Friday, August 2, 2013

Wat in jou kinders se geboortehandleiding moet wees!

·         Droom lekker, maar wees bewus van die realiteit van elke dag. 

·         Hoeveel jy ookal probeer om te doen en word wat jy wil, is daar soms maar ‘n spanner in die works wat keer dat jy by jou drome kan uitkom.

·         Wees versigtig wie jy vertrou met jou lewe en jou hart, want onthou, die mense wat jy die liefste het, maak jou gewoonlik die seerste, veral omdat jy dit nie van hulle verwag nie.

·         Die lewe het ‘n skadukant, so hoel lekker of hoe mooi dinge ookal is vir jou, verstaan dat jy soos in Newton se wette ook die ander kant van die munstuk gaan leer.

·         Lag uitbundig elke dag en gaan soek goeters wat jou gelukkig maak, eerder as om te wag vir hulle om na jou toe te kom.  En as jy dit nie kry nie, gaan soek nog.

·         Die kanse is goed dat die volgende garage nie gaan petrol he nie, so, gooi eerder nou petrol in, piepie hier en koop nou koeldrank.

·         Gebruik jou spesiale goeters nou, moenie wag vir die spesiale geleenthede om uit die mooi glas te drink nie,

·         Die lewe is kort, geniet elke oomblik.

·         Die mense naby jou is die mense wat jou die seerste gaan maak, maak dus seker dat jy ordentlike mense rondom jou het.

·         Moenie dat iets of iemand jou ooit onderkry nie, as hulle jou lewens beheer, is dit omdat jy aan hulle die beheer gegge het.

·         Moenie die duiwel ‘n vatkans gee nie, glo jou gut-feeling en doen die regte ding.

·         Moenie altyd kanse vat nie, maar vat die wat die moeite werd is, maar wees bereid om te staan by jou besluit en die pakslae te vat as dit nie uitwerk nie.

·         Die lewe sentreer nie om jou nie, so as die kat kleintjies kry, is dit nie altyd jou skuld nie.

·         Moenie alles persoonlik opneem nie, nie alles is gemaak en besluit met jou in gedagte nie.

·         Soms is dit beter om nee te se, moenie bang wees daarvoor nie. 

·         Laat mense weet waar hulle met jou staan, en moenie dat hulle oor jou loop nie. 

·         Moenie jou laat manipuleer en jy  mag ook nie mense manipuleer nie.

·         Wees duidelik en direk met wat jy se en doen en wat jy uit die lewe soek, moenie doekies omdraai nie.

·         Wees spyt oor wat jy gedoen het, eerder as spyt oor wat jy nie gedoen het nie.

·         Shit happens – dit beteken dat jou planne nie altyd gaan uitwerk nie, want erens is daar ‘n asshole of ‘n, ek weet nie wat die vroulik van asshole is nie, maar hulle dan ingesluit wat jou dag, week, maand of leeftyd gaan verongeluk.

·         Mense wil nooit jou verskonings hoor nie, hulle sien net jou resultate raak en oordeel jou daaroor en nie, hoekom jy ding gedoen het ens. Is vir hulle totaal onbelangrik.

·         Vergewe die mense om jou, want hulle weet nie wat hulle doen nie.

·         Wees jouself, wees anders en moenie verskonings maak daaroor nie.  Mense wat jou liefhet sal jou vat soos jy is.

·         Luister na kritiek, maar weet wat om ter harte te neem en wat om te ignoreer.

·         Moet jouself nooit in ‘n hoek in verf waar jy geen opsies het nie, dit geld vir geld, vir mense en veral vir verhoudings.

·         Moenie dat iemand ooit jou lag steel nie, jy bepaal die pad van jou lewe.

·         Analiseer die lewe soos die lewe is, en nie hoe jy dit graag sal wil he nie.

·         Wees versigtig, maar nie so versigtig dat die lewe en kanse by jou verbygaan nie.

·         Die Bybel se nie verniet dat jy nie op prinse moet vertrou nie, want jy kan niemand vertrou nie. 

·         Mense is eenvoudig elkeen op hulle eie missie en in die lewe net vir hulleself. 

·         Gaan praat met daai meisie of die ou wat alleen op die strand sit, vat die kans.

·         Jy sal probeer beplan, maar nooit weet of iets vir jou die regte ding is, voordat jy dit probeer het nie.

·         Raak altyd kinderlik opgewonde oor alles, moenie ‘n suurknol en ‘n meangat wees nie.

·         Glo in jou God, hou vas aan Hom, want Hy sal jou nooit in die steek laat nie.

·         Leef voluit, en hou op kla.

·         Daar is altyd ietsie om voor dankbaar te wees.

·         Wees eerder bly oor wat jy het, as om te salk oor wat jy nie het nie.

·         As iets jou pla, kry dit uit jou lewe, deur te of te aanvaar, of uit te sny.

·         Moenie ander mense oordeel nie, jy loop nie in hulle skoene nie.

·         Jy mag mense en situasies beoordeel en besef wanneer iets of iemand nie vir jou goed is nie. 

·         Jy het nie nodig om almal gelukkig te maak nie, geluk is elkgeval relatief. 

·         Jou beste probeer gaan dalk nie vir ander mense goed genoeg wees nie, weet dit en get over it.

·         Jy leef nou en vandag, moenie in die toekoms of die verlede leef nie.

