Tuesday, August 19, 2014

Die Hysbak

Ek staan nou die dag voor die hysbak by my ma se huis, besig op my foon met whatsapp, en skielik wonder ek hoekom die hysbak nie opdaag nie.  Hy is baie keer stukkend, en dit was my eerste idee dat daar fout is.  Tot my verbasing besef ek met 'n lag in my kies, dat ek nooit die knoppie gedruk het om, soos die Hollanders se, hom bestel het nie.


Mense vra my baie keer die vraag na aanleiding van my denke, watter deel van die lewe is werk wat jy moet doen en wanneer speel toeval en die hand van God of die "universe" 'n rol in mens se lewe.  Mense dink om een of ander rede dat ek baie keer se dat 'n mens moet aanvaar en die lewe moet leef, asof ek daarmee bedoel dat jy maar net moet los en alles gaan outomaties vir jou gebeur.


Die voorbeeld van die hysbak is presies hoe ek dink hoe die lewe werk.  Ek is nie 'n ingenieur nie, maar ek weet dat die hysbak werk met elektriese motors wat teengewigte of hidrolies werk en die hysbak op en af laat beweeg.  Dit is vreeslik gerieflik, veral as 'n mens siek of oud is, en baie beter as jy baggasie of 'n waentjie vol kruideniersware het.  Dit is baie beter as om trappe te klim, en baie minder uitputtend. 


My kinders hardloop gewoonlik vir die hysbak om die knoppie te kan druk, en dan het ons ook 'n rangorde van wie watter knoppie druk.  Ek dink dit is wonderlik vir hulle om so "in beheer" te voel van hierdie groot masjien.  Jy is totaal en al in beheer van waar JY wil afklim, maar ongelukkig kan jy nie beheer op hoeveel vloere en waar die hysbak gaan stop nie.  Jy het ook nie altyd beheer oor wie saam met jou in die hysbak op die ander vloere inklim of uitklim nie.  Een ding is egter seker, soos wat ek nou die oggend uitgevind het, niks gaan gebeur as jy nie die hysbak bestel of wanneer jy binne is, die vloernommer druk waar jy wil heengaan nie.


Hierdie voorbeeld van die hysbak is vir my so sketsend van wat ek oor en van die lewe dink, soos 'n hysbak.  Niemand van ons weet heeltemal seker wie die hysbak beplan, of ingesit het in die gebou wat jy gebruik nie.  Wanneer laas het jy gekyk na die maak van jou hysbak?  Soms is ons so besig om te probeer uitrafel hoe en wie die hysbak gemaak het, dat ons nooit besef dat ons dit mag gebruik, irrespective wie die hysbak gemaak het nie. 


Die hysbak is daar vir jou gerief, soos die lewe gemaak is vir my en jou om te geniet.  Daar is talle geleenthede en opsies en keuses wat ons het in ons hysbak-lewe.  Soms sien ek mense wat totaal na die ander kant van die lewe oorhang, wat of buite staan en wonder hoekom die hysbak nooit by hulle stop nie, of inklim en nooit 'n bydra maak en besluit waarheen hulle wil gaan nie.  Hulle lewens voel doelloos, want al wat hulle doen is om doelloos hulle reis op grond van ander mense se keuses te maak.  Hulle ry doelloos, dag in en dag uit op en af saam met ander, en vir vlietende oomblikke, wanneer die hysbak oopgaan, loer hulle uit om te sien hoe ander mense se vloere en lewens lyk. 


Ek ervaar baie mense wat nooit in hulle lewens iets bereik nie, en hulle kritiseer die "hysbak" omdat die nie instinktief weet om te stop en hulle op te laai of oop te maak by die vloer van hulle keuse nie.  Soms voel ek asof ons met God omgaan asof alles net outomaties moet gebeur, asof ons soos poppe aan 'n tou moet leef.  God is daar om ons te ondersteun, net soos die hysbak se hidroliese kabels en die hysbak.  God gee ons ongelooflike geleenthede en vloere om op uit te klim, maar jy het vrye wil.  Jy kan besluit of jy enigsins in die hysbak wil klim en wil deelneem aan die lewe, of nie.  Jy kan besluit of welke vloer jy wil uitklim, wetend dat die hysbak altyd weer beskikbaar gaan wees om jou na 'n ander uitdagende vloer te neem.


Die hysbak is ook nie net vir jou uitsluitlike gebruik nie.  Daar is en sal altyd mense wees wat dit met jou deel.  Soms moet jy wag vir die hysbak, of toelaat dat die mense om jou hulle eie besluite neem oor op welke vloer hulle wil afklim.  Soms wil ons God dwing, saam met ander mense om selfsugtig die lewe vir ons NET te laat werk soos ONS wil.  Ons is soos klein kindertjies wat in die hoek gaan sit en kerm omdat dinge nie vir ONS uitwerk nie.  Die mense saam met jou in die hysbak van jou lewe het ook die reg, en soos met die hysbak moet jy geduldig wees, jy SAL op die vloer van jou keuse eindig, dalk nie onmiddelik nie, maar in tyd.  Almal kom uiteindelik uit by die keuse wat hulle uitgeoefen het.  Dalk word jy verras deur op 'n vloer te eindig wat iemand anders gekies het, wat vir jou opsies en geleenthede bied wat jy self nooit aan gedink het nie. 


'n Komediant vertel nou die aand die storie van die hysbak en verwys komies na die optrede van ander mense.  Hy se hy vind dit vreemd dat sekere mense nooit jou "knoppiedruk-vernuf" vertrou nie.  Hulle kom of by die bestel, of binne by die knoppie, en alhoewel jy reeds die knoppie gedruk het, druk hulle dit oor en oor, asof hulle dink dat die hysbak daardeur besef dat hy nou vinniger moet kom, want daar is 'n belangrike persoon wat NOU wil ry.  Ons ken almal daardie gevoel van has binne ons wat nie kan wag nie, maar die lewe, net soos die hysbak vat sy tyd.  Niemand van ons is SO belangrik dat die hysbak NET vir ons is nie.  Geduld en saamwerk is die antwoord, wetend dat ander mense net soveel reg op die lewe het as ons. 


Geduld is natuurlik een ding wat ons almal, met onsself, met ons medemens en ook met God se lewe moet aanleer.  Soos almal met die hysbak tog hulle bestemming bereik, moet ons ook geloof he dat ons lewens ook wel sy bestemming sal bereik.  Jou rol is om te droom, deel te wees en die knoppies te druk. 

Een ding wat sielkundig met mense in die hysbak gebeur, is dat ons skaam is.  Dit is 'n beperkte ruimte, en mense staan gewoonlik en kyk vir die uitslag op die nommertjies van waar die hysbak NOU is.  Ons is soms so uitgelewer daaraan om ons DOEL te bereik, dat ons vergeet van die reis.  Ons vergeet om met die mense om ons te gesels en saam deel te neem.  Daar in my ma se ouetehuis se huisbak sien ek dat mense soms SO lekker gesels en betrokke is by mekaar, dat hulle herinner moet word dat hulle hulle vloer bereik het.  Soms is ons so besig met ons eie dinge, dat ons vergeet om beleefd en beskaafd met mekaar om te gaan, en soms moet ons besef dat dit juis daardie omgaan met mekaar is wat die reis, korter, vinniger en genotvol kan maak.  


