Monday, July 29, 2013

Refleksie

'n Spieel is een van die fassinerendse objekte in die wereld waarin ons leef.

Wanneer ek in die spieel kyk
is daar 'n refleksie wat by my 'n oordeel wakker maak. Aan die een kant kan die oordeel wees dat ek nie saamstem met wat ek sien nie, of aan die ander kant dat ek totaal gelukkig is met die prentjie wat gewys
word. Ek dink dit is hoekom filosowe en sielkundiges ook van die psige van mense praat as 'n refleksie, want al wat sielkundiges eintlik in sessies doen is om 'n spieel voor my te hou, en deur gesels en my
stories begin ek sin maak van wat ek sien. Ek wonder of daar enigsins plastiese sjirurgie sou gewees het indien daar nie spieels was nie, want ek sou ander mense gesien het vir wie en wat hulle was, maar ek
sou geensins myself met hulle kon vergelyk nie. Maar nou is daar 'n maatstaf, waarvan die spieel en die refleksie maar net 'n metafoor van die lewe is.

Daar is natuurlik ook ander refleksies wat my wys wat in my lewe gebeur. Een daarvan is hoe ek grootgeword het en al die mense en ervarings wat my oor tyd 'n reflektiewe beeld gegee het. Elke mens sien die lewe op 'n sekere manier, en reageer op grond van hulle ervarings verskillend op soortgelyke impulse van buite.

Dit is vir ons in Suid-Afrika makliker om hierdie konsep te verstaan omdat ons so 'n
uiteenlopende klomp volke is wat op een bodem leef. Ons oordeel, veroordeel of aanvaar dinge natuurlik op grond van die blootstelling wat ons oor tyd opgebou het. Almal van ons, swart, wit en bruin het 'n geskiedenis met mekaar. Indien jy deel van die apartheid sisteem was, voel jy anders oor wit mense en swart mense as kinders wat vandag hier woon. My jonges maak nie soveel 'n onderskeid oor mense wat verskil nie, maar sien mense baie nader aan mekaar, en sien mense as amper dieselfde.

Maar een ding is seker van menswees, en dit is dat elke mens 'n filosofie onderskryf wat hulle pas, of dit nou werk of nie werk nie is irrelevant. Hierdie filosofie of denkwyse help my om elke dag te funksioneer
en ons hanteer die filosofie op een van 2 maniere. Aan die een kant probeer ons ander oortuig dat dit die regte manier van dink en doen is, en aan die ander kant assosieer ons graag met mense wat dieselfde dink as ons. Dit is waar jy sal sien dat "birds of a feather will flock together", en waar ons graag "aanvaarding" soek vir ons manier van dink en doen by mense wat ook soos ons dink. Ons probeer vir dae en nagte om mense te verander, veral as hulle nie soos ons dink nie, en ons sit ons kinders in skole waar hulle die filosofiee wat ons nastreef kan leer en hulle eie maak.

In die voorbeeld van die spieel en plastiese sjirurgie, het my grootouma gese: "My kind, as jy jouself moes maak, sou jy nooit klaargekry het nie". Hoe waar is dit nie, en veral oor 2 redes. Aan die een kant is daar nie 'n volmaakte beeld van hoe 'n mens moet lyk nie, want vandag is kort hare die mode en more is die style van die jare 50 weer terug. Aan die ander kant is die beeld wat jy van jouself het in sigself 'n negatiewe beeld, want mense dink altyd dat hulle nie goed genoeg is nie. Dit sien ons by filmsterre wat die mooiste mense op aarde is, maar steeds miljoene elke jaar spandeer om nog mooier te wees.

Daar is ook 'n inherente ingesteldheid in die mens wat ons van die Bybelse tyd in Genesis al leer, en dit
is dat ons glo dat daar 'n volmaakte is. In die paradys sien ons dat God die volmaakte lewe geskep het, en die volmaakte mens geskep het. Toe kom die slang en oortuig die mens om van die verbode vrugte te eet, wat 'n bewys is dat ons nooit tevrede sal wees met wat ons het nie, maar altyd oordelend sal soek na beter en groter. In die Tao te Ching leer Taoisme ons dat die priesters van die geloof nooit in warm water mag bad nie, want dan sal hulle altyd warm water soek, en nooit tevrede wees met wat hulle het nie.