·         Slaap minder, lees meer en kyk Televisie

·         Gaan vang vis en jag soveel soos jy kan

·         Kom in die bos, en gaan sit langs die see

·         Moenie rook nie

·         Baklei minder, en soek geleenthede om lief te wees vir iemand

·         Borsel jou tande, dis die enigste stel wat jy het

·         Jy kan baie leer uit iemand se skoene, sorg dat joune altyd se wat jy wil se

·         Doen moeite met jou voorkoms, trek mooi aan en kam jou hare

·         Moenie dat iemand jou in ‘n kassie plaas nie, jy is te spesiaal daarvoor

·         As dinge vir jou nie uitwerk nie, glo altyd dat daar ‘n rede is, jy glo mos in God

·         As jy uit beheer uit voel, dan is die belangrikste om kalm te bly

·         Moenie oorreageer nie, wag eers, haal asem en vra vrae

·         Moenie assumptions maak nie – kry eers die informasie en beplan jou response

·         Sit ‘n wag voor jou Mond

·         Wees versigtig vir wat mense vir jou se, hulle bedoel dalk iets anders en verstaan dat hulle dit met ‘n rede doen

·         Soek eers om mense te verstaan, voordat jy verwag dat hulle jou moet verstaan

·         Doen altyd jou bes, al is jy nie lus nie

·         Moenie een fase van jou lewe oorslaan nie, daar is genoeg tyd om ‘n grootmens te wees

·         Moenie ooit ophou om in jou hart kind te wees nie, gaan sit op die grond met jou bene gekruis en bou lego

·         Kyk baie cartoons

·         Hou jou ou goeters erens in ‘n boks, alles kom weer in die mode

·         Maak nie saak wat iemand oor en van jou se nie, onthou die hoogste bome vang die meeste wind. 

·         Wees gelukkig as mense jou beskinner, want hulle spandeer energie aan jou en dit maak jou spesiaal

·         Alles in die lewe hang af van hoe jy daaroor dink

·         Kry lief met jou hart en gaan voluit, as dit nie werk nie, het jy great memories

·         Leef elke dag dat jy ‘n storie het om te vertel

·         Moenie net die mooi stories onthou nie, leer uit die goed wat jou hartseer maak

·         Jou pa en ma weet nie alles nie, vertel en help hulle op hulle pad

·         Mense het jou nodig, moenie jou kans mis om vir hulle te vertel hoe lief jy vir hulle is nie

·         Lag en huil uitbundig, niemand gaan dit namens jou doen nie

·         Stoei jou eie pad, en storm voort

·         Doen sit-ups, ‘n six-pack bring jou ver in die lewe

·         Vergeet die verlede, jy kan niks daaraan verander nie, kyk vorentoe en leer uit jou foute

·         Jy sal nooit al die antwoorde he vir jou vrae nie, maar dit beteken nie dat jy dit nie moet soek nie – dalk is jy gelukkig

·         Moenie jou kop teen ‘n muur stukkend stamp nie, as iets nie werk nie, probeer iets anders tot dit werk

·         Maak baie geld, bestuur dit goed, want ongelukkig leef ons in ‘n wereld waar alles om geld draai.

·         Moenie jou vriende afskeep nie, al skryf hulle jou af.

·         Bel jou ma en pa baie, al is dit net om hallo te se

·         Gaan kuier by jou oupas en oumas

·         Bly naby jou boeties en sussies, hulle is jou bloed – en pas hulle op

·         Wees altyd getrou aan jouself, God het jou gemaak met ‘n doel en Hy maak nie mislukkings nie

·         Spieel jouself in wat jy weet wat reg is, en nie in die oe van ander mense nie

·         Moenie stupid goed doen nie

·         Drink die lekker wyn eerste, maar nie te veel nie

·         Moenie wegskram van die moeilike dinge en wegkruip nie, konfronteer dit

·         Doen eers die slegte goeters, eet eers jou groente en dan die lekker kos, dit sal jou iets gee om na uit te sien

·         Eet groente en vrugte

·         Drink baie water

·         Moenie uitstel nie, doen wat jy wil en moet NOU

·         Leer om geduldig te wees

·         Ontspan, die lewe is nie permanent nie

·         Die slegte goeters gaan ook verby

·         Moenie altyd maak asof jy alles weet nie, wees bereid om verkeerd te wees

·         Se dat jy jammer is, as jy was

·         As mense jou nie vergewe nie, is dit hulle probleem

·         Vergewe jouself

·         Byt vas, alles sal regkom

·         Moenie te veel energie spandeer aan dinge wat onbenullig is nie

·         Maak tyd om nonsens aan te jaag

·         Maak tyd om nonsens met jou maats te praat – die lewe is nie so ernstig nie

·         Onthou grappies en vertel dit vir jou maats

·         Maak tyd vir mense, maar maak eers tyd vir jou

·         Wees selfsugtig, alle mense is

·         Vertrou die Here, en luister na die stemmetjie binne jou

·         Kry ‘n stokperdjie

·         Hou ‘n dagboek dat jy nie vergeet wat gebeur het nie

·         Se dankie

·         Toon respek vir mense om jou, maak nie saak of hulle dit verdien of nie

·         Wees bly oor die sukses van mense om jou, ons is almal saam in hierdie lewe, hulle sukses is ook jou sukses, want jy is mens

·         Skryf ‘n blog, al lees niemand dit nie

·         Skryf gedigte

·         Lees gedigte

·         Eet gesond

·         Oefen

·         Moenie wag vir dinge om perfek te wees voor jy dit doen nie, krom stokke slaan ook reguit houe

·         Sluit aan by komitees

·         Commit jouself en skryf in vir die kursus

·         Jy hoef nie alles te weet nie, moenie bang wees om hulle wat weet te vra nie

·         Jy hoef nie alles te kan doen nie, sorg dat jy genoeg geld het om hulle wat kan te betaal

·         Speel gholf

·         Gaan kerk toe

·         Eet by lekker restaurante

·         Gaan oorsee, nie altyd na dieselfde plek nie

·         Gaan kamp

·         Gaan stap

·         Let op in die klas

·         Gaan voluit, anders gaan jy seerkry

·         Maak lysies en bly daarby

·         Maak jou to-do lysie nie langer as 5 goed op ‘n dag nie

·         Koop ‘n mooi hoorlosie

·         Koop blomme, ook vir jou mans pelle

·         Nie alles wat jy doen is nodig om vrugte af te werp of iets terug te gee vir jou nie

