Wednesday, June 22, 2011

Tikfoute

Vanoggend tik ek 'n e-mail na iemand, en outomaties pla iets my oor die e-mail adres. Iets in my sê vir my dat iets daarmee verkeerd is. By nadere ondersoek kom ek agter dat daar wel 'n fout is.

Jakobus 4:17 se dat as ons weet dat iets verkeerd is en ons doen dit steeds, dan doen ons sonde. In die teologie word hierdie wete van God en reg en verkeerd genoem die algemene openbaring van God. Elkeen van ons het hierdie stemmetjie in ons wat vir ons 'n aanduiding is wanneer ons iets moet doen en nie moet doen nie.

Ons tik elke dag van ons lewens, en ons moet leer om te luister na die stemmetjie binne ons wat ons oortuig daarvan dat ons die adres verkeerd het. As ek die e-mail adres verkeerd het, dan kom die boodskap nie uit waar dit veronderstel is om uit te kom nie. So baie mense vra na die sin van die lewe en mense vra na wat die wil van God in ons lewens is. Terwyl die boodskappe binne ons leef.

Die uitdaging is dat ons ons naaste moet liefhe soos onsself. As ek dus iemand seermaak, maak ek myself seer. As ek iemand anders skade aandoen, doen ek myself skade aan. Die ou spreekwoord lui dat jy jou neus afsny om jou gesig te "spite". Alles wat jy aan ander mense doen, kom terug na jou.

Die uitdaging bly dus steeds om jouself te ken, en om die stemmetjie in jou te vertrou. Partykeer is ons hardkoppig, en dan verwerp ons die stemmetjie, en skep ons eie stemmetjie, want ons hou nie van die liedjie wat nou speel nie. En dan gaan jy jou kop stamp.

Ek kry vanoggend 'n BBM van iemand oor Lady Gaga en 'n liedjie wat sy sing. Dit is vir my so 'n goeie voorbeeld. Die lirieke van die liedjie word uiteengesit as anti-God en satanisties. Nou kry ek hierdie waarskuwing. Toe ek voorheen na die liedjie geluister het, het dit geen impak op my of my lewe gehad nie. Nou is dit in my onderbewussyn, en nou gaan die stemmetjie elke keer met my praat wanneer die liedjie gespeel word en my waarsku.

So is daar in onsself en ons ervaring met mense waarskuwings wat op dieselfde manier na ons toe kom. Waarskuwings wat ons baie keer soos 'n steeks donkie nie wil hoor nie, maar eintlik voor ons siele weet wat verkeerd is, maar ons doen dit steeds. Die uitkoms van hierdie ongehoorsaamheid, nie aan ander mense nie, maar aan onsself, bring ons onsself soveel skade, en dan blammeer ons die mense om ons vir die aksies.

Dit gaan hier gladnie oor morele waardes of oor sonde nie, maar oor "common sense". As jy weet dat dit wat jy doen of dink verkeerd is, moet eenvoudig dit nie doen nie. Een van die dinge van mense wat hulleself nie ken nie, en nie eg is aan hulleself en die regte aksies nie, dat dit nooit hulle is wat 'n oorsaak van 'n aksie is nie, en daar is legio verskonings en redes agter dit.

Ons weet almal wat die regte dinge is om te doen, kom ons gaan vandag uit en luister na die stem van God wat in ons leef en maak die lewe vir die mense om my beter en nie slegter nie. Die mense om jou wat se e-mail adres jy vandag gaan intik, en die stemmetjie se vir jou dat jy 'n tikfout gemaak het, maak dit reg.

"If what you say or do does not have a positive outcome, don't say it and don't do it"



Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

3 comments:

  1. Romeine 8

    Goeie nuus! God se oordeel is vir altyd verby vir ons wat aan Christus Jesus behoort. Dit is alles aan die Heilige Gees te danke. Hy het ons splinternuut gemaak. Omdat ons in Christus Jesus glo, het Hy die mag van die sonde en die dood in ons lewe gebreek.

    Romeine 8:2
    Die manier waarop God in ons lewe werk is deur die Heilige Gees. Deur die Heilige Gees lei Hy ons om die regte dinge te doen. Help Hy ons om te bid en gee Hy vir ons die krag om vir die Here te leef. Maar dan moet ons ons verhouding met die Heilige gees sterk hou. Hy moet ons beste vriend wees.

    Wat die wet nooit kon regkry nie, het God reggekry. Hy het geweet dat die wet nie in staat is om ons te verlos nie. Daarvoor is die mag van die sonde in on lewe heeltemal te groot. Daarom het God besluit om Sy eie Seun na ons toe te stuur. Jesus het toe n mens geword en tussen ons in hierdie sondaarsnes kom bly. Toe Christus aan die kruis gesterf het, het God persoonlik met die sonde afgereken. Nou kan ons uiteindelkik doen wat die wet se. Ons lewe word nie langer deur die sonde oorheers nie. Nee, die Heilige Gees staan nou aan die stuur van ons lewe. Mense wat toelaat dat die sonde oor hulle lewe basspeel, leef pal in sonde. Maar mense wat toelaat dat die Gees hulle lewe beheer, doen wat Hy vra. Mense wat in die greep van die sonde vasgevang is , leef in die skaduwee van die dood. Maar mense wat aan die Gees gehoorsaam is, se lewe is vol vrede. Hulle het n toekoms in God se nuwe wereld. Mense wat in sonde leef, is vyande van God. Hulle steur hulle nie aan wat Hy in die wet se nie. Trouens, hulle verroer nie eens n vinger om dit te probeur gehoorsaam nie. Omdat die sonde oor hulle heers, kan hulle glad nie doen wat God vra nie.

    IN BIDDELOSE DAE BID DIE GEES VIR ONS

    Intussen het God sy Gees aan ons gegee om ons in ons swakhede te kom help. Ons grootste swakheid is dat ons nie aldag weet wat ons moet bed nie. Maar gelukkig het ek baie goeie nus: weet julle, in sulke tye bid die Gees self vir ons. Hy vertaal al ons swaarkry in hemelse taal en dra dit reguit na God se troon toe. En omdat God die Heilige Gees deur en deur ken, weet Hy presies hoekom sy Gees so ernstig vir ons bid. Hy hoor al die sugte van die Gees. En God weet ook dat die Gees altyd volgens sy wil vir ons bid. BELOFTE Ons kan nou van een saak seker wees: God gebruik elke ding wat in ons lewe gebeur, of dit goed is of sleg, om Sy doel te bereik. Alles wat met elkeen van ons gebeur wat God liefhet, werk tot ons beswil uit.

    ReplyDelete
  2. Ek het ook die BBM gekry en dit het my sommer upset.

    ReplyDelete
  3. Nice geskryf.

    Oor Gaga se lied
    Kyk hierdie video wat dit verduidelik http://www.youtube.com/watch?v=utVXJNvcbQk

    Mense kan nogal op hol raak oor die goed.

    Manuel

    ReplyDelete