Friday, July 31, 2015

Alles is balans

Vanoggend staan ek op en skielik word ek herinner aan die woorde van die 1983 song van Depeche Mode, "Get the balance right".

There's more besides joyrides
Little house in the countryside
Understand, learn to demand,
Compromise, sometimes lie
Get the Balance right, get the balance right
Be responsible, respectable,
Stable but gullible
Concerned and caring, help the helpless
But always remain ultimately selfish
Get the balance right, get the balance right
You think you've got a hold of it all
You haven't got a hold at all
When you reach the top, get ready to drop
Prepare yourself for the fall, you're gonna fall
It's almost predictable
Don't take this way, don't take that way
Straight down the middle until next Thursday
Push to the left, back to the right
Twist and turn 'til you've got it right
Get the balance right

Ek het so baie al gepraat van die werk van Dr. John DeMartini wat juis handel oor balans.  Sy uitgangspunt is dat alles in die heelal in balans funksioneer.  Wat veral interresant is, is hoe 'n mens dit in jou persoonlike en emosionele lewe kan toepas.  Eintlik wee tons dit instinktief, en ons probeer om dit te doen, maar dit moet tog 'n kognitiewe besluit wees.  Wanneer jy kognitief en bewustelik besig is met jou problem en uitdagings, word jou lewe werklik beter.  Bewussyn van jouself en jou gevoelens is dit begin van groei, sukses en geluk. 

Gister is my seun op die enkel raakgeslaan in die hokkie oefening, en eintlik gekrul van die pyn, want dit is net daar waar sy pads nie meer bykom nie. 
Ek het hom so bietjie samboksalf gesmeer, en die oomblik toe ek aanbeveel dat hy dalk moet hospitaal toe gaan vir plate, voel hy skielik beter.  Dit is wat balans doen, want dit help ons eintlik net om dinge in perspektief te stel.  As jy nou vanoggend deur die intensief by Little Company of Mary gaan stap en sien hou mense veg vir hulle lewens, gaan jou probleme skielik vir jou anders lyk. Vir sekere mense maak hierdie tipe van aksies nie sin nie, want dit verander nie jou probleem nie, en ja, ek erken dit.  Mense vra my baie keer hoe ek dit regkry om te midde van groot drama positief te kan bly.  Dit is natuurlik 'n baie moeilike vraag, maar kom ons probeer dit antwoord.
1.      Persoonlikheid
Ons verskil van mekaar, en daarom is daar 'n deel van jou wat jou oor die algemeen in 'n outomatiese modus plaas om dinge op 'n sekere manier te hanteer.  Hieraan kan ons bitter min doen, want dit is dalk in jou DNA ingeskryf oor hoe jy sekere situasies hanteer.  Dit beteken nie dat dit altyd maklik is om so positief te wees nie, dit is steeds 'n inspanning en vat baie werk, al lyk dit asof dit van self kom, kom dit eintlik net vir sekere mense makliker as vir ander.
2.       Uitkyk op die lewe
My uitkyk is dat alles wat gebeur, of ek dit nou as drama, hartseer, geluk of vrede sien, het 'n plek in my lewe.  Ek leer uit dit wat gebeur elke liewe dag, en ek SOEK na die rede vir alles.  Uit my blog sal jy sien dat ek baie dink oor dinge, en daarom het die neerskryf van my idees my uitsorteer en balanseer geword van my eie lewe.  In verhoudings is dit natuurlik baie stressvol om die persoon the wees wat altyd positief is, want ander sien dit nie altyd soos ek nie.  Ek glo ALTYD dat dinge sal uitwerk, en as dit nog nie uitgewerk het nie, dan sal dit.  Ek kyk deur die geskiedenis van mense wat groot hoogtes bereik het, en een ding wat jy baie van hulle sien, is dat hulle NOOIT hulle geloof verloor het in hulleself of die droom wat hulle het nie.  Dit was natuurlik vir hulle belangrik om 'n paar ompaaie te loop om sekere dinge eers te kon leer of doen, maar hulle het hulleself oorgegee aan die proses.