Partykeer moet ons ook ons oog afhaal van die "beheer" en "bestuur" en die "doelwit", en soms net leef.  Dit beteken nie dat jy doelloos hoef rond te ry die hele dag of voor die hysbak staan en wag vir wonderwerke nie, dit beteken net dat jy dit OOK moet doen.  Druk jou knoppie, maar terwyl jy nog nie daar is nie, geniet die geselskap en die reis. 


Soms, eiintlik meeste van die kere, is ons onseker van waarheen ons moet gaan, en wat ons doel-vloer is, en gelukkig het ons dan ook mense wat ons kan vra.  Soms is ons te trots om hulp te vra, want ons wil mos nooit lyk asof ons "incompetent" is nie.  Fier stap ons in die hysbak in en met 'n houding DRUK ons die knoppie.  So 'n paar weke terug kyk ek op youtube 'n aanbieding van TED, wat handel oor die KUNS om te vra.  Die aanbieder, Amanda Palmer, vertel van haar eerste werk op straat as 'n beeld wat geld van mense gevra het vir haar moeite om haarself so mooi te vermom, tot haar en haar "band" se manier om te gaan optree by musiekfeeste.  Sy het die kuns van vra aangeleer, en daarom het hulle altyd 'n plek gehad om te slaap, kos om te eet en vervoer.  Hulle vra mense om hulle te help, en sy noem dit 'n kuns, want ons het verleer om hulp te vra, en meer nog, ons is soms te trots om vir hulp te vra.  Daar is altyd mense om jou in die hysbak wat ondervinding het wat jy nog nie oor beskik nie.  Moenie te trots wees om te vra nie, want trots word baie keer uitgeballanseer met vernedering en irritasie.  Vra om hulp en vra op aanwysings, en moet nooit dink dat iemand nie "gekwalifiseerd" genoeg is om jou van hulp te wees nie.  Die Budha het ook om hulp gevra, en dit van 'n olifant.  Al die groot denkers lees steeds ander mense se werke, analiseer ander se studies en soms het hulle adviseurs wat hulle help.  Onthou altyd, almal het 'n deel van die waarheid beet, die probleem kom in wanneer jy dink JY het al die antwoorde.  Eric Hoffer het gese: "In times of change, learners inherit the earth, while the learned find themselves beautifully equipped to deal with a world that no longer exists."


'n Hysbak is ook so ontwerp dat jy nooit werklik "alleen" is nie.  Daar is 'n "alarm" knoppie en ook 'n tweerigting kommunikasie as jy vassit of as daar 'n noodgeval is.  Dalk word die hysbak se tweerigting radio nie altyd beman nie, maar in die lewe het ons altyd die moontlikheid om in ons goeie en slegte oomblikke met God te kan praat, en daar is nooit 'n kortsluiting nie.  Sodoende kan ons almal veilig voel om die reis te onderneem.


Gaan bestel jou hysbak vandag, moenie staan en wag terwyl die lewe by jou verbygaan nie.

Monday, August 18, 2014

Mosaik


Die hofsaak van Oscar Pistorius het die hele wereld aan die gons, en elkeen van ons het 'n standpunt oor wat ons dink wat gaan met hom gebeur.  Verlede week in hulle slotopmerkings, haal Adv. Gerrie Nel aan uit 'n vorige hofsaak.  Hy gebruik die term "Mosaik", en se dat alhoewel 'n mens nie direkte bewyse het nie, al die "circumstantial evidence", seker vertaalbaar met "onstandigheids bewyse", almal saam 'n volledige prentjie vorm, soos wat 'n mens Mosaik bymekaarbring. 

Ek vind hierdie standpunt baie interresant, want dit laat 'n mens met een groot vraag, nl. "Wat wil jy bewys?"  Hierdie stanpunt laat soveel plek oop vir interpretasie, dit hang net af aan watter kant van die hofsaak jy is.  So het Adv. Barry Roux natuurlik hierdie mosaik van die staat probeer uitrafel, om sodoende sy eie mosaik van bewyse vir onskuld te gee.  Dit beteken dat dieselfde bewyse dus op verskillende maniere gerangskik kan word om beide kante, inkriminerend en vrylatend te skep. 

Ons lewens is ook maar 'n mosaic van allerhande omstandigheids bewyse.  Daar is byvoorbeeld jou persoonlikheid, daar is jou denkwyse, daar is jou optrede en jou geskiedenis.  En net soos met die hofsaak, is daar nooit werklike "ooggetuies" wat jou ooit werklik ken of wat altyd saam met jou is nie.  Sodoende ontstaan daar 'n hele boel stukkies wat jy in jou ronddra, en wat die mens maak wat jy is.  Die mense om jou "maak" 'n prentjie van jou, en dit word hulle foto van jou.  Natuurlik het elkeen van hulle ook 'n "agenda" van wie hulle is en is daar mense wat aan verskillende kante van die weegskaal van jou lewe is.

Ek is in my lewe deur 'n hele paar mislukte verhoudings, en alhoewel ek nie vreeslik verander het nie, het ek gesien dat mense vir wie jy hulle alles was, dieselfde stukkies van jou anders kan rangskik om jou prentjie total anders te laat lyk.  Soos met die hofsaak van Oscar, is jy nie noodwendig anders nie, die bewyse is dieselfde, maar waar dit eens in jou guns getel het, kan die herrangskik daartoe lei dat dit totaal teen jou tel. Ek verwys so baie na John DeMartini, wat die standpunt huldig dat alles in die lewe uitballanseer.  In werklikheid wys hy daarop dat vir elke aksie in die lewe, daar 'n gelyke en teenoorgestelde reaksie is.  Hoe groter jou sprong na die een kant toe is, hoe groter teenkant word gevorm om jou uit te ballanseer.  Hy stel dit duidelik dat ons bewus moet wees van die feit, maar dat mense nooit in die uiterste van emosies en prentjies kan leef nie.

Prakties is dit baie waar, en dit het ek gister ervaar, dat mense outomaties altyd dinge in perspektief wil stel, selfs onwetend.  Gister het ek 'n gesprek met iemand oor my geliefde Blou Bulle wat swaarkry in die Curriebeker.  Skielik kom die ander persoon en vertel my van al die Springbokke wat weg is, en die ouderdomme van die span ens.  Die lewe sal nooit toelaat dat jou denke en idees buite verband alleen staan nie.  Dit is hoekom die hofsaak 'n regter het, wat opweeg.  Natuurlik gaan alles nie altyd maanskyn en rose na jou kant toe nie, maar die wereld het 'n manier, en dit is dalk waar God inkom, om jou uit te ballanseer.  Dit is dalk wat God se boodskap so ongelooflik maak, is dat God gladnie belangstel in watter kant, skuldig of onskuldig, jou bewyse oorhel nie, want in God se oe is ons in volkome balans in die liefde.

