoop word uit jou gedreineer. Jy probeer elke dag positief wees, maar aai dit is n stryd.

Die laaste 2 dae vra ek baie vrae. Ek kom vir ander mense baie positief voor, maar dit is elke dag n stryd. Daardie op en af gevoel wat deur jou sny, dan opgewonde en dan sad. Jy kasty jouself oor gister, want erens diep in jou weet jy dat jou intensies mooi en goed is. En jy vra hoekom?

Ek lees en soek elke dag intensief na die antwoorde. Jy kasty jouself oor jou keuses en jou eie menswees. Selfs in die Bybel soek jy sntwoorde, en dit maak jou bang dat jy soms moet vrede maak dat God nie die beker by jou gaan laat verbygaan nie.

Jy kry swaar en pynigens staan jy in die oggend op. Jy probeer nie mense te na kom nie en jy maak seer, sonder dat jy werklik probeer. Jy glo, maar soms is dit moeilik want van wat met jou gebeur voel soos straf en in eerlikheid, was wat jy ookal gedoen het nie jou intensie gewees nie.

God het ons drome en intensies gegee, maar vra hoekom HY dit nie vir jou gee nie? Jy kyk na jou gewoontes en probeer dit verander. Jy smag na ware geluk en nie aangeplakte glimlag op jou gesig nie. Jy oefen dit om jou denke te verander, maar dit vat lank. Jou hart breek in stukke, want jy weet nie watter kant toe nie, en jou krag is gedreineer. Daai gevoel dat jy nie kan of wil opstaan nie, maak dinge nog erger.

Jy slaan jou Bybel oop Korinthiers 12 waar Paulus vra dat die doring in sy vlees weggeneem moet word en sien die antwoord: 
Sy antwoord was: "My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is." Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees."

Ok so jy raak bewus dat God nie sltyd vir jou gee wat jy soek nie. Maar miskien is die antwoord nie in die swakheid nie, maar in 3 ander dinge.

Die eerste is dat ons weet dat in tye wat jy soos ek vandag voel jou antwoorde by God moet gaan soek. Jy kan spring soos jy wil, maar wanneer jy swak is, dan eers kan jy die werklike God sien. Wanneer alles goed gaan, soek ons nie altyd na God nie, want ons kom op eie stoom reg. Vandag  le ek ook soos Paulus my swakhede voor God neer en haal ek die masker van wie ek is af van my gesig in geloof.

Die tweede wat hieruit vloei is die woord "surrender". Soms in Afrikaans vertaal ons dit met "opgee", maar eintlik is dit "oorgee".  Soos Paulus, hy het sy probleme voor God kom neerle, en in geloof dit aan God oorgegee. Dalk le ons te veel klem op opgee, want dit beteken ek gaan niks daaraan doen nie, net op my bed le en vergaan. 

Kyk die vers praat van God se krag, nie van opgee nie. Dit beteken dat jy moet opstaan en moet aangaan omdat God jou die krag gee, nie uit eie krag of hoogmoed nie. Le jou lewe, alles voor God, maar besef niks sal iets beteken of gebeur as God dit nie moontlik maak nie.

En die derde is dat ons dalk moet ophou om te fokus op die dorings in die vlees. Vergewe in genade van God jou foute en moenie so op jou probleme fokus nie, maar eerder op God se genade en krag wat alles kan vermag. Dalk moet jy eerder fokus op hoe vol God se genade VIR jou reeds is, ipv waar dit nie is nie.

Dit is my boodskap aan myself vanoggend, totaal aan God se genade oorgegee en ek voel hoe bruis SY krag in en deur my. Kyk na Paulus se tweede deel van die vers, "daarom sal ek eerder oor my swakhede roem", dit is n call to action. Paulus se, jy kan nie weghardloop van wie en wat jou pla nie. Jy moet en kan dit face, met God se krag in jou. 

Gaan maak reg wat jy kan, gaan doen jou bes, jy is net menslik. Gee jou oor aan God se genade en krag en besef dat God die lesse van JOU swakheid kan gebruik tot voordeel van die wereld om jou. Wees eerder dankbaar oor wat jy het en die geleenthede op jou pad.

In Paulus se lewe weet ons nie wat sy issues was nie, maar dit en wie hy was het soveel beteken vir die kerk en mense om hom. Ons weet ook nooit of iets dalk daarna verander het nie, want hy het soos God se genade nooit weer daarna verwys nie. Dalk verander God jou lewe vandag, mens weet nooit, maar gee jouself OOR aan God en Sy genade en krag wat deur jou vloei!

No comments:

Post a Comment