My ander uitkyk op die lewe is dat jy jou gedagtes kan programmeer om enige iets te doen.  Om jou persepsie teenoor 'n saak te verander, bring dit in jou bewussyn, en ek glo dat elkeen van ons die keuse het HOE ek gaan reageer op 'n situasie.  Elke probleem word vir my 'n proses waarin ek kan leer om in balans te leef en die balans te bring.  Ek verstaan dat die persoon wat nou vandag met my ongeskik is, deur hulle eie prosesse gaan.  Nie alles wat almal doen gaan oor MY nie, want ek is nie die sentrum van die Universe nie.  Ek verstaan ook dat wat ek sien hoe mense my hanteer, vir my 'n alarm laat afgaan het dat ek nog nie my balans gevind het in die situasie nie, en daarom moet ek aan myself werk, want alles is net 'n spieelbeeld van wat ek oor myself kan sien.
3.        Jy IS nie jou omstandighede nie
Ons word so maklik ingetrek by dinge rondom ons, dat ons vergeet dat my omstandighede my nie mag of kan definieer nie.  Ek kan baie voorbeelde opnoem van mense met gestremdhede wat op 'n verhoog staan en vir ons leer dat jy jouself definieer, en nie jou omstandighede nie.  Ek vind dit baie inssiggewend dat mense vir my vertel dat hulle gaan gelukkig wees wanneer hulle dit of dat gaan doen of kry.  Moet vir geen oomblik dink dat ek nie swaar in die lewe gehad het nie.  Ek het grootgeword met 'n pa wat 'n alkoholis was en dit kon my gebreek het, maar dit het nie.  Ek het huwelike gehad  wat nie uitgewerk het nie, maar het dit my gebreek, nee.  En so kan ek aanhou met voorbeelde uit my lewe.  Ek sal nie se dat ek 'n robot is nie, maar ek kan wel se dat ek bewustelik verstaan het wat aangaan om my, weereens in die wete dat ek in elke omstandigheid kan besluit hoe ek wil reageer en wil optree. 

Daar mag tye wees waar jy in trane wil uitbars, ongelukkig voel oor wat iemand doen of nie doen nie, maar as jy jou omstandighede die mag in jou lewe gee, sal jy altyd 'n pion van jou lewe wees.  As jy die mag van jou lewe vir wie of wat ookal gee, is dit JY wat die mag weggee, niemand kan dit by jou vat nie.  Te veel van ons soek en wag vir dinge om OM ons te gebeur, of iemand of iets om my gelukkig te maak.  Mense wat suksesvol is in wat hulle ookal doen, is juis die wat TE MIDDE van hulle omstandighede gedoen het wat hulle wou, en nooit die beheer van hulle drome van ander of omstandighede afhanklik gemaak nie.
4.        Aanvaarding
Saam met bogenoemde, is die aanvaarding van jou lewe en omstandighede die waarheid waarvan die Bybel praat, want dit is deur die aanvaarding wat ek Vryheid kry.  Daar is sekere dinge wat ek niks aan kan doen nie, veral my verlede, maar deur te aanvaar verander ek en neem ek die mag uit die situasie.  Aanvaarding beteken nie dat jy net oor jou moet laat loop nie, inteendeel, aanvaarding gee jou mag om aan te gaan met wat jy besig is en juis te leef. 

Maar aanvaarding is nie altyd so maklik nie, dit is 'n konstante proses.  My aanvaarding kom deur dat ek mense en situasies nie altyd kan verander nie, dis nie DSTV en jy sit met 'n remote nie.  Ek sien dit soos met 'n film wat op TV afspeel, en ek kyk dit, maar of ek volledig vir altyd gaan inkoop en dink dat dit die enigste film is wat bestaan, verskraal ek my lewe.  Aanvaarding is om te besef dat die film wat ek kyk daar is vir 'n rede, ek kan dit kyk, analiseer en vat wat ek dink belangrik is en die res kan ek los.  Aanvaarding is baie keer die een ding wat ek kan doe nom balans in my lewe te bring. 

In Depeche Mode se song verwys hulle na die teenoorgesteldes, en saam met aanvaarding verstaan ons ook dat die lewe tussen hierdie twee pole gaan wees van waar dinge my pas en waar dinge my nie pas nie.  Soms is ons ongelukkigheid omdat alles nie net 'n joyride is nie, maar 'n verantwoordelikheid op 'n ander plek.  Eenvoudig is dit dalk hoekom ons so min van Maandae hou, want dit balanseer die lekker van die naweek uit.  Aanvaarding is om dinge te sien soos dit is en wat dit is, en dan aan te beweeg en verder te lewe, in die wete dat alles in die lewe, hoe ek dit ookal sien, 'n rol in my lewe speel.  Vir my as gelowige, vertrou ek ook in 'n God wat in beheer is, en waarvan ons leer dat Hy ook soms sy mense deur dinge gesit het wat nie lekker was vir hulle nie.  Maar ek glo ook in 'n God wat die balans ook bring, en daarom aanvaar ek alles wat in my lewe gebeur in vertroue dat God in beheer van hierdie hele film is wat in my afspeel elke dag.
5.        Drome
Soms is ons so vasgevang deur die dinge wat ons weerhou en keer van ons drome, dat ons ophou droom.  Ons hou ons oog op die dinge wat "probleme" is, en vat ons visie af van dit wat ons wil en moet doen hier op aarde.  Natuurlik is dit so dat groot drome ook groot obstacles het.  Suksesvolle mense en gelukkige mense is iemand wat hulle laat SUIG deur hulle droom, eerder as om te fokus op al die dinge wat nou of in die toekoms in die pad daarvan te kan staan.
Mense wat respek afdwing, is mense wat nie opgee op hulle drome wanneer die opdraende en slaggate kom nie, maar wat hulle oog hou op die kruin van die berg wat hulle besluit het om te klim.

No comments:

Post a Comment