·         Ry versigtig en moenie jaag nie

·         Bel jou pa en ma as jy by jou bestemming aankom, hulle worry oor jou

·         Wees bly hulle bel jou en vra waar jy is, hulle gee om

·         Vergewe maklik, jy sal langer leef

·         Moenie ‘n drama van die klein dingetjies maak nie

·         Koop die beste wat jy kan bekostig, of wag tot jy kan koop wat jy soek

·         Spaar geld, moenie alles mors nie

·         Koop eiendom

·         Koop ‘n funky kar, en as jy kan, erens moet ‘n mens ‘n Porsche ry

·         Onthou, jy trek na jou toe aan wat in jou kop aangaan, dink dus mooi

·         Soek tot jy die lewensmaat kry wat jy verwag

·         Moenie settle vir iets minder as wat jy begeer nie

·         Lees jou Bybel

·         Maak groot planne, maar moenie die klein goedjies vergeet nie

·         Verander jou ringtone op jou foon na jou gunsteling liedjie toe

·         Sit sonbrandmiddel op, daar is altyd in jou ma se handsak

·         Gebruik lekker sjampoo op jou hare

·         Sorg dat jy altyd lekker ruik

·         Hou altyd asemswieties byderhand

·         Se vir mense as daar kos in hulle tande vassit

·         Doen elke dag iets sodat iemand vreemds kan lag

·         Gee vir Taxi’s plek in die verkeer

·         Help ‘n ou tannie oor die straat

·         Moenie met vreemde mense praat nie

·         Sorg dat jy altyd mense se nommers vat, jy weet nooit wanneer jy hulle wil bel nie

·         Ry met jou eie kar – jy weet nooit wanneer jy wil huistoe gaan nie

·         Recycle

·         Tel jou klere en jou handdoek op

·         Sorg dat jy altyd ‘n warm baadjie by jou het

·         Onthou die Lip-Ice

·         Plant bome

·         Se dankie vir geskenke, al is dit nie wat jy wou gehad het nie

·         Drink Heineken, maar nie te veel nie

·         Leer oor Whiskey en Wyn

·         Gaan hou piekniek

·         Stem in die verkiesing

·         Bid

·         Werk asof gebed nie help nie, en bid asof jy werkloos is

·         Moenie dobbel nie

·         Koop vir ‘n bedelaar ‘n lotto kaartjie

·         Die hele lewe gaan net oor mense, maak mooies bymekaar om jou

·         Koop vir jou ma blomme

·         Stuur vir jou pa ‘n soentjie op SMS

·         Sit op jou pa se skoot, al is jy groot

·         Gee mense drukkies

·         Vat af en doen iets wat vir jou lekker is

·         Se wat jy bedoel en moenie doekies omdraai ni

·         Onthou om nie te rook nie

·         Skinnydip – al is jy alleen

·         Maak vriende orals waar jy kan, onthou, mense is alleen

·         Moenie beloftes maak wat jy nie kan nakom nie

·         Wees altyd jouself, maar as jy batman kan wees, wees batman

·         Leer om chillies en knoffel te eet (onthou net die asemswietie)

·         Poep waar mense jou nie kan hoor nie

·         Eet eerder min, maar lekker

·         Sorg dat jy altyd petrol in jou kar het en lugtyd

·         Laai jou selfoon se battery

·         Braai

·         Eet pap

·         Maak kaggel elke kans wat jy kry

·         As jy in die bos is, maak ‘n bonfire

·         Gee uit die bloute vir jou boetie of sussie ‘n stukkie van jou swietie

·         As jy siek is, drink jou medisyne

·         Maak elke dag kontak met iemand wat jy lanklaas gesien het

·         Vra vir mense hoe gaan dit, net as jy regtig omgee

·         Probeer altyd in beheer van jou lewe wees

·         Dinge gebeur, maar moet dit nie so ernstig opneem nie

·         Gaan stap op die strand

·         Google en leer elke dag iets nuuts

·         Moenie dat mense oor jou loop nie

·         Sorg dat jy backups maak

·         Hou jou anti-virus op datum

·         As jy verdwaal, trek af en vra die pad

·         Pak vir jou padkos

·         Pak altyd genoeg klere in

·         Moenie iemand anders se tandeborsel gebruik nie

·         Was jou kar en stofsuig binne

·         Ry stadig

·         Moenie laat in die aand dink die ander karre gaan stop nie, al is die lig groen vir jou

·         Wees beleef met alle mense

·         Moenie in jou drome leef nie, maar moenie ophou droom nie

·         Se dankie en asseblief

·         Kou met jou mond toe

·         Moenie ophou glo nie

·         Moenie in die middel van ‘n gesprek op jou foon goeters doen nie, dit is disrespekvol

·         Maak die deur oop vir vrouens

·         Laat ‘n vrou altyd voor jou by die deur instap, al is jy ‘n vrou

·         Om te dink dat jy reg is is een ding, moet net die dink jy is die enigste een wat reg is nie

·         Oordeel aksies en nie mense nie

·         Wees oop vir nuwe idees

·         Al verskil mense van jou, wees steeds lief vir hulle

·         Niemand is reg nie, niemand is verkeerd nie

·         Die waarheid het nie ‘n eienaar nie

·         Koop persente

·         Moenie skuldig voel nie – behalwe as jy verkeerd is

·         Memoriseer bybelversies

·         Deel jou ervarings met mense

·         Onthou, jy voel soms soos ‘n alien hier op aarde, maar onthou, almal voel so, jys nie alleen in die universe nie.

