Monday, June 6, 2011

Vergiffenis

Na aanleiding van my ander blogs, het baie mense redelike vrae gehad oor vergiffenis.

Die eerste punt wat ek wil maak is dat dit baie moeilik is om te vergewe. Veral omdat mense dinge aan ons doen, direk of indirek, wat ons emosioneel wond. Ons sukkel dan om te vergewe, want die seer bly by ons.

Ek dink dat ons leef volgens die filosofie van verdienste. Ons glo dat mense respek en liefde moet verdien. In die film "Entrapment" is daar n goeie aanhaling wat dit opsom: "first we do, and then we trust". So wil ons ook dat mense moet verdien, eers iets moet doen voordat ons reageer met liefde, vertroue en ook vergiffenis.

Vergiffenis is egter die moeilike van die 3, want dit sluit ook vergeet in.

Jesus het n totaal nuwe konsep in die Nuwe Testament kom leer. Totale vergiffenis en vergeet. Selfs aan die kruis se Hy: "Vader, vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie".

In hierdie woorde is daar belangrike geheime van vergiffenis.

1. Vergiffenis kom uit jouself. Jy besluit om te vergewe sonder dat iemand dit verdien. Jy doen dit vir jouself, en nie vir iemand anders nie. Jesus het op n nuwe manier na mense gekyk.

2. Mense wat self sondig is moet nie klippe gooi nie. Ons almal doen baie dinge elke dag verkeerd, en ons loop met balke in ons oe, en oordeel die met die splinters in hulle oe. Daar is nie skale van erger en minder erg nie. Jy vergewe omdat jy ook nie volmaak is nie, en wie is jy om oordeel te fel oor ander? Selfs jy weet ook nie altyd hoeveel seer jy ander aandoen of gedoen het nie.

3. Jy en mense vir wie jy kwaad is, doen soms dinge wat nie daarop gemik is om jou seer te maak nie. Mense dink, doen en sien die lewe verskillend, en heel moontlik het hulle redes hoekom hulle dinge doen wat nie geheel en al gerig was op jou verwoesting nie.

In die "four agreements" is twee van die punte vir geluk dat jy nie alles persoonlik moet opneem nie en ook nie aannames moet maak nie.

Daar is dalk omstandighede waar jy voel dat dit met voorbedagte rade is dat iemand iets gedoen het, maar in genade kan en moet ons besef dat dit hulle realiteit is wat tot hierdie aksie gelei het. Dalk het jy ook n rol gespeel in die oorsprong van die aksie.

Wees dus genadig met mense en met mense, want elkeen leef in hulle eie realiteit en redes. Jy self is nie onberispelik nie, so jy kan en mag nie oordeel nie.

4. Vergiffenis gaan nie net oor die ander persoon nie, dit handel oor JOU. Deur ander te vergewe beteken meer vir jou, want jy spreek jouself vry, en laat nie meer toe dat wat gebeur het jou elke dag en die res van jou lewe affekteer nie. As jy dit nie doen nie, gee jy die mag aan die insident om jou elke liewe dag te pynig. Stel jouself vry.

5. Mense wil ook nie vergewe nie, aangesien hulle voel dat vergiffenis die "swartskaap" die idee gee dat wat hulle gedoen het reg en aanvaarbaar was. Ons vergewe nie, want ons wil nie he dat hulle moet "wegkom" nie, maar moet swaarkry.

Ek het vir jou nuus, dis jy wat swaarkry en nie wegkom nie. Die ander persoon het reeds "weggekom". Dit le vir hulle in die verlede, maar jy dra dit elke dag saam.

Dit is belangrik om nie daarom te dink dat ons kan doen wat ons wil of ander kan toelaat om te doen wat hulle wil nie. Daar is natuurlik altyd balans.

Moeder Theresa het dit so opgesom: "You will try to do good, and people will throw it back in your face, but that is no reason to stop doing good"

Daar is nie plek vir "revenge" in die wereld nie. Jy maak die lewe net erger vir jouself as jy genot vind in ander wat jou seergemaak het se ongeluk. Oorwin jouself en jou kinderagtig "kierinkies braai" filosofie, en vergewe in die voorbeeld van God en Jesus deur nooit weer daaraan te dink nie.

Vergewe en Vergeet is die oorwinning, anders bly jy n slaaf van jou wrokke en woede.

Gaan leef n vrye gelukkig dag!
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

1 comment:

  1. Die boek "The Shack" of "Die Shack" is n baie goeie boek om te lees en om te leer oor vergiffenis. Dis n storie boek wat dit net beter maak. Doen jouself n guns en lees daai boek. Jy sal nie spuit wees nie! Jy het kinders ook en jy sal nog beter "relate" as wat ek het. Daai boek het n groot inpak op mens se lewe en antwoord vrae wat mens nie eers geweet hetmens het nie. Dis n baie awsome boek!

    ReplyDelete