Maar intussen moet ons funksioneer met die mense om ons, maar hoe doen 'n mens dit?  Ek dink daar is 'n paar maniere om dit te doen.  Wat jy moet verstaan, om mee te begin, fokus eerstens aan watter kant jy van die skaal is, kom ons noem dit nou maar negatief en positief.  Wanneer jy dit gedoen het, moet jy besef dat altwee van hulle gevaarlik kan wees.  Kom ek noem vir jou 'n voorbeeld wat ek baie by my kinders sien.  Hulle raak werklik kinderlik opgewonde wanneer hulle iets lekker kan doen soos om Spur toe te gaan.  Hulle speel hulle harte uit, net om, wanneer hulle terug is by die huis, so 'n klein depro te slaan.  Nie dat ek se dat jy hulle nie Spur toe moet vat nie, net dat as iets "te" is aan die een kant, dan gaan daar iets gebeur om jou skaal weer terug te swaai na die ekwilibrium.  Die oumense het mos gese dat alles wat 'n "te" is verkeerd is, behalwe te-voet en te-maties. 

Ek dink dat ons soms te veel in die ekstreme leef, of dit nou negatief of positief is.  Dit lei daartoe dat daar altyd iets moet gebeur om die ekwilibrium te bring.  Mense kan eintlik net leef, wanneer ons daar erens in die middel leef, nie in die ekstreme sonder balans nie.  Daar waar ek besef dat ek net kan funksioneer saam met mense, as ek hulle goeie en slegte punte erken en daarmee kan saamleef.  In die wereld van die bekende mense soos akteurs sien ons dit baie.  Hulle word so opgebou en aanbid, en dan is die poniekoerante daar om hulle lewens vir ons oop te sper en die balans te kry, dalk maar vir die wereld om te besef dat hulle net sulke gewone mense soos ek en jy is. 

Een so 'n goeie voorbeeld is Joost wat op die kruin van die rugby- en sosiale- werelde hom bevind het.  Ons het opgekyk na hom, en toe sy optredes in die pers oopgekrap is, toe het almal weer vingers na hom gewys.  Nou met sy siekte sien ek in mense dat niemand meer regtig dink aan die status of die val nie, maar daar in die middel kry ons hom almal jammer en bid ons vir hom soos wat ons doen met enige gewone persoon.  Jy sien, twee ekstreme bring ons tog altyd uit tot die punt om te verstaan dat almal maar daar erens in die middel, "gewone" mense is. 

Ek ondervind dit in die laaste tyd baie in my eie lewe.  Ek kry swaar en ek swoeg aan die een kant, en ek ondervind hoe my vriende die laaste ruk begin het om my te vertel van al my positiewe punte.  Dit  is iets wat hulle nooit voorheen op so 'n manier gedoen het nie, maar hulle is natuurlik daar om die balans VIR my te bring.  Niemand in die lewe is NET sleg of NET goed nie.  Selfs in die Bybel sien ons hoe die Romeine en die ortodokse Jode die balans gebring het in Jesus se lewe, deur Hom te kritiseer en Hom te kruisig uiteindelik.  Die balans sal altyd daar wees, maar daarmee saam se ek nie, net soos met die Spur voorbeeld, dat jy nooit iets mooi van iemand moet se nie, of iets lekker met hulle moet doen nie, maar eerder moet verstaan dat mense twee kante van 'n muntstuk het, dinge wat JOU beindruk, maar ook dinge wat JOU gaan afsit van hulle.  Eintlik is mense muntstukke wat nie OF kopkant, OF stertkant is nie, maar eerder regop staan sodat ek beide kante van hulle menswees in balans kan sien.  Weereens, is niemand ooit net sleg of ooit net goed nie.

So, as jy dit weet of verstaan, dan alleen kan jy aanbeweeg na die volgende punt toe, en dit is dat jy self nooit regter mag speel en oordeel nie.  Een van my vriende is vir my 'n ongelooflike voorbeeld daarin.  Hy se altyd:  "It is all about the people", en sy lewe spreek daarvan.  Wat ookal gebeur, hy stel homself elke dag bloot aan almal, en sonder oordeel.  Dit beteken nie dat hy nie standpunte het en alles kondoneer nie, inteendeel, maar sy standpunt is dat alles oor mense gaan, en dat hy nie kan, mag en die heel belangrikste WIL oordeel nie.  Jesus het sterk standpunte gehad oor hoe die lewe is en moet werk, maar meer belangrik nog, aan die kruis spreek hy die heel belangrikste woorde:  "Vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie"!

Ons besef nie aldag wat die krag van vergiffenis is nie, miskien omdat ons onsself oordeel.  Vergiffenis beteken nie dat alles in die lewe toelaatbaar is nie.  Die gemeente vra mos vir Paulus of genade dus beteken dat hulle meer sonde kan doen, sodat die genade moet toeneem in hulle lewens.  Paulus sukkel om vir hulle te vertel dat dit juis NIE die geval is nie.  Genade het nie te doen met kwantiteit nie, maar met kwaliteit lewe.  Genade is juis die verskil tussen ons godsdiens en ander, waar daar by hulle altyd 'n swaai is tussen 2 pole.  Ek doen iets verkeerd, en dan doen ek iets om dit reg te maak.  My God werk nie so nie, my God werk daar waar my muntstuk regop staan en waar God my sien vir my hele wese, en niks oordeel oor my "slegte" kant nie, maar my ook leer dat my "goeie" kant ook geen relevansie het nie, want ek kan nie liefde verdien nie.

Ons wereld, met sy moondhede, grondsug, haat, moord, liefdeloosheid, gebroke verhoudings en gebroke mense, sal altyd dieselfde bly, totdat ons, ek en jy, ons ingesteldheid teenoor onsself en mekaar verander.  Mense is daagliks so besig om hulle skadukant te beveg om die regte dinge te doen, dat die lewe by ons verbygaan.  Dit beteken gladnie dat jy nou maar net kan maak wat jy wil en dink dat die lewe gaan verander nie, en dat daar dan in balans dieselfde goeie dinge gaan gebeur nie, dit gaan nie werk nie.  Wat dit wel beteken is dat jy jouself moet aanvaar en verstaan wie en wat jy is, in genade.  Soms is ons "skadukant" ook maar 'n toeloop van omstandighede, net soos jou groot ore of krom neus.  Miskien word vandag die dag wat jy jouself 'n breuk gee, en jou muntstuk regopdraai en met daardie mens leef, eerder as om te fokus op die reg en verkeerd in jou bestaan.

Onthou dat jou "mosaik" van jou lewe, gebou word op jou eie interpretasie, jou eie plan en ontwerp van wat jy dink die lewe moet wees.  Jy kan jou stuk werk vir jouself rangskik NET soos jy wil, dit is God se geskenk aan jou.  Gaan rangskik in liefde jouself, jou medemens en jou wereld soos wat God dit doen.  Kyk deur God se bril, en wanneer God jou as 'n regop muntstuk sien en nie fokus op jou verdienstekant of jou skadukant nie, wie is ek of jy om dit anders te wil doen.  Dit is waar harmonie en die ware lig van God deur jou skyn in die wereld en waar jy werklik 'n verskil gaan maak.