·         Hanteer kelners in ‘n restaurant met respek

·         Wees nice met almal, ook met moeilike mense

·         Skryf briewe en pos dit na mense toe

·         As jy ver weg is, stuur vir jou pa en ma poskaarte

·         Neem foto’s al gaan jy nooit weer daarna kyk nie

·         Moenie patrone herhaal nie, maak nuwe planne

·         Doen jou eie ding, jy hoef nie dieselfde as ander mense te wees nie

·         Steek kerse aan in jou huis

·         Sit soms die televisie af

·         Luister mooi musiek

·         Jy hoef nie al die funksies op Word te bemeester om ‘n brief te skryf nie

·         Moenie oorboord gaan nie

·         Wees rustig

·         Wees lief

·         Wees gelukkig

·         Wees lief soos ek vir julle lief is

 

 

 

 

Discovery is an authorised financial services provider.

The information in this email is confidential and may have legal privileges. We intend it only for the use of the individual or entity we've addressed the communication to. If you have received this email by mistake please delete it and tell the sender. We forbid any unauthorised use, change, disclosure or sending of the contents of this email (including its attachments), whether in part or as a whole, unless consented to in writing by the sender, as it may be unlawful.

We cannot guarantee this email has no malicious coding.

We reserve the right to check, intercept and block emails or take any other action according to our email etiquette. 

Discovery will not be liable for any delivery delay, loss, harm, disruption or data corruption that may arise from this email.

A full list of company directors is available on our website at: https://www.discovery.co.za/info/directors - or to get this list by email, please email directors_list@discovery.co.za

Tuesday, July 30, 2013

Wat sien jy?

Vandag word ek weer herinner aan 'n interresante fenomeen van menswees.  Ek het 'n nuwe laptop-tablet wat ek nodig het om my nuwe werk te doen, en ek het nog nooit in die lewe so 'n een gesien nie, want almal het mos i-pad's.  Hierdie is 'n HP, maar wat dit vreemd maak is dat hier waar ek nou sit en werk, ek skielik sien dat die ou by die tafel hier oorkant ook een het.

 

Om dus aan te sluit by my stuk van gister, hoe interresant werk hierdie konsep van spieels, nie net in refleksie nie, maar ook in ingesteldheid en blootstelling.  Die Engelse se mos:  "It takes one to know one", wat beteken dat ek slegs in ander mense kan raaksien waarmee ek bekend is.  Toets jouself bietjie daarmee, en kies 'n tipe motor wat jy sommer daar in die parkeerarea by die werk kan uitken.  Kies 'n tipe voertuig waaraan jy nog nie in die verlede aan gedink het of opgelet het nie, en ek wed jou, voor die einde van die dag gaan jy erens oppad nog so 'n tipe voertuig sien.  Dit is net 'n bewys dat jy dinge raaksien waaraan jy blootgestel is.

 

Uit 'n sielkundige oogpunt, beteken dit dat jy raaksien in ander mense wat bekend is aan jou.  As jy dus uit 'n verhouding kom van misbruik, dan sien jy misbruik orals rondom jou, en of jy dit nou so beplan of nie, jy trek dit ook aan na jou toe.  Dit beteken nou nie dat jy die sentrum van die universe is en noodwendig alles beheer wat om jou aangaan nie.  Dalk is dit maar net soos met die motors, dit was dalk nog altyd daar, maar omdat dit bekend is aan jou, is dit die rede hoekom jy dit so raaksien. 

 

Mense vra my baie keer hoekom ek artikels soos hierdie kan skryf en boodskappe kry uit alledaagse dinge.  Die antwoord is eenvoudig, om die punt van blootstelling beter te bewys, dit is omdat ek ingestel is daarop.  Ek beskou mense en situasies rondom my met die oog daarop om vrae daaroor te vra.  Vir die rede kry ek nie noodwendig devine inspirasie nie, maar eerder is my oe oop vir dinge waarop ek kan fokus en omdat ek die vrae vra, kom die boodskappe in my kop op.  Alles in die lewe werk so.

 

Een van my gunsteling karakters op televisie is Dr. Gregory House, spesifiek oor sy ingesteldheid oor dinge.  Hy is 'n siniese koue en kliniese wetenskaplike, wat dinge presies op hulle name noem sonder om doekies om te draai.  Gaan Google gerus sy aanhalings, want dit is ongelooflik lekker om te lees, soms komies, maar so waar.  Van sy beste aanhalings is:  "Everybody lies, the only question is what about", wat so deel van sy karakter wys.  Hy glo niks op sigwaarde nie, maar bevraagteken alles, van Godsdiens tot liefde en tot die dood.  Wat die karakter so ongelooflik maak is dat hierdie ingesteldheid hom 'n briljante dokter maak, maar in sy persoonlike lewe is dinge 'n gemors.  In een episode se hy: "I will only be happy when I am right, that means two things, that makes me a great doctor, and I will never be happy".

 

Die beginsel bly dieselfde vir elkeen van ons, ons is en bly en sien en kry wat ons dink.  Of die "law of attraction" dan nou aantrekking of blootstelling of bloot net 'n eye-opener is, die waarheid is dat jy kry wat jy dink, sien wat jy wil en kry wat jou vibrasie op daardie oomblik is.  Dit is ook waar dat jy soms 'n blikkie met wurms oopmaak en bewustelik of onbewustelik dinge deel van jou lewe maak.  Verlede week lewer ek kommentaar op iemand wat hier in die restaurant op speakerphone praat en so hard praat dat almal die hele gesprek kan hoor en hoe dit my geirriteer het.  Raai wat, nou gebeur dit die hele tyd met my, orals waar ek kom, soos nou sit iemand die tafel langs my en hulle doen dit.

