Tuesday, February 2, 2016

Stormwind besluit


In opvolg oor my vorige blogs oor die besluite wat 'n mens in die lewe kan neem, word 'n mens herinner aan 'n mens se eie onsekerhede.  Een van die dinge wat met my gebeur het is dat ek geleenthede oor my pad kry, altyd.  Die onsekerhede kom nie noodwendig omdat jy nie weet watter een van die besluite die heel beste is nie, dit kom omdat 'n mens tog nie alles kan glo wat na jou kant toe kom nie.  


Ek dink aan die verhaal van Jesus in die woestyn en Sy stryd met die Satan.  Nou, ek weet ons leef in 'n wereld waar mense al minder glo in die bose, en ek hoor ook dat die grootste leuen wat die Satan ooit vertel is dat daar nie so iets soos die boosheid is nie.  Dit maak nou nie heeltemal saak of jy in die rooi mannetjie met die horings glo of nie, daar is geen twyfel dat daar iets soos 'n boosheid wel bestaan.  Kyk maar net na die lewens van mense om ons en hoe mense mekaar verwoes en dood veroorsaak in mense se harte.  Of dit nou 'n buite krag is wat jou dryf om dit te doen en of die boosheid in jou is nie, dit maak nie saak nie, boosheid bestaan.


Nou, die voorbeeld van Jesus het die "boosheid" (kom ons noem dit maar dit), vir Jesus verskeie geleenthede en opsies op die tafel gesit.  Geleenthede wat tien teen een so baie van sy lewe sou verander het en so baie van sy pyn en lyding (dalk) sou wegneem. Wonderlike geleenthede van welvaart en koningskap en heers was op die tafel.  Jesus het geweet wie HY is en wat sy toekoms moontlik mag inhou.  Jesus het egter die insig gehad om dit te weerstaan, want Hy het besef dit is nie deel van sy destiny nie. 


So, wanneer ons voor besluite staan, weet ons nie altyd wat die beste keuse is nie, want ons het soms nie daardie insig nie.  Jy sal nooit weet of die voorregte voor jou goed vir jou is of sleg nie.  Die Israeliete het ook die keuse gehad om toe hulle swaarkry in die woestyn, terug te keer na slawerny in Egipte. Partykeer, veral wanneer ons swaarkry of iets baie erg moet face, neem ons ondeurdagte besluite.  Later eers kom ons agter dat dit nie die beste besluit maak nie, en lei dit net tot nog meer hartseer en pyn vir ons.  As die Israeliete teruggedraai het, wat sou hulle lewens ingehou het as hulle nie gefokus het op hulle beloofde land nie.


So, in die eerste plek moet 'n mens verstaan dat jy nooit sal weet of die geleentheid wat oor jou pad kom die regte ding is nie.  Jy sal altyd onseker wees, jy sal altyd in twyfel wees en jy sal altyd (veral in emosionele tye) voel dat jy nie 'n keuse het nie.  Die eerste les wat ons leer is dat jy altyd 'n keuse het.  Jy het nie nodig om NET altyd saam met die wind te gaan en elke kans en geleentheid aan te gryp omdat jy nie dink dat JY mag kies nie.  Jy kan elke dag kies wat JY wil.


Verder het ek in my lewe geleer dat ek baie keuses gemaak het, deur die geleentheid op die tafel te rasionaliseer.  Jy praat of jouself in of uit 'n geleentheid, want jy oorweeg mos al die ander dinge wat jy voel en dink.  Ek het baie emosionele besluite geneem wat goed uitgedraai het, maar die wat ek met die regte en deurdagte redenasies gedoen het, het die beste vir my uitgewerk.  Maar 'n mens moet versigtig wees, want omdat jy nie weet of 'n ding vir jou die beste of die slegste is nie, kan jy in alles Pro's en Con's sien.  En onthou dat dit jy is wat daardie dinge beredeneer en besluit wat aan die gang is, dit is jy wat die dinge opweeg.  Natuurlik kyk mens na die kwessie op die tafel en besluit wat vir jou die beste is, en slegste.  Wees net altyd versigtig dat jy nie die ding wat jy elkgeval eerste of die graagste soek kies op 'n emosionele vlak nie. Wees bewus daarvan, en besef dat dinge dalk op die korte duur vir jou antwoorde gee.  So, in jou redenasies, probeer so veel as moontlik vooroordele en emosies by dit bring.


Wanneer jy "verstaan" wat die emosies en vooroordele is, maak dit jou besluit soveel makliker vir jou, in die hoop dat dinge vir jou dan sal uitwerk.  Dit is iets wat ek soveel keer in my lewe NIE gedoen het nie, omdat ek dinge en mense So graag wou he, het ek besluite geneem vir ander en nie vir myself soseer nie.  Dit laat 'n mens besef dat jy keuses moet maak vir jouself.  Daar is niks soos selfsug nie, maar as jy dit nie vir jouself neem nie, (natuurlik nie buite konteks om ander in ag te neem nie), maak jy groot verkeerde keuses.   Natuurlik is daar sekere situasies waar jy jouself sal moet oopmaak omdat ander vir jou belangrik is, maar nooit ten koste van jouself nie.  Te veel kere het my situasies waar ek sulke besluite op daardie vlak geneem het, my later soveel pyn veroorsaak, pyn in die vorm van skaamte, skuld ens. 