Kyk dalk hierdie week verby die spelfout op jou sms, solank die boodskap deurkom is dit al wat saakmaak! Hoop jou week is geballanseerd en gevul met genade! 


Wednesday, August 6, 2014

Leestekens

Op skool is ons geleer om 'n goeie Afrikaans te besig.  Ons het so hard geleer om Afrikaans reg te praat, en is dit nie een van die mooiste tale in die wereld nie?  Een van die dinge wat ons geleer het was om ons leestekens reg te gebruik.  Die interresant ding van leestekens is dat dit universeel in alle tale omtrent dieselfde is, en die doel daarvan is dat ons die leser van ons skrywes help om ons woorde reg te lees.  Ons wys met ons leestekens waar nuwe gedagtes begin, waar dinge bygevoeg word, waar dit iemand anders se woorde is en wanneer ons vrae vra. 

Ek onthou nog daardie voorbeeld van die oom wat op die tannie se grafsteen geskryf het:  "Hier le my geliefde Griet, in die hemel is sy niet, in die hel, dit weet ek wel".  Jy sien, my juffrou het deur die voorbeeld ons probeer leer dat dit nie net belangrik is OM leestekens te gebruik nie, maar ook om dit in die regte posisie te plaas binne in die sin, want leestekens kan ook die hele betekenis van die boodskap omgooi.

Elkeen van ons skryf daagliks 'n storie oor ons lewens vir ander mense om te lees.  Ons "gebruik" ons dade as woorde vir mense om betekenis uit ons geskryf te kry, maar waar en hoe ek die leestekens in my eie storie gebruik, se ook soos in die voorbeeld hier bo so baie oor ons storie wat ons vertel. 

'n Punt beteken dat die gedagte verby is, en dat ons na 'n nuwe fase toe beweeg.  So baie keer skryf ons stories en gebruik punt wat nie net 'n nuwe idée of fase inlei nie, maar iets klaarmaak.  Ek ken so baie mense wat ander mense, idees en verhoudings sommer net met 'n punt afsluit.  Ons moet onthou dat wanneer ons 'n punt bereik het, dat jy nooit weer kan teruggaan om iets by te voeg nie.  Natuurlik is dit ook 'n leerskool van die nuwe sielkunde om mense te leer om in die oomblik te leef en nie elke keer terug te val en oor en oor dieselfde foute te maak nie.  Ons word geleer om fases en gedagtes af te sluit en aan te beweeg. 

Dit is natuurlik 'n goeie ding om sekere dinge in die lewe af te sluit.  Gister sit ek weer in 'n gesprek met mense wat ongelukkig is met hulle lewens en die mense in hulle lewens, en wat daagliks met hartseer en spanning sit omdat hulle nie 'n punt kan bereik nie.  Ek vind dit baie dat mense met sulke onafgehandelde sinne binne hulle stories sit en nooit kan afhandel of aanbeweeg nie.  Ons is daagliks self skuldig om nie dinge af te handel nie.  Ek het al soveel keer in hierdie blog geskryf oor die belangrikheid van afhandeling en aanbeweeg, want soveel van ons ongeluk vandag is 'n samevoeging van dinge wat lankal 'n punt moes bereik het.  Die engelse praat van "hang-ups", maar ek praat eerder van "hang-ons".  Soveel hartseer in jou dag van vandag kan opgelos word, solank jy punte kan bereik.  Daardie outjie wat in graad 2 jou gespot het oor jou groot ore is lankal nie meer deel van jou lewe nie, maar as jy nie 'n punt maak nie, en dit afhandel nie, gaan jy vir ewig 'n aanhanger van die idée wees dat jou ore te groot is. 

Maar in dieselfde asem kan punte ook gevaarlik wees, veral wanneer ons nog nie klaar is met die sin of met die persoon nie.  Ons leef in 'n wereld van funksionaliteit en waar ons dinge wat nie ons dien nie summier weggooi.  Veral doen ons dit wanneer mense nie ons standpunte of idees oor die lewe deel nie.  Mense stel ons teleur en elke mens se waardesisteem verskil van mekaar, maar jy kan eenvoudig nie deur die lewe gaan met die idée dat jy reg is en almal verkeerd, en daarom almal afsny wat nie met jou saamstem nie.  Dit beteken nooit dat jy nie punte mag maak of 'n punt kan bereik waar jy eenvoudig 'n stop aan iemand of 'n verhouding sit nie.  Wat wel belangrik is is dat jy nie net eenvoudig mense wat anders lyk en anders dink moet afsny nie.  Dr. John DeMartini skryf in sy boek:  "The Breakthrough Method", dat ons nooit mense of situasies uit ons lewens kan uitskryf nie.  Elke mens, elke situasie is daar om ons van iets te herinner, of dat ons lesse moet leer.  Niks en niemand is toevallig nie.  Veral die slegte dinge in mense wat ons irriteer, herinner ons baie keer daarvan dat ons sekere sinne in ons lewens nooit hanteer of nooit afgehandel het nie.  Mense leer ons baie keer dat verandering moontlik is, of dat ons iets moet verander en dalk nie in ons kokonnetjie moet leef nie, maar nuwe uitdagings moet aanvaar.  Self jou "vyand" of jou "vyandige" idée in ander mense, moet jy ook besef is daar met 'n doel, dit is JOU verhaal en elke oomblik en elke mens en elke idée is deel daarvan.  So in balans moet ons besef dat sekere stories en idees PUNTE moet kry en afgehandel moet word, en dat ons dalk ander stories, idée en mense eerder moet hanteer met die volgende leesteken, die KOMMA.

Die rol van 'n komma is nie net om 'n lang sin beter leesbaar te maak nie, maar om vir die leser van jou storie te wys dat daar 'n ruspunt in die lees is, en dat dieselfde idée verder gaan in 'n nuwe rigting.  Ons gebruik ook sekere woorde na 'n komma soos omdat en maar, en ook om 'n klomp opsies en woorde te lys.  Ek het ook al baie keer genome dat die lewe nie net gaan oor OF-OF en om konklusies te maak nie, maar eerder in EN-EN, waar jy opsies lys en ander dinge oorweeg binne in jou storie.  Dit vat gladnie weg dat jy nie punte moet of mag gebruik nie, maar eerder dat jy dalk, voordat jy 'n PUNT maak, dalk ander opsies ook moet oorweeg.  Die lewe gaan oor liefde, en in liefde, alhoewel ons soms seerkry en mense om ons verskillend is en dink, gaan dit nooit oor wie reg en verkeerd is of was nie. 

Liefde gaan oor aanvaarding, en veral waar JY self gee, voordat jy kies om te ontvang.  Dit is maklik om vir mense te vertel dat hulle verkeerd is en af te skryf, maar veel moeiliker om liefde toe te pas, veral as iemand 'n ander idée oor die lewe het.  Ek verwys graag terug na die voorbeeld van Jesus wat ons in die Bybel lees.  Jesus het met mense tyd spandeer wat deur ander afgeskryf is, mense se lewens wat in ander se boeke reeds punte agterna gehad het.  Prostituut.  Tollenaar.  Ongeletterde. Skrifgeleerde.  Jesus het ons gewys dat die storie wat ons van Hom in die Bybel lees, die samelewing se PUNTE in KOMMAS verander het en hulle die geleentheid gegee om wonderlike nuwe opsies in hulle lewens te ervaar.