 

Ek is nog besig om my denke te vorm rondom toeval en "destiny" en wat my rol is wat ek kan speel om my lewe te rig in 'n sekere rigting.  Op hierdie stadium dink ek dat dit 'n kombinasie van dinge is, en nie net my aksies, of net toeval of net "destiny" nie.  Alles speel 'n rol, maar ek verstaan en besef dat die enigste waaroor ek beheer het, is my denke en my ingesteldheid.  Dit lei tot aksie en kan alles in my lewe verander, al is dit net my ingesteldheid rondom wat toeval en "destiny" oor my pad bring.  Een ding daarvan is seker, ek het keuses in my lewe, en daarom kan ek kies om sekere dinge te doen, anders is ek tog nie mens nie. 

 

In my eie lewe het ek nog altyd, te midde van alle omstandighede om my, gekry wat ek wou gehad het, en dit is omdat ek geglo het, in my denke dat alles altyd vir my sal uitwerk.  Ek het geglo dat niks in my pad kan staan om te bereik wat ek wil nie.  Uitdagings het my opgewonde gemaak, en ek het al my energie ingesit om dit waar te maak.  Toe gebeur daar iets 7 jaar terug in my lewe wat my lewe geruk het, en wat my skielik van my "mortaliteit" bewus gemaak het.  Skielik was daar iets in my lewe waaroor ek geen beheer gehad het nie, en wat my skielik in alles laat twyfel het.  In een oomblik het alles wat ek gedink en geglo het oor lewe verander.  Onmiddelik het ek geloof verloor in die lewe en in mense.  Ek het begin glo dat ek 'n mislukking is, en kon nie verstaan hoe alles so skielik kon uitmekaarval nie. 

 

Vir die laaste klompie jare, het hierdie ingesteldheid en denke in my daartoe gelei dat ek amper alles verloor het.  My besigheid het misluk.  My verhoudings het uitmekaargeval.  Mense om my het probeer, maar dit was soos om 'n dooie donkie te skop, daar was geen lewe in my nie.  So het ek ook, omdat ek so oor myself gevoel het, mense om my vergader en situasies aangetrek wat my al meer en meer soos 'n mislukking laat voel het.  Ek het dinge aangepak, maar in my agterkop die hele tyd getwyfel oor myself.  Ek het nooit werklik daarin geglo nie, of enigsins in enige-iets meer geglo nie.  Mense wat eens deel van my lewe was, is nie meer daar nie, want niemand kan tog die "stank" van 'n dooie siel hanteer nie.  Ek verstaan dit, en het soos Job op die ashoop saam met die aasvoels geleef.  Sjoe, dit kliink baie erg, maar dit is die waarheid.  Ek het na elke halmpie van lewe gegryp en het 'n woede in my oor mense en omstandighede.  Ek het ook my geloof in God verloor, want ek het altyd die regte pad probeer loop, ek het niemand te na gekom nie, en gewonder hoe Hy dit kon toelaat dat al hierdie dinge met my gebeur. 

 

Ek het my "oorgegee" aan die toeval.  Ek het my geloof in myself en mense verloor.  Ek het altyd almal vertrou en geglo dat daar geen boosheid in mense is nie.  Ek het die noodlot die God oor my lewe gemaak en net eenvoudig oorgegee.  Ek het dinge MET my laat gebeur, en as dit negatief was gedink dat ek dit verdien vir "iets" wat ek in die verlede erens onbewustelik gedoen het.  As iets positiefs gebeur, het ek nie baie daarop gefokus nie, en gedink dat dit elkgeval nie vir my bedoel is nie, en elkgeval weer negatief sal uitdraai.  Ek het my oorgegee en God geblammeer daaroor en ook die mense wat dit aan my gedoen het.  Ek vra elke dag vergiffenis, maar ek besef soos Dawid dat, alhoewel ek twyfel en bevraagteken, ek egter nie sonder God kan leef nie.  God verwege my, ek weet dit, maar ek sukkel nog elke dag om te vergewe die wat my pyn aangedoen het.  Een van my dominee kollegas, wat sy seun aan selfmoord verloor het, het my een keer baie goeie raad hieroor gegee.  Hy het gese:  "Wees rustig, en weet dat jy sekere dinge nooit sal verwerk nie, jy leer maar deur tyd om met dinge saam te leef".  Baie goeie raad, wat my weer by die punt van ingesteldheid terugbring.

 

Ek vertel hierdie storie van my lewe aan julle, want ek besef dat ek nie kan beheer wat mense aan my doen of wat in my lewe altyd met my gebeur nie, soms moet ek net leer om daarmee saam te leef.  Soms moet ons weer ons ingesteldheid verander oor die lewe, en net begin glo.  Glo dat dinge sal beter wees, glo dat dinge sal verander, en wetend opgewonde ons denke rig soos dit moet wees. 

 

Wanneer ek ook terugkyk op hierdie dinge, besef ek drie dinge, wat jou dalk kan help in waar jy nou is.  Die eerste is, God het my nooit gelos nie, alhoewel ek in oomblikke gevoel het asof ek van God verlate is,. Die tweede is dat daar tog 'n doel is met my lewe en dat ek moet leer uit wat met my gebeur het, en voordeel moet sien en trek uit dit als, anders was dit werklik 'n nuttelose tyd in my lewe.  Die derde is dat jy op prinse en mense nie kan vertrou vir jou geluk nie, jy kan net in jouself glo en in jou denke en aksies rig in die rigting van wat jy in glo. 

 

Gaan verander vandag jou denke, dit is die enigste plek waar jy vandag beheer oor jou lewe kan kry.  Dit is nie altyd maklik nie, want jy gaan dalk nie vandag al 'n groen Volla op jou pad sien nie, maar hou aan soek, dit sal deel van jou lewe wees.  As dit nodig is, hou op om mense te blammeer en gaan maak jou lewe die lewe wat jy weet en dink jy verdien, want die beste wat jy gaan kry uit die lewe, is dit waarvoor jy settle. 

