Thursday, July 9, 2015

Sin in jouself

Ek loop so deur Exclusive Books en kyk na al die boeke. Daar is fiksie, DIY, Filosofie en Sielkunde boeke opgestapel. Een idee pak my toe beet, nl die stoei waarmee die mens probeer sin maak van hulle lewens.

Op die stoele sit mense en lees, die een ou lees Osho se filosofie, n meisie sit met n trourok boek, n ander oom weer met n motortydskrif. Op die grond sit n dogtertjie en sy lees n Barbie boekie terwyl haar ma op die stoel sit en deur n Sielkunde boek blaai. Elke mens is anders, ons belangstellings verskil, maar erens daarbinne soek ons na sin vir ons bestaan.

Ek het grootgeword met 2 ouers wat elkeen verskillend hulle soeke uitgeleef het. My ma is n of het n baie sterk realistiese uitkyk op haar lewe. Gekoppel met haar wiskunde en musiek agtergrond maak dit sin dat 1 en 1 twee is, soos ons nou maar sal definieer as realisties. My pa aan die ander kant het nooit die geleentheid gekry om te studeer nie, alhoewel hy baie van sy talente probeer uitleef het, was sy kop altyd in die wolke. Alhoewel 1 en een 2 is, was hy nooit tevrede met sy lewe nie. Hy wou altyd meer en anders, wat hom uiteindelik in sy siel laat sterf het. In die proses het hy ook my ma en my lewe saam afgetrek, emosioneel en prakties.

Dit was altyd vir my baie moeilik om tussen die 2 plekke en mense te leef, want ek is dalk meer "onrealisties" in my opmaak. Ek is meer n half vol glas mens en gesukkel om die twee punte bymekaar uit te bring. Intussen het ek baie gegroei, in die besef dat daar nie reg of verkerrd is nie. Daar is net jy, wie jy is en wat jy is, en dat ek eintlik n waardevolle les moes aanleer van balans. 

Realiteit word soms afgemaak as "reg" en dromers as "verkeerd". Of so het ek dit vir lank gesien en gerebelleer teen die konstante realiteite van die lewe. Die lewe is eintlik eenvoudig, dit is net wat dit is. Ek het in myself probeer om verskillende dinge te wees, geskop teen wie ek is, en soos in Exclusive Books eerder die "regte" boeke gekies as boeke wat ek "wou".

So kyk mens terug na jou lewe en kan mens baie mooi sien hoekom jy jou keuses gemaak het. Dit is eenvoudiger so want jy kan die hele prentjie sien. Dit word ook gevaarlik want jy leef soms net in die verlede. Soms word ek kwaad vir nuwe idees dat jy "net" in die nou moet leef, terwyl dit soms onnatuurlik is. Hoekom sou God vir ons geheue gegee het, en daarmee saam analitiese denke waarmee ons verlede kan ontrafel? Soms voel dit asof ons sin wil vind in die onnatuurlike, die "ander" boek wil lees wat nie ek is nie. Soms om ander te beindruk, maar soms omdat ek glo dat ek nie my natuurlike self wees "mag" wees nie.

Uit my lewe het die feit dat my pa "aangejaag" het, my gedwing om n deel van my menswees te misken. Ek het myself gedwing om die "regte" ding te doen. My lewe was vir lank vol van n klomp boeke, mense en optrede wat ek nie met my hele hart in kon glo nie. Ek kon dit baie goed doen, want soos elke ding wat ons onnatuurlik doen, bestudeer ons dit van buite en kan jy dit met presisie toepas. Dit klink vreemd, maar onnatuurlike "jy-wees" is makliker, want dit is klinies en presies. Jy is nie in dit nie, en daarom kan jy die vangplekke sien en vermy. Dit is makliker om in n inkleurboek die olifant tussen die lyne in te kleur. Dit is moeiliker om jou eie prentjie te skets sonder aanwysing of leiding. Maar hoeveel van ons spanning en drama word veroorsaak deur die verveling om iemand anders se prentjie in te kleur? Jy wen dalk al die pryse, maar dit is nie "jy" nie. Maar, omdat ons aanvaarding soek, teken ons nooit ons eie prentjie nie, omdat ons hoor dat dit "verkeerd" is om "anders" te wees en te dink. So word ons almal soos wilde perde wat ingebreek word en in n kampie bly, onder beheer.

Soms voel die wereld vir my dat jy deur die dieretuin stap, jy sien al die pragtige mense wat in hulle hokke op en af loop. Mooi getem en beheerbaar, want dis anders en beter vir die wereld om n leeu agter tralies as in die wildtuin op voet te sien. Die rede is dat dit nie noodwendig die dier in die hok is wat beskerm word nie, maar eerder beter is vir die toeskouers. 

En ek is ook skuldig daaraan, ons almal is. Ons wil ons mense en ons idees en denke eerder op hok hou, want n mak dier is makliker beheerbaar. As ek na die wereld om my kyk, ja, klomp hokdinge soos Eskom werk nie, en mense doen mal dinge en maak foute, maar dit was en is altyd hulle wat "anders" was wat die mensdom vorentoe gevat het. Hulle wat eenvoudig hulleself nie laat inhok deur die "aanvaarbare" of deur die onmoontlike nie. Ek glo dat alles in die lewe moontlik is, niks is onmoontlik nie. Ek glo ook nie in die "norm" nie, selfs die bybel leer ons dat wat vir een persoon verkeerd is, nie noodwendig vir die ander een is nie. 