Daar is niks fout daarmee om te wil groei en beter te wil lewe nie, dit is 'n menslike en natuurlike konsep. Die vraag is egter of jy ooit tevrede is met wie en wat jy reeds is en het, en of jou lewe nie so gedryf word na 'n bestemming dat jy nooit verstaan of leer om die blommetjies langs die pad te
waardeer nie. Ons wil altyd groter, beter en verder vlieg soos Adam en Eva, dat ons soms vergeet waar ons nou is is dalk die paradys. Die probleem is nie net soseer in onsself nie, maar in die manier hoe ons
ander mense beskou. Ons is soms so besig ook met ander mense en om te wys op wat hulle alles verkeerd doen of hoe hulle lewens lyk, dat ons vergeet dat daar nie 'n norm is nie. Dit is hoekom die Bybel ons leer om maar ons eie imperfeksies raak te sien en te weet dat ek met 'n balk in my oog sit. So leer die Bybel ons ook dat die oordeel waarmee ons oordeel, die norm word waarteen ander mense en
God my gaan oordeel.

Dus, as ek aanvaar wil word vir wie ek is en nie veroordeel wil word nie, moet ek ophou oordeel. Dit bring ons dus weer terug by die spieelbeeld van my lewe, en dit is dat my lewe 'n refleksie is van wat ek dink en doen. Moeilike mense het moeilike omstandighede en sal moeilike mense om hulle vergader.

Liefdevolle mense sal liefdevolle situasies om hulle beleef. Hardkoppige mense sal hardkoppigheid orals om hulle sien. Ongelukkige mense sal ongelukkige lewens he, want alles is 'n refleksie. As jy in
dankbaarheid leef, sal jy steeds meer dinge in jou lewe ervaar waaroor jy dankbaar kan wees.

Die afrikaanse spreekwoord lei ook: "meng jou met die semels en dan vreet die varke jou". Elkeen van ons het keuses elke dag van ons lewens om ons aksies te rig in die rigting van wat ons dink die regte een
is. Gaan lees gerus 'n vorige blog oor oordeel en be-oordeel, wat basies daarop neerkom dat ek die reg het om na mense en situasies te kyk, en te kan besluit of ek dit wil reflekteer na ander plekke en mense
in my lewe. Onthou, niemand is 'n eiland nie, en jy reflekteer nie net die beeld van mense terug na hulle toe nie, maar ook na die hele wereld om jou. Dit beteken dat jy inkoop in dinge en tevrede is om dit te
reflekteer, of jy sny mense en dinge uit omdat jy dit nie wil reflekteer nie.

Waar 'n spieel en mense van mekaar verskil is dat die spieel staties is en geen keuse het oor wat hy wil reflekteer nie. Soms voel mense ook so vasgevang in hulle lewens en stagneer in hulle refleksie. Ek ken baie mense wat so is, wat nie verder kan dink nie, nie beginsels kan insien nie en altyd dieselfde ou
prentjies gaan wys en totaal voorspelbaar is. Ek glo egter dat God ons so geskep het met gesonde verstand en gesonde denke om iets anders te kan wees of doen in ons lewens.

As jy dus in 'n verhouding is wat toksies is en jou fisies siek maak, en jy vasgevang is in 'n lewe en lewensfilosofie wat jou nie pas nie, gee die Bybel jou ook die reg om dit af te sny as dit jou pla. Daar is niks fout daarmee nie. As jy vriende het wat dinge op 'n sekere manier doen, maar jy voel nie gemaklik daarmee nie, verander dit.

Verstaan altyd dat dit ook 'n refleksie op jou en van jou is van waar jy is in jou lewe en hoe jy leef, so jy oordeel hulle nie, jy mag jou eie besluite neem.

Soms is ons ook so besig met ander mense en hoe hulle refleksies lyk, maar een ding het ek geleer, what you see is what you get, en as iemand nie self hulle refleksie wil verander nie, moet jy dit of sluk of
uitspoeg, daar is geen salf te smeer nie. Mense verander net vanself, en geen preek of praat of oordeel gaan hulle "dwing" om te verander nie. Daarom, los hulle in hulle eie hande, hulle moet self verantwoording doen van wie en wat hulle refleksie is.

Gaan skyn jou eie skyn, lekker week!

Deon Lewis
0767801421
BBM Pin 26F40471
Also find me on Whatsapp

Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

No comments:

Post a Comment