 

Geen huis sal gebou word sonder 'n idee of gedagte nie, al vat dit soms verandering in die plan om die perfekte huis te bou!

Monday, July 29, 2013

Refleksie

'n Spieel is een van die fassinerendse objekte in die wereld waarin ons leef.

Wanneer ek in die spieel kyk
is daar 'n refleksie wat by my 'n oordeel wakker maak. Aan die een kant kan die oordeel wees dat ek nie saamstem met wat ek sien nie, of aan die ander kant dat ek totaal gelukkig is met die prentjie wat gewys
word. Ek dink dit is hoekom filosowe en sielkundiges ook van die psige van mense praat as 'n refleksie, want al wat sielkundiges eintlik in sessies doen is om 'n spieel voor my te hou, en deur gesels en my
stories begin ek sin maak van wat ek sien. Ek wonder of daar enigsins plastiese sjirurgie sou gewees het indien daar nie spieels was nie, want ek sou ander mense gesien het vir wie en wat hulle was, maar ek
sou geensins myself met hulle kon vergelyk nie. Maar nou is daar 'n maatstaf, waarvan die spieel en die refleksie maar net 'n metafoor van die lewe is.

Daar is natuurlik ook ander refleksies wat my wys wat in my lewe gebeur. Een daarvan is hoe ek grootgeword het en al die mense en ervarings wat my oor tyd 'n reflektiewe beeld gegee het. Elke mens sien die lewe op 'n sekere manier, en reageer op grond van hulle ervarings verskillend op soortgelyke impulse van buite.

Dit is vir ons in Suid-Afrika makliker om hierdie konsep te verstaan omdat ons so 'n
uiteenlopende klomp volke is wat op een bodem leef. Ons oordeel, veroordeel of aanvaar dinge natuurlik op grond van die blootstelling wat ons oor tyd opgebou het. Almal van ons, swart, wit en bruin het 'n geskiedenis met mekaar. Indien jy deel van die apartheid sisteem was, voel jy anders oor wit mense en swart mense as kinders wat vandag hier woon. My jonges maak nie soveel 'n onderskeid oor mense wat verskil nie, maar sien mense baie nader aan mekaar, en sien mense as amper dieselfde.

Maar een ding is seker van menswees, en dit is dat elke mens 'n filosofie onderskryf wat hulle pas, of dit nou werk of nie werk nie is irrelevant. Hierdie filosofie of denkwyse help my om elke dag te funksioneer
en ons hanteer die filosofie op een van 2 maniere. Aan die een kant probeer ons ander oortuig dat dit die regte manier van dink en doen is, en aan die ander kant assosieer ons graag met mense wat dieselfde dink as ons. Dit is waar jy sal sien dat "birds of a feather will flock together", en waar ons graag "aanvaarding" soek vir ons manier van dink en doen by mense wat ook soos ons dink. Ons probeer vir dae en nagte om mense te verander, veral as hulle nie soos ons dink nie, en ons sit ons kinders in skole waar hulle die filosofiee wat ons nastreef kan leer en hulle eie maak.

In die voorbeeld van die spieel en plastiese sjirurgie, het my grootouma gese: "My kind, as jy jouself moes maak, sou jy nooit klaargekry het nie". Hoe waar is dit nie, en veral oor 2 redes. Aan die een kant is daar nie 'n volmaakte beeld van hoe 'n mens moet lyk nie, want vandag is kort hare die mode en more is die style van die jare 50 weer terug. Aan die ander kant is die beeld wat jy van jouself het in sigself 'n negatiewe beeld, want mense dink altyd dat hulle nie goed genoeg is nie. Dit sien ons by filmsterre wat die mooiste mense op aarde is, maar steeds miljoene elke jaar spandeer om nog mooier te wees.

Daar is ook 'n inherente ingesteldheid in die mens wat ons van die Bybelse tyd in Genesis al leer, en dit
is dat ons glo dat daar 'n volmaakte is. In die paradys sien ons dat God die volmaakte lewe geskep het, en die volmaakte mens geskep het. Toe kom die slang en oortuig die mens om van die verbode vrugte te eet, wat 'n bewys is dat ons nooit tevrede sal wees met wat ons het nie, maar altyd oordelend sal soek na beter en groter. In die Tao te Ching leer Taoisme ons dat die priesters van die geloof nooit in warm water mag bad nie, want dan sal hulle altyd warm water soek, en nooit tevrede wees met wat hulle het nie.

Daar is niks fout daarmee om te wil groei en beter te wil lewe nie, dit is 'n menslike en natuurlike konsep. Die vraag is egter of jy ooit tevrede is met wie en wat jy reeds is en het, en of jou lewe nie so gedryf word na 'n bestemming dat jy nooit verstaan of leer om die blommetjies langs die pad te
waardeer nie. Ons wil altyd groter, beter en verder vlieg soos Adam en Eva, dat ons soms vergeet waar ons nou is is dalk die paradys. Die probleem is nie net soseer in onsself nie, maar in die manier hoe ons
ander mense beskou. Ons is soms so besig ook met ander mense en om te wys op wat hulle alles verkeerd doen of hoe hulle lewens lyk, dat ons vergeet dat daar nie 'n norm is nie. Dit is hoekom die Bybel ons leer om maar ons eie imperfeksies raak te sien en te weet dat ek met 'n balk in my oog sit. So leer die Bybel ons ook dat die oordeel waarmee ons oordeel, die norm word waarteen ander mense en
God my gaan oordeel.