'n Ander belangrike leesteken is die UITROEPTEKEN!  Die doel daarvan is om uitbundigheid en uitskree aan te dui.  Ek kyk so na die wereld rondom my en sukkel nogal om mense te sien wat met absolute uitbundige uitroeptekens leef.  Ons is meeste van die tyd so besig om te kla en te kerm, te oordeel en veroordeel, dat ons vergeet om te leef.  Hoeveel mense om jou ken jy wat werklik die lewe kan geniet?  Ons is so vasgevang in die tekort aan geld, of aan die tekort aan liefde, of die tekort aan vriende of verstaan, dat ons nooit leef nie.  Die lewe is gemaak om geleef te word, nie ter wille daarvan om iets te bereik of om iets te vermag nie, maar om uitbundig geleef te word.  Uitroepteken is dit uitbundige uitbassuin van jou geluk en jou emosie, en omdat ons emosionele mense is, is dit die kraan van geluk.  Gaan kyk bietjie op youtube of na idols en sien watter videos of kunstenaars die mense die heel meeste van hou, is dit die sonder glimlagte, sonder jubeling en sonder charisma?  Dalk moet ons in die lewe meer uitbundige uitroepe inbou en leef, eerder as om net in punte en kommas te leef.  Die lekker ding van 'n uitroepteken is ook dat dit die einde van 'n sin aandui, en daar is nie plek vir kommentaar en verduidelikking nie.  Soms voel ons asof ons soeke na lag en jubeling moet wegsteek, miskien is dit maar 'n Calvinistiese dinge, want ons het mos eintlik die idée uit die godsdiens gekry dat ons eintlik hier is om te ly, en nie te leef nie.  Hoeveel uitroeptekens is daar in jou storie van vandag?

Dit is natuurlik ook waar dat ons lewens ook eise stel en vrae van ons vra, en daarvoor gebruik ons die VRAAGTEKEN.  Met 'n vraagteken is die leser geleer om aan die einde van die sin sy of haar stem te verhef om aan te dui dat dit 'n vraag is.  Natuurlik vra die lewe van ander mense se stories daagliks aan ons vrae.  Natuurlik is daar uitdagings in ons lewens wat ons lei tot vraagtekens.  Ons vra hoekom ons hier op aarde is, ons vra wat die sin van die lewe is, ons vra hoekom ons swaarkry.  Vraagtekens is nie net om ons te wys op wat ons nie het nie, vraagtekens is ook aanduidings daarvan dat ons na dinge SOEK. 

Ons soek antwoorde ook nie net vir die moeilike dinge in die lewe nie, want sommige vrae wee tons sal ons nooit beantwoord kry nie.  Ons vra ook vrae omdat ons omgee.  Ek sien baie mense elke dag wat opgehou het om vrae aan die lewe te stel, en erger nog, vrae aan mekaar te stel.  Ek praat nie hier van eise nie, maar werklike vrae wat wys dat ons belangstel.  Nou die dag het ek 'n kardinale fout gemaak om te vergeet dat iemand siek is, en nooit gevra hoe sy voel nie.  Na 'n ruk het sy my natuurlik daaraan herinner, want die feit dat ek nie uit omgee gevra het nie, het haar presies laat voel asof ek nie omgee nie.  In die boek "How to win friends and influence people", leer die skrywer ons dat die beste manier om mense om jou te vergader, nie is om jou idees met uitroeptekens en punte oor te dra nie, maar eerder te kommunikeer met vrae.  As jy 'n vraag vra, lei dit daartoe dat die persoon nie net dink dat jy omgee nie, dit vra aksie van die ander persoon om jou te antwoord.  Dat jy mense vra wat hulle dink en voel laat mense altyd goed voel, want dit beteken nie net dat jy omgee nie, maar ook dat jy belangstel en dat hulle antwoorde en insette vir jou belangrik is.  Dit is wanneer mense voel dat jy lief is vir hulle, wanneer hulle insette belangrik is, maar meer as dit nog, dat jy nie bang is vir hulle idees en standpunte nie, maar hulle toelaat om dit te huldig, omdat jy omgee en lief is vir alles en almal om jou.  Onthou die woorde van DeMartini dat almal om jou is met 'n doel, en daarom is almal 'n leeraar wat jou, deur wie en wat hulle is, meer oor jouself leer.

Een ander leesteken, wat ons baie gebruik, is AANHALINGSTEKENS.  Ons gebruik dit wanneer ons dit wat ander mense erens anders gese of geskryf het, deel van ons storie maak, ook soms om ons punt te bewys.  Op Universiteit is ons geleer om baie aanhalings uit ander se werke te maak, as bewys dat ons die tema goed ondersoek het en dit baie goed kan saamvat.  In 'n selfsugtige wereld is daar mense wat altyd net hulle eie storie skryf, sonder om ooit die konteks en ander se standpunte aan te haal.  'n Storie sonder aanhalings, is 'n vervelige en eensame werkstuk, en soms is dit 'n bewys daarvan dat ek nooit na ander luister nie, en nooit vrae vra van mense om my nie.  Dit is ook 'n teken dat jy, soos 'n vriend van my se:  "Skeef groei, jou eie rigting in".  Alles in die lewe het mos meer as een kant, en meeste vrae om ons het nie klinkklare antwoorde nie.  So vir my om my storie te skryf sonder ander se insette, laat my storie nie net skeef groei nie, maar maak dit ook heel irrelevant vir ander om my wat vir ander luister.  Jou storie moet gegrond wees in klinkklare voorbeelde uit ander se lewens en ander se standpunte. 

Maar net soos dit gevaarlik is om buite konteks en ander mense se standpunte te funksioneer, is dit ewe gevaarlik om NET in aanhalings van ander te leef.  Ek sien soveel mense wat in hulle eie lewens, in hulle werksomstandighede en in hulle verhoudings NET in en deur ander mense se stories leef.  Hulle leef nooit in uitbundige ekstase nie, maar altyd in en deur ander.  Soveel keer het ek al geskryf dat dit belangrik is om jou EIE storie te skryf, saam met die balans van wat rondom jou gebeur.  Ek kan onthou dat toe ek dominee was en huisbesoek gedoen het by ou mense, hulle altyd die foto albums uitgekrap het en jou die familie en kinders se hele CV opgenoem en met jou gedeel het.  Dit is asof hulle eie lewens nou net in die aanhaling van ander geskied, en dat hulle storie reeds gestop het.  Miskien moet jy vandag bietjie kyk na jou eie bestaan, en hoeveel jy in en deur ander leef, eerder as om saam met hulle te leef en jou storie te skryf.

Mag hierdie dag jou vul met 'n mooi storie, en met geballanseerde leestekens, pas hulle sorgvuldig toe!

Sunday, July 6, 2014

Gat in jou kous

Nou die dag gryp ek n paar kouse uit my kas, en sonder om te kyk trek ek n paar aan met n gaatjie in.

