Wednesday, January 27, 2016

Wat as?

Ek sien gister weer boodskappe op Facebook van iemand wat selfmoord gepleeg het. Ek het self al mense naby my op die wyse verloor, en my hart gaan uit na hulle naasbestaandes, want daar word soveel ekstra emosies op hulle geplaas van skuld en meer vrae ontketen as antwoorde.

Ek wat soveel dinge van erge hartseer en vernedering deurloop het, verstaan soms hoekom mense opgee. 

Vanoggend lees ek Prediker, en verstom my soms dat die wyse en ryke Salomo, wat ooglopend alles gehad het wat mense begeer, die lewe as sinneloos sien. Soms dink ons self dat as ons al die dinge wat hy gehad het self kon kry, die lewe sin sou kry. Vandag sit ek met die teenoorgestelde van baie van dit, armoede, vernedering, verwerping, hartseer, pyn, vrees en ongelukkigheid. En n mens voel soms om haddoek in te gooi.

So n paar weke gelede sit ek met n vriend voor my wat so gevoel het. Vir hom het daai punt aangebreek waar hy self bereid was om die uiterste te doen. Ek dink nie hy het op daardie oomblik besef waar ek was nie, nie dat ek iets radikaal wou doen nie, maar dit was een van die top 5 seerste dae in my lewe. Ek was teen die grond en alhoewel hy na my toe gekom het vir hulp, het hy my meer gehelp as wat hy ooit sou kon dink.

Die pyn het so verwoestend  vlak in my gele dat my keel gesukkel het om woorde te kry. In daardie oomblik het ek gewonder wat om te se, want ek kon nie. Die dinge wat uit my mond gekom het was werklik geinspireer, asof ek met myself in n spieel redeneer, en dit was moeilik. 

Die vorige nag het ek heel nag met God in gebed geworstel oor "hoekom?" Ek het geworstel oor hoekom dinge nie vir my uitwerk nie, want ek is nie n slegte mens nie. En die straf wat ek gevoel het het nie vir my gepas by wat ek enigsins probeer doen of wat my intensies was nie. Ek is verneder en verniel gevoel, wat ek nie dink ek het verdien nie.

Ek sukkel nog altyd met daardie idee van wat God se plan in die lewe met ons is. Terwyl die vriend voor my sit, besef ek en kon ek net een idee oor en oor vir myself en vir hom se: "wat as?" Wat as more die dag is wat alles gaan verander? Wat as dit waaroor jy bekommer vandag in n wonderwerk verander? 

En toe hy daar wegry besef ek dat ons nooit God se plan in ons lewens sal verstaan nie. Miskien was my aakligste oomblik van my lewe nodig gewees sodat ek iemand anders kan help? En wat as vandag die dag is waarin ek ook kan glo "wat as?"

Ek dink ons praat so maklik oor geloof in God, soms praat ons te min daaroor. Ons leef in n wereld waarin dit altyd oor MY moet gaan, en EK met my seer en my behoeftes moet die middelpunt van alles wees. Ons wil God speel in ons lewens, ek wil besluit en dan MOET dit so wees. Wie dink ons is ons, en is dit nie dalk hoekom ons wereld so n gemors is nie? 

Geloof beteken om jou lewe VIR God en in God se hande te plaas. Ek kan baie drome en ideale koester, maar God sal op die ou einde tog self besluit, maar een ding is waar, ek moet in "wat as?" glo. As ek my lewe nie oop maak vir daardie genade nie, sal my lewe altyd n gemors bly.

Vir daardie vriend van my het alles verander, want toe hy toelaat toe val dinge in plek. Sy verhouding is herstel, hy het nuwe werk gekry en n fantastiese nuwe huis gekry om in te bly. Dit alles het in 2 weke gebeur, maar as hy nie in die "wat as?" geglo en in geloof dit vertrou het nie, sou hy alles gemis het wat God vir hom nou gegee het.

Ek kyk na die sprankel nou in sy oog en ek besef dat die seer wat ek moes verduur hom kon help. Toe hoor ek in my hart dat "wat as?" ek nie my situasie deurgegaan het nie? Geloof is nie om n prentjie op facebook met "amen" te share nie, geloof is wanneer jy jou vir God se plan oopstel. Wanneer jy ook kan besef dat die pyn wat jy ook deurgaan n blessing kan wees. 

Geloof is eg wanneer jy jou hele lewe en alles in SY hande plaas in gebed en smeking, maar ook in dankbaarheid. Dankbaar in geloof ook vir die pyn, wetend dat God in beheer is daarvan, en dat dit deel van jou reis is. Die spreekwoord lei: "what you resist will persist". Wat dit beteken is eenvoudig dat as jy op jou reis elke dag jou hart en hand vir God se plan sluit, jy nie kan ontvang wat God se plan is nie.

So, voordat jy opgee, voordat jy deure sluit, glo in die "wat as?" van vandag. My situasie is steeds sonder praktiese verandering, maar in my kop het God my weer laat besef hoe afhanklik ek van Hom is. God moes met my n pad stap, en ek is dankbaar. 

Al lyk die hele lewe hoe sinneloos en great, die prediker se: "of ek eet of drink of wat ookal doen, wie sal dit kan doen as God dit nie moontlik maak nie"!

No comments:

Post a Comment