Dus, as ek aanvaar wil word vir wie ek is en nie veroordeel wil word nie, moet ek ophou oordeel. Dit bring ons dus weer terug by die spieelbeeld van my lewe, en dit is dat my lewe 'n refleksie is van wat ek dink en doen. Moeilike mense het moeilike omstandighede en sal moeilike mense om hulle vergader.

Liefdevolle mense sal liefdevolle situasies om hulle beleef. Hardkoppige mense sal hardkoppigheid orals om hulle sien. Ongelukkige mense sal ongelukkige lewens he, want alles is 'n refleksie. As jy in
dankbaarheid leef, sal jy steeds meer dinge in jou lewe ervaar waaroor jy dankbaar kan wees.

Die afrikaanse spreekwoord lei ook: "meng jou met die semels en dan vreet die varke jou". Elkeen van ons het keuses elke dag van ons lewens om ons aksies te rig in die rigting van wat ons dink die regte een
is. Gaan lees gerus 'n vorige blog oor oordeel en be-oordeel, wat basies daarop neerkom dat ek die reg het om na mense en situasies te kyk, en te kan besluit of ek dit wil reflekteer na ander plekke en mense
in my lewe. Onthou, niemand is 'n eiland nie, en jy reflekteer nie net die beeld van mense terug na hulle toe nie, maar ook na die hele wereld om jou. Dit beteken dat jy inkoop in dinge en tevrede is om dit te
reflekteer, of jy sny mense en dinge uit omdat jy dit nie wil reflekteer nie.

Waar 'n spieel en mense van mekaar verskil is dat die spieel staties is en geen keuse het oor wat hy wil reflekteer nie. Soms voel mense ook so vasgevang in hulle lewens en stagneer in hulle refleksie. Ek ken baie mense wat so is, wat nie verder kan dink nie, nie beginsels kan insien nie en altyd dieselfde ou
prentjies gaan wys en totaal voorspelbaar is. Ek glo egter dat God ons so geskep het met gesonde verstand en gesonde denke om iets anders te kan wees of doen in ons lewens.

As jy dus in 'n verhouding is wat toksies is en jou fisies siek maak, en jy vasgevang is in 'n lewe en lewensfilosofie wat jou nie pas nie, gee die Bybel jou ook die reg om dit af te sny as dit jou pla. Daar is niks fout daarmee nie. As jy vriende het wat dinge op 'n sekere manier doen, maar jy voel nie gemaklik daarmee nie, verander dit.

Verstaan altyd dat dit ook 'n refleksie op jou en van jou is van waar jy is in jou lewe en hoe jy leef, so jy oordeel hulle nie, jy mag jou eie besluite neem.

Soms is ons ook so besig met ander mense en hoe hulle refleksies lyk, maar een ding het ek geleer, what you see is what you get, en as iemand nie self hulle refleksie wil verander nie, moet jy dit of sluk of
uitspoeg, daar is geen salf te smeer nie. Mense verander net vanself, en geen preek of praat of oordeel gaan hulle "dwing" om te verander nie. Daarom, los hulle in hulle eie hande, hulle moet self verantwoording doen van wie en wat hulle refleksie is.

Gaan skyn jou eie skyn, lekker week!

Deon Lewis
0767801421
BBM Pin 26F40471
Also find me on Whatsapp

Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Friday, July 26, 2013

God en Wiskunde

Ons God en Wiskunde:

Almal is seker  teen  hierdie tyd klaar met die eksamen, en ek hoop almal se eksamens het goed afgeloop. 

So in die eskamen, kom ek toe agter hoeveel  God en Wiskunde met mekaar in gemeen het:

1.  Orde:

Verlede week het iemand by my huis my remblokke van my motor kom vervang, en skielik besef ek dat wiskunde elke dag deel  van ons bestaan is, of dit nou net is om brood te koop by die kafee, of om 'n koekresep te meng en ook om op 'n klimraam te speel.  Die DSTV dekodeerder en televisie wat jy kyk is gekalibreer volgens wiskunde en ook jou Xbox is Wiskunde.  Wiskunde is dus die basis waarop alles in ons logiese wereld gebou is.

Net soos Wiskunde die basis is van logika, so is God die basis van ons bestaan.  Elke lewende organisme, met sy funksie, DNA en opbou is deur God so gekalibreer.  In die skeppingsverhaal lees ons dat God die chaos tot orde gebring het.  Stel jou die chaos voor as daar nie wiskunde was nie, jy kan nie van die orde daarvan ontsnap nie.  Soms kyk ek na mense om my, en dan sien ek die wanorde van hulle bestaan, want hulle wil funksioneer buite die orde van God.

2.  Beginsels:

Van kleins af leer onderwysers ons die basiese beginsels van wiskunde met allerhande eenvoudige sommetjies met lemoene en hasie-prentjies.  Soos ons groei, begin ons al meer komplekse beginsels aanleer.  As ek so na die wiskunde kyk wat kinders deesdae op skool doen, dan lyk dit baie meer kompleks as wat ek op skool kan onthou, maar die beginsels bly dieselfde.

My ma vertel altyd vir die kinders dat die som wat jy doen nie ten doel het om net die antwoord te vind nie, maar om te toets of jy die beginsels wat jy geleer het verstaan en kan toepas.  Dit is vir daardie rede dat somme in die eksamen nie net 1 punt elk tel nie, maar daar word ook punte gegee vir die verskillende stappe.  Jy kan dus die antwoord verkeerd bereken, maar nog steeds genoeg punte versamel om die eksamen deur te kom. 

Van kleins af leer ons in ons ouerhuis sekere beginsels wat op die Bybel gebasseer is.  Niemand hou van leer nie, maar die beginsels moet ek leer en toepas, nie om my te keer om te lewe nie, maar eerder my instaat te stel om wel te KAN somme doen soos ek groter word.  God het basiese beginsels vir ons daargestel, en op soveel plekke in die Bybel in stories vir ons gewys hoekom die beginsels belangrik is.  Sonder die stappe en beginsels gaan ek my hele lewe net "raai" wat die antwoorde is, maar nooit werklike sukses behaal nie.