Almal het seker al dit ervaar, want maak nie saak hoe ek probeer nie, my groottoon vind die hele tyd die gaatjie. Dit laat my dink aan die "uitdagings" wat ek en jy daagliks mee gekonfronteer word.

Soms het ons persoonlikheid ook sulke "irriterende" kousgate in. En die ergste daarvan is dat jy daagliks mense en situasies vind wat soos my groottoon daardie gaatjie vind.

Daagliks word ons herinner aan daardie dinge in ons persoonlikheid, tot vervelens toe.

My ouma het altyd kouse gestop, maar selfs daai garingknoets word weer n verdere irritasie. Kort voor lank is die gaatjie weer terug. Vandag het ons mos baie geld en ons gooi maklik weg en koop nuwe kouse. As dit maar so maklik was met ons persoonlikhede, sou dit eenvoudig gewees het. Dit sou maklik wees om voor te begin, maar dit is nie. Jou kousgate bly by jou, en dit word groter en groter soos tyd loop.

Die vraag is egter wat jy daarmee doen?

Ons weet dat mense nie volmaak is nie, wat wel vreemd is is hoe ons daagliks gekonfronteer word met mense en situasies wat juis daardie knoppies in ons druk wat die gat in die kous vind. En ons ingesteldheid is gerig daarop om deur die loop van ons lewe, die kousgat in ons te oorwin of ons wys ander die hele tyd op hulle foute. Daardie groottoon-karring is moontlik die rede vir ons ongelukkigheid.

In die Bybel sien ons hoe arme Job sy bes probeer om gelukkig te wees, maar heelaas, sy situasie verander nie. Paulus vra vir die doring in sy vlees om weggeneem te word, maar God antwoord dat Sy genade genoeg vir hom behoort te wees.

So, die kort en lank van die lewe is dat jy maar moet vrede maak met die gat in jou kous, hoe moeilik ookal. Jy sal moet leer dat mense almal kousgate het en niemand perfek is nie. Jy sal ook leer in deernis dat jou lot dalk nie so groot is soos ander s'n nie. Maar nooit met oordeel nie, want dis nie n kompetisie nie. So dis waar dit begin, jou irritasie met jouself en ander is 'n feit, maar dit gaan nooit verander nie. Die feit dat jy jou mede reisigers inlig oor hulle foute en joune, gaan die reis nie beter maak nie. Aanvaar mense en jouself soos jy is, met gate en foute en uitdagings.

Jesus se lewe is n goeie voorbeeld daarvan. Hoeveel van ons verstaan die kruis wat Hy moes dra? Ons vergeet soms dat Jesus ook mens was. Ons vergeet die druk en spanning wat Hy moes deurgaan. Dink jy dit was altyd maanskyn en rose? Ek dink nie so nie. Maar wie het Jesus in Sy binnekring ingetrek? Dit was die uitgeworpenes, vissermanne, tollenaars en straatvrouens wat hy mee geassosieer het.

Dalk is dit die oorsaak van ons hartseer en onvermoee om verhoudings te handhaaf. Iemand naby aan my het my die grootste waarheid geleer, wat sy nie eers besef nie. Sy het my geleer dat die eise wat ons aan mense stel twee dinge doen. Dit is n fatale alternatief, want dit gee hulle kans om te faal en geleentheid om hulle te veroordeel en te kruisig. Tweedens, die foute wat ons in mense raaksien, saam met die eise, is n ekstensie van ons eie probleme. Ons verwag van mense om die gate in ons te vul.

In die Oosterse godsdienste gebruik hulle die term "karma". Dit omvat n hele klomp teoriee, maar in kort beteken dit die skep van jou situasie deur keuses en emosies. Jy kry in die lewe wat jy in die lewe soek uit jouself.

Eintlik is die hele antwoord vir die lewe opgesluit in God se antwoord aan Paulus, die woord "genade". As ek myself deur God se genade sien, verstaan ek my menswees ten volle, verwyder van oordeel, karma en drama. Met dieselfde oe moet ons na mense kyk, soos Jesus. Geen verskil in klas, intelligense, orientasie, keuses of ingesteldheid nie. Net liefde wat alles deur genade uitleef.

Hierdie week is my dogtertjies by my saam met Rachel, hulle bediende. Van al die "slim" mense en kursusse in my lewe, leer ek die heel meeste van menswees by haar. Sy is nie werklik geletterd of geskool nie, maar van liefde, deernis en genade sal jy ver gaan om iemand soos sy te ken. Sy LEEF net in liefde, sy offer op sonder om te beveaagteken. Sy is volledig mens deur genade en liefde vir ander.

Haar kous het seker meer gate as enige van ons, maar sy wyk nie af van haar lewe nie. Miskien is oom Willem Nicol reg as hy se dat daar rykdom in eenvoud is.

Die lewe gaan net oor liefde en genade, teenoor oordeel en veroordeling!



Sent from my iPhone

Monday, June 23, 2014

Is jy geprogrammeer vir God?

Op Universiteit het een van ons professore in Praktiese Teologie 'n boek met ons behandel, "The Skilled Helper".  In die eerste hoofstuk van hierdie boek se die skrywer, G Egan, dat die basis van enige problem wat mense in hulle lewens ondervind, 'n spirituele basis het.  Op daardie tyd in my lewe het ek nogal gesukkel met 'n klomp idees oor Godsdiens.  As jong teoloog was dit mos ons taak om te wonder en effens rebels om te gaan en nie sommer alles as soetkoek op te vreet nie.  Ek onthou dat ek met die Professor geredeneer het daaroor, want ek het gedink dat daar soveel ander dinge is wat die oorsaak van ons problem in die lewe is en kan wees, anders as net spiritueel.

Soos 'n mens ouer word en die lewe leef, kom ek agter dat ons stryd in ons eie ontwikkeling nie handel oor die bestaan van God, maar eerder oor die manier HOE ons ons godsdiens uitleef.  Dit gaan meer oor 'n wonder na HOE ons nader aan God kan beweeg en leef.  In Suid-Afrika voel baie mense dat die kerk, as gevolg van 'n sekere dogma, ons mislei het, veral in die tyd van apartheid.  Ek moet erken dat die kerk baie verander het, van 'n verdoemende eksklusiewe model, eerder na 'n liefdevolle en inkorporerende manier van dink. Soveel onafhanklike kerke het ontstaan wat wonderlik is, want dit wys ons dat elkeen van ons op soek is na 'n plek waar ons kan voel dat ons nader en beter aan hierdie God kan leef.

Daar is geen twyfel by my dat daar 'n God is nie.  Net omdat ek "HOM" nie kan verstaan nie, weet ek dat God daar is.  Ek sit net soos jy saam met soveel skrywers in die Bybel en wonder soms oor God se plan, pad en manier in ons lewens, waarvoor niemand werklik 'n antwoord het nie. 

Gister lees ek weer die studies van die Neuroteologie, waar navorsers soos Andrew Newman en Eugene d'Aquili, sekere breinskanderings doen en die verandering in die breinaktiwiteite van mense optel, die oomblik wat hulle besig is met gebed of meditasie.  Wat dit vir my beteken is dat daar wel in ons elkeen 'n skakelaar in ons brein is wat 'n stroombaan verbind met die goddelikheid in ons, en saam met ons.  Ons verander outomaties en daar is ook tekens en bewyse dat ons gemoedstoestand en ons denke en selfs ons depressie kan verminder wanneer ons die skakelaar aanskakel.