Natuurlik werk die lewe so dat ons saam moet leef en mekaar in ag moet neem. Maar in ag neem beteken nie dat ek soos jy hoef te dink en doen nie, en ook een mens akkommodeer makliker iemand wat jou akkomodeer. Dit is n sielkundige feit dat as ons veilig voel om onsself te wees ons gemakliker funksioneer. Die bybel vertel ons dat jy jou naaste moet liefhe, SOOS jouself. Jy moet altyd eerste kom in jou lewe, jou drome, jou ideale en ook jou grille en geite. Natuurlik bepaal die liefde komponent van daardie vers dat daar n fyn balans is in die grense tot die mate wat jy jouself prysgee, of van ander verwag om prys te gee.

So, jy skuld jouself die lewe, en mense wat jy kies om saam te leef die son wat oor hulle skyn. Weereens roep ons die konsep van balans om ons te help. Ons is op ons gelukkigste as mens wanneer ons so binne balans funksioneer.

Ek is bewus van die voorbeeld van Jesus wat as dienaar Homself gegee het om gekruisig te word. Maar in so baie van ons analises in die Bybel, kyk ons mis dat die bogenoemde NIE beteken het dat Jesus oor Hom laat loop het nie. Neem ook ons moderne ikone soos Nelson Mandela, Ghandi en moeder Theresa, almal wonderlike mense, maar in die voorbeeld van Jesus hulle eie radikale boodskappe rigied verkondig. Nogal vreemd dat mense wat radikaal ander hulle selfwees uitleef juis die mense word wat vir ander kan leef? Dit dwing respek af en dek die tafel vir hulle om juis dienaar te wees. Ons wil maklik mense uitwys as selfsugtig, terwyl vir jouself te kies juis nie mense veroordeel nie. Selfsugtige mense is veral nie die wat vir hulleself kies nie, maar in hulle verhoudings opsetlik andrr wil seermaak. Dit is die ander kant van die munstuk om iemand se slaaf te wees. Slawe en selfsugtiges "hang" soos parasiete aan ander en trek ander mense af. Om eerlik jouself te wees en te kies vat dus niks weg van ander nie, inteendeel skep dit vir ander die ruimte om op hulle eie manier te ontwikkel. 

Soms stap ons in mense se lewens in soos in Exclusive Books en wil ander boeke wat ons pas in hulle hande stop. Soos ons grootword besef ons tog dat jy dit nie mag doen nie. Te veel kere wil ons mense in ons lewens kies en soos n beeldhouer hulle kap om ons idees te pas. Dan gebruik ons verskonings dat ons ondervinding het of omgee. Natuurlik mag jy jou opinie lig, maar wetend dat dit gebasseer is op jou idees, jou ervaring en jou drama. 

Mens bak baie dinge in n oond, maar nie alles wat jy bak is dieselfde nie. Die basiese beginsels mag ooreenstem, maar temperatuur, die pan en die bestandele verskil. Dit is hoekom sielkundiges geleer word om te luister eers, nie jou eie opinie te lig nie, want dit is gebasseer op ervarings wat gladnie noodwendig inpas by ander se lewens nie. En om eerlik te wees, niemand het die mag en pag en kennis om ander werklik van raad te bedien nie, en soms kan ons raad mense op n dwaalspoor bring.

Hou jou maar eerder by jou eie denke van jou lewe, sorteer jouself uit en spandeer energie op jouself. Wees vir ander n plek waar hulle sonder oordeel rustig hulle eie boeke in jou teenwoordigheid kan kom lees, sonder oordeel, sonder snaakse kyke en met totale vryheid. Weet en verstaan dat elkeen op sy eie reis is, en jy hulle moet toelaat. 

Verder in die analogie van naaste soos jyself, n mens lees baie van hoe iemand oor hulleself dink, uit hoe hulle ander hanteer. Wat jy van ander dink is n spieelbeeld van hulle lewens en hoe hulle hulleself sien. Dit is moeilik vir mense om "andersheid" te hanteer of buite hulle verwysingsraamwerk te funksioneer. Iemand wat sy hele lewe in Pretoria bly kan onmoontlik vir jou aanwysings gee vir Londen. Dit is hoekom jy ander se opinies moet en kan aanhoor, maar altyd met n knippie sout dit nie persoonlik opneem nie, hulle kommentaar se meer van hulleself as van jou. Dit beteken nie dat jy nooit mag of moet luister vir ander nie, maar altyd binne konteks. Daarom is dit belangrik om mense om jou te verstaan eers, weet van waar hulle dinge se, en dit so te analiseer. Dit bly egter jou besluit wat jy gaan lees en waaraan jy jouself blootstel.

Dus, jou lewe is elke dag oop voor jou met legio moontlikhede. Jy kan en mag lees wat jy wil. Jy mag jouself blootstel net waaraan jy wil. Lees JOU boek eers, moenie so ingestel wees op wat ANDER lees en doen nie. Jy kan luister na ander se boekstories, maar het nie nodig om die boek jou eie te maak nie. Vind SIN in die lewe deur jouself te aanvaar. En soms, geniet wat jy lees, alles het nie nodig om n handboek te wees nie, vergeet om iets te moet leer. Wees jouself, leef jou eie lewe, want dan sal jy sin vind in ander en hulle in jou!

Sent from my iPhone

No comments:

Post a Comment