En dan op 'n stadium, wanneer jy nou al die dinge opgeweeg het, moet jy nie onmiddelik 'n besluit neem nie.  Soms word ons oorhaastig en word ons weer deur ons emosies alleen beheer.  Dit is dan die tyd wat jy spoed uit jou lewe moet kry.  In Gholf praat hulle daarvan dat sekere mense te vinnig die stok swaai, en het die spreekwoord:  "Slow it down to a breeze".  Die lewe het baie tyd, en soms is ons oorhaastig, en soms is ons te stadig, maar ek glo altyd dat jy nie jou hare kan kam as jy in 'n stormwind is nie.  Wanneer jy al die informasie het, gaan sit stil, gaan ontspan in rustigheid en deurdink al hierdie dinge, maar die belangrikste is dan ook gebed.  Oor die laaste klompie weke het die wind my amper weggewaai, en net weereens besef dat sonder God jou lewe sinneloos is. God het belowe, oor en oor, dat Hy jou pa is, dat Hy vir jou omgee en dat Hy nie wil he dat jy ongelukkig moet wees nie.  


Maar alles in jou lewe, al jou besluite in gebed en smeking aan God bekend, en dan moet jy WAG vir die antwoord. 

Daar is 'n tyd vir alles en oor die laaste paar dae was daar baie storms in my hart oor sekere dinge.  Eergister het ek so gevoel, gister so, maar vandag voel ek rustiger en anders.  In elke oomblik het ek God gevra om my te help, want ek kan dinge nie hanteer nie, en alhoewel die stormwinde steeds om my gewaai het, het God tog die storm in my hart stil gemaak.  Onthou daardie dissipels op die stormwind, Jesus het 2 dinge op die boot gedoen, Hy het eerstens geslaap en nie deel van die drama gewees en die vrees en die spanning nie.  Die ander ding is, Jesus het die storm stil gemaak en alle vrees en bewing van die dissipels weggeneem.  Jesus se slaap was 'n teken dat jy nie in vrees en onsekerheid in die storm aan die paniek hoef deel te neem nie.  Jy hoef nie alles onmiddelik in jou lewe te gaan doen en deel te neem en aksie te neem nie.  Ons het hierdie snaakse westerse gewoonte om altyd onmiddelik te moet aksie neem nie, soms word die storm op sy eie stil, al slaap jy nie.  Om paniek te saai en uit te leef in drama het tog niks bygedra tot dinge nie, inteendeel dit het net meer paniek gesaai.  Vertrou dat God die storms in jou lewe nie onmiddelik gaan wegvat nie, jy mag daarvoor vra en Hom wakker maak in gebed, en soms voel dit asof God slaap, maar Hy doen nooit werklik nie. 


Ons post maklik dinge op Facebook oor ons geloof, maar in hoe 'n mate is ons bereid om met ons hele hart en lewe op God te vertrou? Die oorgawe wat ek in my blog vanoggend na verwys, wie van ons is bereid om SO te glo. En saam met die rustigheid, GEE jou besluit vir God en wag vir die antwoord wat sal kom. Wees ook "in oorgawe" bereid om te wag totdat God dit vir jou gee, en in geloof en vertroue, wees ook bereid om die antwoord te vat, al dink jy nie dit is die een wat jy WOU gehad het nie.  As jy dit vir God gee, as die Almagtige wat jy in glo, dan moet jy Sy input en antwoord ook ter harte neem.  Anders kan jy net so wel self besluit en aangaan met jou lewe op jou eie sonder Hom.


Weet ook, en dit is wat ek oor die laaste paar stormwind weke moes trotseer, en dit is die bewustelikheid en die groei wat in my denke plaasgevind het.  Besef ook dat God die storms in jou lewe gebruik om vir jou nuwe insigte te gee, insigte wat jy nooit sou gehad het voorheen nie.  Die dissipels sou op die boot nooit die krag van Jesus van geweet het, as daar nie eers 'n storm was nie.  Wees bewus in alle tye dat God in die boot saam met jou is, en dat al is jou paniek hoe groot, God se krag is groter.


En wanneer ek se dat jy eers moet rustigheid kry in jou besluitneming, is die feit dat God daar saam in die boot is en jy jouself "oorgegee" het die grootste oorsaak van rustigheid.  Vra vir God die insig om die regte besluit te neem, vra hom vandag die insig van Jesus om te kan onderskei tussen dit wat vir jou 'n goeie ding is en wat nie is nie.  Dit is jou lewe saam met God, Hy sal jou nie in die steek laat nie, selfs ook wanneer jy 'n besluit neem wat nie in lyn met jou destiny is nie, en al luister jy nie na Sy stem nie, Hy sal steeds in die boot en die storm by jou wees!

No comments:

Post a Comment