Ek sal nie se dat ek die antwoord het nie, nooit ooit nie.  Dit laat my dink aan die ongelooflike vers in die Bybel wat se dat ons eers die Koningkryk van God moet soek, en alles ons bygevoeg sal word.  Miskien was Egan dus tog reg in sy eerste hoofstuk van sy boek.  Dalk is ons probleem juis dit dat ons die oplossings vir ons probleme en lewens soek op die prioriteitslys verkeerd is.  Ons soek geluk, vrede, harmonie en genade juis op die plekke waar dit nie is nie. 

Van die gelukkigste mense wat ek ken, is gelowiges, maak nie saak of hulle dogma ooreenstem met myne nie.  Die probleem lyk my wanneer ons die baba met die badwater uitgooi en wanneer ons ophou soek na die koppeling met God.  Wanneer ons nie die skakelaar in ons brein aanskakel en soek na God nie.  Dit is 'n bekering, ja, maar nie 'n bekering in die alledaagse erkenning van bekering nie.  Dit is eerder 'n bewussyn dat ek nie sonder God kan leef nie.  Dit is 'n bewussyn dat ek net die lewe kan leef wanneer ek NA God toe leef, eerder as verder van Hom af.

Daar is dus altyd net een skakelaar in jou brein wat aangeskakel moet wees, en dit is die soeke na God en om meer en meer in God, deur God en na God toe te leef.  Dit is makliker gedaan as gese, want God maak dit maklik.  Studies toon dat dit vir jou moontlik is.  Dalk soek jy op 'n ander manier na God, wat geen fout is nie, solank jy net soek daarna en daarmee besig is.  As dit kernfisika was, sou net die slim mense God kon vind, maar deur die eeue het mense besef dat hulle God kan vind in 'n blommetjie, in 'n boom, in die sing van 'n duif, in die reuk van reen wat op grond val.  Jy het nie nodig om God te soek net in die supernatuurlike nie, maar God is te vinde orals in jou en om jou.

Wat wel saakmaak is dat jy dit raaksien en jou ingesteldheid moet wees teenoor God, of Universe of die energie.  Wat dit eintlik beteken uit die woorde van Egan, is dat daar in elke probleem in jou lewe, die kortsluiting veroorsaak word wanneer jou ingesteldheid nie op God is nie.  Natuurlik is daar baie filosofie oor norme en waardes en verwagtinge en wat ons geleer het reg en verkeerd is.  Natuurlik sal die waardes en wat ons glo verskil van een persoon tot 'n ander, wat natuurlik lei tot ons oordeel oor ander en hulle gedrag.  Daarop sal ons nie nou ingaan nie, maar miskien sal ons oordeel, oorlog, woede en baklei weggaan, wanneer ons die genade van God ervaar en ingeskakel is in die energie daarvan.

Dwarsdeur die Bybel hoor ons stories van mense wat sukkel met hulle beeld van wat met hulle gebeur, maar eintlik is die verhale in die Bybel vir ons elkeen 'n bewys van hoe die lewe wonderlik kan wees wanneer jy hierdie Goddelikheid ontdek en uitleef, op jou eie manier, maar in die wete dat jy dit nodig het.  Daarsonder sal niks in jou lewe ooit die moeite werd wees nie, sal alles vir jou 'n uitdaging wees wanneer jy buite die matriks wil leef.

Ons maak baie foute in ons lewens en ons neem verkeerde besluite.  Soms voel dit asof ons onsself aan ons skoenveters moet optel, of ons voel dat dit God se straf op ons lewens is.  Eintlik al wat ons moet soek, eenvoudig, is die skakel met die energie van God.  Leef in God, Leef deur God en Leef nader aan God - dit is ons enigste doel op aarde.  Wat ookal dan gebeur, is in die hande van die groter mag, maar jy sal dit ook kan hanteer, want jy is deel van Sy stroombaan.


Sunday, June 15, 2014

Aanvaar in liefde

Om regop te bly elke dag is nooit maklik nie. Elke dag het sy uitdagings, vrese, skuldgevoelens, drama, en allerhande dinge wat nie uitwerk nie.

Ons is elke dag malend in ons koppe besig met die dinge. Ons is daagliks besig om te beoordeel, veroordeel en onsself te verbeter. Ons word daagliks gemeet en te lig bevind. Ons spieel onsself in die idee van wie ons dink ons moet wees, en dit is die ergste oordeel oor jouself.

Ek luister vanoggend n wonderlike praatjie van Dr John DeMartini. Dit handel oor die manier hoe ons na die lewe moet kyk, en het my so geinspireer, weereens saam met my studie oor prediker. DeMartini stel dit dat ons in die eerste plek deel van n groter plan is. Elke stukkie van ons en buite ons is deel van daardie plan. Deur aanvaarding daarvan besef ons dat oordeel weggaan, wanneer ons besef dat elke mens en situasie plek het, kom daar vrede. Ons hou op om die vraag te vra, hoekom? Ons leef in geloof, maar eers as ek dit aanvaar, dan eers kan ek die les leer. Ek waardeer die persoonlikhede om my as lesse, nie gevare nie. Ek leer en besef om saam met mense te leef, eerder as teen hulle. In daardie les, omarm ek ander, leer by hulle, sonder om hulle te verander. Jy kan slegs die wereld verander deur jouself te verander, en wat n beter les as deur mense wat "verskil" van ons alledaagse.

Hierdie aanvaarding bring vrede. Soms veg ons so teen die stroom van God dat ons uitgeput niks mooi kan ervaar meer nie. Ons kry in die lewe wat ons soek. As jy fout soek, sal jy vind, en naderhand is daar niemand meer oor nie. En die vreemde daarvan, jy sit later net in jouself, dan begin die skuld en dramas in jouself. Wat ook gebeur is dat jy niks groei nie, en jouself begin uitmekaar skeur.

So moet jy ook jouself aanvaar, want sonder dit, sal jy nooit kan leef nie. En die beste van alles, die foute wat ons in ander sien, pla jou, dit is jou issues. Maar om dit in hulle te wil verander, doen niks vir die oplos van die situasie in jou nie. Dit is altyd jou uitdaging, jou drama en jou reis. Jy kan mense net help in liefde en aanvaarding, en deur hulle toe te laat om hulleself te wees, dan maak hulle oop en word jou leermeester.

Vandag, op hierdie dag van familie is dalk n goeie dag om te aanvaar, lief te he en mense toe te laat om te kan leef. Dalk is dit n dag om op te hou om verwurgend met oordeel mense se asem te steel, en hulle die vryheid wat God hulle gegee het uit te leef.

Laat God vandag toe om God te wees, deur Sy kinders toe te laat om self God se pad te vind wat Hy vir hulle geskep het.

Vergeet vandag die roosterbrood wat iemand gebrand het en omarm die liefde waarmee dit gemaak is!