Ons leef in 'n wereld waar mense wat die beginsels nastreef soms afgemaak word as "nerds" en dat hulle lewens nie "cool" is nie.  As jy so bietjie die pad gestap het, sal jy sien dat die mense wat by die beginsels gebly het, die ouens is wat goeie punte verdien.  Wat is nou lekkerder as om 'n goeie punt in die eksamen te kry?  Mense vra na antwoorde oor die sin vir hulle lewens, maar die antwoorde is opgesluit in die toepassing van die beginsels wat jou by die antwoorde kan uitbring.

Ek het as kind grootgeword in 'n huis waar my ma wiskunde gegee het vir matrieks.  Elke keer wat ek gesukkel het, en haar hulp gevra het, het ons baklei.  Die rede was eenvoudig, sy het elke keer die fout gesien en dan weer daar by Adam en Eva gaan draai sodat ek die beginsel onder die knie moet kry.  Ons het baie gelag daarvoor, maar is dit nie waar baie van ons foute inkom nie, want sonder die beginsel, gaan ek oor en oor dieselfde foute begaaan, en dit is die rede hoekom sy my na Adam en Eva teruggeneem het.  So, dalk is jou les vandag om nie te bly staar vir jou verkeerde antwoord nie, maar terug te gaan na die basiese beginsels soos in die Handboek opgeskryf is.  In die eksamen het die somme nie altyd dieselfde syfers as in jou boek nie, maar met die regte beginsel kan jy enige formule oplos.

3.  Genade:

Dwarsdeur die Bybel lees ons van genade, en genade beteken 2 dinge.  Die eerste is dat die "Eksaminator" wat ons toets moet merk ons liefhet.  Hy is 'n God wat eerder punte soek om ons te laat deurkom as om rede te soek om ons te laat druip.  Ons leef in 'n wereld waar mense net belangstel in die antwoord en ons druip die mense in ons lewens maklik.  Ons kyk na die suksesse van mense in hulle besittings en posisies wat hulle beklee, maar stel nie belang in wie die persoon werklik is en hoe beginselvas hulle lewens is nie.  In God se oë is ons almal wenners, selfs te midde van 'n skewe antwoord.

Tweedens gee God se genade aan ons die geleentheid om die toets oor en oor te skryf.  God skeer die druiptoetse op en gee ons 'n heel skoon nuwe blaadjie.  In wiskunde maak 2 negatiewe's 'n plus, en in God se genade kry ons die geleentheid waar God ons "foute" oorsien en kan omdraai in positiewe uislae.  Gaan kyk dwarsdeur die Bybel hoe God mense gebruik wat nie perfek is nie en gaan kyk na die manier hoe God hulle lewens omdraai na 'n sukses toe.  Soms voel ons dat ons mislukkings is, ons voel dat ons nie meer verder kan nie omdat ons antwoorde nie reg uitwerk nie.  God is anders as mense, want elke dag, elke oomblik en elke besluit gee ons die geleentheid om alles wat ons "verkeerd" gedoen het, en selfs ook veelvulde daarvan, te kan omdraai in die positiewe.

4.  Gebed in die eksamen:

Die spreekwoord lei:  "Nood leer bid", en as dit by eksamens kom het ek die meeste seker al daarvoor gebid.  In my belydenisklas het die jongmense een keer vir my gevra om te bid vir die Wiskunde eksamen daardie week.  Ek vra hulle toe wat ek moet bid.  Jy sien, ek kan bid dat die eksamen nie plaasvind nie, of 'n wonderwerk dat hulle almal 100% sal kry of dat die eksamen binne hulle kennisvlak sal wees.  Jesus het ook gevra dat die beker by Hom moet verbygaan, Paulus vra dat die doring uit sy vlees geneem moet word, maar dit het nie gebeur nie.  Jy sien, die eksamen moet geskryf word, jy kan nie daarvan wegkom nie.  Al wat ons voor kan bid is dat God ons genadig sal wees en sal help dat die eksamen binne die raamwerk van ons kennis en vermoëns is.

5.  Outomatiese gewoonte:

Ons is diere van gewoonte, en alles wat ek oor en oor doen gebeur naderhand outomaties in my sisteem, sodat ek nie meer nodig het om bewustelik daaroor te dink nie.  So skep ons elke dag gewoontes deur dinge oor en oor te doen, maar soms pas ons die verkeerde beginsels toe.  Sommige van ons doen dieselfde som oor en oor en ons kry dit nie reg nie, vir jare nou al nie meer nie.  Ons raak depressief en ongelukkig en blammeer almal om ons oor hoe moeilik ons vraestel is, terwyl elke som 'n oplossing het, solank ek die regte beginsels toepas.

Indien jou lewe dan nou vir jou so voel, besef en verstaan dat jy dalk op jou pad beginsels opgetel en aangeleer het wat nie van toepassing is op jou som nie, en wat jou som nie gaan oplos nie.  Hierdie reseppie van jou kan negatiwiteit wees, hardkoppigheid, selfbejammering, altyd reg wees, selfsug hoogmoedigheid ens.  Sommige mense leef ook in blaam en is die hele tyd kwaad vir die onderwyser oor die moeilike vraestel.  Die ergste verslawing is die dwelms of alkohol nie, maar eerder die denkpatrone waarin ek vasgevang is.  As ek byvoorbeeld dink dat 1 en 1 gelyk is aan 3, kan ek maak wat ek wil, my somme kan nie uitwerk nie. 

In wiskunde is die som die som, en al my filosofie daaroor maak geen verskil nie