Sent from my iPhone

Sunday, June 8, 2014

Waarheid

Een van my vriende se: "die waarheid het nie n eienaar nie". Dit laat my toe dink aan sekere woorde wat ons gebruik, dinge soos waarheid, leuens, realiteit, drome, ideale ens. Ek lees baie artikels oor die sg "law of attraction". Ek dink as jy my blogs gereeld lees, sal jy vind dat ek baie stoei met die konsep, maar ek probeer.

Wat ek die meeste mee sukkel, is die idee van realiteit. Hierdie nuwe generasie idees vertel ons dat jy die wereld om jou kan verander deur jou denke. Dit gee ons ook die idee dat as jy iets wil doen of bereik, dwing jou gedagtes in daardie rigting en dink asof jy dit reeds beteik het. Is dit die waarheid in die werklike sin van die woord of is dit eerder n leuen wat jy jou sisteem voer? Dit sou mos baie lekker gewees het as jou bankbestuurder tevrede was om vir jou geld te leen op grond van jou houding, en dat die Universe sal provide. Dit se ook dat jou gedagtes nie kan onderskei tussen denke nie, maw as jy reeds iets gedink het, of dit nou realisties is of nie, werklik of droom is, waarheid of leuen is, jou denke verander jou realiteit. Dit is asof jy n "leuen" in realiteit kan omdraai deur jou ingesteldheid en denke.

Dit is ook interresant dat die Bybel ons leer oor sonde, dat wanneer jy iets dink, nog nie eers gedoen het nie dieselfde is, asof jy dit reeds gedoen het. Iemand lewer nou die dag daarop kommentaar en se ook dat die Bybel vertel dat ons stryd nie teen vlees en bloed is nie, maar teen die bose geeste in die lug.

Ervaar jy dit nie ook dat jou denke, insluitend drome en ideale, jou grootste vyand is nie? As ons leer van die gelykenis van die mosterdsaadjie, word daar gese dat as ons geloof so groot soos die saadjie het, ons berge kan versit.

Geloof word soms volgens my verwar met godsdiens. Ons mag mos "glo" dat God ons lewens kan verbeter. Ons mag tog dink dat ons alles kan vermag. Miskien ook dat wanneer ons glo ons nie kan nie, ons nie sal nie. Amper die idee dat "what you settle for is the best you are going to get".

Miskien is dit wat ons weerhou van die drome en ideale nie noodwendig die bose met horings en vuur nie, maar eerder die teenoorgestelde van geloof, naamlik ongeloof. Ons leef in n wereld vol "ongelowiges" wat ons telkemale herinner aan die feit dat "geloof" geen plek het nie. Telkemale word ons vasgemaak en teruggetrek deur die "realiteit", van die lewe vandag. Ons geloof word verskraal deur dat ons nie meer glo en droom nie. Van daar dalk ons afsak in n bodemlose put van "opgee" dat ons asemdiewe word.

Toegegee, ek is n dromer en ek glo. Mense om my kyk na my realiteit en kan nie dink dat ek positief kan bly nie. Soms sukkel ek maar, maar as ek terugkyk op my lewe, besef ek dat daar soveel wonderlike dinge in my lewe gebeur. Ek kyk na kunstenaars om my wat trauma deurgegaan het vir n periode in hulle lewens, maar juis daardie pyn en drama het hulle voorberei vir hulle a-ha periode van briljansie.

Maar hoe hanteer jy daardie tydperke in jou lewe wat jy voel jy gaan agteruit? Daar is natuurlik baie antwoorde, en een is baie interresant. Ek glo dit is altyd n geleentheid om te leer. Ons dink soms dat dit toetse vir daardie geloof is, en glo my, daar is meer ongelowige mense wat die realiteit eerder glo as die droom. Mense wat jou lewe net judge ogv huidige vorm, nie volgens wie jy werklik is nie. Mense wat se idee van jou gevul is met jou mislukkings en jou sodoende oordeel.

Die Bybel is vol mense met "geloof" en n boodskap of droom in hulle harte. Mense soos Noag wat gespot en uitgekryt is as mal en wensdenkers. Wat nou gebeur het as hy ingegee het aan die spot en druk van die gemeenskap? Moses wat voor die Rooi See gestaan het en die waters laat oopgaan het. Wat by die klip gestaan het en met sy staf water daaruit laat kom het?

Dalk is ons wereld in so n toestand, want ons laat nie toe dat God, soos in die woorde van Romeine, ons Denke verander sodat ons Sy wil vir ons lewens kan bereik nie. Dalk is daardie kunstenaars "writersblock" dalk presies wat jy nodig het. Dalk is dit jou tyd in die woestyn wat juis nodig is dat jy jou Kanaan kan bereik.

Tweedens leer ons in sulke tye om ons oog op die Kanaan te hou. Natuurlik het die Israeliete moed verloor, vreemde dinge begin doen, geloof verloor en swaargekry. Maar in die woestyn het hulle nie hulle neuse vir die kwartels of manna opgetrek nie. Soms doen ons dit, om in tye soos die net te fokus op Kanaan, en neus op te trek vir wat ons het.

Moenie in tye van woestynlewe vergeet van die mense wat saam met jou trek nie. Dis dalk nie jou koppie tee nie, maar elkeen het n bydra te lewer. Heel moontlik gebruik God juis mense om jou denke te verander en jou beter te maak. Daar in die woestyn word jy op reis gedwing saam met mense wat nie altyd jou keuse is nie, moenie dit resist nie, leer by hulle.

Die lewe gaan oor mense. Nou die dag lees ek n oulike spreekwoord, "God created people in his own image, to know God is to search for him in other people". Elke mens is God se skepping, dalk moet ons ophou oordeel, daarmee verarm jy jouself. Hou op soek na maniere om hulle te oordeel, eerder na maniere om hulle lief te he.

Laastens, miskien moet ons nie so veroordelend op onsself wees nie. Dis dalk juis hoekom jy in die woestyn is, om dalk God se liefde en genade vir jouself te ontdek. Dalk is dit die werklike "law of attraction", om weer lief te word vir jouself. Dalk moet jy die oordeel en die verwyte en spyte en mislukkings vergeet. Dalk is dit hoe jou lewe gaan verbeter. Hou op oordeel oor jouself, hou op om te dink dat geluk eers gaan kom wanneer jy in Kanaan kom.

God is volmaak, Hy lei jou op paaie waar nie kaarte voor is nie. As God se dat ons eers die koningkryk van God moet soek, en alles dan sal kry wat ons harte begeer, dan is dit beslis die liefde. Wees eers lief vir jouself, hou op oordeel, beoefen genade op jouself en die mense om jou, en gaan leef.

Die Bybel is deurspek met voorbeelde waar God krom stokke gebruik om reguit houe te slaan. Maar hulle sukses kom deur geloof, nie deur perfek te wees nie. Slaan jou hou, en glo dat God die "realistiese" uitkoms van jou hou, met Goddelile mag in wonderwerke kan verander.

Moenie nou net voluit gaan leef nie, maar gaan glo voluit en in die liefde! Dis wanneer jy in die waarheid gaan leef, sonder dit is jou lewe n leuen!

Sent from my iPhone